Wegsleep "Nasionale Saamtrek" – 22-27 April 2011

Gesels saam op die WegSleep forum.
WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Julle,

Wel daar is nie juis reaksie nie, toe het ek maar besluit om die kamp vas te maak vir die laaaang naweek wat onder bespreking was.

Op die ander draad het ek gevra vir voorstelle maar julle is maar traag. 

Kan ons GROOT ASB. hier voorstelle kry anders gaan ons vasbrand want dit gaan 'n gewilde tyd wees as die ander eers besef hoe lank die naweek regtig is, miskien moet julle net weer gaan kyk.

Vanderkloof Dam
    van Pretoria - 674km
    van Kathu    - 455 (464)km
    van Paarl     - 786km

Broadwater hert te min staanplekke.

Upington na Paarl      - 914km
                  na Pretoria - 814km (860 oor Potch)
                  na Bloem   - 565km

Ek gebruik Google Maps
http://maps.google.co.za/?utm_campaign=en&utm_medium=ha&utm_source=en-ha-emea-za-bk-gm&utm_term=maps%20south%20africa

 

Met eendag verlof (reeds skool afdag) is daar klaar 6 dae vakansie en as jy jou beplanning vroeg begin (soos ons) vat jy nog 2 dae (sorteer die 2 dae uit met die skool) dan het jy 'n volle 11 dae vir die kamp.  22 April 2011 tot 2 Mei 2011.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Hel Willem, maar dis tegnies. Ek sit links voor as ons gaan.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Flip,

Ek moet iets probeer on die klom wakker te kry.

Wonder hoeveel van daai 45 wat in die Kaap gaan kamp gaan dit maak vir dié saamtrek?

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7426
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Ek wonder ook Willem. Maar waar is die res van die land? Heng, hy is groot en het forumlede regoor die land, nie net in die noorde en suide nie. 

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Ek sal voorkeur gee aan Vanderkloof-dam om die volgende redes:-

(1)  Alhoewel dit ver is, is dit die naaste aan die Kaap van die twee alternatiewes

(2) Dis in 'n interessante gebied waar 'n mens normaalweg nie kom nie

(3) Dis nie te ver van die N12 en N1 nie wat opsies oop laat om verder Noord of Suid te toer

(4) Dit grens aan 'n natuurreservaat

My teenwoordiheid sal bepaal word wanneer die jaarlikse KKNK in 2011 by Oudshoorn gehou word, veral omdat die Paasnaweek baie laat in April is.  Ons woon dit jaarliks by en indien die KKNK in 2011 voor die Paasnaeek is, ry ons sommer vandaar af Vanderkloof-dam toe. Indien die 2011 KKNK oor die Paasnaweek gehou gaan word, sal ek die WegSleep Nasionale saamtrek ongelukkig 'n mis moet gee.

Len

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 742
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dit is nog lank voor die tyd en die see moet nog vol, maar

Die tyd is reg vir my en enige plek sal reg wees vir my 

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2007 Chalenger trailer met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Willem kan ons daar bootry by vanderkloof dam?

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hoop dit help.  Gaan kyk gerus na hulle web http://www.vanderkloofdam.co.za/

Facilities

A caravan park with a relaxed atmosphere amongst green lawns and shady trees offers 42 caravan sites and 10 stands for tents, each with its own power point. There are also 9 luxurious, fully-equipped chalets and 18 rooms availible.The resort is also ideal for organized groups for conferences, family reunions and the like. Day visitors are also welcome to use the braai facilities and slipway for boats.

Eskom Hydroelectric Power Station

Vanderkloof Dam tour into the dam wall and an introductory slide show giving insights into the history and workings of the dam. Visit by appointment. Tel:  053-664-0202

Angling, Water Sports, Boating

The Dam is rich in numerous fish species, such as the small-mouth and large-mouth yellow fish, catfish and carp. Angling is permitted in designated areas at the dam and a valid license is required, obtainable from the Rolfontein Nature Reserve office. Tel: 053-664-0170

Rolfontein Nature Reserve

Rolfontein Nature Reserve established in 1970 is approximately 8 000ha in size and situated next to the town Vanderkloof, on the southern shore of Vanderkloof Dam.

