Onrus in die Kampeerterrein.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Na aanleiding van Kampalweer se draad oor sy Mosselbaai-ervaringe, ons s'n die afgelope vakansie en vele vakansies voor dit, asook, sekerlik baie van julle s'n.

Die doel met hierdie draad is nie om sekere mense uit te sonder, of om te kla nie, maar ek is seker binne in 'n kampeerterrein is daar perke en behoort medekampeerders mekaar te respekteer in sekere opsigte.Veral wanneer dit kom by rustigheid en konsiderasie vir jou mede-kampeerders.

So 'n ent onderkant ons staanplek, die afgelope vakansie by Knysna, was die klein kindertjies se speelplek. Telkemale en tot ses keer een middag was daar 'n groepie van so 9 kindertjies daar aan die speel. Een van die kleiner dogtertjies, ek skat haar so 5 jaar oud, was voortdurend deur haar ouer sussie geterg met die gevolg dat die kleintjie letterlik vir 'n uur aanmekaar op die punt van haar stem aanhou skree en gil het. Tot aanskoue van die ouers en tot groot irritasie vir almal in die nabye omgewing.

Nou, ek het nie 'n probleem met kinders wat speel en hulself geniet nie en put groot genot uit die vreugdevolle klanke wat rondom so 'n speelparkie ontstaan. Bg. is egter vir my onaanvaarbaar.

Die ander sakie wat 'n groot irritasie is, is die kindertjies wat tydig en ontydig met hulle plastiekmotorfietsies heen en weer voor mens se kampplek verby ry. Nou, in beginsel het ek nie 'n probleem met die kinders wat daar verby ry nie, maar het jy al gehoor watse moerse geraas maak daai skoetertjies se wiele?

Die derde sakie is tieners wat ter eniger tyd van die dag of nag, luidrigtig loop en gesels.En dan sommer regdeur jou staanplek loop en nog oor 'n tou of twee struikel ook. Nou, ek weet tieners is op 'n stadium in hul lewens waar hulle letterlik "vergeet" van hulle onmiddellike omgewing en hulle-self so inleef met dit wat hy op daardie tydstup mee besig is, dat daar nie ag geslaan word op ander mense rondom hulle nie. Ek moes self ons twee meisies en die kuier-kêrels met tye hard aanspreek. Nou, 'n tiener se opgewonde lag en geskerts is vir my ook iets om te waardeer, maar het al 'n paar keer gewonder of leer die ouers dan nie hulle kinners "kamp" nie? 

Moet ouers daar en dan taktvol aangespreek word oor hulle kinders se geraasmakery? Of hoe?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Dit is hoekom ons die stiller plekke uitsoek. Kom klaar met bietjie minder luukses, maar die stilte en vrede is absoluut die moeite werd!

Groete

Hans.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Willie,

Mmmm - ek dink die moeilike vraag is waar is die grense?

Kleingoed het ook seker 'n reg om hulself uit te leef in die kampplek en die buitelewe te geniet? Dis juis hoekom ek kamp en nie in hotelle of chalets tuisgaan nie. En weet jy hoe opgewonde raak my 2 jarige om "te gaan kamp"?

Die skopfiets is 'n wonderlike ding. Die kleingoed kom maklik oor die weg daarmee, veral as hulle nog te klein is vir klein trapfietsies. Die goed pak ook redelik maklik.

Ek is self nie mal oor geraas nie, maar kan baie langer na kinders se "speel lawaai" luister, as die buurman so 4 staanplekke verder se nuwe Juanita du Plessis CD wat uit sy kar blaker.  

Ek dink 'n fyn balans is nodig. Nie dat mens ook heeldag met 'n nat broek wil rondloop en kyk waaroor jy alles kan kla nie. Ek het so 'n buurvrou by die huis - sit en wag net vir die minste om oor te kan kom kla...

 

Groete,
Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dis eintlik die vraag, Jacques: "Waar is die grense?"

Aimee het ook met die plastiekskoetertjies grootgeword. Op daardie stadium het ons hoofsaaklik in die berge of iewers by St Lucia, Sodwana of Cape Vidal gekamp. Hier was hoofsaaklik gras en sandpaaie met die gevolg dat skootertjie nie soveel lawaai opgeskop het nie.

Ek sê weer. Ek het in beginsel nie pyne met kinders wat speel nie en deel soms hul spelery met hulle, al is dit nie my eie kinders nie. Hulle moet speel, maar gaan ek my kind toelaat om vanaf 5h30 in die oggende, soms tot vir 'n uur en 'n half en daarna gereeld deur die dag op en af met die skoetertjie te ry tot steurnis van mede-kampeerders?

