Negatiewe terugvoer

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dag julle,

Ek stoei persoonlik biki met die ding.

Wanneer ek kampplek begin soek, begin ek eers by die oord se eie offisiele webwerf. Dit vertel my alreeds of die ouens die eenvoudige tegnologie kan aanwend om hulself te bemark. Daarteenoor kry mens soms ook 'n wonderlike oord, sonder 'n webwerf - die sogenaamde klein juwele. Fotos is ook geduldig en met 'n goeie fotograaf kan mens ook 'n swak kamp baie goed laat lyk.

My volgende stap is om hier op die forum te kom soek na terugvoer wat alreeds geplaas is. Meestal is dit baie positiewe terugvoer.

Maar soms is daar negatiewe terugvoer ook. En hiermee sukkel ek. Hoe onderskei mens of die persoon net 'n negatiewe mens is en of dat hy biki die grense gaan toets het en met die bestuur gebots het?

Pertinente probleme word soms ook nie daar-en-dan met die bestuur opgeneem nie, maar hier op die forum kom pak die ou uit hoor.

So byvoorbeeld het ek die afgelope Desember 'n oord bespreek wat negatiewe terugvoer hier gehad het. Paar aande voor die tyd nie geslaap nie. Op die ou end 'n wonderlike tyd gehad - een van ons beste kampe ooit.

Help my asb. Ek sukkel hiermee. Hoe interpreteer jy die negatiewe terugvoer hier?

 

Groete,
Jacques

 


 

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Moeilike een Jacques!

Ek het al dieselfde ondervinding gehad.  Indien moontlik probeer ek die oord vooraf besoek indien dit naby is om sodoende vir myself te bepaal of ek daar sal aard of nie.  Indien dit nie moontlik is nie maak ek gereeld staat op baie vriende wat ook gelukkig hou van kamp.  Ons ken mekaar se standaarde, voor -en afkeure wat dit dan makliker vir my maak om 'n besluit te neem.

Ek stem saam, almal verskil in opinie wat my dalk gaan verhoed on na plek x te gaan bloot omdat ek my dalk "steur" aan 'n ander ou se ervaring van 'n plek.  Webwerwe kan BAIE misleidend wees want daai fotos word so opgedollie dat jy dink dit paradys!

Groete
Ken

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Jip! Moeilike ene.

Ek sou voorstel jy evalueer al die terugvoer objektief en neem dan die positiewe terugvoer en kyk of jou styl van kamp en vakansiehou daarmee inpas. As die antwoord "ja" is, go for it en gaan kyk self die oord uit.

Die negatiewe terugvoer is meestal dinge wat, indien dit sou plaasvind, jy met die oordbestuur kan uitklaar. Soos bv sy Worshond wat teen jou tent kom weee.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Baie moeilike een die Jacques. Ek neem maar mense se persepsies met 'n knippie sout. Daar is niks soos ondervinding nie.

Ek het dit al beide kante toe ondervind. Die manne praat goed van 'n plek en jy verwag 'n paradys by aankoms. Dan voldoen dit nie aan jou verwagtinge nie.

Ek dink as dit enigsins moontlik is gaan verken die plek voor jy 'n lang bespeking maak.

Groete

 

kids_camping
Groentjie
Aangesluit: 17/11/2011
Inskrywings: 23
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montana, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Isuzu 2.8 dt Frontier 4x4

Stem saam, almal se standaarde of belangstellings is nie dieselfde nie. Besoek ook eers die web, maar ai, die foto's kan soms so bedrieglik  wees of jare terug geneem wees.

Negatiewe kommentaar word ook nie altyd gestaaf nie. As plek naby is, gaan ons en vorm dan ons eie opinie. Merk hom dan in ons boekie as 'n "sien weer" of  "vergeet van".

Groetnis

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 n Enkele negatiewe kommentaar is moeilik om op te som. Meer as een wat dieselfde se kan waar wees. Ek dink die belangrikste is om die negatiewe kommentaar te debateer en dan die emosie uit die kommentaar te probeer haal. Self al word humeure bietjie hoog, moet die kommentaar gefynkam word. As die betrokke kampplek ook nie die moeite doen om te reageer nie, sal dit voorkom of die kommentaar gegrond is. 

 Groete

Martin

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Dit is hoe jy kamp self ervaar, negatiewe dinge wat met die oord bestuur word vinnig reggestel kan word moet nie as negatief gesien word nie. ek het al bloutjies geloop en dan weer slegte kampe nie so sleg ervaar nie. Elke mens kyk met 'n ander oog en het ander verwagtings. Kamp a het 'n ou wat vroeg oggend sing en kamp b kan jy nie 'n tentpen inkry nie. dit maak nie een van die twee slegte kampe nie maar kan jyself dit verwerk.

