Oud word en humor

Gesels saam op die WegSleep forum.
stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 536
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

So saam met die oud word is daar baie humor as ons dit maar net altyd kan raak sien.  My vriendin se pa het onlangs 80 geword en een van die dogters het vir hom n scrabbook gemaak oor sy lewe.  Hy het die spulletjie so bekyk en toe my vriendin weer daar kom is die hele spul uitmekaar gemaak en le die hele wereld vol.  Verstom vra sy wat hy doen en hy gee toe te kenne dat dit nie kronologies reg is nie en dat daar inligting kort.

Al haar verduideliking van hoeveel geld en ure se werk daar ingegaan het het geen hond haaraf gemaak nie.  Hy het ook te wete dat die skroewe te pieperig is.....

Hy het die hele spul geskommel en bygevoeg sodat die arme 'facebook' soos hy dit noem nou al 2 keer so dik is en hy het toe in die 'garage' ander groter skroewe gaan haal....

Nou as dit nou nie humor is nie weet ek nie wat is nie....

Groetnis

Stompie

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Ja dit is nogal snaaks dat die oom sy geskenk plunder.

Ek dink die geskenk vir die Oom is groter as wat sy dogter eintlik besef. Nie net is dit herinderinge nie maar dit het hom skielik iets gegee om hom mee besig te hou. Res van die familie moet nou foto bydraes maak om die boek nog VOLLEDIGER te maak.

Leon    

DanieG
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stilbaai

My skoonma het verlede week hier gekuier met haar 84e verjaarsdag.  Sy is baie aktief met 'n vlymskerp sin vir humor.  Om 'n braaivleisvuurtjie laat sy toe die volgende waarheid val:  'n mens verloor nie sy humor as hy oud raak nie, 'n mens raak oud as hy sy humor verloor!

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Danie, dit is nou wraggies wyse woorde!!!

Kamp Groete

Arie

Karoo-Jogi
Ou hand
Aangesluit: 07/12/2009
Inskrywings: 218
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mosselbaai

Oud word is nie vir sissies nie >>veral as jy 80 is >> dis n leeftyd se legkaart wat ingebou moet word in n boek oor die persoon >>dalk was daar ander meer belangrike gebeurtenise in sy lewe wat hy graag daarin so wou gehad het >> daarom die self veranderinge Light Bulbdaarin aanbring >> CG

 

 

stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 536
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek ken die oupatjie.....hy is eintlik n vreeslike koppige ou oompie wat n wil van sy eie het maar is skerp soos wat iemand gese het met n ongelooflike kennis....hy het seker gedink die kinders weet nie alles nie en hy sal hulle bietjie wys hoe mens n 'facebook' moet maak.......

Groetnis

Stompie

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Hy het seker in sy gedagtes gedink: WAT WEET JULLE, EK SAL JULLE WYS!!

Sal ons leer om met 'n oumens se memories te wil bodder, nê!

Wie's aanlyn

Daar is tans 10 gebruikers en 95 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • thysvt
  • Gypsey King
  • RSS
  • Eddie Laing
  • Kobus Snyman
  • Andries
  • Theo Red
  • BB
  • chris dupreez
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.