Kamp met n tent

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country
Ek en my vrou het nou nie meer ons karavaan en maak planne om weer iets te kry om mee te kamp. (kamp moet ons kamp)
My vrou se sy het die lekkerste gekamp toe ons net met n Campmaster tent n tafel, n krat met al ons goeters, n braaier en gas stoof, en n futon matras gekamp het.
Ons het al so by Sodwana vir 3 weke sonder krag gestaan.
En ons voel dan nader aan die natuur
So ons dink om weer met a tent te kamp. Ek wil n goeie gehalte tent miskien by TenCo te koop. En dan n trailer inrig met n kombuis en alles wat ek nodig het.
So nou wonder ek wat doen die ouens als wat met n tent kamp om dinge vir hulle gemaklik en maklik te maak.
Plaas asb n paar fotos van julle kampplek as julle net met n tent kamp. En vertel ons wat doen julle als om gemaklik te wees.
Ek het al gesien by CapeVidel laat die ouens hulle yskas sommer buite in die reën staan op die sand. (ek glo nie dis a goeie plan nie)
Ons het ook 2 dogters van 16 maande  en 4 jaar oud. Dit kan nogal vir hulle ook n ervaring wees.

 

 

 

 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Ek en die vrou is lankal sonder kinders en kamp so nou en dan met ons tent.

Ons hou van so bietjie gerief en soek nie 'n afblaasmatras nie! Ons het 'n spinnekopbed gekoop en sponsmatrasse (2 enkel om die holtes te vul en een queen bo- op). Ons gebruik nie die afblaasmatras wat saam met die bed gekom het nie.

Ons kuierplek is die PVC gazebo van Campmaster wat lekker by die tentverlenging aanpas. Ons ry ook 'n matjie of twee saam vir langs die bed - dis darem lekker om op te staan en jou voete is op 'n sagte mat en nie die koue tentvloer nie!

Die yskas staan op 'n staander wat spesiaal daarvoor gemaak is (Bouwer broers) en is dus nie op die grond nie.

Ons het genoeg opvou kaste en bêreplek - ook weerskante van die bed.

Hier is twee foto's van ons tentjie.

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

Tweetie - Soos jy se man, kamp moet 'n man kamp. Jy laat my so ver terug dink. Ek en my kampmaat kamp al vir die afgelope 52 jaar en ek belowe jou min van daardie jare was met 'n karavaan. So plus minus 8 jaar gelede het ons niks gehad nie(kampgoeters) maar wel 'n week wat ons kon wegkom en 'n oneindige verlange na die weskus.

So weg is ons. In die mazda se bak was 'n paar stukkies klere, twee slaapsakke, 'n koelhouer, die nodige mes en vurk bord en beker en ketel, gasbottel met 'n kookplaat. Die tent was een van die ronde tentjies wat jy aan 'n ring optel en daar staan die tent. Twee opvou matrassies het die kampgereedskap voltooi.

Van Bethal af het ons by Lambertsbaai gaan draai en my ou maat se nou nog dit is die lekkerste vakansie wat ons nog gehad het.

Vir wat dit ookal vir jou mag beteken; ons ondervinding was nog altyd dat om so vooraf by die huis te beplan vir alles wat nodig is om die lewe makliker  te maak gedurende die kamptyd beteken net  dat  jy 'n oneindige klomp onnodige goed gaan koop(en platsak wees) en as jy die groot tent met al daardie goed opgeslaan en reggepak het is jou vakansie verby.

My raad is kyk eerste na die heel basiese dinge soos die tent, slaapsakke/matrasse, lig vir die aande, 'n tafeltjie of twee, kook/braai gereedskap. Maakself die basiese lysie vol.

Gaan kamp dan vir 'n naweek. Gaan deur al die aksies en besluit dan self wat is werklik nodig. My gevoel is nog altyd as jy dan omtrent die hele huis wil saamneem om "gemaklik" te wees, is dit miskien dan beter by die huis en jy spaar nog 'n klomp geld. Glo my, die kinders waardeer die bietjie gesukkel want dan eers word dit 'n groot avontuur.

Selfs daardie duur yskas is maar net luxury. Baie jare gelede het ons met 'n tent by Hibberdene gekamp sonder n koelhouer(was nog nie beskikbaar nie). Ek het die park se vullisblik geneem. 'n Gat langs die tent gegrawe en die houer daarin staan gemaak en die sand opgevul. Die bier en koeldrank was heerlik koel . Die sand rondom die blik het ek klam gehou.

