S14: Wie gaan dit wees?

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Dag almal,

My vrou sug alweer want die Super 14 het vandag begin.  Ek weet die manne kan mekaar lekker gasgee so kom ons hoor: Wie van die SA spanne gaan dit die jaar doen?

Ek dink die Bulls natuurlik.  Die ander?.........wel die Stormers lyk of hulle lus is vir speel die jaar.  Die leeus brul weer hard (lees: hou ons dop die jaar!) maar daar sal soos gewoontlik niks van kom nie.  Die Cheethas moet ook net hulle Curriebeker se (amper) sukses kan oordra na die Super 14 maar ek weet nie hoe gaan hulle dit regkry nie - ek dink ook nie hulle weet nie!

Nou ja dis almal.......................ou ja die Ghupies maar met hul gespartel in die vlak water weet ek nie regtig of hulle dit kan maak nie.....

 Laat ons bietjie hoor.........

Groetnis

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek luister vroeer die week na 'n onderhoud met Victor Matfield op radio. Toe hy begin praat was dit gewees oor hoeveel druk op op hulle gaan wees, en ek kan nie wag vir die eerste ondersteuner praatjies van "Almal is teen die Bulle"

2010 is 'n nuwe jaar en ek kan maar net hoop dat ons mooi rugby gaan sien. Ek hoop dat sportmasnskap gees onder ondersteuners beter gaan word en dat ons minder slegte verloorders daar buite gaan hê. Verder hoop ek vir mooi skoon rugby.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Cheetah,

Oooooops

Raymond Kruger
Nuweling
Aangesluit: 13/02/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Wel manne, as ek net gestraand na die Bulle se game gekyk het is daar geen twyfel dat die Super 14 in Loftus hoort nie.  Moet sê dat ek sien nogal uit na die Lions en Stormers game vandag en self om te sien wat kan die Sharks maak teen die Brumbies.

 

Al wat ek rerig wou sê....

 

Ek skreeu nie WP nie, ek bly `n bul!

Raymond Kruger
Nuweling
Aangesluit: 13/02/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Wel manne, as ek net gestraand na die Bulle se game gekyk het is daar geen twyfel dat die Super 14 in Loftus hoort nie.  Moet sê dat ek sien nogal uit na die Lions en Stormers game vandag en self om te sien wat kan die Sharks maak teen die Brumbies.

 

Al wat ek rerig wou sê....

 

Ek skreeu nie WP nie, ek bly `n bul!

Mona
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2419
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ermelo
Ek sleep 'n '94 Sprite Super Sport met 'n 2010 voor die "face lift" Toyota Corolla 1.6

Ek, is 'n Leeu ondersteuner en is trots daarop, nie op die manier wat die Leeus rugby speel nie, maar dit is 'n heel ander saak of is hulle alweer besig om aan 'n nuwe span te bou???????

Ek hoop dat daar so 3 van die SA spanne in die semi finaal sal wees of droom ek nou net weer?

 

Morné

Earth laughs in flowers

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Morne ek dink twee spanne is meer realisties:  Bulls A  en  Bulls B.
Ek dink die twee spanne gaan ook in die finaal op Loftus speel!

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Nou ja, die eerste rondte is verby en die scorebord het gepraat. Hier is my mening oor die games wat ek gesien het:

 

Bulls vs Cheetas

Baie goeie game. die Bulls was verseker die beter span op die veld. In dieselfde asem wil ek egter ook sê dat ek glad nie teleurgesteld is in die game wat my span gespeel het nie. Ek dinkk die Cheetahs het glad nie 'n slegte game gespeel inag genome die feit dat hulle soos baie ander jare weer van voor af moet span bou omdat ryk unies nie hulle pote van spelers kan afhou nie, en eerder ander klaar gevormde spelers koopas om hulle eie talent te vorm. Ongelukkig het geld nou mos maar Rugby se baas geword. Ewen eens, as die die Cheetahs teen enige ander plaaslike span gespeel het sou hulle verseker hulle 4 of dalk nog 5 punte op die bord kon hê. Hulle het verseker baie afrondingswerk om te doen , maar ek dink hulle is op die regte pad. Geluk aan die Bulls met hulle oorwinning. In my opinie is dit 'n groot pluspunt en voordeel om met 14  uit 15 spelers in jou begin 15 te speel waarmee hulle die vorige seisoen afgeindig het. Dit maak hulle voorbereiding soveel makliker. hulle het  reeds 'n gevesdigde spel patroon wat defnitief werk, en van uit die staanspoor het hulle 'n groot voordeel bo enige ander plaaslike span.

