Kampeer, wild en fotografie

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Kan Wegslepers asb vir my inligting verskaf van moontlike woonwaparke in Gauteng en Limpopo waar jy rustig kan kamp en ook jou liefde vir fotografie saam kan uitleef.  Verkieslik 'n oord wat darem van die groot 5 het en WAAR JY SELF KAN BESTUUR!!

Om met duur fotografiese toerusting op 'n veldvoertuig te wees, tussen mense en 'n bestuurder wat nie stop as hy moet nie, is frustrerend.

Kan enige persoon my asb help

Johan Steyn. 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Kamp en Fotografie - kan net Johan & Poppie wees?  

Baie welkom hier op die forum en glo dat julle sommer baie inligting gaan kry. 

Ek dink sommer vinnig aan:

Baie geluk ook met die nuwe wa - mag hy net vervelens baie lekker kampe kamp!

 

Groete,

Jacques  (hopelik julle klient een-van-die-dae)


 

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Dankie Jacques,

Ja, reg geraai, dis einste ons.

Die kampe waarvan jy melding maak ken ons almal wel goed en ons het gehoop dat Wegslepers

moontlik na vore sou kom met kampplekke wat minder bekend is.

 

Dankie ook vir die gelukwensing:  Die Swing is in alle opsigte 'n droom.

 

Groete

 

Johan en Poppie Steyn

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Johan

Welkom hier, dis lekker om te sien nog ouens hou van die fotografie ding. ek is ook maar redelik nuut hier en wil ook by die ander manne leer van die lekker plekke net vir 'n naweek

Kortliks, ek is bevoorreg om gereeld na die Olifantsrivier Private Wildreservaat naby Hoedspruit te kan gaan.

Ongelukkig is dit nie oop vir die algemene publiek nie, want dis totale natuurlike behoud van die bos en diere. Daar doen ek die groot 5 ding en ander geliefdes soos die krokodille, arende, seekoeie, slange, skerpioene ens. Daar kan jy ook in die nag uitgaan (wat die Kruger nie toelaat nie) en gaan uile soek en dalk selfs 'n ratel of sivet raakloop.

Hier naby doen ek meer die stap en fietsy in die veld om tot tussen die diere te kan kom vir daai lekker spesiale fotos. Tipiese plekke waar ek al gesit en wag het in die bos totdat die diere om jou kom saamtrek om van die hitte weg te kom is Dube en Mbizi. Dan vergeet hulle van jou en staar nie almal in die kamera se lens in nie. By albei was ons al tussen die kameelperde, impala en koedoes, so 'n paar meter ver.

Die ouens wat nie in die bos ingaan nie, mis so baie, dis rustige battery herlaaityd, in plaas van by die kamp te sit

Geniet dit en laat maar weet as jy iets nuut raakloop wat ek ook kan probeer en dalk fotos uitruil eendag?

Dankie vir daai plekke Jacques, ek moet tog Marakele ook probeer eendag

 

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Dankie Wegbreker, jy maak my lus en gee my niks!!!  (Spreekwoordelik!!)

Sommige mense het die voorreg om by privaatkampe betrokke te wees....en ander nie.

Kamp is een ding, fotografie iets heel anders.  Verheug om te sien dat die forum die behoefte vir fotografie raakgesien het.  Jy kan nie in die natuur wees en dit nie vasvang op kamera nie!

Groete

Ewie
Ou hand
Aangesluit: 23/02/2010
Inskrywings: 151
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp

Hallo Johan

Ek het onlangs by dube gekamp en manne met groot kameras gesien hoofsaaklik birdlovers en het hulle later in die veld gekry waar hulle wild agfeneem het.Ek is n redelike neskierige ou en gaan praat toe met die mense.Daar kom een keer n maand n klomp kamp fotograwe by dube bymekaar en dan dan neem hulle fotos laai die fotos af en dat sit hulle indie lapa en bewonder mekaar se fotos.Ek weet die een ou is n doktor of professor in fotografie.Ek is seker hulle het meer as een uitstappie na verskillende plekke toe.Die info sal jy by dube kan kry.

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Baie dankie Ewie, ek gaan beslis meer hieroor uitvind.