Ons paar stukkies vleis word nog altyd "ge vcuum pack" en hou tot 8 dae.

Moenie die avontuur uit kampering neem nie!!!!!!!

Sterkte en kampgroete

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country

Ha Ha, Julle sal nou nie glo hoe geniet ek en my vrou om julle insette te lees. Nico ek het n PVC Gazebo nes joune. Hy is nogal stewig en lek nie.

My plan is om 1.5 of 2 ton as op a trailer te sit met yskas, kombuis en pakplek met laaie. Hy sal baie lyk soos n 4x4 kamp sleepwa maar die tent is nie op die dak nie.

Nou veronderstel my kamp plek lyk soos Nico sin en ek trek die trailer onder die Gazebo in. Dan is alles wat ek nodig het daar sonder dat ek dit moet afpak.

Oz tente maak ook n dubbel opvoubed. Ek het gedink om so een te kry en dan sit ek my futon matras op hom. Vir die kinders kry ek elkeen n Disco bed want ek kan hulle bo op mekaar laat staan.

By Makro verkoop hulle rakkies wat drie of 4 plastiese laaie het. Hulle sal ek kry vir elkeen se klere.

 
 

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country

Hoe lank vat dit julle om tent op en af te slaan?

 

JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Ag dit lyk tog te lekker. Met 'n tent of karavaan, kamp bly darm een van die lekkerste dinge.

Onder is 'n foto van my voorlaaste tent kamp. Dit was so heerlik lekker. Kyk ek is nie een vir hierdie klein tentjies waarin jy moet rondkruip nie, of op jou rug lê om jou broek aan te trek nie. Baie sal lag maar ek glo jy kan dinge vir jouself gemakliker maak.

Met 'n tent kamp gaan die klein yskas saam, so ook 'n ketel, slowcooker en steamer. By die ingang van die tent is 'n lig skakelaar (ek praat nou van die blou tent ). Daar is 'n opslaan klere kassie, 'n opslaan kombuis as ek dit so kan noem, waarop die gas stoof kom met die borde goed onder in die rakke gepak. Ook opslaan beddens en stoele en van die plastiek opslaan tafel. Laasgenoemde dink ek moet vervang word met die aluminium tafels want gee die plastiek McGuyver bietjie hitte en hy lyk of hy in die middel wil buig.

En kan julle glo, hierdie blou tent is nou al 30 jaar oud. Dit is 'n Camp Master canvas tent en het 'n redelike gewig op hom. Met twee storm belde oor hom kan die wind maar waai soos hy wil, die tent staan. Enigste nadeel is natuurlik dat hulle nie daardie tyd grondseile vir die tente gemaak het wat aan die tent vas is nie. En om 2 uur in die oggend in jou se ontie te staan en water uit 'n dam van BINNE die tent na buite te skep is nou nie so lekker nie, maar verskaf jare se genot daarna.

Die gazebo, ja wel so leer mens. Hier dun plastiek of aluminium paal goedjies... nee wat bly weg. Die einste gazebo se laaste ure was gewees toe ek hom so gelê en kyk het hoe hy rond dans buite op die gras in die wind. Lyk soos 'n dronk langbeen spinnekop. Het intussen vir my yster pale aangeskaf en knippies in gesit dat die paal nie uitmekaar kan trek nie.

Ai dis darm lekker.

Groete

Jan

Tentpen
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 520
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne Centurion

Ek moet se ek en my vrouis dit eens dat ons van die lekkerste kampe in ons lewe met net n' tentjie getoer het.

Het al baie karavane gehad, maar tans geniet ons die "Boomhuis" Sleepwa met die daktent.

Die gemaklikste kampding bly maar die karavaan, maar die stoorplek is nie altyd so vrylik beskikbaar nie, ons verhuis relatief baie...

Wimpie & Chante

Bakkie en karavaan

PierreW
Groentjie
Aangesluit: 15/11/2011
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl

As ons nie lus het om die karavaan te sleep nie, hak ons die selfgeboude sleepwa en gaan kamp of met die klein tentjie of die groter een afhangend van waar ons gaan kamp.  Die sleepwa is so ingerig dat ons nie nodig het om enige iets uit te pak nie en met die klein tentjie wat so maklik en vinnig opslaan, kan ons gou-gou begin kuier.

