Kamp met troeteldiere

KobusMeyer
Nuweling
Aangesluit: 30/01/2012
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp

Goeie Middag

Ek en my vrou kamp nou al vir 'n geruime tydjie. Daar was nooit enige probleem met besprekings gewees om weg te gaan nie en het sommer net gereeld vir naweke in die pad geval. Deesdae is dit bietjie moeiliker omdat ons laas jaar 'n klein chiwawa hondjie aangeskaf het.

Meeste plekke laat dit toe buite seisoen as jy vra of jy troeteldiere mag saam bring. Ons wil baie graag na die Natalse kus toe gaan vir die Desember vakansie maar sukkel om 'n oord te kry wat troedeldiere binne seisoen aanvaar.

Weet iemand dalk van 'n oord waar ons klein woefie kan saam gaan in Desember (of selfs deur die res van die jaar)?

Dankie 

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 519
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Hallo Kobus en baie welkom hier by die mees verslawendse forum.

Ek is seker WilleWillemien sal jou kan help met die een

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Middag Kobus, en welkom hier,

Jong jy gooi nou 'n groot klip hier in die Forum bos! Hier is ouens wat groot voorstaanders vir troeteldier vriendelike kampplekke is en ander wat 'n mens nooit wil vergewe as jy net die onderwerp ophaal nie.

Ek self soek ook maar altyd na die plekke. As jy 'n bietjie gaan soek na ouer Forum drade gaan jy beslis iets raak lees. Ek het nou net weer gepraat op die Oos Londen draad dat ons, ons twee Min Pins wil saamneem na die see toe (wil so graag vir die 2 vlooi taxixs die see gaan wys). Jy kan ook op www.petfriendly.co.za gaan soek. Laat weet gerus as jy iets kry ek wil maar altyd weet.

Sterkte..

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Kobus, eerstens baie welkom hier, hoop jy kuier lekker.

Regs bo aan die bladsy is daar skakel, "soek op hierdie webwerf", tik daar in" kampplekke wat troeteldiere toelaat" , hy sal so 'n paar opsies gee waar jy ander opinies en dalk plekke kan opspoor,  dit was redelik onder bespreking gewees. Moontlik gaan jy sukkel om Desember plek te kry wat jou gaan toelaat, maar gaan loer gerus.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 213
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Kobus,

Hier volg so `n klompie oorde wat wel troeteldiere toelaat maar dit sal raadsaam wees om eers vooraf te reel:

Hennops Pride - Gauteng                                    Ifafa - Strand Vakansieoord - Kwazlu - Natal

Edenpark - Limpopo                                            Macnicol`s Bazley - Kwazulu - Natal

Baberton Karavaanpark - Mpumalanga               Marlon - Oord - Kwazulu - Natal

Sabierivier Oord - Mpumalanga                           Paradise - Kwazulu - Natal

Bergville Karavaanpark - Kwazulu - Natal           Scottburgh - Kwazulu - Natal

Dragon Peaks - Kwazulu - Natal                         Queensburgh - Kwazulu - Natal

Kalahari Avontuur Plaas - Noordkaap                 Klein Pella - Noordkaap

River Destiny - Noordkaap                                  Riverside Karavaanpark - Noordkaap

Bergheim - Noordwes                                         Hartbeespoort - Noordwes

Medolino - Oos-kaap                                           Morganbaai - Oos - Kaap

Meiringkloof Natuurpark - Vrystaat                      Reyneke Park - Vrystaat

Chapmanspiek - Weskaap                                  Driehoek - Weskaap

Motagu - Karavaanpark - Weskaap                              

 

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Daar is, hoor. Volg Frans se advies, maar ek twyfel of jy oor populere vakansietye gaan regkom by enige oord. Selfs nie eens met jou.........klein.......hondjie nie. Jy sien, want dan is dit die oordeienaars en bestuurders se tyd om hulle honde los te laat in die kamp.

Jy kan dalk met 'n betonnamaaksel van jou woefie wegkom.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

My vrou se sy het nog nooit 'n probleem gehad om my saam te vat na enige kamp toe nie??

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

KobusMeyer
Nuweling
Aangesluit: 30/01/2012
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp

Sjoe, baie dankie vir die hulp sover, nie gedink ek sal al so gou 'n reaksie kry nie!!

Uitstekende webwerf en forum gaan baie beslis meer hier kom kuier.

Dankie baie!!

Groete die Meyer gesin

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Baie van die "petfriendly" oorde is slegs buiteseisoen. Soos Edenpark op die bostaande lys.

Bel en navraag doen sal maar jou enigste opsie wees. Doen ons ook asb 'n guns en vertel ons watter oorde jy gekry het wat dit sal toelaat enige tyd. Want ek vermy hulle graag.

 

 

Francois Hattingh
Groentjie
Aangesluit: 25/07/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein

 

Jy gaan defnitief regkom by Macnicol`s Bazley - Kwazulu - Natal

 

Ons het daar gekamp Des'10 en daar was 'n paar kampeerders met hulle honde.

Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Kobus,

Baie welkom

Gaan kyk na www.petfriendly.co.za

Ek het daar selfs plekke gesien waar jy jou skoonma heen saam kan neem.

