Wat het van ZET geword??
Nuwe forum onderwerpe
Wonner hoekom Zet so stil is?!
Hy's seker weer besig met kattekwaad, NE?
Sal ons hom gaan soek?
...
..
..
..
..
"ZET!!"
..
..
..
..
..
..
"ZET!!"
..
..
..
..
..
"ZET!!"
..
..
..
..
..
..
"ZET!!"
..
..
..
..
..
..
"ZET!! ZET!!”…
..
..
...
..
"ZET!!"
”AGGE NEE MY FLIP ZET!! “

Ek dink ZET & ALF was saam op 'n jol.....
ALF het vir ZET drank gevoer.....
Kyk, hy het nog sy rooi Lions skoentjies aan. Seker hulle wen oor die WP te erg gevier.
hee hee
Die regte ZET is oorlede en Zettie bly in Bethlehem sou julle regtig wou weet
Sjoe ou Skippie, hoe bring jy nou kleintydherinneringe terug.....
Ek het vasgenael voor die TV gesit en ZET kyk en selfs gekyk of ZET nie dalk in ons huis wegruip wanneer hy so weggeraak het en die tannie hom gesoek het nie.
Ek het gehoor Zet is gevang met dagga - nou ken hulle haar net as ZOL!
Vetseun jy was reg, dit was Alf wat vir Zet so stout geleer het......

Hel mense.........ek het gewonner of die DRAAD enige reaksie sou uitlok, maar magtig .........julle is kreatief en kan nog goed onthou!!
Ek moes in my dae vir Zet EN Kassimier namaak vir 'n fale om my twee kinders besig te hou!!
Kom gooi nog stories asb mense.......lekker om te hoor mense ken nog die karakters!!
Ek het nie een van die nuus berigte van Haas Das se nuus kas gemis nie. Die muis het maar altyd vir hom gekry as 'n berig laat was.
Hier volg die weer: Dit sal bewolk wees en reën waar die son nie skyn nie. Die son sal skyn waar daar nie reën val nie.
Skoert muis skoert! ! ! ! !
Mense ons moet ook nie van Knersus vergeet wat altyd haasbredie wou maak met ou Oscar nie.
Sy verkeie tande het altyd op 'n lyn gehang waar hy bly.
Wie kan vir Sol en Gobley onthou. Die 2 narre een dom en een slim.
"WHAA Gobley WHAAA"
Ek kan Knerses net so bietjie onthou. Ek was so klein bietjie jonk gewees toe hy en Haas Das gewys het.
Wie kan vir Sol en Gobley onthou. Die 2 narre een dom en een slim.
"WHAA Gobley WHAAA"
Leon ek onthou hulle goed dit was een van my top programe
Ek kan Knerses net so bietjie onthou. Ek was so klein bietjie jonk gewees toe hy en Haas Das gewys het.
Jislaaaaiiiiik, Knersis was ook excellent gewees !!
Knersis : "Waar's my tanne?"
Oscar : "Ag nee knersis man, moenie my opeet nie......"
Onthou julle ook nog vir Buck Rogers, Man van Staal, Interster en Morph (die klei-mannetjie) ?
Bidi Bidi bidi Buck hiers nou groot K@&. Erin Gray was nog die aktrise wat saam met hom gespeel het. Wonder waars die nou deesdae.
Skippie, amper dog ek Erika my vrou het kontak met jou gemaak.
So tussen ons. Die gesin noem my ZET as ek in een van my moan & groan buie is. Praat baie en lawaai met almal hehehehehe
Onthou julle nog vir Rooi en Blou, die twee klei bolle
Mense, julle bring nou goeie herhinneringe terug. Wat van Tierbrigade, Mirage, Arsene Lupin, Butler Parker, New Avengers, La Linea (die lyntjie mannetjie wat so lekker kwaad kon word), Alpha 1999 ?
Uittreksels uit baie van die programme is op Youtube beskikbaar. 
Ek het die lyntjie knaap gelaaik.
As daar nou 'n verhaal was wat ek nie gemis het nie was dit "Angelique". Kyk daai girl het baie manna se bene lam gehad. Praat nou die dag daaroor met my vrou, kom ek toe agter dat die vrouens se knieë lam was oor ou "Geofrey van Parack" haar man.
Einste Leon. PM my jou epos adres dan stuur ek vir jou die temalied se video clip 
Kan julle vir "Chips" onthou. hulle was die 2 motorbike cops gewees. Dis baie lank terug...
Onthou hulle goed Jaco. Punch & John was hulle name in die storie as ek reg onthou.
Wie onthou nog Airwolf?
Ek het 'n skoonseun wat al die reekse op DVD het Airwolf, Chips, Knersus, Liewe Heksie, noem dit, hy het dit! Hy spandeer klomp geld elke maand om sy versameling van oorspronklike DVD's uit te brei. Volgens hom het hy so 1 350 DVD's en so 30 verskillende stelle Lego blokkies!
Ek weet nie wanneer hy gaan groot raak nie, hy is al 36 maar soos hy sê, hy drink nie 'n druppel nie, so hy spandeer sy drinkgeld aan DVD's en Lego.
Ek het die Gummy bears ook verslaaf gevolg, en ook Magnum (Tom Sellect)
Ek het onlangs besef dat die stories wat ek gekyk het toe ek jonger was eerder nie weer gekyk moet word nie. Want meeste daarvan was uiters "corny". Ek sal maar eerder vasklou aan die soete herhinneringe en hoe "awesome" dit in my kop is! 
Wie kan Meisie van Avignon , Slampampersirkus, Beste Proffesor, Quincy, Pippie Langkous, Emile onthou
Hardcastle & McCormick, Man van Staal, The Saint ?
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- sakkie mynhardt
- Big G
- thysvt
- Eddie Laing
- Kobus K
- Gypsey King
- Johan K
- Kobus Snyman
- chris dupreez
- BenA
- RSS
- Andries
- Theo Red
- BB




'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.





.jpg)




.jpg)




GO ZET!!!
2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)