 

Leeus vs Stormers

Ek was nie vreeslik impressed met een van die twee spanne se spel nie. Die Stromers het die eerste helfte hulle ste,pel op die game afgedruk en die tweede helfde gespeel asof hlle klaar geweet het dat hulle die game gaan wen. Hulle gebrek om enigsins punte in die tweede helfde aan te teken is 'n duidelike bewys daarvan. Die leeus was die eerste helfde non existant gewees, en die tweede helfde het dit farem gelyk asof hulle so bietjie wil speel. Wat my egter baie bekommerd maak is die algemene balvaardighied van die leeus. Dis kompleet asof hulle bang was vir die bal. Elke 2de pass word die ball laat val of aangeslaan

 

Ek het ongelukkig geen van die ander games gesien nie.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
rascal
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.

 kan ma net die bulls wees

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Dit is nog heeltemal te vroeg om sulke aannames te maak. Ek sal beter voorspellings kan maak teen die einde van die eertse ronde, wanneer almal eenkeer teen almal gespeel het.

Verlede jaar het die manne ook al baie vroeg begin bespiegel oor wie gaan waar eindig en toe gebeur daar 'n paar verrassings wat die wind uit baie ouens se seile geneem het.

Groete

 

Hans.

Janwillem
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 466
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pinetown

Sal maar sien wat van my span gaan word dit is nog baie vroeg in die seisoen, laasjaar het die sharks soos blits uit die peilvlak gevlieg net om te gaan staan !!, hierdie jaar ? wie weet ? moet hulle nie afskryf nie, dit sal nie wys wees nie. Bulle lyk goed, Stormers storm net en nie baie gebeur nie. ek hoop hulle doen goed, hoe meer van ons spanne wen hoe beter vir ons almal.

janwillem

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Cheetah, Ek is geneig om met jou saam te stem.  Ek dink jy is "spot-on" met jou opsomming van daai 2 wedstryde.

Morne, ons hoor dieselfde elke jaar van die Leeus....besig om span te bou.....bla-bla-bla.....klomp jong spelers....bla-bla-bla....."we need to go back to the drawing board" ens ens.....

sterkte met julle spanne en ek hoop hulle behaal sukses die jaar (behalwe teen die Bulls!!)

groetnis

Gerrit   

Mag die voorspoed jou verveel......

Gerhardus
Groentjie
Aangesluit: 17/12/2009
Inskrywings: 34
Gebruiker van lyn af.
Plek: Northriding

BULLS!!!!!!!!

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Ek was maar al die jare n Stormer(W.P.) en sal een bly. Aan die spanne wat gewen het geluk en die wat dit nie gemaak het nie wel harder oefen en werk aan julle disipline.

STORMERS

Luister na die natuur, dis God se stem.

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 420
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

Kyk ek is self 'n GROOT Bulls ondersteuner. Maar soos hierbo genoem, dis nog maar vroeg.

Ons sal maar eers moet wag totdat die Bulls hierdie naweek die Brumbies aandurf, Die stormers het net so 'n moeilike een teen die Waratahs, en heel moontlik gaan die Cheetahs die daai haai se tanne trek hierdie naweek. Van die Leeus weet ek nie, want ek dink hulle weet self nie eers wat om van hulle self te verwag nie.

Rugby groete

***********************

Groete

Chris Müller

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Mooi man Dries. So 'n bek moet jam kry !!

 

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Daar's net 1 BUL  -  Unbeata"bul"  ..

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Na aanleiding van die krag wat laas Vrydagaand uitgegaan gedurende die wedstryd tussen die Cheetahs en Bulls:

 

Wat is die ooreenkoms tussen die die Bulls en on Pres Zuma?

Albei knyp die kat in die donker....

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
The Accountant
Ou hand
Aangesluit: 16/02/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

Op papier is my span (Stormers) die beste maar die probleem is dat hulle op gras speel en nie op papier nie!!

Miskien is dit die jaar van die Sormers maar daar moet egter nog baie water in die see loop.

Life was not meant to be easy!

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Manne, manne, manne! As 'n gebore Pretorianer en uit die aard van die saak Bulls ondersteurner, kan ek nie verstaan hoe, vernam die Cheetahs en Stormers hulle self elke jaar so martel deur opgewonde te raak oor die nuwe rugby seisoen wat voorlê nie.