Die tieners sorteer ek sommer vinnig op 'n hoflike manier uit en het nog nie enige disrespek van hulle kant in die kampeerterreine ervaar nie.

Die ou met sy harde musiek gaan vra ek ook maar op 'n hoflike manier om dit AF te sit, of so sag dat ek dit nie kan hoor nie.

Hans, bg. gebeur op die stiller plekke ook.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 


 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Kry vir jou so stelletjie Willemien

Dan hoor jy niks en die res van die kamp hoef nie gesteur te word soos jy kla oor alles nie.

 

 

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 781
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

'n Wêreld sonder kinders sal 'n dooie wêreld wees. Kinders (kleuters tot tieners) is van nature vrolike, kommervrye wesens en leef voluit in teenstelling met ons volwassenes wat  gereguleerd, korrek en konsidererend teenoor ander optree.  Kinders dink nie aan afgebakende kampeerstaanplekke nie, ook nie aan die lawaai wat 'n skopfietsie se wiele maak nie.

'n Kalm, gebalanseede houding van albei partye is nodig om "onrus" 'n bietjie te laat bedaar, maar as dit onhoudbaar vir 'n kampeerder is, moet hy eerder kampplekke besoek wat minder kinder-vriendelik is en tydens tye wat meer rustig is.

Op 'n ligter noot, hier is 'n besigheidsgeleentheid !  Ontwerp 'n rubber-oortreksel vir skopfietsies se lawaai-wiele wat al langer as 30 jaar 'n deel van elke denkbare kampterrein is.

Len

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Fietse se binne bande, ek soek nog so paar.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek het een aand die vakansie so paar jongelinge daar in die kamptrein vasgevat. Soos hulle verby die karevane loop klap hulle met hulle hande teen die karevane. Nou die een aand het boetman 'n moeilike dag geahd en toe ons hom eindelaas aan die slaap het, kom die klompie so klap klap verby die karevane en daar is boeta wakker.

Ek het dood luiters na hulle staanplek toe geloop waar hulle ouers gesit en kuier het en daar voor hulle vir die jong klomp gesê as hulle nou eenkeer weer teen ons karevaan kom klap maak hulle my kind stil....

Die ouers het plegtig om verskoning gevra en die res van die tyd het die klomp kinders wye draaie om my geloop.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Het nie nodig nie, Oubaas. Is reeds stokdoof.

Dankie vir die tip, Len. Ek gaat dit beslis opvolg.......dis nou oor die rubber-oortreksel/rubberwiele vir die skoetertjies.

He,he,he......interressant wanneer "ou mense" met sulke drade vorendag kom, watse houdings word daar soms geopenbaar.

Ek het nie 'n saak met die skoeters se wielgeraas nie, man. Maar wanneer dit aanmekaaar, tydig en ontydig gebeur, dan het ek 'n saak daarmee. Het ook nie 'n saak met kinders nie. Was self een en het twee van my eie en derduisende skoolkinners grootgemaak.

So, die "ou mens" ken van kinners.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

En hoeveel mense het boetman gepla met sy gehuil na sy moeilike dag?

 

 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Mens noem dit 'n JD bug. Gewone rubberwiele soos fiets wat opgepomp word. Raas niks en die kind leer ook binne 'n maand om balans te hou, so sodra hy groot genoeg is om te kan trap, sal hy sommer al kan fiets ry ook.

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Nou wat bedoel oom nou?

Lyk my jy soek weer 'n "maatjie vir 'n praatjie" vandag.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Spiderman wrote:

En hoeveel mense het boetman gepla met sy gehuil na sy moeilike dag?

Hy het soveel gepla dat die bure wat toe al 'n paar dae daar staan nie eers geweet het ons het 'n klein babatjie by ons nie. Hy het nie soveel gehuil was wat hy net erg gesukkel het om aan die slaap te raak nie.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Hentie7
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 127
Gebruiker is aanlyn
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n SPRITE SPLASH met 'n VW Caravelle 2,5 TDi of FORD RANGER 2,5 D/C

Die Skop Skoeters - Die goed en presies dieslefde swart model is vir 'n leeftyd al beskikbaar. In ons jonger dae toe ons in 'n woonstel gebly het in Sunnyside Pretoria het die mense ook gekla, die antwword was toe eenvoudig plak so paar lae "masking tape" op die omtrek van die wiele en hulle was 90% stiller !

Die kinders wat skree op mekaar - Daar is maar rang orders in 'n familie dat die boeties en sussies mekaar bietjie "uitsort", ek stem saam dit kan vir lank aanhou nie.

