Slang by Rietvlei dam hengeloord

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Na Hennie se fotos oor die mooi Kameelperde het ek besluit om te wys wat seil rond tussen die kampeerplekke by Rietvleidam hengeloord vanmore

John Cooper

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 siessssssssssssssssss

 

 

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

.......my grootste nagmerrie en vrees.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Ou hengel storie.

Die ou hengel maar niks byt nie. Hy besluit om vir Baarber te hengel en soek 'n padda vir aas. Kom toe op 'n slang af wat besig is on 'n padda in te sluk. Hoe nou gemaak om die padda van die slang te vat?  Toe onthou hy sy Klippies en gooi 'n propvol in die slang se bek. Die slang los die padda en seil weg. So 'n halfuur later voel hy iets teen sy been. Toe hy afkyk is dit dieselfde slang met nog 'n padda.

Gee hom 'n dop om te kalmeer.

 

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Ek het 'n Grenskamp in '85 gedoen en die aand met wagstaan op 'n MENEER afgekom. Nodeloos om te se dat die "beat" net daar opgehou het en niemand verder waggestaan het nie. So groot geskrik en aan die slaap geraak en niemand weer wakker gemaak is vir die volgende "beat" nie.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Nee wat, hy sal my nie kan pik nie want daar gaan soveel kamoeflering in en om my broek wees dat hy self sal skrik. Miskein sy gat aflag.

So terloops, ek wonder of die oukies lekker kry as hulle sien ons mensdom skrik vir hulle. Wel, ek glo nie dit is 'n verduiwelste grap nie hoor. LOL

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Ek hoor dat die outjies nogal bedrywig is noudat dit so warm is daar by Rietvlei dam. Die mense moet maar versigtig wees. Dis nie 'n grap as een van daai outjies jou bykom nie

John Cooper

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Jy kan nie eers sê kaalvuis nie want hy het nie eers hande of voete nie ?

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Usain Bolt se moses, ek nael pappa, ek nael. Daai bokke in die park sal dink dis 'n oorvrete cheetah wat hulle bestorm met die spoed wat ek sal behaal. Soek daai outjies nie naby my nie dankie.

Groete.

Mark.

 

Pieter Smit
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 15/05/2011
Inskrywings: 110
Gebruiker van lyn af.
Plek: Aurora

 Daai kamera het seker 1 miljoen zoom gehad....Wyk satan.

Bloukabeljou
Nuweling
Aangesluit: 16/12/2011
Inskrywings: 12
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie

Lyk soos 'n Mosambiekse spoegkobra

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 45 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • dracoza
  • JC
  • Perdeby
  • Llewellyn j
  • Molekule
  • WilleWillemien
  • Gert Venter
  • PaulS
  • Tazz123
  • Leon Verster
  • henniev
  • evert
  • JM
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • Hendrik Craukamp
  • Bosgees
  • Cobus Bester

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.