Ek sê nie noodwendig dat die Bulls weer alles gaan wen soos verlede jaar nie, maar is tog seker dat indien hulle nie suksesvol is nie, die teleurstelling tog kleiner is, aangesien hulle die laaste paar jaar vreeslik baie sukses geniet het.

Geniet die rugby!!!!

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Pierre,

Net soos julle het elkeen mos die reg om te kan uitsien na 'n nuwe seisoen. Jy praat van die Cheetahs en Stormers as Micky Muis spanne, en ek kry die indruk jy insinueer dat die Bulle "unbtoucheble" is. In my oë is dit uiters arogant en dat dit juis daai aspek van rugbyondersteuners is wat my grief tot in my kleintoontjie in. (Ek verwys hier nie spesefiek na 'n provinsie se ondersteuners nie)

Die Cheetahs het verlede jaar met die Curriebeker "out of nowhere" gekom en gesorg vir 'n gedugte finaal. Die bordjies kon redelik maklik anders verhang geword het in die laaste ronde uitspeelwedstryde wat kon gemaak het dat nie die Cheetahs of die Bulle in die finaal kon speel nie. Ons was vrek gelukkig gewees, maar dit was ook die result van goeie spel aan beide spanne se kant gewees.

Ek dink dis baie jammer dat die hoeveelheid geld wat 'n unie agter hulle het bepaal of hulle die beter spelers kan bekostig, aldan nie.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek is regtig jammer as ek so vreeslik arrogant voorgekom het. Die laaste ding wat ek wil doen is om enige persoon "af te dinges" op die forum. Jy is absoluut reg oor die uitsien van die nuwe seisoen, en ek wou ook maar net op die wonderlike Vrydag bietjie nonsies praat met die ander forummiete.

Ek stem saam met jou oor die groter unies met te veel geld, en dit grief my ook om in onttrend elke blou bul speler se geskiedenis te sien dat hy eindlik maar van die cheetahs afkomstig is. Die cheetahs is immers my #2 span, en le nie ver van die bulle in my hart nie.

Sterkte vir die sharks vanaand. Mag die beste span wen!

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Cheetah,

Let asb op na die korrekte spelling van Untoucha"bul". !!!

Groetnis
Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Daarsy cheetahs, dit was mos nou rugby uit die boonste gestoeltes!!!!

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Pierre,

Jammer as ek 'n lelik oorgekom dit was darem ook nie heeltemal my idee gewees nie.

Dankie Cheetahs! Julle het mooi gespeel!

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Eerstens, stel ek voor dat ons 'n WegSleep poel op SuperBru begin. Dit sal lekker wees om ook teen mekaar te kompeteer en te sien wie raai die beste of sal ek sê wie se kennis is die beste. Wat ook al, onthou net die BULLS bly die beste.    

Tweedens, hierbo het iemand weer die kwessie oor die unies (eintlik konsessies) met die baie geld genoem. Wie gee vir daardie konsessies die geld? Dit is mos die ondersteuners, of hoe? Met die ondersteuners se geld kyk jy beter na jou spelers - jou span presteer beter - die borge stel meer belang in jou en sien voordele vir hulself om jou te ondersteun - en so gaan dit aan. Dat die ongelykheid later 'n te groot rol kan speel is sekerlik so. Wat is die oplossing?
[Sal ons sê: BULLS (of Hurricanes of Crusaders), julle doen te goed want julle is te ryk, van nou af gee julle julle winste vir die ander unies sodat hulle ook spelers kan koop. Miskien kan ons die konsessies in SA nasionaliseer soos die ANC se jeugliga die myne wil nasionaliseer - dan deel ons die spelers so tussen die konsessies dat al die spanne gelyk is.] Dit wat ek nou net tussen hakies gesê het, het ten doel om 'n punt te illustreer. Ek wil op niemand se tone trap nie, niemand te nakom nie - na alles, dit is net sport.
Ek weet werklikwaar nie wat sal 'n beter bedeling wees nie. Totdat daar 'n beter bedeling is moet elke ou maar seker net sy geld sit waar sy mond is.
Net 'n paar jaar terug was die Lions die rykste unie gewees (met Louis Luyt daar) en hoe lyk hulle prestasie? Die Sharks was so arm dat hulle tot twee dekades gelede nooit die Curiebeker kon wen nie. John Smit skryf in sy voortydige boek hoe die BULLS nie vir hom soveel as die Sharks wou betaal nie. Bryan Habana is na die Stormers omdat hulle meer as die BULLS betaal.

