Tuinroete Desember 2011. Deel 2, met kleiner fotos.
Nuwe forum onderwerpe
Thesen's Islands.
Knysna is natuurlik 'n plek met 'n ryke geskiedenis. Soos ek aangaan gaan ek so bietjie meer daarvan vertel om die fotos.
Thesen's Eiland was die hart van Knysna se ekonomiese ontwikkeling en het 'n ryke geskiedenis van die houtbedryf en skeepsbou. Die ou Thesen's eiland, wat in die 1990's in 'n ekologiese ramp vir die meer en die omgewing begin ontaard het, is herontwikkel in vandag se Thesen's Islands Marine. 'n Pragtige ontwikkelling wat die eiland en omliggende kanale van die meer weer omskep het in 'n ekologiese paradys vir mens, voëls, diere en marine-lewe.
'n Deel van die huidige Marine gesien vanaf die Waterfront-area. As jy jou wil verlustig in die beste Sushi onder die son en ander seegeregte, besoek gerus Cafe Mario, op die linkerkant in die foto.
Die nuwe hawe by die Waterfront-gedeelte.
Hierdie nuwe brug is op die toegangspad gebou waarna die natuurlike vloei van die seewater om die eiland weer hestel is. Die ou toegangspad het die kanaal totaal afgeblok.
Airbus was ook daar.
Word vervolg.
Het jy hulle geprolong? Maklik, nou sal almal die draad kan oopmaak.
Hi WilleWillemien,
Fotos laai nou vinniger! Lyk asof julle 'n baie lekker tyd gehad het in Knysna.
Groete,
Beslis, nou kan mens dit waag om die draad oop te maak
Ons het 'n baie heerlike tyd gehad. Een ding is verseker. Wanneer ons die moeite doen om so vêr te sleep, word die omgewing deeglik bespied. Die vakansie was egter so 'n week te kort om by alles uit te kom.
Die nadeel van die verkleining van die fotos, WilSur, is dat die kwaliteit by die agterdeur uitvlieg.
Die foto van Airbus se boot lyk of hy uit fokus is, maar op die oorspronklike foto is hy perfek.
Dit is beter so, ons hou mos nie 'n foto kompetisie hie nie ons wil net die prentjie oordra of hoe ?
Reg so, oom. Ek sal maar my bril afhaal. Dan is hulle meer in fokus.
Gedink die fout lê nie by ons nie.
Die ou turbine-gebou, wat tot onlangs toe nog Thesen eilend en die hele Knysna van krag voorsien het, is omskep in die The Turbine Botique Hotel. Met die ontwikkeling van die eiland is daar voortdurent aandag geskenk aan die behoud van die ou kultuur van die eiland. Die gebou waarin die hotel gevestig is, is in sy basiese vorm net so behou tesame met baie van die meganiese en elektriese toerusting wat in situ gelaat is en om dit gebou is. Indien jou dogter dalk daar wil gaan honeymoon hou, sal dit jou so ong. R2300/nag kos vir die Honeymoonsuite.
http://www.turbinehotel.co.za/rates.php
So lyk hy van binne.
.jpg)
Ontvangsportaal.
Loopgang tussen die kamers en eetkamer-gedeelte.
Sit-eetkamer.
Een van die ou pompstasies.
Deel van die restaurant met die trap op na die boonste vlak toe. Die groot, langerige wit masjien regs bo in die hoek van die foto, is een van die vier turbines/kragopwekkers.
Stoomketels met drukreguleerders.
Die girls pose weer vir 'n foto.
Nice nê, julle?
Dit lyk na heerlike vakansie wat julle gehad het! My vrou wil bitter graag daardie deel van ons land nog sien, dus is ons aan die beplan vir 'n ordentlike vakansie in daai rigting.
WW - as ek nie sleep nie dink jy 2 weke is genoeg om al die mooi te kan sien?
Ek dog alle honeymoonsuites word in afrikaans pompstasies genoem.
LMGA Spiderman ![]()
Ja, daai hotel is rerig iets besonders! Thesen Eiland wen nie verniet toekennings vir wat hulle daar gedoen het nie met die eiland, strandmeer, toegangsbrue, en veral die oud en nuwe argitektuur nie.
Kyk net hou oulik en uniek is die hotel byvoorbeeld! Daar is ook so 'n mooi ou gebou (met nuwe gebruike nou) waar die gewels lyk soos 'n ronde houtsaag se tande...
Nog so 'n paar oor Thesen's Islands. Daar is 'n totaal van 19 kleiner eilande in die ontwikkeling. Groepies huise is op elke eiland gebou, elk met sy eie jetty. Die waterweë is lekker breed en met laagwater so 1,5m diep. Huispryse daar wissel so vanaf R2,3 miljoen tot so ong. R14 miljoen. 'n Plek waar mens lekker kan loop en droom en jouself sommer net kan verloor.
Nog 'n gedeelte van die Marina.
Een van die groter eilande met "Appartment" op.
Lekker droom, Willempie.
Hy is te koop.
'n Seester in een van die waterweë.
Betonstruktuur van die ou Thesen Hawe nog in sy oorspronglike toestand.
