2012 Pretoria - Hartenbos

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek het nou na die ou draad "Pretoria - Hartenbos" gekyk en daar is so baie deurmekaar inligting wat skeef deur gekom het met die nuwe Forum, daarom het ek besluit om eerder 'n nuwe draad te begin.

Ek weet baie is reeds weg en die volgende groep moet of het die naweek reeds vertrek, maar soos julle weet gaan ons eers Februarie Hartenbos toe. 

Ek het 'n paar opsies en soek raad, kmiskien het jy onlang een van die roetes gedoen voor ons vertrek einde Januarie 2012.

Die eerste dag van Pretoria af doen ons gewoonlik so 2/3des van die roete omdat ons so 02:00 gewoonlik uit Pretoria vertrek, oorslaap en dan Hartenbos.  Die jaar het ek gehoor daar is redelike pad werke na Bloem op die N1.  Ek het toe gedink om N1 tot op Bloem te ry en dan Kimberley toe tot by Karoo NPark.

Dan is dit tot by Karoo NPark waar ons die Saterdag aand wil oorslaap of watter ander plek is goed genoeg vir een aand oorslaap ?  Want die volgende dag is dit die laaste skof tot by Oudshoorn wat twee roetes kan wees.  Watter een sal julle voorstel, want ons wil nie te laat in Hartenbos kom nie.

Eerste een is met die N12

Die ander een is oor Prins Albert

Dan is dit van Oudshoorn steeds met die N12 Hartenbos toe.

Of Oudshoorn via die R328 tot op Hartenbos

Met die terugkom slaap ons Vrydag aand oor (Karoo NPark) tot by Bloem waar ons weer sal oorslaap.

Help.

 

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 LAAT WEET MANNE LAAT WEET.

Ek gaan die selfde pad ry as Willem, net so 3 weke later en nou nie Hartenbos toe nie, maar Buffelsbaai toe.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Willem, dagsê. Ek sien jy vermy die N12 oor Klerksdorp na Kimberley, is die pad weer sleg naby Christiana? Ek moet sê ek het die afgelope week geweldig baie voertuie met woonwaens/boswaens en sleepwaens hier verbygesien kom. Die vermoede is dat dit nie te sleg moet wees nie, en hy is mos heelwat korter. Dalk moet van die manne in daardie rigting tog bietjie lig werp op die padomstandighede. Ek weet die pad tussen Wolmaransstad oor Scweizer-Reneke na Vryburg oppad Upington toe is in sy maai, maar het self niks van die ander een gehoor nie.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Môre Frans,

Toe ons Feb. van Hartenbos terug gekom het het ons Kimberley Pretoria toe gery en die pad tot op Kimberley was baie mooi, die eerste gat was in Kimberley en het nie van die res van die pad gehou nie.  Die ander rede is ons ry so 02:00 die oggend en wil dan eerder 'n oop pad hê tot op Bloem (Kimberley), die Kimberley pad is nie oop soos die Bloem pad nie, daarom die keuse om die N1 te ry tot op Bloem.

Die rede hoekom ons Kimberley oor verder suid wil ry is, ek het gehoor daar is heelwat pad werke na Bloem.

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Willem,

Ek gebruik die omgeegroep lys en stuur vir die manne in die omgewing eposse. Jy sal verbaas wees om die terugvoering te sien. Hulle bly in die omgewing en ken die paaie.

Lekker beplan.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Willem,

Ek gebruik die omgeegroep lys en stuur vir die manne in die omgewing eposse. Jy sal verbaas wees om die terugvoering te sien. Hulle bly in die omgewing en ken die paaie.

Lekker beplan.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Willem,

Ek gebruik die omgeegroep lys en stuur vir die manne in die omgewing eposse. Jy sal verbaas wees om die terugvoering te sien. Hulle bly in die omgewing en ken die paaie.