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Johan,

 Welkom hier, moet sê ek het julle La-a-a-anklaas gesien en nie verwag om julle weer hier raak e loop nie

Sê groete vir Poppie en ons sal later weer praat

Groete

 

Danie Pretorius

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Johan

Die fotografie gogga het my ook onlangs gebyt(danksy Johann van Staden wat ook hier op die forum is) en gaan ons toevallig vanaf eerskomende Sondag na Dube en is die kamera en toerusting klaar ingepak. Geniet dit hier op die forum en hoop om heelwat van jou natuurfotos te sien.

Groete

Obie

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Nico, 

Fotografie is van kindwees in my bloed.  Digitaal het egter die dinge kom verander, vergemaklik en in 'n mate gekompliseerd.

Jy is egter nooit te oud om te leer van daai druk van die knoppie nie. En as hy jou eers gevat het is dit verby.  Vroulief het nie daarvan gehou nie want dis te duur, totdat ek maar vir haar ook een gekoop het.  Nou baklei ons oor wie watter lens gaan gebruik!!

Geniet dit.

 

Johan 

HJB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 600
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dis verbasend hoe klein die wereld is, veral om jou hier raak te loop Johan. Maar miskien moet ek nie my mond so groot rek nie, netnou wil jy nie met woorde praat nie maar 'n klip in my rigting slinger...

Hennie

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Hennie,

Ek sal nooit waag om met 'n klip na jou kant toe te gooi nie, bang dit tref daardie duur glas skuifdeure

by jou lapa. Geniet julle nog die lapa?

Gaan dit goed met julle, en met die kampeer en fotografie?   Het self so bietjie byvoegings gemaak (7D, ens).   

Groete tuis

Johan en Poppie

 

HJB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 600
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Johan, daars beslis niks fout met jou geheue nie!! Oor naweke is ek 1 plek op my erf - daai lapa. Vrou en kinders soek my nie eers meer op 'n ander plek as hulle iets te se het nie, en hulle weet ook waar gaan ons eet.

Kampeer en fotografie gaan baie sleg op die oomblik. Die werk is besig om my totaal te oorrompel. Maar ek kla nie - dis beter as om te sit en niks doen en wonder waar volgende maand se pay vandaan gaan kom. Ek het onlangs vir my 'n 18-250mm Sigma lens gekoop. Dis nogal lekker om 1 lens op die kamera te sit wat amper alles kan doen, en dis gerieflik met oorsese trips waar plek en gewig altyd 'n probleem is.

Groete daar ook.

Hennie

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Hennie, ek ervaar dit ook met die Canon 24-105mm L wat ek saam met die 7D gekoop het.  Jy het daardie een lens nodig vir 80% van die werk.  So af en toe kan die lang lense uit die tas kom.  In die verband het ek die Canon 70-200 2.8L Wit lens met 2X omsetter wat heel prettig is.

Met die gesin wat kleiner word by die huis het ons besluit om die Sprite Swing aan te skaf.  Ons geniet die buite-kombuis geweldig.  Dit skakel daardie onnodige verkeer in die woonwa uit.  Verder sleep en verskuif hy maklik, siende dat die ons net twee (ou) mense is! 

Ek het so gehoop dat die ou manne van die Forum my sou oorval met antwoorde op my behoefte, maar ek sien dat ek en Poppie in volgende jaar die tent weer agter in die bakkie gaan gooi en Kghalagadi of Botswana toe gaan.  Ons sleep DV Des af ADDO, Wildernis en Montagu toe. 

Groete

Johan

HJB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 600
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Johan, ek beplan om 9 Des Kgalagadi toe te gaan vir so 6 nagte, en dan 'n wye draai - Kaapstad, Sutherland, Plettenbergbaai en dan huis toe hier by 22 Desember - dis nou as ek nie oorsee moet gaan vir die werk.....

Hennie

J Steyn
Nuweling
Aangesluit: 18/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2011 Sprite Swing met 'n 2006 Isuzu KB 300 Auto of BMW X3

Eish!!!     Kgalagadi in Des!!    Onthou die kragopwekkers gaan 22:00 af .....en die waaiers ook!!!   Julle moet dit geniet en laat daardie 500mm lens van jou bietjie sy kant bring!!!

 

Groete

 

Johan

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 45 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • PaulS
  • Gert Venter
  • dracoza
  • WilleWillemien
  • Perdeby
  • JC
  • Tazz123
  • Leon Verster
  • henniev
  • evert
  • JM
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • MarkP
  • Hendrik Craukamp
  • Bosgees
  • Cobus Bester
  • Oscar
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.