Die ou Thesen Jetty, nog met die oorspronklike ou treinspore. Nou amper heeltemaal weggeroes. Hierdie deel van die eiland behoort aan die staat met die Dept van Omgewingsbewaring, of so iets, se kantore in die agtergrond.
Die waters om die eiland is natuurlik die blyplek van die skaars en bedreigde Knysna Seeperdjies. Ek het die voorreg gehad in 1989 om hulle hier langs en onder hierdie jetty onder die water te besigtig. In daardie jare was daar 'n dubbelverdieping houtgebou op die jetty wat 'n restaurant en die NSRI se kantore gehuisves het en die houtprossesserings-fabrieke was nog in volle produksie. Dit is als afgebreek om die oorspronklike looks van die jetty te herstel met die ontwikkeling van die marina. Die NSRI is verskuif na die Oostelike heads toe en op 'n perseel net langs die restaurant by die wit baken op die rotse waar die Paquita se wrak lê, gehuisves. NSRI, Station 12.
Die laaste drie fotos is geplaar vir hulle fotografiese waarde, WilSur. Mooi nê?
Ja
Ek is in Knysna gebore, het daar opgegroei, skoolgegaan, later die assistent landros op die dorp geword, is daar met my eerste vrou getroud, is 27 jaar later daar met my tweede vrou getroud. Daar waar al die luukshede nou staan was my en my maats se speelplekke toe ons kinders was. Nou is alles net mooie herinneringe. Ag ja!!!!!!!!!!!!
WW, die restaurant se naam was die Tapas. Daar het ons darem gekuier jong.
Vrystater, as jy 'n volle twee weke daar spandeer en elke dag ten minste vir 5-6 ure spandeer om die plek te bekyk, asook die omgewing, kan jy dalk so 3/4 van alles te siene kry. Ek moes elke dag die meisies omry Brenton-strand toe en weer gaan hal. Dit het baie van my tyd in beslag geneem.
Oubaas, ek is seker die naam op die honeymoon-suite sê "pumping station". Hy's reg lang 'n pompstasie geleë.
Andre Beyleveld, my vrou het vir my vir krismis 'n boekie as geskenk gegee wat deur een van die dames wat vir die ontwikkelingsmaatskappy, wat die eiland ontwikkel het, gewerk het. Sy het die hele ontwikkelingsgeskiedenis hierin geboekstaaf.
Ek sal tog môre vir julle die titel en uitgewers hier kom plaas.
Môre plaas ek meer fotos oor die Waterfront, Knoetsie, Plettenbergbaai, Natures Valley en Stormsriviermond.
Wanneer mens in hierdie deel van die land vakansie hou en die omgewing wil verken, moet mens eers vooraf goed jou huiswerk doen. Hier is so baie om te sien en te doen. Mens ry maklik by 'n plek verby wat jy nie eers van weet as jy nie die omgewing ken of jou huiswerk vooraf gedoen het nie. Gelukkig het ek vooerheen al 'n paar keer daar gaan vakansie hou, maar jarre gelede.
Hoop julle het die fotos net so baie soos ek geniet.
Liewe magtag Vreeslike Wilde Willemien, my werk raak agter met al jou mooi fotos, man!!!!!!
Baie mooi. DANKIE.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Hier volg die besonderhede van die boekie oor die ontwikkeling van Thesen Islands Marina Estate, soos bo belowe:
Titel: The Creation of Thesen Islands. Knysna.
Outeur: Wendy Rademeyer. 17 Market St. Knysna. 6571.
Drukkers: Drukkor Printing. 7 Hibernia St. George. 6530.
Dit is ongelukkig die enigste kontakinformasie is die boekie. Ek neem aan mens moet maar vir Wendy 'n briefie pos indien jy belangstel in 'n eksemplaar.
Knysna Waterfront.
Dry Dock Restaurant van binne, aan die regterkant van die hawe. Hoogs aan te bevole.
Uitsig oor die meer en Knysna Yaght Club vanaf Dry Dock.
Knysna Rib. Bespreek plek op die boot wat jou vir ong 3 ure op die meer en see rondvat. Ons het dit nie gedoen nie, maar vir my na groot sports gelyk. Hulle opereer op Knysna, Plet en Stormsriviermond.
Besoek Noetzie-strand met sy kasteelhuise.
.jpg)
Vanaf Knysna volg die N2 na Plettenbergbaai. Ongv. 3 km buite Knysne draai die pad na regs uit. Volg die grondpad tot by 'n publieke parkeerterrein. Stap die ong. 600m met 'n wandelpaadjie en 'n stel steil trappe tot op die strand.
Vervolg. Bietjie woelig hier vandag.
Willem, ek is maar 'n lui mens en het met ons kuier by Noetsie laas jaar geweier om die pad af te loop, dis ver te steil. Die gevolg is ek het afgery en onder gaan stop. Maar dit bly 'n pragtige plek.
Die versoeking het my ook beina oorval, HJB. Besluit toe maar om die notisie by die ingang te respekteer en 'n oefeningkie in te kry.