Lekker beplan.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Willem,

Wou nie die boodskap in jou keel afdruk nie. Weet nie hoekom ek gehakkel het nie.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 781
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Willem

Ek het in September teruggery Kaap toe vanaf die Kruger Wildtuin oor Pretoria, Bloemfontein,oor  Petrusburg (jy hoef nie tot in Kimberley te ry nie), draai links op die R48 en dan weer regs op die R705 oor Jacobsdal tot by die N12 by Modderrivier.  Ons het oornag by die bekende Kambro padstal ('n WegSleep naaswenner) tussen  Strydenburg en Britstown.  Dit is min of meer 800km van Pretoria af en eintlik te ver vir 'n een-dag rit  -  ek sal nie verder ry as dit nie.  Karoo Nasionale Park is ongeveer 200km verder wat beteken julle kan nog 'n lekker ontbyt by die Padstal eet , rustig ry tot by Karoo Nasionale Park met nog baie tyd om daar 'n bietjie rond te ry.  Verder lyk jou roete deur Meiringspoort tot by Oudtshoorn en dan Hartenbos ideaal.  (Tussen Bloemfontein en Petrusburg is daar ook ry/stop padwerke, maar dit is nie te erg nie).

Len

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 WILLEM ( WILSUR )

Ek het gister terwyl ek my bakkie by die karwas laat was het ,met 'n omie gesels wat Woensdag terug gery het van die Kaap af, hy se hy het met die pad Kimberly terug gekom en dat daar tussen Strydenburg en Britstown en Victoriawes ook nou pad werke aan die gang is, ek het maar net gedink ek laat weet aangesien ek ook van Bloemfontein gaan wegdraai na Kimberly en dan met die N12 verder tot by Drie susters gaan ry en daarvandaan na Beufortwes.

Ek sien die ouens praat van die ou pad tussen Bloemfontein en Colesberg, maar ek ken hom nie en weet ook nie waar draai 'n ou af na hom toe nie, dit lyk my maak nou nie saak hoe ons gaan ry nie, ons gaan maar weer 'n uur of wat by die padwerke verloor.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie,

Ons sal maar vroeg in die jaar hoor of daar iemand is wat 'n ander pad gery het wat minder stoppe het, wonder hoe is die pad van 3 susters tot by Bloem ?

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 360
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Willem,

 

Ek het laas week van Hartenbos af teruggekom.  Die pad is nou wel 40km verder Kmb om as Bloem om, maar deur en deur die moeite werd.  Daar is wel padwerke en met die afry slag was hulle nog aan die gang.  Dit is egter nie baie lang stukke nie en as ek reg kan onthou is daar so 3.  Jy moet onthou dat die N1 BAIE verkeer dra met veral trokke.  Dit is iets wat jy wil vermy as jy kan.  EK het 3 uur die oggend in Petoors weggespring en die pad is so stil dis nie eers weer waar nie.  Nee wat, daar is nie eers 'n keuse nie.  Pta, Potch, Klerksdorp, Kmb, Beaufort.

Van Karoo park af is daar ent 1 roete en dis deur Meiringspoort.  Daar is nie 'n mooier stuk pad in die land nie.  Van Outdtshoorn af is die maklikste, kortste ne mees gerieflikste roete die een oor Robberspas.  Hy bring jou direk in Hartenbos uit.  Ek ry hom al meer as 10 jaar met'n wa en ek het nog nooit probleme gehad nie.

 

Hoop dit help.

Groete

Johan

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

JM wrote:

Willem,

 

Ek het laas week van Hartenbos af teruggekom.  Die pad is nou wel 40km verder Kmb om as Bloem om, maar deur en deur die moeite werd.  Daar is wel padwerke en met die afry slag was hulle nog aan die gang.  Dit is egter nie baie lang stukke nie en as ek reg kan onthou is daar so 3.  Jy moet onthou dat die N1 BAIE verkeer dra met veral trokke.  Dit is iets wat jy wil vermy as jy kan.  EK het 3 uur die oggend in Petoors weggespring en die pad is so stil dis nie eers weer waar nie.  Nee wat, daar is nie eers 'n keuse nie.  Pta, Potch, Klerksdorp, Kmb, Beaufort.