Tieners - Het ook van hulle en weet van hulle vriende wat hulle maak op kampe, jy gaan hulle nie voor 10H00 in die tent kry nie, en as hulle daar is sal hulle by 10H05 by die vensters agter uitklim. Ek het al die tent se "zips' met "cable ties" vas gemaak dit het gewerk vir een kamp.

Fietse in 'n oord is vir my weer 'n nagmerrie, die kinders jaag mat die goed en het geen respek vir mense wat loop nie. Ek het al gesien hoe so outjie by 'n t-aansluiting kennis maak met 'n woonwa wat besig was om die oord binne te kom.

Groete

Hentie

Shaun
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 43
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp
Ek sleep 'n 1993 Jurgens Expo met 'n 2003 BMW 330I of 2008 Corolla 2.0 D4D

Hi Willie

So wat sal jy nou sê is gepaste tye vir die kinders om met die skop fietse te ry - wanneer sal dit die meeste mense pas want my seun begin nou met die fietse ry en ek wil nie hê hy moet mense tydig en ontydig pla nie.

 

 

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Shaun, Willie het gesê dis reg so van 5:30 af soggens...  


 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Shaun wrote:

Hi Willie

So wat sal jy nou sê is gepaste tye vir die kinders om met die skop fietse te ry - wanneer sal dit die meeste mense pas want my seun begin nou met die fietse ry en ek wil nie hê hy moet mense tydig en ontydig pla nie.

 

As ek hier my 2c gan gee sal dit as volg wees:

  • Bitter min kampeerders slaap later as 8 uur of half 9.... dis wat ek maar net weer gesien het die vakansie, so as die laaities hier van 8 uur begin fiets ry pla hulle nie te veel nie.
  • Wanneer dit donker word, word dit gevaarliker om fiets te ry, veral as daar nie 'n lig op is nie. Ek dink dit is 'n goeie maatstaf...
2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Shaun
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 43
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp
Ek sleep 'n 1993 Jurgens Expo met 'n 2003 BMW 330I of 2008 Corolla 2.0 D4D

Hi Cheetah

Ek hoor wat jy sê maar hoe sê mens vir 'n 2 jarige hy mag nie 06:30 in die oggend met sy skopfiets ry nie? Hy kan nog nie lekker verstaan hoekom dit die ander mense pla nie al verduidelik 'n mens hoe hard.

En as hy nie wil luister nie en jy gee hom 'n pakslae dan skreeu dit weer 06:30 in die oddend waaroor die bure ook gaan kla want dan is jy weer die sleg jong ouers wat nie weet hoe om kinders groot te maak nie want hulle kinders het mos nooit as baba's gehuil nie en hulle kinders het dit nooit gewaag om so iets te doen en het mos altyd geluister van 2 maande af as jy vir hulle nee gesê het.

Die bure moet dan maar kies of 'n gehuil na die pakslae of die geraas wat die wiele maak op die paaie.

Kom ons wees maar eerlik, die geraas wat die fiets maak is juis die rede hoekom die kinders die fietse so geniet. Hoe vinniger hoe meer geraas hoe meer fun

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Stem, Cheetah.

Ek weet die kiddies word vroeg wakker en dan soek hulle aksie. Staan maar vroeg saam met hulle op en dra die skoetertjie na 'n deel van die kamp waar julle nie kan rus versteur nie.

Ek is nie juis versot daarop om so vanaf tienuur in die aande 'n gerammel heen en weer te hoor nie. Ek slaap nog nie daai tyd nie, maar dit versteur my "mediternde denke" erg. Meeste keer slaap Lorrainne al daai tyd. As so-iets haar wakker maak, kom versteur sy my "mediterende denke" ook nog daarby. Dan beleef ek met ander woorde nou twee intense steurnisse. Is dit regverdig, julle. Is dit regverdig?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Shaun, dit is nou presies. As die ou langs jou sy diesel start voor 6 in die oggend om te gaan diere kyk, dan is daar geen probleem nie. Maar jou kind mag nie speel nie. As die ou langs jou kuier en hard lag en gesels tot 10 uur in die aand, dan is dit reg, maar jou kind mag nie op sy fietsie ry nie.

As jy lig slaap en nie hou van skopfietse of ander geluide van bure nie, gaan bespreek vir jou 'n chalet.. As dit nie vir kinders was wat kamp geniet het nie, was daar 80% minder kampers en die bedryf kon maar toemaak.