Groete

HPJV RENSBURG

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Ons probeer sover moontlik die oord self besoek.  Indien ons in 'n area kamp waar ons nie van te vore was nie, vat ons 'n dag, gaan kyk na al die oorde en merk op 'n oordkaart die staanplekke waarin ons belangstel.

Indien ons nog nie persoonlik by 'n oord was nie, vra ek my kampmaters of hulle al by die oord was en of van hul ander vriende of familie al by die oord was. 

Dit help ook nie jy kry hulp van vriende wat meer as 'n jaar laas by die oord was nie, baie dinge kan intussen al gebeur het.

Laastens kyk ek na die forum vir raad en advies

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Spikkels
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/11/2010
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemies
Ek sleep 'n 1993 Jurgens Penta met 'n 2009 Navara 2.5 DCi D/C 4x2

Ek dink ons reageer bietjie vinnig en meeste keer is n ou nog opgeklits oor die ervaring.Sou jy eers n paar dae wag dan sal jy met meer insig kan rapporteer oor negatiwe aspekte.

Mense verskil en soos n harde tv my pla sal dit dalk nie die volgende ou so ontstel nie.

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker van lyn af.

Mens sal maar eers kan oordeel as jy self die plek besoek het en soms verskil twee van jou eie besoeke aan een plek soos dag en nag.

Neem Mbizi nou as voorbeeld. Daar is ouens hier wat nooit weer daar sal gaan nie en ander gaan keer op keer terug.

Tensy ons hier gewaarsku word teen erge ongerymdhede, sal ons maar kommentaar met nugterheid moet probeer oordeel.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Dit is maar dieselfde met goeie terugvoer ook. Na ek hier gelees het hoe almal 'n sekere oord net prys en nie een persoon iets negatiefs gese het nie, almal beveel die oord aan, het ek besluit ek moet maar daar 'n draai gaan maak. Ook sommer ander vriende saam genooi dat ons by die wonderlike plek gaan kamp.

Daar aangekom, mag ons nie kies waar om te staan nie. Daar is net so 8 ander karavane. Word meegedeel dat hulle die gras bietjie wil rus na die vorige langnaweek, so ons moet op die swak staanplekke staan wat se gras nog mooi(erig) is, omdat niemand ander gewoonlik daar wil staan nie. Die swembad is leeg en besig om herstel te word. Die warm swembad was nie een keer die naweek warm nie, want daar is min mense.

Ek het dieselfde bedrag betaal as enige iemand anders wat toegand tot alles gehad het op ander naweke. Die badkamers was baie fancy en skoon, maar ek spandeer minder as 1 uur op 'n hele naweek op die k%khuis, so dit beteken vir my niks.

 

 

deonhitchcock
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/04/2010
Inskrywings: 94
Gebruiker van lyn af.
Plek: Saldanha

Terugvoering goed of sleg is 6 op 'n skaal van 1-10. Sou daar egter bevestiging voorkom, sit ek een punt by. Op 9 kan ek jou 'n brief met poeliestjap gee waar 'n rokie is, is 'n vuurtjie.

Weskusgroete

Deon

  

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

'n Paar lekker bydraes - dankie julle. Ek dink die 2 som dit mooi op:

Vrystater wrote:

maak ek gereeld staat op baie vriende wat ook gelukkig hou van kamp.  Ons ken mekaar se standaarde, voor -en afkeure wat dit dan makliker vir my maak om 'n besluit te neem.

Lord Farquart wrote:

 n Enkele negatiewe kommentaar is moeilik om op te som. Meer as een wat dieselfde se kan waar wees. Ek dink die belangrikste is om die negatiewe kommentaar te debateer en dan die emosie uit die kommentaar te probeer haal. Self al word humeure bietjie hoog, moet die kommentaar gefynkam word. As die betrokke kampplek ook nie die moeite doen om te reageer nie, sal dit voorkom of die kommentaar gegrond is. 

 

Groete,
Jacques


 

BOB
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Penta met 'n Land Rover Discovery 3 SE

Hallo JacquesR

Ek dink dit belangrik om na onder forumiete se terugvoer te lees en as daar n konstante probleem met n oord is, sal ek dit vermy.

Maar, ons wil ook nou nie elke keer by dieselfde kampe kamp nie, so ek sal op hulle website kyk hoe dit lyk en dit evalueer gebasseer op watter fasiliteiet hulle het wat ek en my gesin benodig.

Ons het ook gelukkig baie vriende en kennisse wat ook kamp.