Toykie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.

Tweetie, eerstens, kamp is kamp, en as jy nog 'n tent het om mee te kamp is dit klaar 'n luuksheid, hoe nader aan die natuur hoe beter. Die Turbo Tent soos wat Nico Petersen se fotos wys is van die beste wat jy kry, die hooftent en raam vou saam op, en die opslaan en afslaan vat minute. Die afdak van die Turbo tent kan jy kry met 'n oopvou kant wat soos 'n dak oor jou sleepwa kan oopvou, dan kan jy onder die afdak in jou sleepwa goed uithaal. Maar as jy wil die gazebo aanlas, nog beter, dit raak net naderhand baie sakke tente om te laai.

So ver die slaap aangaan, ek het by die Landmark winkel van Agrinet in Samrand opvou beddens gekry, hulle is so half ovaal vormig met rekke reg rondom tussen die mat en die raam. Dis nie grootpraat nie, die goed slaap soos 'n gewone matras, en het ses bene waarvan elkeen onafhanklik hoogte gestel kan word vir ongelyke grond.

Dis net ek en my seun wat kamp, so ek gebruik net 'n Thermo koelkas, vries die kos voor ek dit inpak, en drie dae later is party goed nog gevries. Ek laat hom sommer onder die afdak op die skadunet staan wat ek voor die tyd op die grond gooi. En nog iets, 'n 'karavaan' grondseil kos baie meer as 'n groot stuk yl skadunet, doen dieselfde doel, en jou tent se onderkant is skoon wanneer jy kamp opslaan, en jou afdak het 'n 'vloer'.

Geniet die ware kamp.

Lekker sleeploos

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Toykie net so vinnig van die onderwerp af. 'n Skadunet as grondseil beskadig die gras en baie oorde wat mooi gras het, laat dit nie toe nie.

Oor die tent kamp. Ek kamp tegnies ook met 'n tent maar dit is aan die trailer vas. Ek moet se ek kyk soms na die manne wat so met die klein trailertjies of self net met alles agter op die bakkie kom kamp met 'n tent. Soms wonder ek of dit nie die beste manier van kamp is nie. Daai manne slaan lekker op en sommiges in ingerig beter as meeste manne met boswaens of karavane. As ek so na sommiges se tente en voertuie kyk is dit ook definitief nie 'n finasiele besluit om slegs met tente te kamp nie.

 

 

Toykie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.

Spiderman ek weet van die gras storie, maar by 'n hardeware plek is dieselfde digtheid skadunet as 'n kampwinkel se 'gronseil' teen 'n derde van die prys beskikbaar, en dit vir dieselfde min skade aan die gras ( Kan mens tent opslaan op 'n grasperk kamp noem Wink ? ) Ek het ook bv 'n tuin skoonmaak oopwip vullisblik vir R30 by 'n tuinwinkel gekry, by 'n kampwinkel kos dit ook drie maal soveel.

Die meeste plesier wat ek in kampe sien is gesamentlike tente om 'n gazebo uit 'n sleepwa gepak, die meeste huismoles wat ek eenkeer gesien het is die ure wat dit neem om een ingewikkelde bos sleepwa opgeslaan te kry.

Lekker sleeploos

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Tweetie, ons tent was ook van die lekkerste kampe gewees, sien fotos soos ons by Cape Vidal gestaan. Ons vrieskassie was in die waentjie wat ook as spens gedien het. Ons het sodoende geen las van ape gehad nie.

Terloops, die tent is te koop. Ons kamp deesdae met boswa.

Tentpen
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 520
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne Centurion

Hans,

Wat is die prys?

Wimpie & Chante

Bakkie en karavaan

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ons kamp baie lekker met ons Tent. Ja, hy is nie lig nie, maar Then again maak Tentco nie gemors nie . .  Ons skaf maar goed aan soos ons nodig kry. Ek sou graag een of ander tyd 'n karevaan wil hê, maar vir die oombik kamp ek lekker in ons tent.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Hi Wimpie, dit is 'n Bushtec Villa van 3 x 3 m. Ek het R 5500 betaal. As ek R3500 kry kan hy gaan.

Groete

Hans.

Christo Retief
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.
Plek: Klapmuts

So lyk my ou kampwaentjie as hy op geslaan is.Neem my en die vrou so 1 uur dan staan alles gereed vir kamp en slaap later.Slaan aparte tent op vir slaap.

