Kamp in Oos Londen omgewing

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Hi julle,

Kan iemand my se waar en watter kampplekke is goed in Oos Londen. Ons beplan om in Maart te gaan.

Dankie

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Annemarie, Yellow Sands en Club Areena is van die bestes, baie inligting op hul webbladsye maar ek is seker van ons forumvriende van Gonubie sal jou bevestiging gee,

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Annemarie

Sal jy reken dat Keimond, Morganbaai , nog so 90 km Wildekus se kant van Oos Londen, nog deurgaan as OL-omgewing. Indien wel, kan julle Morganbaai oorweeg. Op internet onder morganbayhotel.co.za

As dit letterlik in OL moet wees, is daar net een keuse. VSA of PSA (Vereniging vir staataamptenare). Prys is billik, kamp is omhein met elektriese heining en beheerde toegang. Tariewe is billik. Die park is in Gonubie omgewing, so 15km van OL middestad.

Daar is ook 'n plek amper in die stad, genaamd Lagoon valley, soek dit op die internet., lagoonvalley.co.za

 

Ek sal bietjie versigtig wees uit sekuriteits oogpunt vir Gonubie woonwapark. Letterlik op blouvlag Gonubie strand, maar effens oop vir deurlopers van rivier se kant af.

 

Geniet dit

Wessel

 

MariusRix
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: LADYBRAND
Ek sleep 'n 2006 PENTA met 'n HYUNDAI SANTA FE 2.2 CRDi

Annemarie, julle kan met 'n geruste hart die Gonubie Karavaanpark probeer.   Dis wel 'n munisipale kamp, maar is skoon en veilig .   Dis op 'n blouvlagstrand en het 'n ongelooflike strand.   Die rivier is ook neffens die kampterrein.   Hul pryse is werklik goedkoop.   Praat met Esther by die karavaanpark.   Indien moontlik, vra vir staanplek no. 19 - dit het 19mm. gruisklip en wanneer dit sou reën, word niks in die karavaan of op die grondseile/matte ingedra nie.   Gebruik die nuwe ablusiegeriewe by staanplekke 8/9.   Moet net nie daar kampeer nie - dis onder bome en kan modderig word as dit reën.   Die webadres is www.gonubie.caravanparks.co.za en dis naby alle geriewe.   Geniet dit!

Kampgroete,

Marius

Liewer 'n vol glas as 'n halwe!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ek was November laasjaar in Oos-Londen vir besigheid. Het 'n biki tyd op hande ook gehad en gaan kyk na Gonubie, Yellow Sands en Areena.

My opsomming was dat ek by Areena sal staan. Yellow Sands mag dalk goed wees as die kamp vol is, maar buite seisoen is dit redelik verlate.

Gonubie was maar verwaarloos.

 

Groete,
Jacques

 


 

Francois Schutte
Ou hand
Aangesluit: 08/08/2011
Inskrywings: 160
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n BMW X5 3.0D

Was in Maart 2011 by die PSA in Oos London en was die enigste karavaan in n 400 staanplek park, dit is nogal half alleen. Die park is mooi en pryse is goed. Die pad ry verby n plakkerskamp wat so 3 km grondpad is, maar dit is al wat negatief is.

Ons het n masiewe familie badkamer gehad.

Bulle Bo !!!

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 191
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Hi,

Lagoon Valley is nou bekend as Narure's Rest en die adres www.naturesrest.co.za .  Het nog nie die park besoek na die oorname nie.

Ons was in Januarie 2011 in Gonubie Karavaanpark, en sal dit beslis nie weer besoek nie. Dit voldoen nie aan ons minimum standaarde nie.

Areena en Yellowsands het ons later in 2011 besoek en sal beslis weer terugkeer daarheen, ten spyte van die afstand winkels toe.

Ons het die PSA kamp 'n paar jaar gelede besoek, toe was dit uitstekend.

Arendsnes is naby Cinca op die Ooskus Oorde pad kan ook oorweeg word.

Flip

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Sjoe! Baie dankie vir al julle ouens se skrywe. Ons gaan na almal kyk wat julle van vertel.

 

Baie dankie, en lekker dag vir almal..

