Vrywaring!!!

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1350
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Ek is nou ernstig!!

Ek is nog maar nuut hier ... so vergif my as ek op iemand se eelt trap!!!

Lyk my hier's 'n paar ouens op die Forum wat ernstiger oor die lewe is as ek. Ek wil net graag aan almal seg dat ek somtyds die pot gaan ROER ... aanvaar asseblief dat ek dit  "tong in die kies" doen ... as ek dit ernstig bedoel sal ek seg: "Ek is nou ernstig!"

Ek aanvaar dat almal wat MY potjie roer dit in dieselfde gees sal doen!!!

 

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

So genoteer. Sal in ons pasoppens wees.



 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Footloose,

Nee wat, by my is dit reg. Die manier wat jy dit stel soos by die "Donkerkamer" vir my, was op 'n goeie manier gestel so, dat mens nie aanstoot kan neem nie. Ek dink dit is goed om iemand vinnig reg te help of te kalmeer, voordat dit 'n nagmerry word op die forum.

Wat van jou as 'n moderator?

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Tobie d w
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/06/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda

Roer maar, net nie persoonlik raak nie. Onthou elke persoon is geregtig op siening.

Speel die bal, nie die persoon nie.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Footloose,

Kom saam Gariep toe dan kan ons om die vuur daaroor gesels !!!

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

 Hi Footloose,

Daar is 'n groot verskil tussen die "pot roer" soos jy dit stel en die "stirr" waarna ek al verwys het.

Jaaaa puriste - dit behoort in woordeboeke dieselfde te wees maar daai tweede een is wanneer jy 'n moedswillige aanmerking maak om  spesifieke reaksie van iemand te ontlok, meestal negatief.

Daar is spesialiste daarin, maar 'n goedige gespot het nog niemand sy speelgoed uit die bed laat gooi nie.

Doet so voort - hier is genoeg van ons wat 'n joke kan vat sonder om soos pakhonde op 'n indiwidu toe te sak.

 


WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Roer hom Footloose. Daar is niks beter as goeie humor nie. Dit hou 'n ou jonk.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Footlose, geen probleem van my kant af nie - kan 'n grap vat en ook maak.

Arie

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Footloose............jy praat in elk geval so baie...........gaan maar voort ou maat!

En ek's nou ernstig!  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Jy kan maar roer soos jy lus het, Footlose. (Nie dat jy tot dusver juis enige ernstige skokke veroorsaak het nie!) Ek is maar 'n ou vir vrede en as daar sulke goeters gesê word, maak ek net die draad toe en gaan lees op 'n ander draad. As iemand aanhoudend "stir" soos die bekende hier rond, slaan ek later sommer net sy plasings oor. Weier om ge-"stir" te word!

 

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

FOOTLOOSE

DIT IS NIE AANVAARBAAR NIE HOU DADELIK OOP MET JOU STREKE!!!!!!!!!!

 

 

En ek's is nie nou ernstig nie !

ha ha

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Live well, Laugh often and Love much!!!!!

  

 

 

 Goeiewense - Pieter

   

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1350
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Ek probeer maar net voorsorg tref vir as een van julle ouens my dalk wil DAGVAAR vir die baie praat ... !!

As dinge te ernstig raak gaan ek na die "lag 'n slag" draad ... giggle vir ure daarna nog vir party van die insette!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 41 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Andries Pretorius
  • Secundant
  • Corriev
  • WilleWillemien
  • Tazz123
  • Francois Malan
  • Cobus Bester
  • dracoza
  • jacquez haywood
  • evert
  • JC
  • Benzan
  • Harry Du Randt
  • PaulS
  • deonhitchcock
  • Pieter Schultz
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • Mufasa
  • Frikadel
  • EGO

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.