Tenkwa Nationale Park

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Ons is nou ernstig besig met die beplanning Kaap toe. My kaart praat nou met my oor die Tenkwa Nationale Park.

Was van my vriende op die forum al daar?

Waar kamp 'n mens?

Moet ek ekstra petrol saamneem?

Ons wil vanaf Middelpos se kant die park binne gaan en dan oor die Katbakkiespas Ceres se kant toe.

ENIGE raad sal van groot waarde wees.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ben

Hier is n bietjie inligting oor die Tankwa Karoo Nasionale Park.

 

Daar is geen toegangs hekke by die park nie, jy moet by ontvangs gaan aanmeld as jy daar wil kamp.

By ontvangs ontvang n groot vriendelike swart Labrador jou en sal sommer inklim om te gaan wys waar jy kamp.

 

Op die park is gerestoureerde huise vir verblyf asook 4X4 kampplekke en

kampplekke waar gewone voertuie kan uitkom Gaan kyk gerus op Sanparke se Forum.

 

By die kampplekke is geen maar geen geriewe nie, jy moet alles saamneem. By van die kampplekke is ou murasies

 wat ek vermy het want van hulle was onstabiel en grillerig. Die grootste bome is baie klein.

 

Ons was gedurend blommetyd daar, toe was dit n see van blomme, ek weet nie hoe lyk die park die res van die jaar nie.

 

Ek was nog nie op Middelpos nie maar in die park en verder tot by Ceres kan ek nie onthou dat ek enige vulstasies gesien het nie.

 

Die diere in die park mag gewoond wees aan gewone voertuie maar die motorhome het hulle so ver verjaag dat ek slegs deur die verkyker wild kon sien.

 

Die twee kampplekke vir gewone voertuie is Biessiesfontein enVolmoesfontein wat weerskante van Pramberg gelee is.

 

Vanaf Middelpos kom jy die park binne met die Gannagapas, n pragtige nouerige grondpas maar heentemal rybaar met n gewone sedan met n redelike grondhoogte. 

 

Sorg dat jou spaarband en band herstel toerusting reg is. Die plek bestaan uit skerfies leiklip en is berug dat hy motormande Vreet. Jy gaan nie hulp met jou selfoon kry nie en ander motors is baie skaars. Een van my bande is onherstelbaar deur die klippies opgevreet.

 

n Pragtige wereld wat ek defnitief weer gaan besoek  gedurende blommetyd.   

 

Hier is n foto van die kampplek by biesiesfontein met al die geriewe,By die 4X4 kampplekke is daar moontlik minder geriewe.

 

Hier is n foto vanaf die Ganaga pas, in die verte is Pramkop waar ons gekamp het.

 

Blomme gedurende blommetyd

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Baie dankie Johan.

Ek raak nou skoon belustig om te ry met die mooi foto's wat jy hier plaas.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Johan,

Kan jy my dalk sê met watse bande jy gery het?  Ek het A/T bande op die bakkie.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Benzan.

Ons het van Sutherland se kant deur Takwa gery en terug na Calvinia via Middelpos.

As ek reg onthou is daar pompe by Middelpos maar ons het nie daar gestop nie, Ek neem aan jy kom van Calvinia se kant op die R354 na Middelpos. Ek sal jou aanraai om maar by Calvinia vol te maak.

Die natuurskoon is asemrowend maar moenie teleurgesteld wees as jy min diere te sien kry nie. Daar is 'n verskeidenheid voels te sien.

Dit is die moeite werd. Geniet dit.

Groete

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Dankie Kampklong.

Jy het die roete reg opgesom. Ek sal maar twee jerrykanne laai en op Williston volmaak net ingeval ek dit nodig kry. Ek kan altyd later ingooi instede van begin stres en nie in die park kan rondry nie.