Ek dink die kombinasie van al 3 sal jou laat besluit of jy wil gaan of nie.

Groete

BOB

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1350
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 @JacquesR,

Jy maak maar daarmee soos wat jy met enige ander kommentaar op die forum maak ... neem ALLES met 'n knippie sout!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Netso Footloose - maar 'n knippie is sommige dae hopeloos te min...  


 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

JacquesR wrote:

Netso Footloose - maar 'n knippie is sommige dae hopeloos te min...  

 

n Skyfie suurlemoen en tequila werk goed saam met n knippie sout.

 Groete

Martin

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Mmmm - kan werk!

 


 

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Wat is 'n knippie sonder sout?

 

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 425
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

@jacquesR.

ek dink daar is 'n duidelikke skeiding tussen iemand wat bots met die bestuur oor die netheid van die perseel en soos op 'n ander draad genoem oor die inbrake wat ondervind is in die oord.

jou draad is na aanleiding van die merry pebbles oord draad.      ooglopende probleme behoort deur oord bestuur opgetel te word. hoekom moet ek vir hulle se die badkamers is vuil, die swembad is vuil, my asdrom by my site loop oor, ens? indien die oord hulle sout werd is sal hierdie klein items op hulle todo lys wees.

geraas, sekuriteit en netheid bly van die grootste goed waaroor daar op hierdie forum gedebateer word.     elke ding kan tot vervelens toe bespreek word met party ouens wat sterker voel as ander.      mens kan ook nie meer die huidige ster gradering van oorde vertrou nie. 

groete

edward

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

wit plakker wrote:

jou draad is na aanleiding van die merry pebbles oord draad.

Nee, eintlik a.g.v. 'n verskeidenheid snaakse "klagte" oor 'n paar oorde.


 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Indien jy slegs na hierdie forum kyk vir terugvoer oor 'n oord, gaan jy baie de m@er in wees oor baie van die oorde wat jy gaan / wil besoek.

Dinge kan daagliks verander en dit kan 'n redelike groot "moersleutel in die werke gooi".

Dit bly maar 'n "skoot in die donker"

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

JacquesR wrote:

wit plakker wrote:

jou draad is na aanleiding van die merry pebbles oord draad.

Nee, eintlik a.g.v. 'n verskeidenheid snaakse "klagte" oor 'n paar oorde.

@JacquesR,

Na watter oorde / klagtes verwys jy?

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Bush 'n Buck, Klein Paradys, Serengeti, Bosfontein is die wat ek aan gedink het.


 

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 213
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park

Iemand wat oor Bosfontein kla moet liewer ophou kamp.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

    

 


 

Wessel Engelbrecht
Ou hand
Aangesluit: 15/03/2010
Inskrywings: 227
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Omgeboude Buzzard boswa met 'n 2.5 TD DC

Ons was al by Klein paradys (paar keer), Serengeti en Bosfontein.  Enige ou wat wil kla oor enige van die drie plekke moet in die toekoms maar eerder kyk na die Lost City of Mount Nelson vir verblyf plekke. (Ek het al die vooreg gehaad om in altwee daai ook te bly.  Enigste verskil is jy kan nie op jou staanplek sit en jou vis stokke dop hou nie)

Voldoende lugspoed, voldoende hoogte bo die grond en breins.  Wanneer mens vlieg het jy altyd ten minste twee van die drie nodig....

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Persoonlik dink ek mense skrop oorde baie vinnig hier. Een of twee dinge gaan verkeerd, of nie na sy/haar smaak nie en in plaas daarvan om dit met die bestuur op te vat kom hulle hierheen en spoel hulle monde. Daarna kom 'n paar ander mense en las hulle 5c by en 'n veldbrand begin. Mense verwag ook dinge moet perfek wees, "ek betaal daarvoor" of "dit is dan 'n sofeel ster oord".

Mbizi is 'n puik voorbeeld. Menige draad oor hoe sleg dit daar is/was, maar ek het my kamp daar terdee geniet. So is daar 'n paar oorde wat dieselfde deur geloop het. Ek het al probleme ondervind by die populere oorde wat heir net geprys word (selfs op die draad), maar ek evalueer die gebure en besluit dan om my mond te spoel of ek hou dit maar eers vir my self.

Dit is nou my 5cent oor die onderwerp.

Groetnis

Jaques

Pieter die kamper
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 21/04/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreletapark
Ek sleep 'n Miskruier met 'n Isuzu KB 3.0 of Prado diesel

Jacques

Soos almal reeds gese, dis maar meoilik maar ek gerbuik die forum met goeie resultate om soortvan my mening op te maak. Ek is baie objektief of probeer wees en oordeel deur na alaml te luister. Ek het self al oord hier verkla en daarvan hou ek want hoe anders hou ons oorde op hulle tone? Kyk wat betaal mens deesdae vir 'n staanplek!

