My nuwe TIPPERTJIE
Nuwe forum onderwerpe
Na baie wik en weeg het ek dit gedoen, hier is 'n foto van my nuwe Tippertjie. Kom Boats nou is dit jou beurt om die jeuk te krap.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Picture_176.JPG | 115.93 KB |
Baie dankie ek glo en vertrou dat ek baie moeitevrye en gelukkige kilometers gaan he. Dit is die diesel.
Hey jakkals, 'n Mufasa no 2 Tipper. Baie geluk man. Nou gaan jy nie eers daai Sprite Swift agter jou voel nie.
Pasop die Tipper het soveel krag, as jy by die huis wegtrek en later by jou bestemming aankom is die karavaan geneig om bietjie later daraan te kom en hy is 'n bietjie ge-REK. Ha Ha.
Geniet hom ou maat. Die karavaangaan nou voel soos 'n Venter S/waentjie.
Baie mooi die nuwe Tippertjie. Geniet elke oomblik met hom.
Geluk Jakkals. Geniet hom.

Hi Jakkals,
Baie geluk man. Sien net sy wiele is nie so vuil soos Mufasa sn nie.
Ek en Leon spot lekker oor daai vuil wiele van sy lorrietjie
Geluk Jakalaas!!!
Eish, dis 'n mooi wa daai...[sug].....mense soos ek wat 'n Harbody ry kan nie die Navaras bekostig nie!!Ek is so bly Mufasa (Leon) gaan ook Des by dieselfde plek as ons kamp dan gaan ek vir hom vra of ek net vir so rukkie in sy Navara kan sit....net so dat ek kan voel hoe voel dit!!!
Geniet daai tippertjie
Groetnis
Gerrit
Jakkals
Verander asseblief dadelik jou forum-profiel sodat jy met die nodige respek bejeën kan word.
Graderingsgewys kry jy 5 sterre (dit is 10 uit 10) vir jou weldeurdagte, slim en korrekte keuse vir 'n sleepvoertuig.
Baie geluk met hierdie prestasie en welkom in die kring van die spotters !
(Dis net blêddie jammer die prys van 50ppm diesel styg môrenag met 2c per liter !)
Len
BAIE geluk ou jakkals!
Ek is seker jy gaan nog baie Kilometersgenuut met daardie nuwe tippertjie!
Geniet en mooi ry!
Geluk Jakkals. Geniet die ryding.
Ek het nog nie eers 'n foto van my nuwe ryding geneem nie, maar ek het vir my 'n Toyota Hilux 3.0 dubbelkajuit uitgetrek. Vrydag eers gekry, so die outjie stink nog. Ek gaan die naweek die wa haak Wildtuin toe, en bietjie voel hoe gedra hy hom voor my wa.
Jakkels,
Geluk met jou nuwe wa en mag jy baie gelukkig met hom wees. As "Centurion Nissan" se mense belang gestel het in hul inkomste verlede jaar, sou ek 'n Navara gekoop het. Maar soos die gesegde is van "die een se dood is die ander een se brood" het ek vir my die Ford aangeskaf.
Die Ford handelaar het vir my 'n goeie "deal" deur gesit wat ek nie kon los nie.
Maar die Navara bly maar mooi.
Ryno
Jakals & Ferdi - baie geluk met julle nuwe voertuie, mag julle jare se plesier uit hulle kry.
My Maandag word al hoe slegter, eers Boats wat 'n nuwe karavaan wil koop en nou julle, ek sal maar droom!
Ja nee, geluk al die manne met hulle spogerige voertuie hier bo!
Manne veilige kilo's en onthou asb kom veilig tuis.
Baie geluk aan al die mense met die nuwe ry goed.
Jakkals jy moenie dat Andre jou 'n rat voor die oë draai nie. Daai Tipper van my se wiele is met 'n doel donker gemaak. Nou hoef ek net elke tweede week vir Mufasa te was.
Ek het nog altyd geglo dat as 'n kar gewas moes word, het jy hom gekoop met sproeiers op die dak. Probleem is net dit, 'n koek roller slaan vreeslik hard veral as jy nog slaap ook.
So om die regering by die huis gelukkig te hou, was ek maar vir Mufasa. Om my gelukkig te hou elke tweede week die donker wiele maak dat hy nie so gou vuil lyk nie.
Ek het ook vir my 'n nuwe Bakkie aangeskaf!! Ek's mal oor sy kleur en die baie ruimte!!
Hoe lyk hy vir julle??
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Bakkie.jpg | 119.33 KB |
Haai Skippie,
Dis die enigste bakkie wat ek ok kan bekostig.
Onthou ammal seblieftog - 'n hond drink water uit 'n bakkie.
Skip daai bakkie werk goed om die kragproppe droog te hou in die nag. Nog beter as jy 'n klip of baksteen op hom sit.
Ek het 'n goeie vermoede gehad dis wat op die foto is, veral toe ek sien wie dit geplaas het.
Voor ek vergeet! ! !.
Jy kan bly wees jou bakkie het nie donker wiele op nie anders het Andre jou ook gas gegee daaroor.
Skippie, ek like jou bakkie, lyk ook vir my binne my prysklas - is hulle beskikbaar in ander kleure?
Skippie, vergeet om te vra - val hulle ook maklik om of nie??!!
SKIPPIE die draad hi -jacker
Het jou LOL
Daai uitdrukking "draad HI-JACK" kort 'n goeie afrikaanse weergawe!!!
Wat van ons seg net: "Skippie, jy staan in Jakkals se son!" m.a.w. jy's besig om Jakkals se "lime-light" te steel!!!!
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Eddie Laing
- thysvt
- Johan K
- BenA
- Gypsey King
- RSS
- Kobus Snyman
- Andries
- Theo Red
- BB
- chris dupreez
- HennieBo








.jpg)




Wendy

.jpg)



.jpg)



Baie geluk Jakkals. Mag jy duisende moeitevrye gelukkige kilometers met die nuwe ryding hê.
Watter model het jy gekoop? (diesel of petrol)