AltenWahl
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Panorama - Wes-Kaap

Willem, ek stem vir Vanderkloof dam vir dieselfde redes as Len.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Alten,

Het jy hierdie terugvoering van Chris gesien oor Vanderkloof ? 

Nou is ons weer aan die soek vir 'n kamp plek.

Vanderkloof – Wat ‘’n Skande.

Ons het op 8 Feb. by Vanderkloof dam aangedoen met die doel om daar te oornag.
Wat ’n teleurstelling.
Die eens trotse lieflike oord is nou vervalle tot ’n punt waar ons nie meer daar sal aandoen nie. Die lieflike grasperke van weleer is dood en verwaarloos tenspyte vd feit dat daar ’n oorvloed water beskikbaar is. Iemand moet net die sproeiers oop draai. Die elektriese aansluitings is lewensgevaarlik, die gloeilampe is almal gesteel, die dames ablusie het geen water nie en die toilette is geblok.
Dis ’n absolute skande dat onbevoegde arrogante mense nog steeds in senior posisies aangestel word en dan toegelaat word om alles wat oor die jare tot stand gebring is, tot gronde te laat gaan.

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Willem

Ons het nie 'n ander keuse as om weer na Gariep-dam te kyk nie.  Daar is geen ander meer sentrale plek wat 'n klomp woonwaens kan akkommodeer nie.  In 2011 is dit 'n buitengewoon langnaweek wat heelwaarskynlik ook binne die skoolvakansie gaan val.  As ons te lank wag, gaan ander instansies die plekke opraap.

Dis 'n baie lekker oord met baie koeltebome en heelwat gras.  Daar is geleentheid vir watersport op die dam, 'n groot swembad, tennisbane en groot oop ruimtes vir kinders om te baljaar.

Om die lus 'n bietjie aan te wakker, hier is 'n foto van ons staanplek by die 2009 saamtrek.

Ek stel dus voor Gariep-dam vir die 22 - 27 April 2011 Nasionale Saamtrek.

Len

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Hier kom die foto wat nou verdwyn het.

Len

AanhegselGrootte
10.1Photo13_13_Small.jpg 78.13 KB
WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Len,

Ek het gladnie 'n probleem met Gariep nie en besef alte goed dat ons vroegtydig sal moet plan maak met die besprekings vir 2011 want dit is 'n lekker lang wegbreek.

Ek sal weer die kalender vir daai tyd plaas (later) en by Zigi hoor of hy nie ook in die tydskrif so bietjie voor die tyd vir ons iets oor die daamtrek wil sê nie.

Is daar enige ander voorstelle julle ander kampers ???

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 742
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Hier is nog twee fotos van die karavaanpark by Gariep.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7426
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Willem

Ek dink nie ons het veel van 'n keuse nie. Ek glo nie die situasie by Vanderkloof is aanvaarbaar vir ons groep nie en sekondeer die ander manne se voorstel vir Gariep. 

 

rascal
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.

 gariep dam kan werk vir my

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Julle,

Hier is die kalender wat ek julle belowe het.  Jy kan dit aflaai en vir jou eie kampe gebruik, ek het die meeste van ons eie informasie verwyder maar die WegSleep kampe gehou.  Hoop julle kan dit gebruik en as daar enigsins iets is om dit te verbeter ASB. e-pos my.

Ek heg weer die 2007 en 2003 weergawe aan, met IE kry ek nie 2007 afgelaai nie maar wel met "Firefox"

AanhegselGrootte
Publieke_en_Skool_Vakansiedae_en_Kampbeplanning_-_WegSleep_-_Excel_2003.xls 87 KB

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Môre Julle,

Dit wil vir my voorkom dat Gariep weer die volgende Nasionale WegSleep Saamtrek plek sal wees.  Ek weet daar is nog so 14 maande oor maar kan ons dit vasmaak vir Gariep?

