Watter karavaan kan ek koop?
Nuwe forum onderwerpe
Howsit julle,
Ek is lus vir 'n karavaan. Die Grootbaas-wyfie het gesê dis reg. Ek kan dit nognie glo nie.
Ek lees van al die klagtes oor die Jurgens CI waens. En ek sien van die nuwe Conqueror karavaan, maar al die gesukkel met Conqueror wat 'n ou hier gepraat het laat my hol.
Dan sien ek Fendt advertensies. Smaak my die goed kom van Europa af. Hoe gemaak as die ding moet terug fabriek toe?
Nee ek wonder nou erg. Gaan nie goed lyk vir my ego as ek kleinkoppie trek nie. Grootbaas-wyfie gaan my uithaal voor al my vriende.
Tarra,
Grootbaas
Raak dit nou tyd vir 'n Exclusive Willem?
Groete,
Jacques
Grootbaas, om jou te antwoord op jou vraag: enige karavaan wat jy kan bekostig! Moenie dat die enkele gevalle van negatiewe kommentaar jou van enige fabrikaat afsit nie. Jy gaan met enige produk wat vervaardig word enkele voorbeelde kry wat probleme oplewer - Toyota en Land Land Rover inkluis....
Ou Grootbaas koop wat jou kop jou vertel en moenie na ander luister nie.
Ek is nie so seker oor hierdie "pragtige" Duitse waens dit op ons paaie gaan maak nie.
Daarby is hulle ook vrek duur vir wat jy kry en dan nog sonder tente.
KOOP MY OU MAAT,DIS LEKKER.
Grootbaas, jy moet eers vir jouselwers bepaal wat jou behoefte is en dan wat bereid is om te betaal. Na jy daai besluite geneem het is die soektog makliker. Daar is sekerlik nie die perfekte karavaan gebou nie.
Elke fabrikaat en model het maar sy eie giere en geite en as jy jou deur al die negatiewe gesprekke gaan laat afskrik sal jy nooit 'n woonwa aanskaf nie.
Gaan loer rond hoe lyk die verskillende modelle en vat Mev. Grootbaas saam. Maak dan 'n kortlys en bedink die keuses verder.
Kom vra maar jou vrae hier - jy sal baie raad en raat kry
Net jy en jou vrou weet wat jul behoeftes is, gaan kyk en maak alles wat oop en toe kan maak so. vra vrae en en besluit dan. maak seker jou gewigte is reg.
Ja nee kyk maar mooi na die behoeftes soos hoeveel moet in hom slaap, het hy genoeg pakplek ens. Gaan kyk dan na die modelle van elke fabrikaat wat aan hierdie vereistes van jou voldoen en besluit so op die regte een. Jy kan dan besluit op die spesifieke jaar model na gelang van hoeveel jy wil spandeer.
Die belangrikste is al genoem - koop wat jy kan bekostig, en wat by jou en jou gesin se behoeftes pas. As dit die eerste keer is wat jy koop, moet nie die beste en duurtse ding koop nie, kry iets wat jy dink by julle behoeftes sal pas en gebruik dit en kyk hoe dit gaan.
Onthou dat die tweedehandse karavaan mark is groot, en jy sal bittermin of geen geld verloor as jy weer wil verkoop nie.
Laat weet maar op wat jy besluit het.
Een met wiele !
...........en 'n disselboom aan..................
Ten spyte van al die klagtes op hierdie forum is ek BAIE tevrede met my Jurgens. Sy afwerking is baie goed en ons kamp tog te lekker.
Alles in ag genome (groot standaard tent, vol badkamer ens ens) dink ek nog steeds dis goeie waarde vir geld (veral as ek dit vergelyk met die pryse van 4x4 sleepwaens en duur ingevoerde karavane sonder tente...).
Kampgroete
As ek jou raad kan gee:
Ek sal nooit weer n Sprite koop nie, ja ja ja ek weet hulle kom uit dieselfde fabriek.
Na 'n jaar met die 2009 Splash, het CI my in 2010 tegemoed gekom, en dieselfde prys wat ek in 2009 vir die nuwe Splash betaal het, as inruil op 'n Nuwe Penta te gee.
