So kamp ons in die Bosveld - WegSleep-styl
Nuwe forum onderwerpe
EK het nou al twee keer probeer om 'n paar fotos van ons naweek-kamp by Klein Sambane te plaas, en elke keer nadat ek 'n klomp inligting en fotos gelaai het, blaas die werf op en ek verloor alles. Nou gaan ek maar een foto op 'n slag laai en hoop dit werk...
Ons kamp nie sonder WegSleep nie...
.jpg)
Bosveld-boma vuurtjie - net reg vir die groot kuier...
.jpg)
Die Bosveld is nie die bosveld sonder sy trotse inwoners nie...

lekker in die bosveld
Baaie lekkerder as 'n Shark innie see!! Hier is nog 'n inwoner wat mak daar rond geloop het.

Hier in die Bosveld word 'n nuwe modegier vir die buitelug-kok wat alles het, geskep... of is dit dalk eerder, ge-SKIPPIE ?
Hier is die hoof-kok aktief aan diens...

...en een van die resultate van die hoof-kok se meesterwerke...

...en die varkies was ook besig...

Sondela
Sommer so in die ry.....
Jislaaik ouens dit lyk darem verskriklik lekker hoe graag wil ek sommer nou haak en laat waai!!!
Groete
Nicky(HAAI)
Hier is my paar foto's van die lekker kamp
Die lekker kampvuurtjie
(1).jpg)
Dink julle regtig Jan het koffie in daardie beker? Ek wonder maar net.
.jpg)
Pieter en Mariette...aldus Skippie wat die uitstaande kok is
.jpg)
Dit is soos ons gestaan het in 'n halwe sirkel voor die lapa. Van links is dit oom Jorrie, Skippie, Jan van Graan, Johannvs. Wimpie en ons.
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Ek het eintlik fouteer met die foto's. Ek moes eintlik by elke woonwa die gesin afgeneem het, maar ander dinge het my nie sover laat dink nie.
Ryno
Mooi fotos Ryno. Jy kom nou goed reg... 
Mens dink nie altyd aan hoe en wat jy behoort af te neem nie, en later is mens spyt. Dit kom my gereeld oor... dan is die geleentheid vir altyd verby.
MAGGIES MANNE...................Ek het sommer lus en hak en gaan terug as ek weer so na al die foto's kyk!!
Dankie vir al julle mooi foto's - julle het my gesteel met daai voorskoot wat so hang!!! Maar ek weet wie's die skuldige.............anti Poppie het weer gestirrr!!!
Man dit lyk so of julle vet pret gehad het. Hoop ek en Lol kan ook 'n volgende keer saam wees.
Ag ou Peet, ons sal jou moet onthou volgende keer.
Die kamp was koning - lekker rustig soos jy kan sien op die volgende foto's.
Een van die watervoels wat ons by die dammetjie gekry het
.jpg)
Anti Poppie wat mal is oor Noddy - die naweek se 2 X 4 vir wild kyk - Johann se eiendom.

'n Vuur word net eenkeer aangesteek en jy hou hom aan die gang tot jy vertrek! Ek besig om te stook!

Dan het ons nog 'n surprise verjaarsdag ook gehad - Wimpy het 45 geword en hy het lekker koek en Gemmerbier gehad om dit te vier!!

Jislaaik ouens nou maak julle 'n man regtig lus gaan die naweek kamp al is dit in 'n ander man se agterplaas. Mooi foto's maak gerus weer so.
Groete
Nicky(HAAI)
Dube net na sons ondergang.
En Dube vroeg oggend
.jpg)
En Dube se mooigeit.
Leon..........daai vuurtjie sê alles......dis kamptyd en dis moer lekker!!
Hier is nog van ons foto's:
Ons het ons eie musikant ook gehad, Jorrie en hy kan lekker kitaar tokkel en bekvluitjie speel! Dis 'n fees om hom by 'n kamp te hê.

Die vuurtjie moet natuurlik ook aan die gang gehou word.

Anti Poppie wat lekker ontspan voor ons wa.

Ryno kry eers 'n sigaretjie aan die gang terwyl die koffie water kook - kan julle Tentpen se 'Piet-fluit' kannetjie sien daar op die muur?

Lyk my julle het omtrent lekker gekuier - Johann kon jy toe uitvind of daar wel koffie in OJ se beker was?
Dankie dat julle die foto's met ons deel - sal so maak met on Kam Bati kamp...
Dit is die idee Minora...........dit is mos meer van pas om die geleentheid te deel met foto's sodat almal 'n mooi prentjie kan he van al die pret!
Ek en jy moet nog praat oor hoe om jou naam op die foto's te kry - laat weet as jy reg is vir my asb Minora?
Hallo Johann.............hallo Ryno.................hoe verlang ek nou na laas naweek manne en as ek so kyk na wie aanlyn is, smaak dit my julle verlang ook want op die tydstip was dit net ons gewees!!
Daar is tans 3 gebruikers en 84 gaste aanlyn.
Johann, Mariette vra wanneer plaas jy vir ons die groepfoto, sy wil ook graag een he?
Lyk my julle het omtrent lekker gekuier - Johann kon jy toe uitvind of daar wel koffie in OJ se beker was?
Dankie dat julle die foto's met ons deel - sal so maak met on Kam Bati kamp...
Minora, ek het GEEN twyfel dat daar NET suiwer koffie in OJ se beker is nie...
Hallo Johann.............hallo Ryno.................hoe verlang ek nou na laas naweek manne en as ek so kyk na wie aanlyn is, smaak dit my julle verlang ook want op die tydstip was dit net ons gewees!!
Daar is tans 3 gebruikers en 84 gaste aanlyn.
Johann, Mariette vra wanneer plaas jy vir ons die groepfoto, sy wil ook graag een he?
Binnekort, Skippie - ek sukkel net om OJ en TL ook op die foto te kry met my sagteware. Spoeg-en-plak werk nie so lekker nie...
Maar, beide fotos is baie mooi ; ek dink die wag sal die moeite werd wees... 
Johann, baie dankie.
Onthou asb. dat ek graag foto's by jou wil kry want ons het die naweek niks geneem nie. Ek gaan Saterdag by Ryno ook probeer kry.
Groete vir die wat vra.
Jan
Soos belowe, hier is my poging om al die Klein Sambane op een foto te kry.

Oom Jan (ToerMoer), Tannie Louise, Chico (al drie op inlas links).
Dan v.l.n.r Chantè, Wimpie (TentPen), Pieter (Skippie), Jorrie, Hendrik en Ryno. Middelry Annatjie, Mariette, Marthie en Anita.
Heelvoor Alwyn en Johann (johannvs).
Om reg te laat geskied aan oom Jan (Toermoer) en Tannie Louise (en Chico), hier is hulle ook...

Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Johan Coetsee
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- Gypsey King
- chris dupreez
- Eddie Laing
- BenA
- Corné Wagemaker











.jpg)



Oom Bossie van die Bosveld se pomp ?
Voormalig johannvs