Ek sal graag met die beplanning wil begin, dit sal julle ook die kans gee om julle verlof roosters opdatum te bring vir daai tyd.

Is GARIEP die andwoord ???

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2007 Chalenger trailer met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Willem dit is reg en dan kan ons nog bootry ook.

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7426
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Gariep is vas by my Willem. Hoop Jan  van Bethulie sal dit weer meemaak. Ons sal maar vra dat Zigi voorbrand maak in WegSleep. 

hannesvn
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2000 Palma met 'n 1999 Hilux 4x4 enkelkajuit

 Gariep is reg.  Net jammer Vanderkloof is in 'n warboel...sou graag daardie deel wou sien. Is daar nie iemand wat hulle bietjie kan oriënteer nie? (Soos een teen die oor dan teen die teer!)

Ek drink gladnie in die week nie. Net naweke....en saans. http://www.freewebs.com/johanneshendrikus/

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Sien julle nou, ek het skoon soos julle op die verkeerde draad die inligting geplaas, hoop ek is nie weer verkeerd nie maar hier is die lys soos hy nou lyk. 

Hoop ons maak die 'n rekork WegSleep saamtrek.

Forum Naam Gesin Van Dorp Provinsie
WilSur Willem & Surette Brits Pretoria Gauteng
hannesvn Hannes van Niekerk Centurion Gauteng
Len Loader Len & Annatjie Loader Brackenfell Wes Kaap
rascal Thys & Hannie Pretorius Pretoria Gauteng
Ski Nico & Claudet Prinsloo Alberton Gauteng
AltenWahl Alten Wahl Panorama Wes Kaap
Ian Laing Ian & Dalene Laing Suider Paarl Wes Kaap
PERDEBY Johan en Marthie van der Merwe Pretoria Gauteng

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Julle,

Kom ek kyk of ek die dokumente in PDF kan aanheg.  Dit is die Saamtrek lys en ook die naweek beplannings lys (As jy een wil hê stuur vir my 'n e-pos)

AanhegselGrootte
WegSleep_Nationale_Saamtrek_Lys_-_2011_-_PDF.pdf 19.78 KB
Publieke_en_Skool_Vakansiedae_en_Kampbeplanning_-_V10.02_-_PDF.pdf 127.35 KB

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Willem.

Jy kan maar vir my en Sarah bysit. Ons sal daar by julle aansluit as ons terugkom van Witsand af. Ek dink dis 'n lekker oorstop op pad terug huis toe.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3907
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Flip,

Ek is bly julle gaan saam met ons kamp, ek hoop die lys hou aan met groei want dan kan ons nogal 'n lekker klomp saam trek.

Miskien moet ek voorlopig 'n klomp staanplekke boek vir die WegSleep Nasionale Saamtrek want ek is regtig bang ons gaan die geleentheid mis wat as die ouens eers besef watse lekker lang naweek daai is gaan almal orals plek soek en dan kan ons dalk net nie genoeg plekke kry nie.

Kom ouens laat die lys groei julle gaan mis.

The Accountant
Ou hand
Aangesluit: 16/02/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

Ek en Ann sal ook graag saamkamp so voeg ons maar voorlopig by.

Life was not meant to be easy!

Christo Retief
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 117
Gebruiker van lyn af.
Plek: Klapmuts

Ek en Rika is ook in vir Gariep boek maar n plekkie Wilsur.

 

 

Stormer Groete

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 198
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

Help die dom kapenaar. !!

Waar is Gariep en hoe ver min of meer van P.E?

As dit nie te ver is nie sal ons ook daar wees.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Ryno T

Gariepdam is net so entjie voor Bloemfontein van jou kant af. Ek dink dit is in die omgewing van 460km van jou af.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Ryno T

Korreksie, Tom Tom sê dit is 490km van jou af.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 198
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

As dit so "naby" is sal ek en vroulief beslis daar wees as dit in die skoolvakansie val.

Wie's aanlyn

Daar is tans 5 gebruikers en 69 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Marlo vd Berg
  • BLACKIE
  • deonhitchcock
  • Wildeboer
  • Gyfie

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.