Richards baai karavaan park

Rudi.
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 03/08/2010
Inskrywings: 88
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
met 'n Hunday H1 2.4 Petrol

Hi mede Forum lede

Ons is al  besig om Desmeber vakansie se reelings tetref ,dis darem bietjie erg as mens daaraan dink!

Ek will graag hoor wie van julle was al in n desember vakansie by Richards baai karavaan park en hoe is dit da.

Ons beoog om van die 2012/12/22 tot 2013/01/02 daar tegaan kamp.

Groete en wag om tehoor van julle.

Kamp is koning

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Rudi,

Die inligting op die Forum dui aan dat ons met 'n geruste hard daar kan gaan kamp.  Chris met sy bus is gereeld daar en help ook met die aktiwiteite daar.  Ek dink dit is soos enige plek in KZN moet mens maar versigtig wees vir die aape.

Die kleintjie is mos nou daar, miskien moet jy eerder 'n foto van die kleinding op jou porfiel plaas.

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Rudi

Dis 'n great plek. Ons staan elke jaar tussen 20 Des - 3 Jan daar. Die park is regtig baie lekker. Die ambusies is wel oud. Maar word pynlik netjies gehou. Die park het toegang tot 'n privaat strand, dus is daar geen vertrapping van enige elemente nie.

Probeer gerus met 'n oop gemoed.

Groete

 

 

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1926
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Cobus ek sien op hulle webwerf dat daar plek is om te waterski daar naby weet jy hoe ver dit is?

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 547
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Was al twee keer daar gewees gedurende Desember en ek kan dit regtig aanbeveel.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 191
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Ons het gereeld daar gekamp en dit elke keer terdee geniet.  Die kamp is baie groot met 'n hele paar ablusie blokke.  Ons verkies stilte om ons en kamp dus nie naby die swembad/speelarea nie, die is woelig daar, maar natuurlik gerieflik as jou kleingoed wil gaan swem en jy hulle nog moet dophou.

Doen jou besprekings deur Tia, sy is baie behulpsaam en sal moeite doen om jou op 'n staanplek van jou keuse te kry.

Daar is wel ape en gebande muishonde wat in jou tent sal kom aas, maar as jy nie kos laat rondle nie los hulle jou uit.  'n Voelrek is ook 'n aanwins.

Die trap af na die strand is redelik styl maar stewig en maklik begaanbaar.  Met laagwater is dit 'n lekker stap na die hawe toe en terug.  PicknPay en Spar is binne maklike loopafstand.

Flip

 

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Nico

Nee jammer, ek het nie idee waar hul waterski nie.

 

Groete

 

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

 Hi Maters,

Die park is beslis puik soos julle almal hierbo aanbeveel maaaaar...

Hou jy en jou gesin van die hitte en nie net warm alleen nie, maar bedompig en alles klam.

Laaik jy dit om te stort, jou af te droog en weer sopnat te wees voor jy uit die ablusieblok  uit is.

Hou jy daarvan om op jou kampstoel, onder jou tent, met sy silwerseil oor te sit en sweet.

Hou jy daarvan om doodstil op jou bed te lê en die sweet rol jou af.  

As hierdie goedjies deel van jou en jou gesin se vakansiepret is gaan julle dit geniet.

Rede vir my kommentaar is dat die oorspronklike navraer dalkies ook nie van die hitte en bedompigheid hou nie en niemand anders het dit in kommentare aangespreek nie.

Heerlike plek vir Junie vakansies vir my, maar Desember Aikôna.

Ander angle op die onderwerp.

Groete Andre


Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Andre

Ons was al 4 jaar agter mekaar daar en nie een jaar se Desember was die selfde nie. Een jaar het ons wel amper gevrek van die hitte, maar laasjaar moes ons iets warms aantrek in die aande.

Dis nie 'n gegewe dat dit warm of bedompig as 'n reël is nie.

Groete

 

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Cobus wrote:

..... Een jaar het ons wel amper gevrek van die hitte, maar laasjaar moes ons iets warms aantrek in die aande.........

Cobus, jy moet die aircon afsit as jy koud kry.