Laastens, is dit lekker om vir die Cheetahs te skree as hulle nie teen die BULLS speel nie en net so lekker om vir al die Suid Afrikaanse spanne te skree as hulle teen 'n buitelandse span speel.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek wil sommer baie geluk sê aan die Bulles en die Stormers met hulle welverdiende oorwinnings gister. Leeus, ek het nie julle game gekyk nie, maar ek hoor dit was nou behoorlike groot rugby gewees. Drie van ons spanne het die week gewen, en ek dink dit is iets om oor trots te wees.

Dries,

Gou nog so 2c oor ons besprekingspunt.  Jou opmerking is in die kol oor die bydraes wat ondersteuners lewer. die ding dink ek is ook baie geografies georienteerd. 

Kom ons gebruik as ilutrasie die Cheetahs en die Bulle. Ek dink ek sou in die kol wees as ek sê dat die meerderheid van 'n span se ondersteuners kom uit sy direkte "afsetgebied", in die geval die Bulle sal dit Pretoria / Johannesburg wees. Geografies is dit soveel makliker vir 20 000 of 30 000 ondersteuners om op 'n Vrydagaand 'n stadion vol te maak want hulle hoef nie ver te ry nie. Verder is daar dan ook van die ander span se ondersteuners wat ook na die game toe kom. Uit 'n Pretoria / Johannesburg, is 30 000 ondersteuners haalbaar vir 'n naweekgame in die middel van die seisoen.

Die Cheetahs aan die ander kant van die ilustrasie is in Bloemfontein, wat fraksie van die groote van Pretoria is. sy ondersteuners word oor 'n veel geografiese gebied versprei. Verder is daai "core onderdteuners" ook versprei in klein dorpies wat in somigge gevalle 200 of meer km weg van Bloem af is. 

Pretoria/Johannesburg is nou maar eenmaal die  besigheids mekka van Suid Afrika, en dis hier waar die baie geld lê. Ek het 'n tyd terug gehoor dat daar blykbaar 'n klompie groot sakemanne is wat almal elke maand finansieel bydra om  te help om van die goeie spelers in Cheetah kamp te hou. Hulle word genoodsaak om dit te doen omdat hulle nie anders met 'n groot unie kan kompeteer nie.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Jaco, jy's reg. Wat sou die oplossing wees?

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dries,

Daai bly die Miljoen $ vraag... Rugby het 'n professionele sport geword. Een van die andtwoorde sou wees dat SA rugby in intree. die gevaar is ongelukkig dan nou maar dat hulle dan alles wil gaan transformeer. Nie dat ek heeltemal gekant is daarteen nie, maar ek dink ons moet eers red wat ons nou het en dit weer stabiel en reg kry.

Die ander oplossing om meer borge op nasionale vlak te kry. Vodacom is waarskynlik die een groot sport borg wat ongelooflik baie geld in rugby insteek. Kan dit dalk uitgebry word deur meer van die groot maatskapye te laat borg?

Its gaan defnetief gedoen moet word om kleiner unies "daar" te kan kry, en ook om spelers te motiveer om by sy "tuis" unie te bly en daar sy potensiaal uit te leef.  Springbok keurders gee voorkeur aan die groot unies. Dis vir my verkeerd. As daar 'n groter gelykheid onder unies is sal daar bokke van uit 'n breer spektrum gekies word. Dit sal spelers daar motiveer om beter en harder te speel. Dit maak outomaties dan die deur vir transformasie oop, want dan kry almal kans om op gelyke vlak te speel en te kompiteer.

Dis maar net 'n gedagte of twee. Ek kan jou verseker, dat as ek die anwoord gehad het, ek dit al 'n ryk man sou gewees het.. hehe

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

 

Op die einde van die dag gaan die unie met die vetste beursie nogsteeds die waardevolle speler kan behou of kan koop!!

 Geld praat hard en duidelik!!!

Groetnis

Mag die voorspoed jou verveel......

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Jaco,

Dit sal baie moeilik wees om iets te kry wat vir almal werk en wat regverdig is. Neem nou maar die samestelling van SARFU. Die hordes klein unies; Noordweskaap, Ooskaap en so meer het dieselfde stem as die groot unies; Cheetahs, Bloubulle en so meer. So, op die oomblik is dit al klaar die stert wat die hond swaai.

