Opblaas matras
Nuwe forum onderwerpe
Hallo almal! Ek wil graag julle insette hoor. Ons het 'n queensize opblaas matras van Intex. Dit is die hoë een wat so skuins oploop vir 'n kussing gedeelte (nie baie gemaklik nie). Ons wil nog 'n queensize matras kry, maar van die wat heeltemal plat is bo en ook die hoë een. Ek sien mens kry 'n Intex sowel as 'n Coleman. Watter een is die beste? Dankie!
Ek het 2 Coleman matrasse gekoop en het reeds probleme met die een.
Die een het op die soom losgetrek.
Kyk egter ook na beide se valve waar jy hulle opblaas. Die coleman het nie 'n one way valve op nie so as jy die motor uittrek moet jy bitter vinnig wees om die prop in te druk of die hele ding blaas af.
Ek weet intex het 'n one way valve op wat keer dat die lug uitgaan sodra jy die pomp uittrek.
Die coleman lyk dalk mooier in die lig bruin kleur maar as ek oor moet kies sal die valve die belangrikste aspek wees hoekom ek eerder vir die Intex een sal gaan.
Groete
Kobus
Baie dankie sover! Die ideaal sou wees as 'n outdoor plek beide het wat opgeblaas is, dat mens regtig kan sien en voel!
Julle moet stil le met die hande bokant die komberse!!!!
Gaan Game toe en haal beide uit die boks en bekyk hulle goed. Jy kan ook egter aandring dat hulle een van elk vir jou opblaas sodat jy hulle goed kan bekyk. Ek is seker enige goeie kamp winkel sal jou hiermee kan help.
Ek het al matrasse van Intex en Coleman gehad en het nog so 'n dubbel (Queen) hoe Coleman
Ek het nog nie 'n Intex gehad wat nie gelek het nie. Daardie valve is nie goed nie. Die Colemans lek nie en bly styf. Sy kante is ook stywer en jy rol nie af nie.
Jy druk net die matras se pypie effens in sodat hy sluit voordat jy die pomp uithaal, dan verloor hy nie lug as jy die pomp uittrek nie. Geen nate het nog losgetrek nie en hulle is al so vyf jaar oud. Die Intex matrasse word nooit meer gebruik nie.
As jy in die middel van die nag iemand hoor matras opblaas, kan jy verseker wees dis 'n Intex
Ken glad nie Coleman of Intex nie.
Tans maak ek gebruik van 'n Bestway Comfort Quest. (191cm x 137cm x 22cm) Die dra vermoë is 295Kg. Het nog geen probleme met hom sover gehad nie of moet ek liewers sê ek is gelukkig om nie probleme met hom te hê nie. Het hom nou net meer as 17 maande.
Die tipe het my vrou by Makro op special gekry
Groetnis
Pieter
Carla
Ons het al beide die Coleman & Intex matrasse gehad. Het daarna 'n ordentlike matras by Bouwer broers gekoop. Dis een van daai wat lyk of dit van seil gemaak is met rubber aan die binnekant. Slaap heelwat gemakliker as die plastiek matrasse en hou ook baie langer.
Die een wat ons gekoop het word deur Greensport in Kaapstad vervaardig en hou seker al 10 jaar.
Ons het ook nooit op 'n "gerieflike" afblaasmatras afgekom toe ons ge-tentkamp het nie.
Ses van die een en 1/2 dosyn van die ander en almal lek en word pap.
Stretchers met 'n lekker gerieflike matrassie op werk baie beter. Nou wel meer "bulky" om te pak, maar hulle blaas nie gedurig af nie.
Willewillmien, ons het ook opgegradeer na stretchers toe. Ek wil net weet watse mattrassies sit jy op die stretchers.
Jy kry die(ek dink) Instinc spinnekop queen bed. Hy slaan op soos spinnekop stoel en het dan opblaas matras bo op. Weg van die grond, so koue of dorings en klippe pla nie. Ons sin is al amper twee jaar oud en het nog nooit nodig gehad om een keer weer bietjie op te vul gedurende kamp nie. Slaap baie lekker. Die bed het 'm materiaal aangewerk met 'n zip waarin die opblaas matras inkom. So dit hou die matras stewig in plek en jou kans dat die matras kan skeer op die nate of ander probleme gee is baie skraler.
Nadele hy is bietjie swaar as jy dalk 'n vrou is of ouerige persoon is. En daai "cover" waar die matras in pas raas as jy omdraai op die bed, maar ek sit maar net 'n kombers binne die cover oor die opblaas matras, dan hoor jy dit nie meer nie. Net so ekstra bietjie moeite.
Daar bestaan nie 'n ding soos 'n opblaas matras nie. Na vele pogings is ek van mening dat hulle almal afblaas matrasse is.
Servaas, ek het 'n vel 50mm high density foam by 'n handelaar gekoop en hom opgesny dat hy op die stretchers pas. Werk goed genoeg vir 'n goeie nagrus.
Toppie en WW ![]()
Dankie. Sal dieselfde probeer.
BLY WEG VAN DIE OPBLAAS MATRASSE. AL N PAAR GEHAAT!!! NATE TREK LOS WORD PAP . SPONS MATRASSIE (50MM)OP STRETCHER OORGETREK MET TUISGEMAAKTE PASLAKEN MET REK OMGESOOM WT OOR DIE STRETCHER TREK. DIT WERK. MY MENING EN DOLLA SIN.
Dag Julle
Het ook beide en het tans die Instinct een. My eerlike opienie , dis n lot crap. Koop vir jou twee disco beds.
