N1 roete tussen Kaapstad en Pretoria

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 781
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

As ek kan raad gee aan diegene wat tussen Kaapstad en Pretoria (of omgekeerd) moet ry : Bly weg van die N1 oor Bloemfontein !

Ek moes dringend in Pretoria kom en het gister (Woensdag 25 Januarie 2012) die N1 vanaf Kaapstad tot in Pretoria gery.  Daar was 20 (ja twintig !) ry/stop blokerings waarvan 1 'n halfuur geduur het en 2 twintig minute  -  die res was onder 10 minute.  Die blokerings was tussen Laingsburg en duskant Bloemfontein (Pretoria kant van Bloemfontein). Bo en behalwe dit was daar honderde (letterlik honderde) trokke wat daarvan hou om in konvooie te ry, veral na 'n ry/stop blokering en dan ry hulle so naby aanmekaar dat jy altyd by twee of drie gelyktydig moet verbysteek.  Trokke wat van vooraf kom steek mekaar sukkelend verby en dan moet aankomende verkeer in die geel baan geepad.

Hierdie is 'n uiters gevaarlik pad, veral met 'n woowa.  Met my terugreis ry ek beslis oor die stiller Kimberley roete (het dit in September 2011 gedoen) en in Mei 2012 sleep ek Wildtuin toe en beslis weer oor Kimberley.

Len

Eben die kampeerder
Ou hand
Aangesluit: 06/04/2011
Inskrywings: 177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg Mpumalanga
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Romany met 'n 2012 Ssangyong Korando 2.0 CRDi AWD AT

Hi Len,

Kom sopas terug vanaf die kaap, kan bevestig wat jy se, tot en met die pad nie klaar is nie (stop & go) sal ek hom nie aanbeveel nie. Ons was darem meer gelukkiger as julle, ons het so tussen 2 en 5 minute op die langste gewag op n slag, maar ja dit is n frustrasie om die minste te se. Die trokke is wel so baie dat hulle soos treine van voor af kom en as jy eers agter hulle is...... Ek het die tog terug oor Kimberley aangedurf, baie beter, daar is so vier of vyf stop & go`s maar verder is die pad baie mooi en baie minder trokke gebruik die roete,

Groete,

Eben die kampeerder

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • evert
  • Frikadel
  • Christo de Wit
  • JC
  • Oscar
  • Llewellyn j
  • Footloose
  • Harry Du Randt
  • Leon Verster
  • Pieter Rheeder
  • MarkP
  • WilleWillemien
  • willie Rautenbach
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS
  • Gert Venter
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Perdeby
  • Molekule

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.