Hier was onlangs deur 'n gebruiker 'n oord verkla in Noordwes,man as jy die inhoud lees weet jy, die kamper is reg en DAN neem ek noutiesie!

Ek beleef kampers as mense wat redelik tolorand is, dus nie sommer vol fiemies, stories en vol st..nt nie! Dus gee ek elke kamper die voordeel bo die twyfel as ek na sy "klagte" lees! Maar netso gebruik ek die forum vir inligting, raad en net sommer om te ontspan.  Soos ek alreeds genoem, op die forum kry jy werklik goeie kommentaar en bydraes, dit kon soveel anders gewees het

Pieter

 

Die reuk en knetter van 'n kampvuur, gee betekenis aan die lewe!

Boma
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/12/2011
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n 84' Sprite Sport met 'n Isuzu KB280DTi

Laat ek ook maar my 5c ingooi,

Ek persoonlik dink ook dat daar baie mense is wat te vinnig op hulle perdjies spring oor klein ou dingetjies wat nie reg verloop nie.

Sekere mense verwag dat hulle site waar hulle staan gestofsuig moet word! Ja, wat goed is vir my, sal nooit goed wees vir die ander kamper nie.

Soos JC sê: Evalueer maar vir jouself. Elke dag het sy eie probleme...........maak nie saak waar jy gaan nie.

Groete

 

Pieter

 

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 425
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

@pieter.

ek stem met jou saam.    een feit in die lewe is dat almal verskil.     gewoonlik dink almal ook hulle is reg.    

 

die oord waar jacquesR gaan kamp het, en wat hy as voorbeeld in sy openings skrywe aanhaal, is eintlik glad nie sleg nie.     dit is skoon, die mense is vriendelik en hulle het goeie geriewe.      die realiteit is egter dat hulle 'n swak punt in hulle veiligheid het.     die een kant van die oord grens aan 'n klein stroompie waar daar geen heining is nie.     20m van die staanplekke aan die ander kant van die stroom loop daar 'n pad pad wat oop is vir die publiek.       nie ver anderkant die koppie le die township.     hierdie oord het dus 'n probleem met diefstal.     ek het dit bevestig met die polisie op sabie.     hulle wou nie statistieke geen nie, maar het wel bevestig dat daar van tyd tot tyd klagtes oor diefstal by die oord is.

 

ek het self in julie daat gestaan sonder dat ek bewus was van die situasie.     toe ons by die oord arriveer het dit my egter onmiddelik opgeval.

 

die doel van hierdie forum, ek korrigeer my as ek dit verkeerd het, is om mekaar in te lig oor goeie en swak oorde.       elke forum lid, of hy 'n ou lid of nuwe lid is, moet die vryheid he om sy erfaring van 'n oord hier met ons te deel.      indien hierdie forum net hier is om die goeie oorde te adverteer, en elke ou wat iets negatiefs te se het oor sy ervaring by 'n oord gekruiseg word,

 

indien iemand iets negatiefs oof 'n oord te se het kan jy daardie kommentaar  gebruik net soos jy wil.     ignoreer dit. maar moet nie die skrywer aanval en veroordeel vir hulle siening nie.       as voorbeeld is die onlangse skrywe van 'n persoon oor klein paradys.      sy het die personeel as "bot" beskryf.      ek het ook al vroeer dieselfde gevoel oor hulle gekry toe ek laasjaar 'n bespreking wou maak.     dalk omdat dit my eerste keer sou wees en hulle my nie ken nie.      ons gaan egter volgende naweek tog daar kamp as 'n groep omdat die oord volgens baie mense wonderlik is.       die een slegte kommentaar het my dus nie afgesit nie.    ek gaan net seker maak dat as ek daar arriveer ek die tannie met 'n glimlag gaan groet.   

 

dus, kom ons laat mense toe om hulle mening te lig sonder om hulle te kruisig.      ek dink ons is almal instaat om te onderskei tussen petty klagtes en regte probleme by 'n oord.

 

my 0.5c

groete

edward

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Llewellyn j
  • evert
  • JC
  • Frikadel
  • Christo de Wit
  • Oscar
  • Footloose
  • Harry Du Randt
  • Leon Verster
  • Pieter Rheeder
  • MarkP
  • WilleWillemien
  • willie Rautenbach
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS
  • Gert Venter
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Perdeby
  • Molekule

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.