Panorama Ruskamp
Nuwe forum onderwerpe
Patat,
Welkom hier op die forum. Ek het nog nie daar gekamp nie. Daar mag dalk iemand wees wat sal kan vertel.
Sterkte
Hi Patat
Ek was laas in 1994 daar. Dit was baie lekker. Ek is nie seker oor die standaarde nou nie maar so paar mense wat intussen daar was het geen klagtes gehad nie. Dit is loop afstand van Graskop en die kloof waar hulle die big swing doen is lekker om in af te klim en onder in die poel te swem. (My ervaring)
In 'n uitgawe van Wegsleep of Caravan and Outdoor (nie seker watter een dit was nie) is daar 'n brief gewees laas jaar waar iemand 'n slegte ervaring gehad het. Blykbaar was hulle nie beindruk met die plaasdiere wat in die vroee oggend ure jou wakker kekkel of moo nie. 
Ek onthou ook nog die beeste en hoenders en ganse in en om die kamp maar dit was egter nie 'n probleem vir my nie. Die oord adverteer egter dat hulle 'n ware "plaas gevoel" probeer skep.
Ek kan nie regtig onthou hoe die ablusie geriewe was nie maar ek was so lanklaas daar dat my ervaring egter nie sou kon tel nie.
SOek maar gerus onder Kamp plekke hier op die forum. Daar sal moontlik ander inskrywings wees.
Geniet die kamp!
Dankie Stoffel vir die verwelkoming en Kobus vir jou kommentaar.
Hopelik gooi iemand nog 'n stuiwer in die armbeurs anders sal ons maar eers gaan kyk hoe dit daar lyk voor ons intrek. Daarna sal ek my opinie gee.
Groetnis
Patat
Alternatief is ook Sabie - Merry Pebbles. Baie lekker!
Dag Patat, welkom.
Waarom oorweeg jy nie Forever Resorts Blyde Canyon nie. Baie nice daar, hoor. Dis ook bo-op die plato.
Ek dra nie kennis van die oord waaroor jy navraag doen nie, maar sal so-bietjie rond-vis.
PS.

