UFO in die Wes Kaap

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Groette aan mede kampers/karavaners

Ons het 2012 tegemoet gegaan met die klein "Teardrop" genaamd n T@B vervaardig deur Tabbert in Duitsland.

Wat n goeie ondervinding. Gerieflik, goedkoop om te sleep en maklik om in te rig.

Die ding hou van spoed.

Ons los nou ons "Exclusive" vir eens by die huis.

 

AanhegselGrootte
IMG_9810web.jpg79.54 KB

Aanhegsels

AanhegselGrootte
IMG_9810web.jpg79.54 KB
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Welkom like2camp.

'n Baie earodinamiese sleepsel daardie.

Waar het julle hom innie hande gekry? Wat was sy prys?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

vra dieselfde as W.W hierbo maar ook uitleg, sommer 'n paar fotos binne asb?

hoe werk sy tent?

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Dankie,

Ek het die een vir  n winskoop (R48 000k) aangekoop van n uitlander wat aan die Gauteng Trein projek gewerk.

 

Die persoon is na Kanada verplaas en die koste om weeer oorsee te vervoer was nie die moeite en koste werd vir hom nie want hy kan daar weer  n nuwe een vir omtrent $12 000 kry.

 

Die karavaan was nie veel gebruik nie.

 

Tente was nog ongebruik in hul sakke.

 

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Moet sê, julle. Dis 'n bargain.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 So lyk die interne uitleg van die Karavaan.

 

Die bed is baie groter  en geriefliker as ons "Exclusive"

 

 

AanhegselGrootte
caravan01xp8.jpg 143.84 KB
like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Daar is twee tente, oftewel n tent en n afdak.

Pype verleng in elke afsonderlike paal met n veerbelaaide pennetjie om seil styf te hou.

Pale is nie gemoonteer direk teen die  karavaan nie maar direk aan die glygedeelte van die tent.

Doodeenvoudig om op te slaan.

 

 

AanhegselGrootte
IMG_8642.JPG 145.66 KB
IMG_9668.JPG 154.16 KB
Secundant
Groentjie
Aangesluit: 13/12/2011
Inskrywings: 42
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n Fleetline L met 'n Isuzu 300 Dteq

Welkom  op die se forhom like2camp

Man daai se ding is nou ougat.

Wat is sy gewigte.

 

 

 

 

Kamp se groetnis

Andre Beyleveld
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/06/2011
Inskrywings: 133
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

Baie geluk Like2camp, dis rerig oulik en jy het dit vir 'n winskopie gekry!  Daar is ouens op Gumtree wat so nou en dan selfgemaakte teardrops verkoop teen meer as wat jou fabrieksgeboude en ingevoerde enetjie gekos het.  Ek hou van hoe die tente lyk, veral die afdak ene...

'n Teardrop bly maar oulik, meestal beskikbaar in Amerika (mens kry blinkgevryfde Aluminium outjies daar) en Engeland/Europa.  Ek het net klein 1:43 skaal Teardrops, so om 'n regte een in SA te sien is 'n 'treat' vir my...

Dankie!

 

AanhegselGrootte
Image4088_0.jpg 110.52 KB

Ek sleep 'n '82 Gypsey Caravette 5 (Josephine) met 'n '06 Toyota Avanza 1.5 SX

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Nogal verbasend vir n karvaan profiel wat alreeds vanaf 1930 in gebruik is.

 

Petrol/Diesel word duur kleiner karavane is maar die antwoord.

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Dis nou sommer wat hulle sou seg": "ougat"!! Ek laaik daai enetjie, kan sommer mouterbaaik gebruik om te sleep!!!! Of die ou tannie met 'n "three-speed" vooraan loop vasmaak!!!! 

Mense, ek spot, maar so 'n sleepsletjie sal nou gaaf wees om die lang pad Namibië toe mee aan te pak, as jy nou perdalks vir die kinners moet gaat loop kuier!!!!

Altyd egte kampgroete

Frans

 

 

 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Moenie Lotto speel nie, like2camp, jy het klaar die "jackpot" geslaan! Lekker sleep!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 674
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Is daar n verskaffer in RSA, asook hulle website?

 

 

 

Boma
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/12/2011
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n 84' Sprite Sport met 'n Isuzu KB280DTi

like2camp,

Baie netjiese klein oukie daardie!

Ek het 'n boek hier by my wat hulle noem "What to make"(1955). In die boek wys hulle dat jy kan jou eie overnight trailer bou.

Hy word genoem 'n "Wild Goose", met 'n lengte van 4,150m en breedte van 2,1m. Die hoogte is basies 1,5m. Die 1 het ook so 'n teardrop shape , maar hy vou oop aan die agterkant waar daar dan 'n tent aan geknip word.

Alles word uit plywood gemaak behalwe die chassis natuurlik. Maksimum spoed is 96Km/h.

Dit is nogal baie interesant hoe die tegnologie verander het vanaf daardie jare tot nou toe.

Groete

Pieter

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Die oorspronklike maakskappy wat hulle vervaardig het bestaan nie meer nie. 

Daar is n maatskappy, Little guy, wat die regte oorgekoop het wat tans die karavaan vervaardig en bemark.

http://www.golittleguy.com/welcome

AanhegselGrootte
tab-trailer.pdf 295.25 KB
like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Pieter,

 

Tegnologie in karavane het ook nie stil gestaan nie.

Ek wonder hoeveel karre in 1955 kon die spoed van 96 km/h handhaaf.

 

Hier is n spoed toets met n Porche op youtube 230.97 km/h met die T@B.

http://www.youtube.com/watch?v=BLfrEq5-mnc

 

Maar laf om sulke spoed te handhaaf want vakansie is mos om dinge kalm te vat. 

Ek glo mos die vakansie begin wanneer jy die karavaan hak en wegtrek.

Spoed is net gerieflik as jy n ander voertuig moet verbysteek en jy weet jy kan die spoed darem veilg handhaaf. 

 

 

 

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dis nou wragtie 'n nice waentjie daardie. Oorgenoeg spasie vir twee en kan my indink dat hy omtrent met enige voertiug soos 'n droom sal sleep. Tot ou Boats met sy nuwe SLK.

Sê my like2camp? Kom hy dalk uit met twee enkelbeddens ook?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

 Maklik om hom te verander na twee enkel bedjies.

WW dit lyk my die ding het jou ook gebyt.

 

 

 

 

 

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Regtig 'n netjiese wa daardie, hoor.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Vossie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 190
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Baie oulik. Nog inligting hier en hier.

like2camp
Groentjie
Aangesluit: 14/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

Vossie

Ek wonder nou of die Tabbert nou vanaf ander lande die eenhede verkoop.

Fantastiese karavan en noy met die petrol prys net reg vir Suid Afrikaanse gebruik.

Ek gaan nou myne verkoop want will nou n behoorlike offroader kry.

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 52 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Gert Venter
  • Leon Verster
  • Molekule
  • MarkP
  • evert
  • Perdeby
  • WilleWillemien
  • Llewellyn j
  • dracoza
  • Tazz123
  • JC
  • Pieter Schultz
  • PaulS
  • henniev
  • JM
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • Hendrik Craukamp
  • Bosgees

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.