 

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Kyk, ons nou maar eenmal mense, en verskil gaan ons verskil. die een ou is iemand wat tot 2 uur die oggend wakker bly, maar dan wil laat inlê en die volgende ou clutch teen 10 uur uit maar is al weer 6 uur die volgende oggend aan die gang. Dit is elke ou se reg, en ons gaan kwalik 'n manier kry om almal gelukkig te hou. Ek dink net ons kan'n ver pad gaan om sensetief teenoor mekaar se behoeftes te wees.  As daai laaitie dan nou 7 uur in plaas van 6 uur begin met die skopfiets hanteer dit dan nou maar.  As buurman vanaand laterig kuier en dis bietjie later as wat jy mee gemaklik is, hanteer ons dit ook mois maar solank hy net nie 'n gewoonte daarvan maak nie.

Ek dink die goue middeweg hier is "Leef en Laat Leef" en meer belangrik "Doen aan ander net wat jy aan jouself gedoen wil hê" en anders om natuurlik.

 

Een van my nuwejaars voornemns is om minder gou opgewerk te raak.  Ons leef net een keer, so kom ons maak die beste daarvan, maar met die gedagte dat ons nie alleen is nie

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Shaun
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 43
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp
Ek sleep 'n 1993 Jurgens Expo met 'n 2003 BMW 330I of 2008 Corolla 2.0 D4D

Ek stem want ons kamp omdat ons daarmee groot geword het en as jy dit onaangenaam vir jou kinders maak gaan hulle belangstelling verloor, want die buite lewe wat vir hulle bietjie meer vryheid verskaf,het nou ewe skielik meer reëls as iets anders.

Die ou wat so vroeg gaan diere kyk kan ook maar seker sy trok stoot tot by 'n gedeelte in die park waar dit nie die ander kampeerders sal pla as die ding eendag vat en die bolle rook begin spoeg.

 

 

Theunis Venter
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 16/11/2011
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 20?? Jurgens Penta met 'n 20?? Jeep Grand Cherokee Overland V6

Willie, jammer om van jou draad af te klim, waar het julle in Knysna gekamp, want ons soek nou 'n ander kamp plek as Plettenberg bay en hoe groot is die staan plekke?

Ek het twee seuns en dit gee my vreugde om die jong mens om ons te he. Jy moet 'n bietjie hoor hoe snork van die mense en dan is die lawaai van die kinders niks.

Groete

Theuns

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Skrik een oggend so 4 uur wakker van 'n vreeslike gerammel, storm uit om te kyk watter laaitie ry so vroeg innie more met sy skoetertjie. Niks in sig nie. Was die buurman wat so snork dat dit sommer so weergalm.

Right julle. Kom ons maak 'n deal.

Ek verduur jou kinners se skoetergeraas vir 'n bietjie langer, dan start ek my krrrr elke oggend 5 uur om te gaan visvang. Hoe's daai?

PS. Sorry, man, Theunis.

Volg die skakel hieronder. Ek het daar volledig verslag gelewer.

http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/terugvoer_oor_kampplekke/wes_kaap/woodbourne_vakansieoord_weg_van_die_geskarrel#comment-213470

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Cheetah wrote:

Ek dink die goue middeweg hier is "Leef en Laat Leef" en meer belangrik "Doen aan ander net wat jy aan jouself gedoen wil hê" en anders om natuurlik.  

Cheeta, wyse woorde!!!

Gun die ou kindertjies aar hulle bietjie plesier - voor ons ons oge uitvee is hul groot en dan is speeltyd vir ewig verby vir hulle!!

Ek en ek glo meeste van ons hier kamp omdat dit vir die kinders en klein kinders so lekker is, en ook dat ons bietjie tyd en aandag aan hulle kan gee?? Moenie die vreugde van die kinders wegneem nie!

Ek sien iemand hierbo praat van party kampeerders se gesnork - dit is iets wat ek glad nie kan hanteer nie, maar ek sal nie met die ou praat daaroor nie, ek is seker hy kan niks daaraan doen nie? Nee wat sit maar my kopliggie aan sodat ek nie die tannie pla nie en lees maar 'n goeie boek, ek kan julle verseker nog nooit iets oorgekom van 'n nag met geen/min slaap nie en hier na die tweede nag met min/geen slaap, hoor ek niks meer van skop fietse, snork of tieners wat gesels nie - DAN SLAAP ek soos 'n dooie!!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Spiderman,

Maak soos ek drink meer dan sal dit jounie pla nie.

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Shaun wrote:

Hi Cheetah

Ek hoor wat jy sê maar hoe sê mens vir 'n 2 jarige hy mag nie 06:30 in die oggend met sy skopfiets ry nie? Hy kan nog nie lekker verstaan hoekom dit die ander mense pla nie al verduidelik 'n mens hoe hard.