Van Karoo park af is daar ent 1 roete en dis deur Meiringspoort.  Daar is nie 'n mooier stuk pad in die land nie.  Van Outdtshoorn af is die maklikste, kortste ne mees gerieflikste roete die een oor Robberspas.  Hy bring jou direk in Hartenbos uit.  Ek ry hom al meer as 10 jaar met'n wa en ek het nog nooit probleme gehad nie.

Hi JM, Dit is die Robinsonpas. Ek het die pad vroeer vanjaar met my motorfiets gery en hou ook baie van die roete, alhowel ek eerder die Outiniqua sal ry met 'n karavaan.

 

 

Hoop dit help.

Groete

Johan

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 

Johan(JM)

Dit is so,ek het ook al die jare Potch, Kimberly pad Kaap toe gery aangesien die pad nie so baie lorries en ander swaar verkeer gedra het nie, maar so 5 jaar terug het die toestand van die pad lelik verswak en was glad nie goed genoeg vir 'n karavaan nie, daarom het ek maar begin om die N1 vanaf Vereeniging te gebruik, maar alhoewel dit in die oggend vroeg lekker stil is, tel die verkeer lateraan op en dan is daar baie lorries op die pad. Nou sit 'n ou ook die laaste paar jaar met die padwerke op die pad en ek het die vorige keer 2 ure 45 min verloor op die pad tussen Bloemfontein en Colesberg. As jy nou se die pad Kimberly deur is mooi, dan kan 'n ou hom seker weer 'n go gee.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 191
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Ek wil net kommentaar lewer oor die pad vanaf Beaufortwes. 

Die N12 na Oudtshoorn oor Klaarstroom en De Rust is die kortste en ook beste roete.  Stop in Meiringspoort vir 'n rus en toilet. Die natuur is pragtig, die afdraai plekke lekker groot en ablusies silwer skoon.  De Rust is 'n kunstenaarsdorpie en ook 'n vinnige stop werd.

Van Oudtshoorn moet julle beslis oor die Robinsonpas na Hartenbos ry. Dit is korter en 'n beter sleeppad.  Jy kom by die Langeberg Mall uit, draai links en die Hartenbos ingang is so 3 km verder. Ons vermy die George pad.

 

Flip

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Wa-slepers

My  vriende, woonagtig op Brits, het gister teruggekom vanaf Glentana. Hulle is met die gaan en terugkom oor Kimberley.  Volgens hulle was dit net 'n plesier om so te ry tot by Drie susters, via Meiringspoort, tot in Glentana.

Dus, probeer dit gerus, en mis die trokke!!

Groete

Wessel

 

Johan K
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeespoort

Wessel JS wrote:

Beste Wa-slepers

My  vriende, woonagtig op Brits, het gister teruggekom vanaf Glentana. Hulle is met die gaan en terugkom oor Kimberley.  Volgens hulle was dit net 'n plesier om so te ry tot by Drie susters, via Meiringspoort, tot in Glentana.

Dus, probeer dit gerus, en mis die trokke!!

Groete

Wessel

 

Ek ry geen ander pad as oor Kimberley nie. Ek het hom nou weer gery en ten spyte van die padwerke, het ek steeds lekker gery met min verkeer en feitlik geen swaar voertuie. Onhou ook - as jy 02h00 uit Pretoria vertrek, is jy teen ongeveer 05h00 op Klerksdorp. Na 'n "pitstop" by die Ultra City, is dit al lig as jy verder ry.

Maar - die belangrikste is dat jy die roete ry waarmee jy gemaklik voel.