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Was Des 2011 daar vir13 dae n GRAET plek abliesie skoon goeie toegangbeheer kamp staanplekke meeste met koelte daar was wel ape maar geen verpesting [lyk of hulle ook beheer word] beplan ook om die jaar weer te gaan. Ek weet by die skiboot club is daar n gedeelte wat hulle uithuo vir die manne met die jetskis ek glo dat jy daar ook sal kan ski

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

RSS
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n Chev Captiva 2.4

Ek verstaan dis n baie gewilde kamp maar so verskil n mens maar. Baie ouens gaan jaar na jaar terug, ons was eenmal daar en nie maklik weer nie. 
 
Die park is OK maar van die staanplekke is vrek ver van die ablusie blokke af. Die ablusie geriewe was oud en verweer maar darem skoon. Ons was in April daar en n ou moes mooi kyk vir die slange in die aand. 
 
Ek is ook nie mal oor Richardsbaai nie, dit herhinner my te veel aan die Vaal Driehoek, net baie BAIE warmer.
 
Ek persoonlik sal baie eerder by Cape Vidal gaan kamp as ek daardie rigting wil inslaan.

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Ski,

Ek woon in Empangeni as ek nie in Angola is nie. Het eers in Richardsbaai gewoon. Het ook my eie boot en baie ge-ski. Daar is 'n paar plekke. Die naaste is 'n area langs Pelican Island. Dit is ongelukkig klein en as daar 'n paar bote is, is dit 'n probleem. Die ouens met die waterponies mors dit ook op vir skiers. Dit is seker so 10km van die kamp. Vra maar die mense waar dit is. Dit is seewater so spoel jou enjin goed uit. Voorheen kon mens by die small craft harbour ski maar dit is stopgesit weereens oor die waterponies. Dit is nou 'n "no wake zone". Verder weg is daar die rivier by Mtunzini maar daar kan kroks wees. Die ouens ski tog daar maar droog start en stop is die andwoord. Die kroks vlug vir al die bedrywigheid. So 60km van RB 

Dan is daar die  dam tussen Empangeni en Eshowe. Die ouderdom maak nou dat ek sy naam vergeet het. 'n groot dam maar ook bytmasjiene. Ek het daar geski maar weer droog op en af. So 80km van RB. Die naaste veilige plek is Midmardam maar dit is 250km weg. As jong knaap vat 'n mens kanse. Ek het al oor die Kunene geswem in die weermag maar ek wil nie die dag beleef as 'n krok 'n kind agter die boot vat nie. Dink maar mooi daaroor.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Johan. Wat doen jy as jy sou afval met die plathonde in die water?

 

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Dan loop jy op die water! Dit is hoekom ek en 'n vriend alleen daar geski het. Die ou kon ook. Ons het seker gemaak ons val nie af nie. Ons het nie toegelaat dat iemand anders agter ons daar ski nie. Wil nie windgat klink nie maar saam met kroks in die water is nie speletjies nie. Die kinders moes maar by die huis bly.  

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 783
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

RSS

Jy se jy is nie mal oor Richardsbaai nie, herinner jou teveel aan die Vaal Driehoek. As ek mag vra, hoekom se jy so?

Groete

Harry

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Ski,

Die dam se naam wat ek vergeet het was Goedertrauw Dam. Maar ek sien sy naam is nou Lake Phobane. Verander soos alles wat Afrikaans is. Ek sien daar is 'n unieke Bass vissoort daar. Enigste plek in SA. Dit is ook naby Tsakaland wat nogal die moeite werd is om te besoek.  Google hom dan sal jy sien. So as die bytmasjiene nie aan jou agterend hap nie gaan die Bass jou tone suig.

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 41 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Llewellyn j
  • JC
  • evert
  • Hentie7
  • Frikadel
  • Tjailatyd
  • Christo de Wit
  • Leon Verster
  • Oscar
  • Footloose
  • Harry Du Randt
  • Pieter Rheeder
  • MarkP
  • WilleWillemien
  • willie Rautenbach
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS
  • Gert Venter

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.