Dalk moet ons 'n les by sokker leer, waarvolgens jy 'n speler by sy tuisunie koop en die speler n salaris betaal as hy wil oorkom. Dus die Cheetahs kan besluit om vir Juan Smit 'n salaris van R800 000,00 per jaar te betaal en hom te kontrakteer vir drie jaar tot 2012. As die Sharks vir Juan nodig het kan hulle vir Juan sê maar 'n salaris van R1 miljoen aanbied met 'n twee of vyfjaar kontrak en vir die Cheetahs 'n oorplasingsfooi te betaal soos deur die Cheetahs en die Sharks ooreengekom. Die ooreengekome oorplasingsfooi kan sê maar R3 miljoen wees. Dan kry die Cheetahs R3 miljoen vir al die tyd en moeite wat hulle in Juan gesit het of vir die risiko wat hulle geneem het om vir Juan te kontrakteer. Nou kan die Cheetahs miskien 'n ander vlank wat amper so goed is soos Juan is vir R1 miljoen by die Griekwas koop en vir hom 'n salaris van R500 000 'n jaar betaal. Die Cheetahs wen dan R2 miljoen plus R300 000 per jaar. Die Sharks het vir Juan maar dit kos hulle R3 miljoen plus R1 miljoen per jaar. Sou die Cheetahs besluit om nie vir Juan te laat gaan nie is dit natuurlik hulle reg maar dan mis hulle uit op die R3 miljoen of dan R2 miljoen netto wins as hulle die ander speler gekoop het. Op hierdie manier het die tuisunies die eerste reg om hulle spelers wat hulle ontwikkel het te behou mits hulle die speler as belangrik genoeg geag het om vir hom 'n kontrak aan te bied.

As ons dieselfde beginsel op John Smit toepas sou dit as volg werk. Die BULLS wou nie vir John Smit kontrakteer nie so die Sharks het 'n winskoop gekry. As die BULLS nou vir John terug wil hê sal hulle nie net vir John 'n aanloklike aanbod moet maak nie maar ook vir die Sharks. Die stelsel mag dalk beter werk maar is steeds nog nie volmaak nie want anders as wat 'n unie soos die Cheetahs glo ontwikkel die BULLS en die Sharks meer spelers as die Cheetahs. Die voordeel vir die Cheetahs is die BULLS en die Sharks kan nie al daardie spelers wat hulle ontwikkel gebruik en kontrakteer nie so die Cheetahs behoort die ouens goedkoop te kan kry, ontwikkel in fantastiese spelers soos hulle sê hulle doen, en hulle weer terug te verkoop teen groot winste of te behou om die Super 14 of Curriebeker vir hulle te wen. Sodoende sal die speelveld meer gelyk wees, dink ek.

As sy tuisunie die speler aan die begin nie wou kontrakteer nie, hoef jy hulle natuurlik nie te betaal nie. Daar kan 'n reël wees wat sê dat spelers wat alreeds kontrakte gehad het met 'n unie maar dit nie wil verleng nie of as die unie dit nie wil verleng nie, daar steeds 'n oorplasingsfooi moet wees maar hierdie keer 'n vasgestelde oorplasingsfooi van sê maar R1 miljoen. Die geen oorplasingsfooi sou dan net vir spelers geld wat nog nooit 'n kontrak gehad het nie. Op die manier sou die BULLS sê maar 'n oorplasingsfooi van R5 miljoen by die Stormers kon kry vir Bryan Habana as hy nog 'n kontrak met die BULLS gehad het en R1 miljoen as sy kotrak uitgeloop het. Dan het die BULLS darem iets gekry vir die tyd en geld wat hulle in Bryan belê het.

Wat die stelsel sal laat werk is dat die Sharks en die BULLS sal besef dat as daar nie sterk opposisie is nie is daar nie kompetiesie nie en ook nie toeskouers nie. So hulle sal die spelers wat hulle uit eie geledere nie nodig het nie laat gaan. Die BULLS en die Sharks sal dus net tot 'n punt spelers kan behou of koop wat hulle nie nodig het nie.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Secundant
  • jacquez haywood
  • Corriev
  • WilleWillemien
  • Andries Pretorius
  • evert
  • Tazz123
  • JC
  • Benzan
  • Cobus Bester
  • Harry Du Randt
  • PaulS
  • deonhitchcock
  • Pieter Schultz
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • Francois Malan
  • Mufasa
  • Frikadel
  • EGO

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.