Is dit Crazy of is ek Kens
Nuwe forum onderwerpe
Ek het nou net met die Dennebos Park in Ceres kontak gehad. Aangesien ons al daar gekamp het wou ek weer soontoe gaan.
MAAR, en hier kom dit nou:
Staanplek R166.00 vir twee mense.
Ekstra R350.00 deposito wat na twee weke weer in my rekening inbetaal sal word!!!!!
Totaal vir die aand R516.00.
Nou wonder ek met die bankkoste en gebellery om die geld weer terug te kry wat gaan ek van die R350.00 terugkry? Ons weet mos al teen die tyd hoe werk die stadsrade.
Volgens die dame is dit vir goed wat mag breek of geraas wat gemaak word.
Dalk breek ons van die Dennenaalde?
Volgens die dame is dit vir goed wat mag breek of geraas wat gemaak word.
Dalk breek ons van die Dennenaalde?
Word mens beboet as mens raas?
En as hulle nie die geld vir jou terugbetaal nie, het jy seker geraas gemaak.....twee weke later vind jy dit eers uit.
Belaglik, hoor.
Ek neem so aan. Die vet weet hoe hulle werk. Ek weet nie. MAW, as daar geraas word gaan ek hoes vir iemand anders wat raas of die kraan afbreek.
dagse benzan
as dit ek was sal ek nie daar gaan kamp nie maak nie saam hoe lekker ek daar gekamp het nie hul sal my nie sien nie in die nuwe sa sal hul n verskoning soek om nie jou geld trug te gee nie hul is seker nie die enigste kampgronde in daai omgewing nie ek sal se soek maar n ander plek
dit is belaglik
kampgroete
ben
Ben, Ek gaan beslis verby hou. Sien sal hulle my nie sien nie.
Seker die stupidste ding wat ek nog gehoor het. As hulle nie jou geld wil terug gee nie, waar is die bewyse dat dit jy was, wat die geraas gemaak het of iets gebreuk het. Hulle gaan definitief hulle allies sien met daai houding.
Belaglik!!!!!! Hou verby!
Behalwe vir die deposito geld sal ek elke geval mense afraai om daar te gaan kamp, selfs nie eers dagbesoek nie. Soos met baie ander plekke wat eers ordentlik was is dit ook nou deur wyndrinkende figure oorgeneem. Dit is doef doef musiek tot watter tyd in die ogend en jou en jou eiendom se veiligheid is beslis in gedrang. Nee wat, daar is baie ander plekke. Maar hierdie is natuurlik net my opinie.
Gee lang vinger en gaan verby. As hulle nie jou deposito terug gee, met jou vertrek nie, sal jy dit waarskynlik nooit weer sien. Ek mag verkeerd wees, Dit is wat ek dink "van die rekord af en sonder benadeling van my regte"
Laat die plek hulle "seg, seg" en hulle self dan verdedig oor die steling. Miskien is daar ander mense wat anders dink as ek. Ek kom van die "bad lands" af. Vertrou niemand nie. Hou verby as jy bedreig voel. Hoe vertel jy hulle dit is nie jy wat geraas het nie, na 2 weke. Baie "mense" sien boere musiek as geraas en doef doef as klassieke musiek.
Groete
Harry
Dit wil voorkom af die minusipale kampe in die algemeen agteruitgaan.
Ek is besig met my beplanning af Kaap toe en sal maar eerder by die privaatmanne se plekke gaan staan. Van hulle antwoord vinnig op my epos en ek dink dit is waar ek 'n nag sal slaap.
Ek was 'n hele paar jaar terug by Dennebos en toe was dit baie lekker. Maar, nou ja. so is dit.
Benzan, hou verby my maat. Dennebos is lankal nie meer wat hy was nie. JanG is reg. Ek weet nie hoe jou beplande roete uitgelê is nie, maar in Tulbagh omgewing is beslis oorde wat aan jou behoefte sal voldoen.
Indien jy dalk deur die Serderberge wil ry kan jy gerus by Sanddrif gaan oorstaan en sommer die plaaslike sterrewag besoek asook die Wynkelder daar.
Ben, daar het jy dit nou uoit die pêre se bekke!!!!! "Skuus Perd Ian!!!!!
Nee, wat dit het ook vir my helemaal onlekker geklink!!! Sou dit wragtag nie betaal het nie.
Sterkte met die beplannings!
Altyd egte kampgroete.
Frans
Dankie Ian.
Tulbach is deel van die roete. Ons geniet die beplanning net so. My vrou het nou al 'n lekker file met kampe en besienswaardighede en geskiedenis van die dorpe bymekaar gemaak (maak nog bymekaar). Ek dink net die tyd gaan te min wees om by alles uit te kom.
Die idee is om te ry en teen die middag se kant te kyk watter plek is die naaste om die bakkie onder 'n boom te kry. Dan sal ons besluit of ons staan vir 'n dag of twee en of ons ry. Ons het besluit om op hierdie trippie geen reistyd of kamptyd of dorp te kry wat ons vir onself sê ons MOET daar of daar wees nie. Elke dag sal vir homself sorg. Die enigste MOET is die datum wat ek by die troue moet wees.