http://panoramaviewchalets.co.za/accommodation
Lyk heel lekker daar. Die woonwapark is seker die oop gedeelte naaste aan die teerpad.
Jong ek weet nie so mooi nie. Ons was begin laas jaar daar bespreek gewees en by aan koms was iemand op my staan plek. Ek is baie nors ingelig ek kan staan waar ek wil. Intussen het ek die ablusie geriewe op gaan soek. As jy gelukkig is met 'n gorduin voor die stort en 'n matjie wat sulke drade trek as jy hom lig, dan is dit seker ok. Die mans urine put het geel salpeter op gehad.
Nou die staan plekke is van so 'n aard, en ek het 'n Sprite splash, dat as jy jou tent opslaan dan niemand verby kom nie en as jy die Karavaan dwars draai dan kom ook niemand verby nie. Dis nou die eerste staanplek terras. Die ander terrasse was te klein. O ja hulle loop ietwat teen 'n helling. Die swembad is wel tussen die rotse maar daar is ook rotse binne in en kan meer as 'n splask pool genoem word.
Maar almal se keuses verskil. Ek stem saam met WilleWllemen. Volgend keer espreek ek by Blyde rivier. Terloops ekhet maar terug gekeer na die Eiland en toe nie daar gebly nie. Die ster gradering is seker vir die chalets maar die kamp oord nee wat nie een ster volgens my nie.
Kamp groete.
Manie
Kobus, Graskop is baie sentraal geleë om by al die kykgoed uit te kom, vandaar my oorweging.
Dankie WilleWillemien, ek het ook die Google-kaart gesien op die web. Dit lyk goed uit die lug.
Hulle spog met 'n swembad wat in die rotse gebou is wat jou 'n uitsig oor die gorge gee tot jou oë sjinees trek.
Ons oorweeg ook Blyde Canyon, maar weereens, as jy wil rondry tot by Sabie (suid) en Blyde (noord) dan is Graskop sentraal.
Ô-ôô bidi-bidi - af is die as!
Dankie Manie, jy het my so-pas oortuig om maar liewer 'n ander opsie te oorweeg.
Ek meen, ek het nou wel die figure om gaalkat in die stort rond te spring maar wil darem nie helemal onverhoeds betrap word nie, né?
Mens kan in elk geval nie 'n fout maak om by Aventure/Forever Resorts/ ATKV en die Kruger op die Hollandse werf uit te span nie. Gaan maar by die Canyon bly.
Wanneer ek in Graskop kom gaan ek rerig kyk hoe Panorama lyk. Soos WilleWillemien sê dit lyk heel lekker uit die lug maar wat gaan op die grond aan? Sal bietjie verslag doen wanneer ek daar besoek afgelê het.
Omgepraat!
Dankie vir jou inset.
Patat
Ja nee Patat
Soos ek sê dit was einde Januarie laas jaar en weet nie of dit al reg is nie maar ai skoon moet skoon wees.
Laat weet maar.
Lekker sleep.
Dis soos jy daar sê Manie; skoon en netjies.
Sal in Mei laat weet.
Ons was in Junie/Julie 2008 daar, en het net vir drie nagte daar oorgebly. Van die staanplekke was so skuins ons moes ons waentjie se een wiel afskroef om gelyk te kon staan. Die ablusies was eintlik maar pateties, maar dit was darem bruikbaar. As mens nou nie omgee om saam met 'n paar spinnekoppe te stort nie,sal jy oorleef. As jy ATKV Natalia geriewe en badkamers soek, bly eerder weg. Die uitsig is pragtig en ten spyte van die skewe staanplek en die ver onder drie-ster standaard ablusies het ek die area baie geniet. Mens stort tog net een maal per dag
Ek vermoed die "Big Swing" is nou toe, na die ongeluk en hofsaak wat daar gebeur het. Maar daar is talle pragtige plekke binne tref afstand wat mens kan besoek. As ek weer in daardie rigting gaan, gaan ek eerder Merry Pebbles toe, veral as ek langer gaan staan.
Baie dankie Heidi, ek weet die omgewing is baie mooi. Ons het so 20 jaar terug die kruinroete gedoen en by die Toeristekamp in Graskop gebly. Toé was die kamp nog op standaard met verskillende soorte huisvesting en onder die stadstraad se beheer. Netjies, skoon en op en top. So 'n ruk terug gaan kyk hoe dit nou lyk by die kamp, maar ai, jy wil nie weet nie. Dis so vervalle...
Ons gaan maar by Blyde Canyon bly; dink nie ons sal 'n fout maak nie.
Groete
Patat
Baie dankie Heidi, ek weet die omgewing is baie mooi. Ons het so 20 jaar terug die kruinroete gedoen en by die Toeristekamp in Graskop gebly. Toé was die kamp nog op standaard met verskillende soorte huisvesting en onder die stadstraad se beheer. Netjies, skoon en op en top. So 'n ruk terug gaan kyk hoe dit nou lyk by die kamp, maar ai, jy wil nie weet nie. Dis so vervalle...
Ons gaan maar by Blyde Canyon bly; dink nie ons sal 'n fout maak nie.
Groete
Patat
Toe ons laas daar was het ons deur Blyde Canyon gery, ek dink nie julle sal 'n fout maak nie.
Dankie Heidi vir jou insette.
Waardeer.![]()
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Llewellyn j
- evert
- Hentie7
- Frikadel
- Tjailatyd
- Christo de Wit
- Leon Verster
- Oscar
- Footloose
- Harry Du Randt
- Pieter Rheeder
- MarkP
- WilleWillemien
- willie Rautenbach
- Andries Pretorius
- Anton le Roux
- PaulS
- Gert Venter
- Tazz123






.jpg)


Weet geen mens dan van die plek nie?