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Anton Styger
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/03/2011
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersdorp Oos Kaap
Ek sleep 'n 1996 Jurgens Palma met 'n 2005 Isuzu KB 300 LX D/K

Annemarie, ons het pas gister teruggekom van Gonubie af. Sal jou nie aanraai om nou soontoe te gaan nie. Alles het baie agteruitgegaan, maar hulle is nou besig met opgradering. As dit klaar is, behoort dit weer okei te wees. Hulle is besig om die chalets op te gradeer, sowel as die ablusies in die kampterrein. Die strand het so 5 jaar gelede sy blouvlagstatus verloor en kan nou as 'n rooi- of swartvlag deurgaan. Die strand lê vol riete, wat nie verwyder is nie en nou in klein stukkies met die sand gemeng het en 'n mens se voete nogal seermaak. 'n Ander saak daar, is die "boardwalk" . Dit is deur vandale so verniel, dat daar 462 (ja vierhonder twee en sestig) nuwe paaltjies teen die kante vervang moet word! Ons bure daar, het voorverlede Sondag 'n inbraak in hulle karavaan gehad, die vrou se onderklere, hardloopskoene en kosmetieks gesteel en die man se bergfiets. (Mense wat aan die half-ystermankompetisie kom deelneem het.) Dan, die Saterdagnagte se lawaai op die parkeerterrein by die strand, dat die polisie moet kom help om stilte te kry! Maar, laat ons nie alles negatief sien nie, wat reggemaak is lyk baie mooi. Hoop dit word so in stand gehou. 

Groete

Anton

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Annemarie, ons was so drie naweke terug by Yellow Sands en dit is een van die beste kampplekke om Oos-Londen. Areena is baie lekker, maar is nie by die see nie, maar langs die rivier. Cintsa Oos en Wes het lekker kampplekke. Gonubie s'n sal ek ook eerder 'n mis gee.

Morgans Baai is vir ons baie lekker want jy gooi sommer jou visstok so onder die karavaan tent tot doer in die lagoon en dan trek jy so 'n paar Gruntertjies uit. Ma is sommer naby om die vissie af te hak en nog aas vooraan die hoek te sit. Sy meet sommer daar en dan of die vissie undersize is of wat. Ook binne hoorafstand as ek roep dat die bier al klaar is en dat dit nou 'n goeie tyd is om ietsie te eet........genade hoe skrik ek nou wakker uit 'n heerlikke droom!!

Groete daar

Hakuna Matata !!

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Dankie Bosgees en al die ander insette. Ek dink ook Yello Sands lyk baie lekker (veral as ek lees hulle is troeteldier vriendelik?  ek wil dit nou nie weer te wyd verkondig nie maar ons wil graag ons 2 brakkies saamvat, natuurlik gaan ek weer groot reaksie uitlok met die woorde....)

Ek sien dat Areena meer 'n "rivier" tipe vakansie is, alhoewel dit baie mooi boomryk is.

Yellow Sands dink ek gaan die EEN wees.

Nou wil ek julle nog verder uitvra: wat dink julle hoe is die weer so einde Maart begin April daar? Ek besef hierdie jaar is die weer maar deurmekaar, maar is dit 'n winter reenval streek?

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Jacques, ek merk jou inset oor Yellow Sands. Wat ek hou van hom, en dit is as jy "stilte" verkies soos ons, uitstekend, en die fiet dat dit 'n "working farm" is, en nie naby gehuggies geleë s nie, kan jy "veilig" stap vir myle, of as jou "speedo" ander lees, vir kilometers!!!!

Reg genoeg, jy is nie naby winkels nie, 20 of 30km , maar vir daardie rustigheid, enige tyd. En, jy kan lekker naby de see staan onder tussen die bome/bosse wat oopgekap is.

Areena is natuurlik weer die "besige" mense se ideale plek, met kinders lekker om dir bote te roei, en, lekker rivierhengel ook. Jy kan perdalks afroei tot by Yellow Sands!!!!! Wild ook te sien wat daar rondloop.

Ek het gevind dat daardie deel van die land "goedkoper" is as Natal Suidkus, wat kos, en algemene lewenskostes aanbetref. Dir is my persoonlike indruk.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Philip en Rachelle
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park, Gauteng
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Toyota Prado V6

Ons geniet Morgan bay baie veral as jy n staanplek kan krt wao op die see of lagune uitkyk/.

Dit is totaal ontspanne

Visvang is lekker natuur asemrowend, weg van stadsgewoel, lekker strand, bietjie duur

maar die moeite werd

 

 

 

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Netso Frans - gelukkig het elkeen sy eie smaak!    


 

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 191
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Hi Annemarie

Dit is 'n somer reenval gebied en meeste reen val in die lente en vroeg somer.  Die wind waai erg van Augustus tot Desember en Februarie is normaalweg die bedompige tyd.  Middel Maart to einde Mei was gedurende ons 10 jaar verblyf daar die beste weer.  Warm dae en soel windstil aande - te lekker.  Die see water is dan ook redelik warm.

MAAR onthou die Nahoonrivierbrug het 'n klompie jare gelede in April weggespoel.

Gaan kamp en vat die weer soos hy kom!

Flip

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • Frikadel
  • evert
  • Pieter Rheeder
  • WilleWillemien
  • willie Rautenbach
  • Leon Verster
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS
  • Gert Venter
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Llewellyn j
  • JC
  • Perdeby
  • Molekule
  • dracoza
  • Pieter Schultz

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.