Perdeby se fotos

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ek blaai minstens eenmaal per week deur my foto argiewe, Hier is n paar wat gisteraand my oog gevang het.

Ek het gewoonlik n idee wat ek in die foto wil sien maar laat dit aan die kamera oor om die foto te neem.

Blom tussendie blomme

Mis by Darling

Yzerfontein se rotse

Biesiesfontein kampplek in die Tankwa Karoo Nasionale Park

Entjie voor Paternoster

Augrabies in vloed

Sonsondergang by Badplaas

Yzerfontein se rotse teen laataand

Sommer n blommetjie

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Baie mooi, Perdeby.

Die foto van die windturbines is vir my regtig besonders. Dit skep die indruk van mensgemaakte tegnologiese ontwikkeling wat die rustige landskapstoneel wil kaap, maar die mistigheid voor en om hulle skep die indruk dat hulle dit nie heeltemaal regkry nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Pragtig met Wijan so deur die glas en die ander ook.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Wilem , Tegnies is daar seker niks reg aan die foto van Wijan nie, tog bly dit een van my gunsteling fotos.

Ek wil graag he n foto moet met my "praat" my laat wonder, ek wil nie weet wat ek sien nie, liewer wonder wat ek sien.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dit is so Johan, die foto is besig en nie duidelik nie maar tog is sy glimlag duidelik sigbaar.

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 Die een van die windturbines is 'n treffer. Ek sou egter die voorgrond uit "gecrop" het om dit meer dramaties te laat lyk.

Die pad voor Paternoster kan jy probeer om meer kontras te kry en dit dan na swart en wit te verander.

Andersins mooi !!!

 


Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ek hou ook van die turbines-foto. (Stem ook saam met J.J. tov die voorgrond).

Uiteindelik gaan dit tog oor die plesier en herinneringe wat fotos mens bied, en nie noodwendig die tegniese aspekte en (sogenaamde) reels nie. Sodra die reels en tegnieke en 'wat dink ander' belangriker as die waarde van die genot om fotos te neem, en te deel en die 'onthou jy' word, is dit nie meer 'n plesier nie. As mens die tegnieke en beginsels ken en gebruik om 'n 'beter' foto te skep, is dit goed. Maar dis beter om die foto te neem...

Dankie vir die deel van hierdie spesiale oomblikke.

Voormalig johannvs

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dankie vir die raad JJ, ek gaan n bietjie eksperimenteer met die fotos.

My gunsteling is die man by die rotse. Die foto wil uit verhouding lyk omdat die man regop staan en die see van links af in die foto wil oorspoel., Dit is nie duidelik of die man na die see of na die kamera kyk nie.

Bo alles lyk dit na n onheilspellende foto met n agressiewe man en die volgende oomblik lyk dit na n geweldig rustige foto.

Terwyl die water tussen die rotse onrustig maal is daar n rustige poeletjie water by die man se voete.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

Ek stem saam met Johan...die herinneringe wat foto's vir jou en jou familie optower is die lekker deel daarvan.

As mens egter jou foto's met vreemdes deel moet mens dit so interessant en mooi moontlik aanbied. Dit kan baie vervelig wees om na iemand anders se  foto's te sit en kyk as daar nie 'n storielyn is nie. Vat nou bv. die foto van die swemmers hierbo...?? Goediglik bedoel, Perdeby. Aan die anderkant laat daai sononder met die motorhome my heimwee kry.

As voorbeeld noem ek 'n trip verslag met foto's by...die foto's is daar om die trip verslag te ondersteun en niemand worry rerig oor hoe goed die foto's is nie.

Andersins wys jy primêr die foto...en dan is dit seker belangrik dat die foto "mooi" moet wees vir die onbekende forum gebruiker.

En as ek dan 'n opmerking maak bedoel ek dit werklik net goed...want almal van ons wat hier by die fotografie afdeling foto's plaas het sekerlik 'n behoefte om vorentoe beter foto's te neem en die stokperdjie te "bemeester".

Dit staan natuurlik enigeen vry om foto's te plaas met 'n "geen kommentaar" versoek daarby.

 


jacquez haywood
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/07/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: Edenvale
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n 2.5 Nissan Navara Dubbel kajuit

Pragtige foto's, Perdeby!

Niks lekkerder as kamp saam met geliefdes

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

"Die een van die windturbines is 'n treffer. Ek sou egter die voorgrond uit "gecrop" het om dit meer dramaties te laat lyk."

JJ, met Prdeby se toestemming?... wil jy nie vir my die foto crop soos jy voorgestel het en hom weer hier plaas nie, sodat ek kan sien watter boodskap hy dan vir my uitstuur.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 WilleWillemien, die foto se formaat hier op die forum is te klein om daaraan te crop. 7.45 kb.

 


WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

O.K. Dankie, hoor.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dankie vir die raad JJ, ek beskou dit nie as kritiek nie..

Ek val maklik in die slaggat van fotos wat slegs vir my waarde het, ek sal moet werk daaraan. dit is moeilik want ek en my honde is nou maar die mooiste.

Willie. Ek sal die oorspronklike foto graag aan enige persoon stuur wat daarmee wil eksperimenteer. vertel my net waarheen en hoe?, ek is meer vertroud met n lei en n griffie as met die rekenaar.. 

 

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5678
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Perdeby. viljoenw@uj.ac.za

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 44 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Molekule
  • dracoza
  • Llewellyn j
  • Gert Venter
  • Perdeby
  • PaulS
  • JC
  • WilleWillemien
  • Tazz123
  • Leon Verster
  • henniev
  • evert
  • JM
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • MarkP
  • Hendrik Craukamp
  • Bosgees
  • Cobus Bester
  • Oscar

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.