Teen wanneer bespreek jy jou Desembervakansie?
Nuwe forum onderwerpe
Gewoonlik sommer terwyl ek kamp die Desember bespreek ek vir die volgende Desember.
Jacques, jy sal sien ek gorrel al klaar op die drade oor ons Desember besprekings.
So gou moontlik. Voor einde Januarie as jy by die gewilde, maar kleiner kampe, soos bv. Buffelskop en andere verseker wil wees van 'n plek.
Sjoe!
Ja nee, daar is baie water wat in die see moet loop tussen nou en dan. Of dalk moet ek sommer nou die verlofvorm ook goedgekeur kry...

Jacques
Wel ons doen ook so gou moontlik ons bespreeking. Wat lekker is as ons dit vroeg doen dan betaal ons hom deur die jaar klaar. Dan as jy daarkom is als klaar betaal. Meer geld vir die koue goues wat moet saam.
'n Goeie idee. Toe ek in die privaatsektor werksaam was het ons bestuurspan aan die begin van die jaar, met die eerste vergadering, sommer die mense se verlof en ons eie uitgeklaar. Spesifiek om hierdie rede.
Dis nogal 'n ding Jacques,
Ek wil graag kampplek by die see bespreek en nie weer 'n woonstel nie. Die een plek maak eers 1 Maart oop vir besprekings en ATKV eers 1 Julie vir nie-lede. Het iemand vir my raad?
Ek begin ook nou beplan waar ek gaan kamp Desember want ek bespreek gewoonlik teen die laaste Maart maand.
Laasjaar het ek middel Mei begin plek soek. Toe was dit al klaar 'n redelike gesukkel met die meeste van die kampeerterreine in die area waar ons wou gaan vakansie hou, reeds vol bespreek.
Brenton Lake, bv. het eers hul besprekings, ek dink, middel-Jule oopgemaak. Indien ek tot daardie tyd sou gewag het en nie by hulle kon plek kry nie, sou dit op ander plekke in die omgewing bitter moeilik wees om 'n plek te kry.
Jacques, mens swaai darem die skaars-tipe staanplekke maklik, of hier op die forum, of op ander webtuistes indien iets voorval en jy kan nie meer gaan nie. Selfs al het jy al dep. betaal.
Dis waarheid Willie!!
Nou gee my raad manne. Waar kan ek nou al begin soek vir staanplek by die see?
Watter see John ?
Ja ek soek ook lekker staanplekke met groen gras en groot genoeg. As iemand van so iets weet vertel vir ons as jy dink dit is 'n goeie plek om te kamp.
Reeds bespreek by Hiberdene vir des 2012. Gaan die derde keer terug
Ons bespreek ook sommer weer die Desember wanneer ons kamp weer vir die volgende Desember, ons kamp ook elke Desember by dieselfde plek, dieselfde site, betaal dit dit deur die jaar so elke maand. Teen die tyd wat ons gaan, vakansie so te se klaar betaal, net Diesel en spending!
Dis nie belangrik om te weet wanneer word Desmber se bespreking gedoen nie. Wat wel belangrik is, is dat jy of op vakansie moet wees, of aan die beplan vir die volgende vakansie
!
Julle moet sê waar by die see soek julle plek. Ek het al 'n paar oorde gekontak wat nou al plek beskikbaar het.
Ons gaan nie maklik twee keer agter mekaar na dieselfde oord toe nie. Miskien dieselfde area, ja, maar dan wil ons 'n ander oord ervaar.
Ons het verlede week aansoek gedoen vir ATKV Natalia vir Desember 2012, en ons kanse lyk skraal!
Ons het gedurende Desember 2011 by Weesgerus gekamp. Wou weer vir 2012 bespreek, maar moes hoor hulle is vo lbespreek tot 2014. Die chalets is vol bespreek tot 2015.
Ek en my besemtegnikus het toe maar besluit om die jaar die tuinroete te doen. Ons gaan egter April/Mei 'n lekker lang breek vat.
wys jou maar net. die plekke wat agter hulle kampers kyk gaan al hoe gewilder raak, en moeilikker om plek te kry. maar weesgerus syne is bietjie erg.
