Deel 3: Boats se natuur fotos

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Ewie
Ou hand
Aangesluit: 23/02/2010
Inskrywings: 151
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp

Mooi Boats hulle noem jou nie verniet n boffin nie

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Ek dink nie mens kan nie sê dis pragtig nie!!!! Ek weet dit vat soms geduld en opoffering om sulke fotos te neem, daarom waardeer ek elkeen en sy storie wat hy vertel! Hou so aan, ons laaik!!!!

Groete.

Frans

 

 

 

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Boats,

Soos versoek op FB, hier dan 'n bietjie kommentaar - sommer oor al drie dele.

Oor die algemeen, baie mooi tot uitstekende fotos.

Hier en daar weet ek nie wat die boodskap / storie is wat jy met die foto wil oordra nie, soos daardie geroeste tenks (Koppisol ?). Daar is nie genoeg detail nie, of daar is te veel. Jammer jy kon nie nader aan daardie uil kom nie. Oor die algemeen is daardie fotos te besig, en mens mis 'n weerkaatsing van lig (lewe) in die oë. Party fotos het jy die komposisie baie mooi reggekry met byvoorbeeld die reel van derdes en diagonale lyne, maar op ander het jy die onderwerp in die middel van die foto geplaas. Soms werk dit - veral as daar spesifieke symmetrie is, maar gewoonlik werk dit nie. In sekere fotos is die DoF te vlak wat dan 'n potensieel goeie foto bederf. In ander fotos het jy gesukkel met fokus, waar die fokus op die verkeerde plek is, en dan ook so 'n goeie foto bederf. 'n Paar fotos waar jy 'n by afgeneem het vermoed ek die sluiterspoed was te lank en beweging het die foto effens bederf. Hier en daar sou 'n flits ekstra lig kon verskaf om meer detail uit te bring, en miskien 'n vinniger sluiterspoed waar nodig verskaf. Anders kan jy dalk die ISO ook bietjie opjaag as daar 'n effe tekort aan goeie lig is.

Dis klein dingetjies wat met bietjie oefening en konsentrasie maklik reggestel kan word.

(Dis bietjie krities, maar jy het gevra vir konstruktiewe kirtiek... Hoop dit maak sin vir jou). En onthou, dis maar my subjektiewe opinie vir wat dit werd is ; ander mag dalk / heel waarskynlik anders voel.

Ek het 'n model ontwikkel wat 8 aspekte met 72 faktore gebruik om fotos te evalueer (uiteraard nie almal altyd van toepassing op elke tipe foto nie). Dit maak mens bietjie krities maar dit laat mens ook dink oor die foto. As daar spesifieke fotos - een of twee is - wat jy graag wil dat ek met die model evaluaeer, laat weet gerus ; ek doen dit met plesier.

Maar soos per my inleidende stelling, welgedaan !

Voormalig johannvs

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Jislaaik, baie dankie julle. Johann, ek waardeer vreeslik baie. Thanks man. Ek sal daarop fokus

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • evert
  • Hendrik Craukamp
  • Spiderman
  • Christo de Wit
  • JC
  • Bosgees
  • Tazz123
  • Perdeby
  • Cobus Bester
  • Oscar
  • WilleWillemien
  • Harry Du Randt
  • dracoza
  • Secundant
  • Andries Pretorius
  • jacquez haywood
  • Francois Malan
  • Corriev
  • Benzan

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.