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Hi Willie,

Dankie vir hierdie inligting. Ek is natuurlik by Hartenbos wanneer Willem weer terugkom huistoe. Ek sal ook sommer nou gaan loer hoe hierdie alternatiewe slaapplekke daarna uitsien.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5679
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ons het ook die 30 ste teruggekeer vanf Knysna.

Ons het gelukkig op die stil tye gery en teruggekom. 14 Des en 29 Des.

WilSur, jy gaan ook oor die stil tyd af Hartenbos toe.

Ek het die N1 gevolg al die pad tot by Beaufort Wes. Daarvandaan links afgedraai en deur Meiringspoort oor Oudshoorn tot by George gery en waar die pad split na Knysna en Mosselbaai, die Knysna-pad gevat.

Daar is drie "stop-en-ry"-e tussen Bloem enTrompsburg waar ons net by een vir ong. 5 min. gewag het. Daarna is die pad skoon tot in Beaufort Wes .Die trokverkeer het maar op sy normale volume van voertuie beweeg. Baie trokke, maar almal ry op spoed en is baie hoflik. Ons het net een trokjaagduiwel teëgekom.

Die pad was in 'n goeie toestand en sleep lekker. Die stukkie pad tussen De Rust en Oudshoorn is plek-plek bietjie hobbelrig, maar glad nie so erg dat jy moes kompenseer op 'n manier nie.

My aanbeveling sou beslis wees om die N1 al die pad te volg tot op Beaufort. Daarvandaan deur Meiringspoort oor Oudshoorn tot op George en dan weg te draai Mosselbaai se kant toe. Op hierdie roete gaat jy net oor een bergpas, Die Outeniekwa-pas wat glad nie te erg steil is nie. Die res van die pad is gelyk met effe op-en- afdraendes.

WilSur, indien julle ander oorslaapplekke wil oorweeg, oorweeg gerus Rondawel Gasteplaas so 30 km vanaf Ritchmond Drie Susters se kant toe .Fantasties en naby die hoofpad.

Indien jy verder wil kom, oorweeg gerus ook "Olive Grove" gasteplaas, so 15 km vanaf Beaufort op die Meiringspoort pad. Ons het by albei die plekke oorgeslaap en kan dit sterk aanbeveel. Ons het nie in die woonwa geslaap nie, want hy was te vol gelaai. Eerder van die gaste-oorslaapplekke gebruik gemaak.

Vanaf die ingang van Olive Grove tot by die oorslaapeenhede is dit so ong 2-3 km plaaspaadjie, maar maklik begaanbaar.

By albei die plekke is genoeg parkeerplek vir mens se sleepkombinasie en die kos is puik en gaan gepaard met die tipiese Karoo-gasvreiheid.

Sal netnou vir jou 'n foto of twee hier laai van elke plek. Moet hulle net eers gou oorlaai vanaf die kamera op my ander rekenaar. Hierdie ene het 'n goggo op daardie port.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Wilsur

Vanaf Karoo Nasionale Park is die direkte Meiringspoort-opsie (N12) beslis die vinnigste.  Maar as jy nog nie in Prins Albert was nie, sal ek jou sekerlik aanraai om dié roete óf met die gaan óf met die terugkom te ry.  Prins Albert is 'n pragtige ou Karoodorpie - beslis een van ons mooistes - en die pad vanaf Prins Albertweg, via Prins Albert tot by die N12-aansluiting by Klaarstroom is in 'n goeie toestand.  Die roete tussen Prins Albert en Klaarstroom gaan deur "Die Gang", waar 'n stop by Bergwater Wynkelder 'n besliste "moet" is.  Laasgenoemde se wyn is tydens Monaco se Prins Albert se onlangse troue bedien.  Uitstekende Sauvignon Blanc wat hulle maak.  Vrugtetyd sal ook nog in volle gang wees tydens Februarie - veral parstyd by Bergwater Kelder.  Doen jouself 'n guns en pas die roete een of ander tyd in.  Jy ry nog steeds deur die wonderskone Meiringspoort.  As jy nie gesleep het nie, kon jy dit oorweeg om vanaf Prins Albert na Oudtshoorn oor die Swartberg pas te ry - maar dit gaan uiteraard nie vir jou 'n opsie wees nie.