Carla, ek stem saam met party van die opmerkings - bly sover weg van 'n opblaas matras as wat jy kan. Al die nadele soos hierbo genoem is baie waar. 'n Nadeel wat egter nognie genoem is nie, is hoe een persoon rondhop as die ander persoon omdraai. My gewig en my vrou se gewig verskil nogal baie (sy is redelik maer) en wanneer ek omdraai, dan voel dit vir haar asof sy op 'n baie rowwe see is soos wat sy rondhop. Ons het selfs die matras baie hard gepomp, maar dan slaap sy ongemaklik. Stretcher met 'n 50mm sponsmatras is die antwoord.
So het elke ding sy voordele en nadele. Sommige hou van een ding en ander van 'n ander. as jy bietjie gaan opsoek op die internet gaan jy net so baie klagtes hoor van mense oor disco beds en ook van strechers. Gaan slaan maar daai strecher en disco bed eers op en dan praat ons weer. Of hoor maar hoeveel mense dink regtig 'n strecher slaap so lekker.
As jy 'n goedkoop opblaas matras koop, dan moet jy nie kla nie. As jy een het wat op die grond le en jy maak nie baie seker daar is nie dorings, klippe of takkies onder jou tent as jy opslaan nie, dan moet jy maar weet jy gaan 'n lek kry. Een van die grootste probleme is dat mense die goed te styf op pomp en dan nog is pappa en mamma se lyfies heelwat groter as wat die vervaardiger se spesifikasies aandui.
Ek het vir R900 twee hoë digdheid spons matrasse gekoop wat elk omtrent 15CM dik is. (Dit lyk soos gewonde binneveer matrasse)
Ek maak hulle toe in plastiek en maak hulle bo op die sleepwa vas. Dit sis lag-lag sie gemaklikste wat ek in jare in 'n tent geslaap het. Ons gebruik 'n King Size paslaken om die twee toe te maak.
Dit vat miskien meer spasie op, maar die gerief is uit en uit die moeite werd!!
Dankie julle! Ek gaan definitief ondersoek instel na die verskillende opsies.
Het ook die op/afblaas matras gebruik en het hom nogsteeds, maar vroulief hou nie van so op die grond slaap nie.
Ons gebruik tans as ons 1 keer n jaar met die tent kamp twee stretchers met matrasse wat ek spesiaal laat maak het vir hulle, sit dan n fiited sheet laken bo oor die matras en stretcher. Werk goed!
Het ook al menigde afblaas matrasse gehad en onlangs vir ons stretchers gekoop. Ons is nou nie van die kleinste mense nie en het die Instincts stretchers gekoop. Hulle is gewaarborg en getoets tot op 200kg en slaap baie lekker met die dun high density foam matrassies wat opvou bo-op.
Carla, Ek en my vrou is ook al deur 'n paar opblaas matrasse. Een se nate het geskeur en later het mens optraende geslaap. Maar ek dink ons het nou die andwoord. Ons het twee enkel opblaas matrasse gekoop. Van die seil soort soos die ou lilo's in my jeug se dae. Hulle is sterk en skeur nie. Die rede vir 2 is dat ek en my vrou nie van die matrasse ewe styf hou nie. Ook omdat ek swaerder is lê ek my kant dieper in dan rol sy heelnag af. Op die matrasse sit ons twee dun spons matrassies, van die wat so zig, zag opvou wat jy by Game kry. Bo-oor 'n dubbelbed paslaken en dan slaap ons soos asof by die huis. Net verskil jy hoor die see se branders of die naguil se hoe hoe.
Lekker slaap
mooi so tommie. ek en dol het noudiedag een getraai met hande onder die kombers het die nag omgelag soos ons efgerol het opgeklim het en weer afgeval het. dit was nogal lagwekkend gewees.
My Coleman lugmatras het 8 jaar gehou. Maar ek stem saam dat die seil met rubber bedekte lugmatrasse die beste kwalitieit is, hou baie jare. Na my knie gebreek het, het ek by Landmark hulle Kaufmann opvou beddens gekry, met rubber reg rondom het hy nie 'n matras bo-op nodig nie, slaap soos 'n gewone matras.
ñ Opblaas matras se groot geheim glo ek le in die afblaas en weg bere.Hoeveel goed word nie bo op die matras gepak en gedruk nie.My matrasse wat ek in my tent dae gebruik het word van tyd tot tyd nog gebruik sonder enige probleme en hulle is al ouer as 10jr.
Grond slaap is vir hobo's en alkies soos ek.(lol) Kry karavaan en slaap op bed binne. Vir mense wat saam gaam laat hulle hul eie bed bring.
Groete
Hobo's en alkies gebruik nie matrasse nie maar koerantpapier en bokse
Ons is darem upperclass hobo's en alkies want koerante te vol strooi.
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Frikadel
- Leon Verster
- Tjailatyd
- JC
- evert
- Hentie7
- Llewellyn j
- Christo de Wit
- Oscar
- Footloose
- Harry Du Randt
- Pieter Rheeder
- MarkP
- WilleWillemien
- willie Rautenbach
- Andries Pretorius
- Anton le Roux
- PaulS
- Gert Venter
- Tazz123
- Francois Malan
- Perdeby
- Molekule








.jpg)





.jpg)






Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
hi Carla,
Ek het albei gehad en vir my was die kwaliteit maar dieselfde.
Wat ons gepla het op die intex, was dat sy nate in die lengte was van kop- tot voetenend. En soos jy rondrol beland jy tussen die langwerpige nate wat nie baie lekker lê nie.
Ek dink die Coleman (of dalk was dit 'n ander maak) het pockets gehad wat lank en dwars loop. Was baie gemakliker.
Groete,
Jacques