Musiek by Willows in P.E.
Nuwe forum onderwerpe
Dagsê
Ek het by twee vorige geleenthede by die spog-oord van P.E., naamlik Willows, gaan kamp. In beide gevalle het ons karavaanklub omtrent 50 karavane, tente en waens ingesluit, daar toegesak.
Die ablusieblokke en algemene kamp netheid was deurentyd puik en Willows personeel kry goeie punte van my daarvoor.
Dis egter net hier waar die ding 'n duikrol doen. Daar blyk 'n privaat kroeg / hool oorkant die pad, en wind op natuurlik, te wees. Die gevolg was dat ek die Vrydag en Saterdagnag nie geslaap het nie en na die allesdeurdringende bas-klanke van popmusiek en gillende en luidrugtige besope mense moes luister tot 6 uur in die oggend.
Nodeloos om te noem was hulle dan deur die dag nie te hore.
Ek verstaan dat die nie Willows se probleem is nie, maar so kan ek ook nie my naweek geniet nie.
Enige raad? Of weet iemand dalk van probleem?
Groete
Weet jy my vriend? Dit is Willows se probleem.
Wat dink jy gaan gebeur indien so-iets 'n permanente storie word. Wed jou Willows gaan hekke toemaak.
By Knysna speel dieselfde situasie hom af, maar op 'n baie beperkte skaal en darem net mense wat op piekniekplekke kuier, maar ook goed lawaai opskop.
Die gemeenskap rondom die piekniekplekke, waarvan Woodbourne Resort een is, het met die plaaslike bevolking 'n ooreenkoms aangegaan. Die geraas mag net tot 8 uur die aand aanhou, waarna die polisie en verkeerspolisie dan mense verwyder wat nie self wil padgee nie.
Dit werk soos 'n bom.
Ek dink jy moet die sakie maar ernstig met die oord opneem. Jy is heelwaarskynlik nie die eerste kampeerder wat daardie ervaring daar gehad het nie.
Ek het dit gelukkig ook nog nie die hele paar kere wat ons op die privaat staanplekke gekamp het ondervind nie. Was dit dalk deur die Desember vakansie periode?
WilleWillemien, ek glo darem nie die Willows se hekke sal toemaak asgv so iets nie 
So, was dit dan net 'n enkele verskynsel? Hoop so? Anders sal hulle nie meer so populêr bly nie.
Ek het sommer besluit om n kamp vir hierdie naweek daar te bespreek Vrydag - Sondag. Is dit darem nie te lekker om teen die kus te bly nie!!! - ek sal Maandag report.
Toemaar ek wens weer ons het sulke lekker kamplekke soos daarbo in die Magaliesberge en Nylstroom gehad. 
Jacques, dit het al 2 keer met ons gebeur. Maar dit is nie die kroegie wat tussen die bosse sit oorkant die ingang na Willows nie. Verder op, na Schoenmakerskop se rigting, sit daar teen die bult 'n saaltjie. Die saaltjie word af en toe uitverhuur vir privaat funksies. Albei kere wat dit met ons gebeur het, was dit kleurlinge wat troues daar gehou het. Die een klomp het tot 6 uur die oggend geraas, gesing en harde musiek gemaak. Jy kon behoortlik hoor die hele lot is gekoring. Jy hoor dit net vanaf die algemene kamp, nie vanaf die privaatstaanplekke nie. Die kroegie (Munkee Bizniz) kry nie regtig baie besoekers nie en maak nie harde musiek nie. Dan moet ek darem se, ons kamp al vir jare omtrent 6 keer per jaar by Willows, en soos ek se, ons het dit 2 keer ondervind.
Dankie ColinFreda
Dis ook soos ek dit ervaar het. Dis nie die kroegie direk oorkant die pad nie maar wel die saaltjie, wat dan as 'n kroeg/onthaal bedryf word.
Ek dink dat Willows se hande dalk afgekap is in die probleem. Ons klub kamp weer die maand daar en sal die raad volg om die "klagte" deur te gee.
Ons het vir 'n paar dae hier oorgebly en geen probleme ondervind nie. Ons het die geraasprobleem met die bestuur opgeneem. Dit is beslis nie die klein kroegie wat die probleem is nie, maar die Rooi Kruis saal wat uitverhuur word. Dit is reg oorkant die gewone kampeerarea en hulle hande is ongelukkig afgekap. Hulle kan slegs laatnag 'n klagte by die polisie le om die spul stil te kry. Volgens hulle is dit gelukkig nie 'n gereelde ding nie.
Ons het by die privaat badkamers gestaan. Die oord is regtig pragtig en goed versorg. Ons beskou The Willows as een van die top oorde in die Ooskaap.
Port Elizabeth kan met reg trots voel op hierdie oord - vermy egter die ander uitgekontrakteerde munisipale oord, Beach View. Ons het beplan om daar te kamp, maar dit is totaal verwaarloos en gevandaliseer. So jammer - ons het vroer lekker daar gekamp.
Flip
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- Frikadel
- Christo de Wit
- JC
- Oscar
- Llewellyn j
- Footloose
- Harry Du Randt
- Leon Verster
- Pieter Rheeder
- MarkP
- WilleWillemien
- willie Rautenbach
- Andries Pretorius
- Anton le Roux
- PaulS
- Gert Venter
- Tazz123
- Francois Malan
- Perdeby
- Molekule




.jpg)

Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI
Ferdi
Ons het dit nog nie ondervind by Willows nie.
Waar is die privaat kroeg waarvan jy praat, daar by die winkeltjie langs die water slide?
Raad:
Ek sien jy was daar saam met jou karavaan klub, praat met julle rally officer wat die besprekings doen namens julle klub sodat hy n formele klagte kan indien by die oord. Hulle behoort dit dan te ondersoek en hul terugvoering te gee.
Of dit gaan help weet ek nie, maar as jy nie dit onder bestuur se aandag bring nie, gaan hulle ook nie weet nie.