In my ondervinding is dat die twee reekse se kwaliteit nie eers vergelykbaar nie. Ek het nou die Penta van Maart 2010. Omdat ek alreeds "opgecharge" was oor die Splash het ek fout gesoek met die Penta. Tot dusver het ek net een klagte en dit is die steadies te laag is, maar verder is daar nie n skroefie uit plek nie.
Grootbaas,
........ moenie 'n nuwe wa koop nie. Soek vir jou 'n goeie tweedehandse woonwa wat goed opgepas is en waarvan die vorige eienaar al die twak met die handelaar en fabriek klaar uitgesorteer het.
Vra of jy "Spiderman" se wa kan leen dan toets jy hom want hy gaan vir 'n paar maande hom nie gebruik nie.
Grootbaas,
Koop gerus vir jou 'n nuwe wa, selfs 'n Jurgens. Ek het my wa nou amper 'n jaar en ek moet eerlik wees daar is niks waaroor ek hardop oor kan kla nie. Hier en daar is wel 'n proppie wat nie presies ingedruk is nie maar DIT is nou nie die einde van die wereld nie. Als werk soos dit moet en niks het nog afgeval nie. Ons kamp heerlik met hom.
Onthou net, die goed word deur mense vervaardg, en dus is hulle nie perfek nie.
Groetnis
Jaques
Ek is ook baie gelukkig met my Jurgens Penta!!!!
Dankie vriende!
Ek het vir wyfie vertel wat julle praat. Sy begin my toe vreeslik slaan en skree op my dat sy net 'n nuwe karavaan soek.
Dalk kan ek daar by die Beeld skou mooi na al die modelle kyk.
Ek is bang vir die storie, want soos die Vinke maak bou die man die huis en die vrou kom breek hom af as synie happy is nie.
Tarra,
Grootbaas
Die "cornet steady's" sit inderdaad te laag - ek haak hulle orals. Moes al 2 keer die ronde plastiek voetstukke vervang 
Maar moet toegee dat mens nie ure lank die ding hoef af te draai wanneer jy teen 'n skuinste staan en die gat hoog in die lug staan nie! So ek verstaan hulle intensie daarmee....
Watse wa jy ookal op besluit - kamp gereeld en kamp lekker.
Grootbaas, jou arme ding, dat jy nou so verniel moet word. Kyk soos die manne hier se, kyk eerstens na wat jy soek in 'n karavaan, gaan na LOFTUS KARAVANE en gaan kyk eerstens die twwedehandse waens uit, kyk na al die verskillende modele, kyk ook na die verskillende grootes van die modelle, kyk na die afwerking binne en buite, party het binne of buite kombuise, onthou al die waens kom van een fabriek af en al die onderstelle word min of meer op die selfde konsep gebou, die aste is almal die selfde of jy nou 'n jurgens of 'n sprite koop, hulle word weer deur een maatskapy vir CI vervaardig, die remstelsels is dieselfde, die hak en jockeys is dieselfde. Dit gaan maar meestal oor afwerking binne, baie, omtrent almal het deesdae 'n eiland bed wat baie gerieflik is veral met die opklim en afklim van die kooi af, maar dis nou weer 'n ander storie, die meeste nuwe waens het dieselfde yskaste in en veral die nuwe dubbeldeur yskaste is pragtig met oorgenoeg vriesplek vir twee tot drie weke se vleis.
Ek wiljou net waarsku dat jy beslis nie eerste vir jou vrou 'n nuwe EXCLUSIVE moet gaan wys nie,want dan kan jy maar net sowel ophou soek, haar mind sal klaar opgemaak wees en jy sal 'n helse pak slae kry as jy dit net noem om na iets anders te kyk. WAARSKUWING; dit is 'n verskriklike, veruklike mooi karavaan.
Lekker soek en sterkte ou maat.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Big G
- JC
- Eben die kampeerder
- Leon Verster
- evert
- Llewellyn j
- Hentie7
- Frikadel
- Tjailatyd
- Christo de Wit
- Oscar
- Footloose
- Harry Du Randt
- Pieter Rheeder
- MarkP
- WilleWillemien
- willie Rautenbach
- Andries Pretorius
- Anton le Roux









.jpg)

.jpg)





2007 Classique met al die bells en mods op mover full tent nog nie gebruik ,rally tent,elect steadys,macs, maak offer
Altyd reg vir kamp