Ons wil darm net inligting bymekaarmaak oor al die kampplekke op elke dorp. Dan weet ek ten minste waar ek kan slaap sonder om daar rond te sukkel.
"Van hulle antwoord vinnig op my epos en ek dink dit is waar ek 'n nag sal slaap."
Ek volg ook daardie roete, Benzan.
As ek langer as 'n dag wag vir 'n oord/oorslaapplek om 'n e pos te beantwoord, wys dit vir my dat die mense nie besigheidsgerienteerd is nie. Die ouens wat vinnig respond se plekke is ook gewoonlik in goeie toestand en heel lekker om te gebruik. Nog nie 'n bloutjie geloop deur daardie beginsel toe te pas nie.
Belaglik!!! Kan nie sien dat dit ooit sal werk nie moet maar hul Cashflow op n ander manier behartig!!!![]()
@Benzan,
Ek het vir jou 'n PB gestuur.......
Groete
Nou net die inligting van hulle gekry. Kry dit ongelukkig nie ge-copy en paste nie maar die lees so:
GEBRUIKERS DEPOSITO
1) kampeer, a, b, e, f en g - tipe Akkomodasie = R350.00 per eenheid / c en d = R450.00
2) die verbruikersdeposito is betaalbaar by aankoms, en sal per bankinbetaling terugbetaal word, indien geen skade plaasvind, en geen reëls oortree is nie.
Dit is bedrog en dit is iets waarmee hulle baie goed is. Bly weg ver weg, ek sien daar was baie ander plekke genoem.
Groete.
Benzan,
Hierdie deposito-reëling proe vir my soos my tweelingbroer se fopspeen - 'n slegte smaak in die mond.
Groetnis
Patat
Benzan,
Hierdie deposito-reëling proe vir my soos my tweelingbroer se fopspeen - 'n slegte smaak in die mond.
Groetnis
Patat
Ek dink JanG en Ian Laing se insette gee 'n mate van 'n verduideliking waarom die deposito gehef word. Dit lyk vir my na 'n poging om ongewenste elemente te ontmoedig om die plek te gebruik en sodoende weer die "oorspronklike" oord te hervestig. So voor ons oordeel moet die doel daaragter dalk in perspektief gesien word.
Hi Benzan,
Net vir interessantheid na jou opmerking "Word mens nou beboet as jy raas!!!
Vir sover ek weet is daar sekere lande wat jy beboet word as jy raas. Sou iemand kla dan kry jy `n boete soos wat ons hier `n verkeersboete sou kry. Indien jy nie betaal nie is dit ook HOF toe.
Groete
Willie
Die deposito is beslis om ongewenste elemente weg te hou. Ek het al heelwat stories gehoor dat dit maar soms rof kan gaan daar. Soos Ian se Dennebos is beslis nie meer wat dit was nie. Hou verby Benzan
Die deposito is beslis om ongewenste elemente weg te hou. Ek het al heelwat stories gehoor dat dit maar soms rof kan gaan daar. Soos Ian se Dennebos is beslis nie meer wat dit was nie. Hou verby Benzan
Wel Andre.
Dan is ek ook nou 'n ongewenste element. (LOL)
Hulle hou my sowaar ook nou daar uit. Dêm, en ek was juis in 'n bui vir lekker raas.
@Benzan, nou het jy jou antwoord gekry.
Depositos moet bestuur word. indien jy 'n privaat badkamer saam met jou staanplek huur maak dit sin. Met normale ablusies wat deur almal in die kamp gebruik word moet die bestuur hul saak kan bewys om jou deposito terug te hou. Dan ook nie die hele deposito nie, slegs die werklike skade.
Met geraasbeheer moet die bestuur eers persoonlik met die oortreders gaan praat, hetsy self of dmv die nagwag. Laasgenoemde moet dan 'n aanteking in sy voorvalle boek maak met identifiseerbare beskrywings van die skuldiges. Vrek moeilik. Vra my.
Tulbach / Wolseley omgewing kampering :-
Wees baie versigtig vir diefstal die oomblik wanneer jy 'n draai wil gaan ry en jou woonwa alleen laat. Daar is talle werkloses waarvan diefstal die enigste kans op oorlewing is, veral op plaas-kampering waar daar net een, twee of drie woonwaens is.
Ingeval van 'n probleem, wees bedag daarop dat Tulbach se polisie redelik aan die slaap is terwyl Wolseley se polisie op-en-wakker is !
Len
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Andries Pretorius
- Anton le Roux
- WilleWillemien
- Frikadel
- PaulS
- Gert Venter
- Leon Verster
- evert
- Tazz123
- Francois Malan
- Llewellyn j
- JC
- Perdeby
- Molekule
- MarkP
- dracoza
- Pieter Schultz



.jpg)


.jpg)

.jpg)


.jpg)










Vir wat word die ekstra deposito gevra?
Hennie Botha
2009 Isuzu KB 300 DTEQ
2007 Sprite Swing