Julle moet sê waar by die see soek julle plek. Ek het al 'n paar oorde gekontak wat nou al plek beskikbaar het.
Ons gaan nie maklik twee keer agter mekaar na dieselfde oord toe nie. Miskien dieselfde area, ja, maar dan wil ons 'n ander oord ervaar.
Sê maar waar plek is. Ons is avontuurlustig en kamp enige plek in die land. Ok, dalk waar hulle 'n vakansieprogram vir die tieners het.
My bespreking in Plettenbergbaai is klaar gedoen.
Net so voor ek by die kamp uitry
John, daar is nog plek by Buffelskop, maar slegs enkele staanplekke en jy sal moet gou spring.
By Glentana is plek, maar hulle besprekings open eers April. Jy kan egter nou al vir hulle 'n versoek e pos. Hulle plaas dan jou naam op 'n waglys en laat jou weet na April.
By Morgansbaai is daar enkele staanplekke in die binneste ring staanplekke oop, maar weereens sal jy moet gou spring.
By Yellowwood oord by Morgansbaai is daar ook nog plek, maar die oord is nie langs die see gelee nie. So 'n km of wat land-in.
Jy behoort by Woodbourne in Knysna nou nog maklik plek te kry.
Indien jy baie wil betaal vir 'n lekker oord, kan jy solank jou besonderhede na Brenton Lake toe e pos. Hulle besprekings open eers in Julie. Jy word darem daardie tyd gekontak om 'n finale bespreking te maak. Ek het deur die oord gaan stap laasjaar so om en by kersfees en die oord was nie stampvol nie.
Jip. Dis die wat ek al gekontak het.
Ebb & Flow se besprekings het vandag oopgemaak en daar is reeds geen staanplekke met krag beskibaar vir Desember/Januarie nie. My bespreking is gedoen (staanplek sonder krag).
Elke jaar Desember bespreek ek vir die volgende Desember. Ons gaan elke jaar Richardsbaai toe. Jig nog 11 maande voor ons volgende see vakansie
Cobus, waarom gaan julle elke jaar na dieselfde plek toe?
So vinnig rondgekyk, besluit op 'n oord en hulle gekontak. Ek dink ons sal weer net vinnig wegbreek - so van 26 Des tot 2 Jan.
Maar... die oord is reeds vol bespreek!!!! 
Nou soek ek maar vir die volgende een...
[quote=John Cooper]
Dis nogal 'n ding Jacques,
Ek wil graag kampplek by die see bespreek en nie weer 'n woonstel nie. Die een plek maak eers 1 Maart oop vir besprekings en ATKV eers 1 Julie vir nie-lede. Het iemand vir my raad?
Ja ,ek sal se word so gou as moontlik lid by die ATKV woon van ons vergaderings by en gebruik die binnelandse oorde deur die jaar.Dit als tel punte as jy Desember wil gaan kamp.En dan kry jy as lid nog korting ook.
WW
Ons gaan elke jaar na die selfde plek omrede ons al soveel mense ken wat ook elke jaar daar is. Dus almal ken mekaar al, en staan gewoonlik op hulle selfde plekke. Dis vir die kinders net so lekker om weer die maatjies te sien. En dan weet ek ook wat ek kry. Ek hou nie van verrassings/vertrappings by die see nie. Gedurende die jaar sal ons biejtie "explore" maar nie as dit by ons see vakansie kom nie.
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Leon Verster
- Eben die kampeerder
- Big G
- Llewellyn j
- evert
- Hentie7
- Frikadel
- Tjailatyd
- Christo de Wit
- Oscar
- Footloose
- Harry Du Randt
- Pieter Rheeder
- MarkP
- WilleWillemien
- willie Rautenbach
- Andries Pretorius
- Anton le Roux
- PaulS
- Gert Venter





.jpg)

.jpg)




.jpg)











Goeiemiddag Jacques,
ATKV Klein Kariba het versoek dat die e-pos besprekings teen einde Jan 2012 moet inwees vir Des 2012, so myne is gestuur.
Uitdaging is of die Baas jou verlof gaan goedkeur oor daardie tydperk soos wat jy 11 maande gelede moes beplan.
Groete
.