Groete Pieter

We are not here for a long time, but for a good time

Theunis Venter
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 16/11/2011
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 20?? Jurgens Penta met 'n 20?? Jeep Grand Cherokee Overland V6

As jy nie van groente of vrugte hou nie, dan is almal wat daarvan hou ook verkeerd. Party van ons hou van diere en het glad nie 'n probleem as die hondjie goed opgelei is nie. As hy/sy heeltyd by die famielie is en plae glad nie. Hulle noem dit skoot hondjies en as dit 'n skoot hondjie is maak die mens agter hulle skoon.

Dit is altyd vir my so goed die ma en pa wat glad nie van diere hou nie se kinders is heeltyd om die hondjie en speel met die hondjie en jy kan in hulle oe sien die begeerte om so 'n dierjie net vas te hou.

Die probleem is nie die dier nie maar die mens wat  'n probleem is, want hulle maak dit so onaangenaam vir al die ander kapers om hulle want hulle is die wat raas, die badkamers vuil los, ens.

As jy na 'n dier kan kyk, het jy netheid in jou. LET WEL AS JY NA 'N DIER KAN KYK - dit is 'n baie belangrike om dit te weet.

Soos julle seker agter kom is ek 'n diere liefhebber en 'n voorstander vir opgeleide diere.

Dit is maar my inset.

Groete

Theuns

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 Smiley


 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Theunis Venter wrote:

As jy na 'n dier kan kyk, het jy netheid in jou. LET WEL AS JY NA 'N DIER KAN KYK - dit is 'n baie belangrike om dit te weet.

Ek is 'n dierelefhebber. Twee honde(groot) en 'n kat, Almal aangeneem agv mense wat nie na hulle diere wil kyk nie. Almal slaap in die huis en hulle kos is seker meer as R1000 per maand. Jy sal nie sommer diere kry wat meer bederf is nie. Maar as ek dorp toe gaan, vlooimark toe, kamp of by vriende en familie gaan kuier dan bly die diere by die huis, want dit is my diere en die volgende ou is dalk nie lus vir hulle nie.

Net soos fotos, elke ou is altyd so opgewonde oor sy fotos, maar die ander mense is nie so opgewonde daaroor nie en nie lus dat jy heeldag jou fotos vir hulle wys nie. Hulle sal dalk ordentlik wees en jou vertel hoe mooi dit is, maar eintlik verveel dit hulle.

Elke ou vir homself maar ek verwonder my altyd aan die mense wat so opgeskeep is met die diere in hulle daaglikse omgang. Kan hulle nie saam met MENSE kuier nie? Hoekom moet ek met jou gesels en jou ou hondjie of pappegaai is die hoofpunt van bespreking? Dit is soos mense wie se kinders die heeltyd in die grootmense se geselskap is. Dit is 'n hond nie 'n mens nie, hy sal nie doodgaan as hy vir die naweek of week alleen by die huis is of deur iemand opgepas word nie. EN jy sal ook dalk baat vind om bietjie met regte mense te meng sonder die ou diertjie.

Soos ek se elke ou mag seker doen en kamp waar hy wil, dis mos sy geld. Gelukkig stem die oorgrote meerderheid van die samelewing saam, en verbied die meeste oorde dit. Net soos harde musiek.

 

 

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

 

Honde is nie so slegte idee nie. Dit hang af wie die hond opgelei het. Laas jaar Desember by Richardsbay ook so paar van hierdie (nutteloseekonomieselasste) Yorkies gesien in die park. Dit het niemand gepla nie, was baie stil, en die eienaars het regtig moeite gedoen om die hondjies uit die hande van die ander kampeerders te hou. Want almal wil net voel en vat.

 

 

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 425
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

@cobus.

jy moet nou mooi oppas wat jy se.    my vrou se yorkie is haar foto op bbm.     ten minste kan ek nog op die bed slaap.     as jy die ure se pret sien wat daardie hondjie my jongstre (9jaar) verskaf sou ek dit as blerrie goeie waardie vir geld bestempel.     eet min - dus poo min.

 

groete

edward

JurieV
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 23/06/2010
Inskrywings: 104
Gebruiker van lyn af.
Plek: Birchleigh; Kempton Park
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Mazda BT-50 3.0 CRDI Double Cab SLE

 Kobus

Jy kan ook Inlanga woonwa park tussen Hibberdene en Port shepstone probeer.  Ons was hierdie Desember daar en hulle laat honde toe.

Hier is hulle web site http://www.ilangaresort.com/

 

Ek hoop jy kom reg

 

 

Jurie

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Kobus.

Rocky Bay aan die Suidkus is ook troteldier vriendelik.

Baie lekker kampplek op die strand met baie bome.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse Kobus

jy kan gerus scoties probeer ek weet hul is pet vriendelik.  kom ek vertel jul wat gebeur laas jaar met ons 3 jarige kleuter hy vat mos die pad en loop alteid vooruit en wag nie vir ons toe hy weer sien storm daar n klein minatuur dobermann by n karevaan uit en jaag my seuntjie ek weet nie wie het die vinigste gehardloop nie die hondjie se eienaar of my seuntjie hy het hom boeglam geskrik so ook die hondjie se eienaar en dit was laaste wat hy vooruit geloop het dit laat my nou trug dink en ek dog ek deel dit met jul ons almal het gele soos ons gelag het hy was toe heelgehoorsaam die hele vakansie deur

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • evert
  • WilleWillemien
  • Frikadel
  • willie Rautenbach
  • Leon Verster
  • MarkP
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • PaulS
  • Gert Venter
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Llewellyn j
  • JC
  • Perdeby
  • Molekule
  • dracoza
  • Pieter Schultz

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.