As ek na van die fotos kyk lyk die natuurskoon asemrowend mooi.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Andre du Toit
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 47
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Venter met 'n 2011 Subaru Forester

Benzan,

Ek was al met my motorfiets daar en gaan in Maart weer met die kar. Jou A/T bande is definitief goed genoeg, want die meeste paaie is redelike goeie grondpaaie. Perdeby het jou baie goed geantwoord oor die geriewe - dis maar basies. Middelpos se mense roem raarop dat dit die kleinste dorp in RSA is en klein is dit gewis. Daar is slegs 'n hotel, polisie kantoor, 2 petrolpompe en 'n klein skooltjie.

Doen jouself 'n guns en bespreek om oor te slaap in die hotel vir 'n treat. Mense het ons al vertel daarvan en ons gaan dit nou in Maart doen. Dit kos slegs R350 pppn en daarvoor kry jy 'n gerieflike kamer (hulle het nou al selfs A/C in sekere kamers so vra daarvoor), 'n Karoo boerekosaandete en ontbyt

 

Geniet dit!

 

Andre

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Andre,

Ons is daar enige dag van die 11de Maart af. Watter kar ry jy. Ek sal met die bakkie op die foto wees. Dalk loop ons mekaar daar erens langs die pad raak.

Ek maak juis boeke bymekaar om daar by die skool te loop afgee.

Daai hotel idee klink sommer bak.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Ek het nou die dag op Calvinia gehoor dat die verblyf in Tankwa opgeknap is. Nou weet ek nie of die forumiete lank terug daar was nie en/of my bron so onbetroubaar is nie.

Laat weet asseblief?

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dries.

Wat die kampplekke aanbetref, ons wat verlede jaar (2011) Augustus daar.

Daar mag wel van die opstalle waarin mense mag oornag opgeknap wees. Ons was nie by een van hulle nie, die beste is maar om die park self te kontak daaroor.

Ek twyfel of die kamp areas maklik verbeter gaan word, hulle is wyd verspreid met geen krag of water naby nie.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Hi Dries.

Ons was middel Oktober 2010 daar. Die kamplekke was soos Perdeby dit beskryf het. Vir my het dit die ondervinding onvergeetbaar gemaak.

Groete

 Andre en Benzaan.

Terugvoer na jul besoek sal interresant wees. Moontlik gaan ons weer Augustus die park besoek.

Andre du Toit
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 47
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Venter met 'n 2011 Subaru Forester

Benzan,

Ons gaan ongelukkig nie dieselfde tyd as julle daar wees nie. Ons gaan van 2 tot 5 Mrt. Wonderlike inisiatief van jou met die boeke.

Dries,

Hulle het die Langkloof kampterrein se ablusies blykbaar opgeknap en ons gaan vir 2 nagte daar bly en dit uittoets.

 

Groete

 

Andre

Bacchus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 169
Gebruiker van lyn af.

 Benzan, julle kan gerus die Leeuberg 4x4 roete gaan ry en die oneindigheid van die Tankwa ervaar. Wees net gewaarsku - die Tankwa kan die tyd wat julle gaan maar nog redelik hittig wees!

Dalk loop julle hierdie trop Gemsbokke raak - sonder die blomme natuurlik  Soos iemand al hier gemeld het moet julle natuurlik nie veel wild verwag nie - dit is nie hul hoof doelwit nie.

 

[IMG]http://i425.photobucket.com/albums/pp336/Bacchus_fotos/GemsbokkeTankwa.jpg[/IMG]

Ek sukkel om een of ander rede om die foto af te laai! Snaaks hoe die forums se webwerwe verskil.

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Dankie Bacchus.

Ons sit nou op hete kole en die maand gaan laaaaaaaank wees

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 42 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Big G
  • JC
  • Eben die kampeerder
  • Leon Verster
  • evert
  • Llewellyn j
  • Hentie7
  • Frikadel
  • Tjailatyd
  • Christo de Wit
  • Oscar
  • Footloose
  • Harry Du Randt
  • Pieter Rheeder
  • MarkP
  • WilleWillemien
  • willie Rautenbach
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.