Kam Bati Saamtrek - 24 tot 26 Sept - Swellendam
Nuwe forum onderwerpe
Ons volgende Saamtrek in die Weskaap is vanaf 24 tot 25 september 2010 te Kam Bati, net buite Swellendam. Ons kan reeds op 23 September inboek
Om die Saamtrek mee te maak.moet julle so gou moontlik die volle bedrag van R300 betaal. maar nie later as 15 Augustus nie. As jou betaling gemaak is, beteken dit jy het 'n staanplek. Daar word net 20 staanplekke teen die spesiale tarief aan ons WegSleep groep beskikbaar gestel.
Let asb daarop dat die Spesiale tarief van toepassing is op 4 persone per staanplek en indien daar meer as 4 persone in jou gesin is, sal die normale fooie soos deur Kam Bati gehef van toepassing wees op die ekstra persoon(e).
Die bankbesonderhede is:
Kam’Bati River Resort
ABSA Swellendam
Rek nommer 4074086094
Takkode 334 813
Die ouens moet net doodseker maak dat hulle die bewys van betaling na Jaco Faks 0866250586 of epos admin@kambati.co.za met hulle voorletters en van op.
Onthou asb dat slegs 20 staanplekke vir WegSleep bespreek is.
Stuur asb ook 'n kopie van jul besprekings na my by eensleep@vodamail.co.za
Bevestigde name reeds ontvang:Let wel - indien nie betaal nie, verval jou bespreking
Ian Laing - Betaal
Aubrey King
Philip Meyer – 2 staanplekke
Christo Sparks - Betaal
Nicky v d Westhuizen - Betaal
Neels Maritz
Johan v d Merwe - Perdeby - Betaal
Derick Koekemoer
Nikky Oosthuizen - WegSleep
Bogenoemde is reeds 10 besprekings met 4 bevestigde betalings
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Aubrey King
- Philip Meyer
- Philip Meyer
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Neels Maritz
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Derick Koekemoer
- Nikky Osthuizen - Wegsleep
- Johan en Mariana v Schalkwyk
BOGENOEMDE IS NOU 11 BESPREKINGS - 4 BEVESTIGDE BETALINGS
NOG 9 PLEKKE BESKIKBAAR
Groete
Aubrey
Daar het nog 2 bevestigings deurgekom.
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Paul Swanepoel - Betaal
- Dirk Smit - Betaal
- Aubrey King
- Philip Meyer
- Philip Meyer
- Neels Maritz
- Derick Koekemoer
- Nikky Oosthuizen - Wegsleep
- Johan en Mariana v Schalkwyk
BOGENOEMDE IS NOU 13 BESPREKINGS - 6 BEVESTIGDE BETALINGS
NOG 7 PLEKKE BESKIKBAAR
Lekker . dit lyk of hier nou gaan lewe hom . Die tyd raak min en ek kan nie meer wag nie.
Ek het nou net op Kam Bati se webwerf gaan kyk na fotos van visse wat daar gevang is. Ek wil ook sulkes gaan vang... wat se aas het n mens nodig vir daardie grotes ??
Ons gaan sommer enige aas probeer, braaipap, mielies, brood ens.
Sien julle daar
Aubrey
Johan (Perdeby) hulle gebruik enige iets wat hulle nie eet nie soos pap ens.

En so groei die lys stelselmatig. Nog besprekings het bygekom.
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Paul Swanepoel - Betaal
- Henry en Carol Mckenzie - betaal
- Dirk Smit - Betaal
- Aubrey King
- Philip Meyer
- Philip Meyer
- Neels Maritz
- Derick Koekemoer
- Nikky Oosthuizen - Wegsleep
- Johan en Mariana v Schalkwyk
- Koos Nieuwoudt
- Rall
- Jan Van Greunen
- Muller
BOGENOEMDE IS NOU 18 BESPREKINGS - 7 BEVESTIGDE BETALINGS
NOG 2 PLEKKE BESKIKBAAR
Julle moet spring en jul name ten minste op die lys kry.
Die mense het nou vinnig wakker geskrik. Kan nie meer wag nie
Aubrey
Nog 'n betaling is bevestig :
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Paul Swanepoel - Betaal
- Henry en Carol Mckenzie - betaal
- Dirk Smit - Betaal
- Aubrey King - Betaal
- Philip Meyer
- Philip Meyer
- Neels Maritz
- Derick Koekemoer
- Nikky Oosthuizen - Wegsleep
- Johan en Mariana v Schalkwyk
- Koos Nieuwoudt
- Rall
- Jan Van Greunen
- Muller
- ?
- ?
Kam Bati het laat weet dat ons naby die Lapa en Ontspanningsaal gaan wees en dat ons almal bymekaar sal wees met sommige staanplekke langs die rivier.
Hulle het ook die toegangspad onlangs herstel.