En as hy nie wil luister nie en jy gee hom 'n pakslae dan skreeu dit weer 06:30 in die oddend waaroor die bure ook gaan kla want dan is jy weer die sleg jong ouers wat nie weet hoe om kinders groot te maak nie want hulle kinders het mos nooit as baba's gehuil nie en hulle kinders het dit nooit gewaag om so iets te doen en het mos altyd geluister van 2 maande af as jy vir hulle nee gesê het.

Die bure moet dan maar kies of 'n gehuil na die pakslae of die geraas wat die wiele maak op die paaie.

Kom ons wees maar eerlik, die geraas wat die fiets maak is juis die rede hoekom die kinders die fietse so geniet. Hoe vinniger hoe meer geraas hoe meer fun

Stem 110% saam met Shaun. Ons seuntjie is nou 15 maande en maak ons al enige iets van 05:00 af wakker, daar is geen manier hoe ons hom kan stil hou nie, hy loop rond en maak harde geluidtjies, met sy karretjie op en af. N kind van daai ouderdom verstaan nie, vat jy die speelgoed weg, dan huil hy, gee hom pak, dan huil hy ook en dan is jy jong ouers wat nie kinders kan grootmaak nie.

Nee wat, my kind en ander kinders kan maar daai skopfiets ry, pla my nie, as jy wil moan daaroor, gaan kamp in die berge waar niemand jou kan pla nie.

Dis vir ons lekker om te sien en te hoor hoe geniet kinders hulle in n kamp terrein.

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Ons leef nou een maal in 'n tyd wat mense verskil en "ander mense" goed doen wat ons ontstel omdat hulle dit nie so doen soos ons dit sou doen nie. Met baie kampe waar ek al gekamp het het daar al mense iets gedoen wat pla. Ek probeer dit maar verduur. Daar is vele dinge wat ek dink totaal onaanvaarbaar en ongeskik is, dan kry ek mense wat daaroor skouers optrek en my aangaap of ek nie reg in my kop is omdat ek dit kritiseer.

Ek sal beslis harde musiek gaan aanspreek, maar hoe vertel jy 'n ouer dat sy/haar kind se geskree nou lastig raak? Wanneer 'n kamp vol is verduur jy maar die pyne, en bederf jouself met 'n kamp wanner die skole weer begin het waar dit stil en rustig is.

 

John Cooper

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

LMGA vir die een. Een vd dae is daar dalk kleinkinders (Ek hoop nog 10jaar) en ek sal aan 'n plan moet dink. Ek sien nou die dag jy gooi sand in die doek dan sit klein Willem net daar. Sodra hy skree gee hom 'n klein visstokkie met 'n plastiese vissie. LOL

Nou die dag kom daar 'n paar mannetjies in die straat van Koppisol afgejaag met 'n gejuig. Een slaan daar neer dat jy net doek en poep sien. Raai wie help 1ste? ja dit was ekke. Die knaap was heel OK en met 'n sweet in die hand is hy en sy maats daar weg vir die volgende rondte. Dit het net so 1uur aangehou toe is hulle poegaai. Maar sal nie uitpraat oor die lawaai van die groot mense tot laat nie. Gelukkig is die Classique klank dig. Of was dit nie dalk ek wat so lawaai het nie? Gids kan nie onthou nie was so verlief daai tyd.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Toppie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 462
Gebruiker van lyn af.

Jammer vir julle oor die skopfietsies. Ek was vir jare met die goed geterroriseer. Nou is dit my beurt om vir my kleinkinders van die goed te koop en ander ouens te terroriseer. -(SiekGrap)

Willewilemien, ons kamp nie meer waar die "gesinsmanne" kamp nie en gaan maar na die meer afgelee plekke vir presies dieselfde redes as wat jy noem wat jou irriteer. Ek kan 'n paar ander by die lys sit - Die een ding wat my geweldig irriteer is as die ou langsaan of oorkant so baie ligte aan het dit lyk of die son besig is om op te kom.

Dis so erg dat ons nie maklik vir meer as een aand op 'n keer betaal nie.

PS. Toe ons nog kinders in die huis gehad het, het hulle altyd van die Knorpot Omies gepraat en ek dink ons kom naby  

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 36 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • Hentie7
  • evert
  • Frikadel
  • Llewellyn j
  • Christo de Wit
  • Oscar
  • Footloose
  • Harry Du Randt
  • Leon Verster
  • Pieter Rheeder
  • MarkP
  • WilleWillemien
  • willie Rautenbach
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS
  • Gert Venter
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Perdeby
  • Molekule

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.