Tuinroete. Desember 2011.
Nuwe forum onderwerpe
Knysna.Oostelike "Head"
Een van die uitsigpunte van bo-op die oostelike kop.
Coney Beach vanaf dieselfde uitkykpunt.
Leer by Coney Beach
Die Grotte. Westelike kop.
Aimee en Millicint poseer vir die foto. Een van die uitkykpunte op die Oostelike kop.
Uitsig oor die Knysna meer vanaf een van die uitkykpunte op die Oostelike kop se wandelpaadjie.
Uitsig oor Knysna vanaf dieselfde wandelpaadjie se Westelike uitkykpunt. Leasure Island is die eiland se naam sigbaar op die foto.
Parkeerterrein en die twee restaurante onder by die Oostelike kop. Altwee die restaurante, weerskante van die parkeerterrein, se kos is uitstekend. Net links van die wit baken op die rotse lê die skeepswrak van die Paquita. 'n Engelse vragskip wat nog met seile geseil het. Die storie loop dat die bemanning al klaar afbetaal was voordat die skip Liverpool se hawe verlaat het in die mid 1800 met 'n vrag steenkool na die Thesenshawe. Nadat die vrag afgelaai is, is die skip vasgeanker onderkant Featherbed op die Westelike kop. Die skip het los gebreek van die ankertoue en die wind het hom op die sandbank laat beland voor Leasure Island. Die bemanning kon daarin slaag om die skip weer in die diep water te kry en is weer op anker geplaas onderkant Featherbed waar hy vir 'n tweede keer losgebreek en op die rotse net onder die wit baken beland het. Stormsterk Suid-weste winde het die skip teen die rotse stukkend geslaan en het toe daar gesink. Die versekeringsmaatskappy wat die skip verseker het, het snif in die neus gekry, 'n ondersoek is geloods en daar is vasgestel dat nie een van die skip se ankertoue gebreek was nie. Die versekeringseis is daarna afgekeur. Vandag is daar nie veel van die wrak oor nie. Ek self het hom in 1989 geduik en toe was daar slegs 'n paar ribbebene oor. Die duikers met wie ek hierdie keer daar gesels het, sê vir my dat daar van die ribbebene ook nie meer veel oor is nie. Die area om die rotse onder die wit baken is schuba-duikplek en snorkelplek. Dit is 'n bewaringsarea en visvang is verbode vanaf daardie rotse.
.jpg)
Staproete vanaf Featherbed Motel op die Westelike kop na die grotte op een van die vorige fotos. Vir R380 ry jy met die Ferry oor na Featherbed. Nuttig daar 'n heerlike ete en stap dan die geskiedkundige roete as jy wil.
Brenton-on-Sea se strand met Buffelsbaai in die agtergrond. Dit is geneem aan die suide kant van die Westelike kop.
Die twee meisies in een van die restaurante op Thesens Eiland waar ons gaan ontbyt nuttig het.
Word vervolg.
Willie
Bedoel jy nie Desember 2011? Die fotos is pragtig. Dit lyk of julle lekker gekuier het.
Yes,yes, Oubaas. Sal volgende keer probeer. Moet net eers oefen. Ek weet WilSur kla oor dieselfde ding. Sal hulle in 'n aparte file stoor en dan kleiner maak.
Dankie Tjailatyd. Ek het geredigeer.
Pragtig WW. Dis een van my gunsteling plekke in ons mooi land.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Perdeby
- evert
- WilleWillemien
- MarkP
- Llewellyn j
- dracoza
- Tazz123
- JC
- Pieter Schultz
- Molekule
- Gert Venter
- PaulS
- Leon Verster
- henniev
- JM
- Christo de Wit
- Spiderman
- Hendrik Craukamp
- Bosgees



.jpg)


Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak
Pragtig. Lyk lekker
Terwyl jy so vlerke op jou kar sit dat alles glad en mooi stabiel loop. al ooit gedink om die fotos kleiner te maak voor jy dit op die forum sit? Ek meen 4meg per foto is bietjie rof as jy die draad probeer oopmaak.