Vir die mense wat nie die plek ken nie; die opritte van die meeste van die huise is van die strand af. So jy kan slegs by die huis uitkom met 'n 4x4.
HJB, het jy gesien hoe vervalle is daardie boonste kasteel op die draai? Dis die oudste een wat eerste gebou was. Wonner of ek nie daar kan gaan plak nie?
Kom ons ry eers 'n verdere paar draaie in die Knysna-omgewing voordat ons verder uitwyk.
Die drie stigterfamilies van Knysna was die Rex'e(George Rex en sy familie), Thomas Duthie wat later met Caroline Rex, George se dogter getroud is en natuurlik die Thesen-familie. Hulle het oor geslagte oor en weer ondertrou. Die eienares van Woodbourn is 'n dogter van die Duthie-nasate wat weer met een van die Rex-seuns getroud is. Sy het skatryk geërf. Al die ontwikkeling op die Oostelike head is op haar grond gedoen. Die vrou is 72 jare oud, maar lyk soos 52. Die storie loop dat elke keer nadat sy 'n stuk grond aan die dorpsontwikkelaars verkoop het, gaat sy eers vir 'n facelift, he, he, he.
Belvidere Landgoed. Tuiste van Die Duthie-familie.
Ry in die rigting na Moseelbaai. Aad die einde van die karbrug draai jy regs by die Brenton-on-Sea bordjie. Volg die pad bult-op vir so 'n kilometer of wat en jy sal Belvidere Estate se afdraaipad op linkerhand sien.
Die familiekerk op die landgoed wat deur Thomas Duthie gebou is vir 900 pond en in 1855 in gebruik geneem is.
Die familiebegrafplaas langs die kerkie.
Die klok, wat van Engeland verskeep is, het blykbaar van die skip afgeval en in die meer beland waar dit vir 'n geruime tyd gelê het voordat dit herwin is en op sy plek ingebou is.
Kom ons vat nog so 'n paar draaie om Knysna.
Brenton Lake oord was maar leeg gewees.Hierdie fotos is op 18/12 geneem.
Die paar fotos gee jou 'n idee hoe die kampeerterrein lyk. Lyk my as jy daar 'n sonstaanplek wil hê, moet jy lank voor die tyd aansoek doen vir die enkeles wat daar is.
Brenton-on-Sea.
Netnou gaan ry ons so 'n bietjie in die Knysnawoude rond.
Willie, mense wat nognie daar was nie sal nie besef watse pragtige plek dit is nie. As ek so na die fotos en jou stories kyk, lyk dit vir my of jy die omgewing goed ken. Hoeveel keer was julle daar? Ek het die eerste keer met die Tuinroute kennis gemaak so in 1974 en kan die uitbreiding van toe tot nou nie glo nie. Het jy nie 'n mooi foto van die klip by Brenton met sy klomp gate nie?
Die stappery af by Noetzie sal seker werk, maar as mens kans kry om op die strand met 'n kar te speel moet jy dit gebruik....
HJB, Tienertjie het nog 'n klomp fotos op haar rekenaar. Ek weet iemand het die klip afgeneem. Ek sal so mettertyd as ek die fotos uit haar gewurg kan kry kom bylas.
Ek hou al in daardie omgewing vakansie vanaf Desember 1978, maar ek was ook self so 15 jaar laas daar deur.
Hierdie was die sesde keer dat ek in daardie area gaan vakansie hou het. Die plek, veral Plet het ontsettend ontwikkel en het nie meer vir my dieselfde admosfeer as toe ek laas by die Robberg Kampeerterrein(Des 1992) gekamp het nie. Die hele area tussen die Beacon Island Hotel en Robberg is toegebou. Die plek het nou heeltemaal te gekommersialiseerd geraak, maar het seker twee van die lekkerste strande wat mens kan kry.
Die restaurant op die hoofstrand, Moby Dick, maak heerlike seegeregte en die pryse is reg.
Brenton is die naaste swemstrand aan Knysna, wat so bietjie van 'n jammerte is.
Ek het my alie af gelag vir die tieners. Die tweede oggend wat ons daar in Knysna was wil hulle strand toe. Ek vat hulle toe af daar na Coney beach toe. Daar is net rotse met so 'n patchie sand hier en daar tussen die rotse. Dit was Aimee, haar mater, Millie en Wian, 'n seun met wie die twee in die kampeerterrein bevriend geraak het. Toe ons die strand bereik staan die drie so almal saam tjoeps stil. Hoogs teleurgesteld en kom die volgende versoek omtrent so saam uit die drie se monde: " Daddy, kan ons nie na 'n genuin strand toe gaan nie? Jy weet? Een met.......vlaggies op?" Ek dog ek skeur my.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- evert
- Molekule
- Perdeby
- WilleWillemien
- Llewellyn j
- dracoza
- Tazz123
- JC
- Pieter Schultz
- Gert Venter
- PaulS
- Leon Verster
- henniev
- JM
- Christo de Wit
- Spiderman
- Hendrik Craukamp
- Bosgees



.jpg)




.jpg)

Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Rapporteer asb of die fotos nou makliker oopmaak.
Rondawel Gasteplaas. Karoo.