Kamp in Kimberley
Nuwe forum onderwerpe
Ek soek asseblief inligting / terugvoer vanaf iemand op die forum wat al in Kimberley gekamp het.
Ons ry Maart Kaap toe en wil die eerste nag by die BIG HOLE KARAVAANPARK oorstaan maar ek kan nêrens iets raaklees oor die park nie.
Was iemand al daar en hoe lyk die park en die veiligheid? Of is daar ander beter of bekende parke in die omgewing?
Dankie by voorbaat.
Benzan, ou Dries van die Noordkaap ken die parke baie goed in daardie omgewing. Ek stel voor as jy nie hier regkom nie, stuur vir hom 'n PM.
Die ander park is Palm woonwa park in Kimberly. Ek weet niks verder van die park af nie maar niks kan maklik slegter as die toestande by Big hole wees nie.
Dankie julle.
Klink na 'n hou verby park hierdie.
Ek sal vir Dries 'n pm stuur
Hallo Benzan
Vermy maar liewers die kamp plekke in Kimberley en ry so 30km verby Kimberley op die N12 en gaan kamp by Riverside Karavaanpark in Ritchie. Ek was die afgelope naweek weer daar. Die karavaanpark is skoon en netjies met goeie ablusies. Vra vir staan plek 18 of 19 as hulle beskikbaar is. Skakel ook vroegtydig as jy oor 'n naweek daar wil staan, hulle is nogal besig dan. Die nommer is 082 924 3075
Dis nou goeie nuus. Dankie GrootF.
Ek sien jy is nog nuut op die forum. Welkom ou maat. Hier word gesels baklei en simpatie uitgedeel.
Lekkerste forum op die internet.
Net ingeval jy na Upington toe gaan vanaf Kimberley het ek toevallig op KHEIS RIVERSIDE LODGE AND CAMPING afgekom. Tel 0824901321
Die plek is so 10kmvoor Groblershoop op die N8 vanaf Kimberley
Pragtige plek reg op die rivieroewer met n eienaar wat persoonlik kom kyk of als reg is .
Ek kan ook Riverside van GrootF aanbeveel
Dankie Perdeby. Hier is my roete en ek wil so slaap waar die son ondergaan. Ek toer af na 'n troue so ek is gemaklik met 300 km per dag. Enige ander goeie kamplekke sal ook verwelkom word aangesien ek sommer twee dae sal staan as dit lekker is. Ek het twee weke om in die Paarl uit te kom.
Kimberly
Douglas
Prieska
Carnavon
Williston
Middelpos
Sutherland
Ceres
Tulbagh
Riebeeck Kasteel
Malmesbury
Ou Skip Karavaanpark
Paarl
ons gaan ook die Katbakkies en die Skittery pas ry.
Jy kan Broadwater net buite Douglas ook probeer. Is so bietjie aan die duurder kant, maar jy het jou eie ablusie geriewe. http://www.broadwater.co.za/
Dankie Gene.
Op my lyse gesit.
Ek is nie seker of die Skittery pas dieselfde is as die Peerboomskloofpas op my padkaart is nie. Net nadat jy uit die R355 afgedraai het na die Katbakkiespas .
Ek het die twee passe verlede jaar na die Tankwa Karoo kuier gery en myself belowe ek sal volgende keer genoeg tyd toelaat om daardie stukkie pad te loop want om dit te ry mis jy te veel van die prag.
Dit is sekerlik van die mooiste rotsformasies in die land. Ons het baie fotos op daardie stukkie pad geneem.
Johan.
Dis hy daai. Mail my asseblief 'n paar fotos's. My vrou is vrek bang vir afgronde. Is die pas maklik sonder afgronde anders loop sy weer so 'n paar kilo's
Dankie.
Ek sien sommige kaarte praat van die SKIITTERY PAS en sommige van die PEERBOOMKLOOF PAS. Dit is dieselfde pas langs die KATBAKKIES PAS.
Geen probleem met die pad nie, ek het hom met n lomp motorhome gery. Die steil gedeltes van beide passe is geteer Ek stuur vir jou n paar fotos en sal sommer twee of drie hier plaas indien iemand anders ook belangstel
Dankie Johan.
As 'n motorhome daar loop sal die Colt darm ook kan. Groot ding is ma sal nie wakker lê nie.
Ek kyk uit vir daai foto's
Hier is n paar fotos 1e is Katbakkiespas en tweede Peerboomskloof pas
.jpg)
.jpg)
(1).jpg)
.jpg)
(1).jpg)
.jpg)
.jpg)
Ek kan verstaan dat jy wil stap.
Dit is indrukwekkend.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- evert
- willie Rautenbach
- Andries Pretorius
- Anton le Roux
- WilleWillemien
- Frikadel
- PaulS
- Gert Venter
- Leon Verster
- Tazz123
- Francois Malan
- Llewellyn j
- JC
- Perdeby
- Molekule
- dracoza
- Pieter Schultz



.jpg)

.jpg)


Benzan.
Ek het 2007 by Big Hole oorgestaan , toe was daar nie warm water nie en ligskerms was gebreek ens maar ons het gestort en by die kantoor betaal en is daar weg.
Verlede jaar Augustus het ek weer daar oorgestaan, totale gaos is die enigste beskrywing, net n klomp konstruksiewerkwers wat in die opwasbakke buite was, geen warm water deure, krane werk nie, geen ligte in ablusies. Ek het in my Motorhome gestort. Daar was geen ontvangs en ek is daar weg sonder om te betaal, ek sou ook nie betaal het nie. Geen sekuriteit, die hekke het permanent oopgestaan.Gelukkig was daar nog krag in die kragproppe.
N ruk gelede het Dries van Upington geskryf dat daar "eienaars" vir die park gesoek word.
Ek het op Kampsa van n ander park in Kimberly gelees maar kan nie nou die naam onthou nie.
laat asb weet indien jy van n ander redelikp plek hoor
Groete
Johan en Marthie van der Merwe.