Van my vriende was al baie daar. Ek dink dit gaan baie lekker wees. Daar is redelik baie om te doen. Almal moet maar iets inpak vir muskiete en insekte. So naby 'n rivier is dit maar altyd 'n bietjie van 'n probleem.
Ons sal maar baie vuurmaak
Aubrey
Ek het vamiddag al n bietjie in die karavaan gaan sit, net om seker te maak wat ek nog als wil verander vir die kamp......my vistrommeltie bietjie deurgekyk ... en weer na die padkaart geloer... nou raak ek kampkoorsig.
Ons gaan geluukig nog eerskomende langnaweek bietjie KNP toe en n familiekamp op my swaer se plaas die eerste naweek in September... dit behoort die koors in bedwang te hou tot die einde September vir die GROOT Kam Bati kamp.
Nou begin alles in plek val. My karevaan is reg en sal die naweek die goeitjies begin pak. Het darem een kamp voor KamBati om alles reg te kry. Miskien verras ek julle en kom met my nuwe karevaan. Hang net af hoe vinnig ek my quads verkoop kry. Kan nou nie meer wag nie. Miskien moet ons 'n visvang kompetisie reel vir die naweek, om almal 'n kans te gee om die rivier te geniet as die water te koud is.
Ek gaan die langnaweek Onrus toe net om my nuwe wa uit te skud. Ysterfontein was ons laaste kamp. Skoon uitgehonger.
Nog 'n betaling is bevestig :
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Paul Swanepoel - Betaal
- Henry en Carol Mckenzie - betaal
- Dirk Smit - Betaal
- Aubrey King - Betaal
- Philip Meyer - Betaal
- Philip Meyer - Betaal
- Neels Maritz
- Derick Koekemoer
- Nikky Oosthuizen - Wegsleep
- Johan en Mariana v Schalkwyk
- Koos Nieuwoudt
- Rall
- Jan Van Greunen
- Muller
- ?
- ?
Ek sien die kampkoors het almal behoorlik beet. Nuwe waens, herboude waens, nuwe gesigte, ou gesigte.... Mmmm lekker vooruitsigte.
'n Visvangkomtetisie so tussen die res van die naweek se gebeure kan net lekker wees.
Nou ja wat kana ek se!!! na lang gesukkel, moedeloos, handoek ingooi, weer probeer IS ONS WEER EINDELIK GECONNECT!!! Ons gaan defnitief saam, klaar verlof gereel nou tel ons net die ure af!
sien julle daar!!
Johan & Mariana
Ek dink 'n visvang kompetisie is 'n wonderlike idee dit kan net baie lekker raak![]()
Groete
Nicky(HAAI)
Ek hou ook van die visvang kompetisie idee.....ons moet net n prys vir die kleinste vissie ook kry, dan staan ek ook n kans om n prys te wen.
Jy kan dardie een kry, ek deps die een vir geen vis vang nie. Ek sal verseker daai een wen.
Die enigste vereiste hier is dat jy wel probeer het. O ja, en dat jy 'n hoek met aas op het. Daar is mos die storie van die ouens wat gaan lyn natmaak het. Niks gevang nie want het net sinkers op die lyn gehad.
Ek dink ons moet vir die kleinste, grootste, meeste en natuurlik die OU HOUTLEPEL een(geen vis) by die een uithaal. Ek sal kyk of ek so 1 of 2 pryse kan bymekaarmaak as julle ouens nie omgee nie. Ons moet net presies weet hoeveel gaan deelneem wil nie ''drie'' kry en dan is ons net 3 nie. Sal julle omgee as ek dit reel vir ons vir daai naweek?
Groete
Nicky(HAAI)
Nicky, gaan voort. Nou moet jul hengelaars net laat weet wie almal hul stokke gaan saambring sodat ons 'n aanduiding van die belangstelling kan kry. 'n Besemstok met lyn, hoek en sinker sal ook kwalifiseer as visstok.
Ek sal Heksie se besem moet inspan, want ek besit geen visstok nie.
Ek is defnitief in. Ek het hoeka jare laas enige vis in die see gevang. Ek dink dit sal makliker wees as in die see. Geen rotse om aan vas te sit, geen branders. Hier gooi jy net jou lyn in en los hom.
Johan Van Schalkwyk sal ook sy stok neem
Groete
Aubrey
Baie dankie julle dit gaan lekker wees die ander moet my asseblief so spoedig moontlik laat weet sodat ons dinge in plek kan kry.
Groete
Nicky(HAAI)
Die lys is byna vol.
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Paul Swanepoel - Betaal
- Henry en Carol Mckenzie - betaal
- Dirk Smit - Betaal
- Aubrey King - Betaal
- Philip Meyer - Betaal
- Philip Meyer - Betaal
- Neels Maritz
- Derick Koekemoer
- Nikky Oosthuizen - Wegsleep
- Johan en Mariana v Schalkwyk
- Koos Nieuwoudt
- Rall
- Jan Van Greunen
- Muller
- Johan Laing
- ?
Die hengelkompetisie is ook besig om spoed op te tel.