Christo Retief
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.
Plek: Klapmuts

Jammer oor dit maar foto wil nie eerste keer gelaai het nie.Maar so lyk my ou bedryfie en dit werk lekker.Het al vir drie weke gekamp by die see.

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Tweetie,

Ons het ook maar so met die Campmaster begin, heel bekostigbaar en baie lekker gekamp met hom Die een was die Lagoona Diner En die Dome tentjie langsaan het ons vriend vir my seun geleen want hy wil sy eie ding doen

Ons het die Lagoona met hierdie tent vervang, die kante van die afdak kon heeltemal toe maak. In die tent het ons 'n hangkas (wat lekker stofdig is) en twee Cadac "stretchers) en in die afdak is ons kombuiskas met tweeplaat stoof, 'n tafel en ons ou yskassie wat ek van my oorlede Pa ge erf het Ons het baie lekker met die tent gekamp en hom toe verkoop toe ons die Skipper gekoop het

Nou kamp ons nog net so lekker onder seil met die Skipper, behalwe vir die opvou beddens en die klein 3way yskassie gebruik ons nog al ons kamptoerusting, ons het 'n lekker dubbelbed in die Skipper asook 'n 120 liter yskas en die spulletjie is maklik om op en af te slaan

Ek sien by MAKRO is die hangkas met 'n mooi beige of ook donker blou materiaal oortreksel beskikbaar vir R179-00 Die kassie stoor baie klein en nadat ek die pype met kleur
tape" gemerk het is dit baie maklik om aan mekaar te sit (kyk net, daar is twee modelle, die een model het nie 'n vloer gedeelte nie en die ander een wel, ek verkies die een wat heeltemal dig toe maak dan weet jy daar kan nie te maklik goggas en ander kuiergaste by jou klere kom nie

Groete en lekker kamp

Home Living Storage Closethttp://www.makro.co.za/p/53184/home-living-storage-closet/ 

 

Danie Pretorius

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country

So ver die slaap aangaan, ek het by die Landmark winkel van Agrinet in Samrand opvou beddens gekry, hulle is so half ovaal vormig met rekke reg rondom tussen die mat en die raam. Dis nie grootpraat nie, die goed slaap soos 'n gewone matras, en het ses bene waarvan elkeen onafhanklik hoogte gestel kan word vir ongelyke grond.

 

Hi Toykie
Het jy n nommer of adres van Landmark van Agrinet. Ek het vir dit ge google maar ek kry niks.
Dis nogal lekker om julle inset te lees. Dit maak my opgewonde. En lus vir kamp

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Christo Retief wrote:

Jammer oor dit maar foto wil nie eerste keer gelaai het nie.Maar so lyk my ou bedryfie en dit werk lekker.Het al vir drie weke gekamp by die see.

Maggies, maar dis nou 'n kookwater opset Christo!

Baie baie nice!!

 


 

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country

Hi Christo

Ek hou ook van jou trailer en opset. Ek het vir my vrou gesê ek wil nie sukkel nie. Alles moet in die trailer wees gereed om gebruik te word.

 

Jules R
Nuweling
Aangesluit: 21/01/2012
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mooketsi

 

Danie Pretorius,

Ek sal graag wil weet waar ek so 'n Skipper te koop kan kry?

Groete,

JulesR

Toykie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.

Tweetie, Agrinet Samrand se nommer 012 6572000, (agrinet.co.za kies outdoor), die bed word Kaufmann genoem, 'n staal en aluminium model. Dit verbaas my ook dat ek sien hulle LandMark agentskap winkels kom nie op Google nie, maar hier is die adres landmarkretail.co.za

Laat weet as jy meer inligting soek.

 

Lekker sleeploos

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country

Hi Toykie

Ek het dit gekry dankie. Dit lyk nogal oulik. Ek het hulle al iewers gesing maar ek is nie seker waar nie.

 

Tweetie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 79
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n Jeep Country

NicoPietersen wrote:

Ek en die vrou is lankal sonder kinders en kamp so nou en dan met ons tent.

 

Nico,  daai tent van jou is dit n Turbo Tent.
Waar het jy hom gekoop?
Of weet iemand anders waar koop n mens die Turbo Tente.
En wat kos hulle?
Is hulle stewig en die geld werd?