Ekself is Februarie by Ebb & Flow.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie Julle,

Stoffel, ek sal dit beslis op my lys sit vir die terug kom slag.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 W Willemien.

Het jy dalk enige kontak besonderhede of GPS punt vir  Rondawel Gasteplaas?

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Tyro wrote:

 W Willemien.

Het jy dalk enige kontak besonderhede of GPS punt vir  Rondawel Gasteplaas?

GPS coordinates

S 31'30'32.5"
E 23'36'54.1"

Cel 0824421567

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Baie dankie Hennie. Dis so aangeteken.

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Tyro wrote:

 Baie dankie Hennie. Dis so aangeteken.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5679
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dagsê julle.

WilSur, 'k sal die beloofde fotos so bietjie later plaas. Ek wag net dat Lorraine die goed vir my aanstuur.

Ek ry nie met 'n GPS  nie, Tyro.

33km vanaf Richmond in Drie Susters se rigting, aan die regterkant van die pad.

 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 WW,

Dankie, Hennie het reeds die Ko-ordinate voorsien.

c

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5679
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Plesier, Hennie.

Dis Wonderdag hier by my. Rekenaar wil nie fotos aflaai nie. Sal vir julle later vandag vanaf ma se rekenaar so 'n foto of twee van die oorslaapplekke hier laai.

PS. Hier's 'n foto of twee van Rondawel Gasteplaas en Olive Grove. Soos julle kan sien is daar genoeg parkeerplek en omdraaiplek vir die woonwa.

Rondawel.

Olive Grove Gasteplaas.

Bietjie van 'n swakkerige foto, maar dit is die parkeerplek waar ek die woonwa parkeer het. Reg langs die "Kamers"-gedeelte van die okkommodasiegeriewe.

Die braaiplek langs die kamers indien jy nie by die hoofhuis wil gaan aandete nuttig nie.

Op albei plekke was die kos uit die boonste rakke. Net so die verblyf-fasiliteite.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie,

Ek wag nog vir die foto's om oop te maak.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5679
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Plesier. Sal ek hulle dan maar eerder vir jou e-pos?

Jy moet tog eendag as ons bymekaar is vir my wys hoe jy met jou fotos werk sodat ek jou nie so laat sukkel nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Ek kan ook met groot vrymoedigheid Rondawel Gasteplaas as 'n oornagplek aanbeveel.  Ek het bykans 2 jaar gelede saam met my ver kinders (woon in Roemenië) daar oorgebly.  Ek het vooraf reëlings getref met die gasvrou dat ons graag 'n lekker Karoo-lamsvleisie wou braai.  En het daardie jong boervroutjie nou vir jou uitgehang met die mees fantastiese tjops, lamsrib, tuisgemaakte boerewors, tuisgebakte brood en lekker doringhout vir 'n kampvuur.  Ek sal Rondawel vir enigeen aanbeveel.

Daar's 'n lekker lapa waarbinne jy kan eet, met goed ge-"stock"te yskas.  Dit was nogal 'n koue aand en lekker om in die lapa te eet nadat ons klaar gebraai was.  Hulle outentieke kliprondawels is lekker toegerus.

"Try" maar!!

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Frikadel
  • WilleWillemien
  • Leon Verster
  • Gert Venter
  • evert
  • Tazz123
  • Andries Pretorius
  • Francois Malan
  • Anton le Roux
  • Llewellyn j
  • JC
  • Perdeby
  • Molekule
  • MarkP
  • dracoza
  • Pieter Schultz
  • PaulS
  • henniev

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.