Hi Ian
Kan jy vir my nog 'n plek boek vir Japie Coetzee. Hulle was ook saam met ons by Yzerfontein. Ek sal sorg dat hy registreer as 'n forumiet.
Groete
Aubrey
Ek wag vir kennisgewings van betalings. Daar is reeds 'n waglys.
Die belangstelling in die visjag kompetisie is reeds baie goed. Die pryse is reeds geborg vir die eerste 3 plekke, maar ons soek nog troospryse ook.
Hallo Ian ek het reeds een troosprys maar min mense wil dit graag he. Maar ek dink ons moet katagoriee skep dink daaroor en laat my weet op vissports alle insae is welkom.
Groete
Nicky(HAAI)
Die lys is vol rn daar is reeds 'n waglys
Die lys lyk nou so:
- Ian Laing - Betaal
- Christo Sparks - Betaal
- Nicky vd Westhuizen - Betaal
- Johan vd Merwe ( Perdeby ) - Betaal
- Paul Swanepoel - Betaal
- Henry en Carol Mckenzie - betaal
- Dirk Smit - Betaal
- Aubrey King - Betaal
- Philip Meyer - Betaal
- Philip Meyer - Betaal
- Neels Maritz
- Derick Koekemoer
- Nikky Oosthuizen - Wegsleep - Betaal
- Johan en Mariana v Schalkwyk
- Koos Nieuwoudt
- Rall
- Jan Van Greunen
- Muller
- Johan Laing
- Japie Coetzee
Hi almal
Ek het vir Jaco 'n mail gestuur oor ons naweek daar by hulle. Ek wou net seker maak oor 'n paar dingetjies voor die tyd. Ek is seker van die ander sal moontlik van die selfde vrae he.
Ian het mos vir ons 'n spesiale groep tarief van R300 vir die naweek gekry. Dit sluit die eerste 4 persone in. Ek het vir uitklaring gevra oor kleuters ,hoeveelheid tente ens. Sy antwoorde was.
Vir persone oor die eerste 4 is dit R100 per nag per persoon, R50 vir kinders under 18 en verniet vir onder 3 jariges. Ons mag meer as een tent opslaan maar asb net een gesin per staanplek. Dus is twee partjies op 'n staanplek uit.
laastens wou ek weet hoe vol die kamp is want ek het verskeie vriende wie nie op die forum is nie wat wil saamgaan. Ek wou weet of daar staanplekke relatief naby aan ons groep is wat beskikbaar sal wees vir hulle. Omdat ons eie staanplekke beperk is wil ek nie ons groepgespreking volmaak met ouens wat nie op die forum is nie. Hulle sal vir hulself moet bespreek en die normale tariewe betaal. Jaco se antwoord was :
"Ek gaan nog 5 staanplekke oopstel vir die wegsleep groep. Ons kan dit net dan met Ian opvat maar dink nie dit behoort probleem te wees indien hulle saam met jull groep staan nie?"
So as die nodigheid bestaan lyk dit of ons nog 5 staanplekke kan kry. Ian ek wil nou nie inmeng met jou reelings nie. Kan jy dit verder voer met Jaco ?
Watter pad gaan julle vat na Kam'Bati?
Ek het die naweek op Onrus gekamp. Dis 106km gewees en die trippie soontoe het my 2 ure geneem. Hoofsaaklik as gevolg van die gewoonlike Somerset Wes situasie en ook 'n padblokade net na Houwhoek. Gelukkig het ek gister met die terugkom Bettiesbaai oor gery. Die mense wat saam met ons daar was het die N2 gery en na 2 ure was hulle nog tussen Grabouw en Somerset Wes.
Na afleiding hiervan het ek besluit ek gaan vanaf Durbanville die pad vat oor Worcester/Roberstson dan Bonnievale en van Bonnievale oor na die N2 toe. Die afstand is 205km. Daar is min steiltes en ek het al voorheen so gery. Die pad is ook in 'n goeie toestand.
Net om te vergelyk het ek die ander roetes ook met my mapset probeer.
As jy oor Worcester deurry na Swellendam en dan terugdraai op die N2 na Kambati is dit 238km. 'n Mooi roete maar die langste.
Oor Somerset Wes en reguit op met die N2 is 200km. Die kortste maar padwerke en verkeer maak dit onplesierig.
Oor Franshoek na die N2 is ook 205 km. Die roete het egter redelike steil stukke wat sleep moeilik maak. Dis natuurlik 'n pragtige stuk pad. Ek het in April so oor gesleep na Vloedbos toe.
Daar is hy. My stukkie gemeenskapsdiens vir die dag.
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Johan Coetsee
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- Gypsey King
- chris dupreez
- Eddie Laing











Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton
Hi Ian
Johan en Mariana Van Schalkwyk wil ook gaan. Hulle sukkel die afgelope tyd om op die forum te kommunikeer. Het blykbaar password vergeet.
Groete
Aubrey