 

 

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Tweetie wrote:

Waar het jy hom gekoop?
Of weet iemand anders waar koop n mens die Turbo Tente.

Outdoor Warehouse


 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Ons is ook tentkampers. Ons is van karavaan na boswa na tent na rooftop.

My persoonlike opinie is dat ek sleep nou niks. Met laaie agterin die bakkie, yskas en microgolf waar die agtersitplek was pak ek niks en laai ek niks af nie. Kamp opslaan is die rooftop en die gazebo wat so 15 min neem en dan knak ons 'n koue.

In die laaie agter in die bak (loop op spore) is al die kos, klere, potte en,panne.

Ek moet darm byvoeg dat die bakkie net gebruik word vir vakansies so ons vul aan as ons klaar gekamp het. Die kampklere en badkamer goed bly in gelaai want ons het ander in die huis wat ons daar gebruik. Voor 'n naweek sit ek die yskas aan en laai die koue goed en daar gaat ons.

Ek het net gevind dat nou kan ek ry waar ek wil sonder om iets saam te sleep. Ek neem net saam wat gebruik word en die onnodige goed los ons by die huis. Grondpad skrik ons ook nie af nie.

AanhegselGrootte
IMGP2590.JPG 124.32 KB

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 675
Gebruiker is aanlyn
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Cheetah wrote:

Ons kamp baie lekker met ons Tent. Ja, hy is nie lig nie, maar Then again maak Tentco nie gemors nie . .  Ons skaf maar goed aan soos ons nodig kry. Ek sou graag een of ander tyd 'n karevaan wil hê, maar vir die oombik kamp ek lekker in ons tent.

Net soos jy daar se, Tentco maak nie gemors nie.

Ek het my 3x3 canvas tent gekoop toe ek en ma in 1996 getroud is en hy lyk na al die jare nog spiekeries.

Ek het intussen nog een gekoop vir die kids met n lekker groot konsertina gazebo as kuierplek waaronder die yskas en kombuisware en ysmasjien ens staan op n lekker groot tafel.

Die twee tente staan weerskante van gazebo met die wa aan die eenkant en n seil maak die anderkant van die gazebo toe. Lekker privaat.

Die wa dien as bergplek met ammokiste vir die klere en elektroniese toeristing. Hy word gesluit as ons uitgaan.

n Weber rond die kombinasie af of die Amakooka as jy n pappie wil aanslaan.

Met die kombinasie kan jy enige plek gaan en jou beursie lag as jy verby die petrolpompe suiker.

 

 

 

Toykie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.

Ek het my Turbo ook by O W gekoop, al gesien onder verskillende handelsname. Die een met die afdak en sykante omtrent R6000.00, en dit werd.

turbotent.com/turbotent/home.html?comply

Spesiale kenmerke, tentlyne word on 'n sakkie gerol wat die tent met die lyn verbind, klein ritsluiter opening en lissies vir die lig se kragdraad, tent en raam vou saam op in een bondel, ens.

Ek het eerste week van die jaar in Noordwes drie nagte agtermekaar hewige donderstorms sonder stormtoue of probleem oorleef.

Lekker sleeploos

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Ek is van karavaan na tent so net meer as 'n jaar terug. Ek mis nie die wa te veel nie, het die tent lekker gemaklik binne uitgelê.

AanhegselGrootte
DSCF6771.JPG 151.26 KB

Groete.

Mark.

 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Hier is Outdoor Warehouse se huidige aanbieding wat naastenby soos myne is, dalk bietjie beter as myne , want myne het net afdak voor gehad - ek het self die twee sykante (skadunet) aangesit :

http://www.outdoorwarehouse.co.za/natural-instincts-turbo-300-supreme-6-person-ripstop-polyester-tent.html

Ek het vir myne in Februarie 2008 R4600 betaal. Ek dink die R5500 wat hul nou vra is nie te sleg nie. Onthou net - die tent is nie lig nie, dis goeie kwaliteit seil (ripstop) en dit vou (behalwe vir die voorste deel) saam met die pale op.

Groete - Nico

 

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • willie Rautenbach
  • Leon Verster
  • evert
  • MarkP
  • Andries Pretorius
  • Anton le Roux
  • WilleWillemien
  • Frikadel
  • PaulS
  • Gert Venter
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Llewellyn j
  • JC
  • Perdeby
  • Molekule
  • dracoza
  • Pieter Schultz

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.