Meld probleme met die webwerf en die forum hier aan

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Laat kom gerus nog kommentaar en voorstelle oor die nuwe webwerf.

 

Groete

Zigi

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker van lyn af.

Hoekom is daar tans 12 users en 'n hele 42 guests aanlyn? Of tel die werf nou algar wat op die werf is en nie net furum lede op die forum nie?

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Die statistieke het nog altyd die aanlyn gebruikers aangedui as geregistreerde gebruikers en besoekers. Die feit dat die besoekers meer is as waaraan ons gewoond is, se baie vir die nuwe forum. Hulle is almal welkom om aan te sluit en saam te gesels. 

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Alias, jy en Ian is albei reg.

Groete

Zigi

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Zigi,

Ek het belowe om ‘n lysie op te stel en dan kan die forumiete maar aanvul of regstellings doen t.o.v. die lys:
 
  1. Die sterretjie op die woonwa op die forum hoofblad is baie handig, maar ek wil ook weet as daar nuwe kommentare op ‘n draad was wat ek reeds gelees het, en dit kan ek slegs sien deur die forum oop te maak – dan sal ek daar die onderwerpe met sterretjies sien. So my versoek is – As daar op enige onderwerp in daardie forum ‘n sterretjie langs ‘n draad is – maak dan die woonwaentjie ook ‘n sterretjie – nie net vir nuwe onderwerpe (drade) wat ek nog nie gelees het nie. Jy sal dus ‘n woonwa met ‘n sterretjie hê waarnaas daar “1 nuut” kan staan en dan vind jy 3 drade met sterretjies - wat reg is, maar jy kan ook kry dat die sterretjie op die woonwa aan is, maar niks word as nuut getoon nie, dan weet ek daar is nuwe kommentare, maar geen nuwe onderwerpe nie. Genade jong – maak dit sin?
  2. Ek sukkel steeds om my profielfoto te wysig, al maak die forum asof hy die nuwe foto aanvaar het en sy grootte gewysig het – die oue bly daar. (Voorheen was die een by my kommentare verskillend van die een op die profiel, maar ek sien hul is darem nou dieselfde.
  3. Wie’s aanlyn? – Hierdie gegewens sou ek darem graag die woord Users na Gebruikers wou verander en die Guests na Gaste.
  4. Ek merk net 10 name van gebruikers wat aanlyn is word vertoon. Ek vra maar net vir interessantheid – is dit die 10 wat die mees onlangs aktief was, of is die idee dat almal se name daar moet vertoon?
  5. Ek het nou nie weer gaan probeer opsoek nie, maar ek neem aan die kwessie van verlore drade, kommentare en foutiewe kommentare op drade is nog uitstaande?
  6. As jy ‘n vorige kommentaar van jou redigeer, skuif dit na heel onder by die opmerkings, maar op die forumblad dateer dit nie op dat daar ‘n latere kommentaar was op die draad nie. Of die afskuif moet nie gebeur nie, of die kommentaar moet gemerk word (sê maar in sy hofie naas die tyd (byvoorbeeld) as geredigeerd. Ek sou graag vir die 2de opsie gaan.
  7. Ek dink die telling van draad bladsye het ‘n probleem. Kyk na die draad Nuwe Forum en Ek onder kletskamer – daar word getoon dat hy bladsye het 1, 2, 3, maar as jy in die draad ingaan is daar net 2 bladsye.
  8. As jy na dieselfde draad in punt 7 genoem gaan kyk, sal jy sien die kommentaarnommers loop van #1 tot #50 en op bladsy 2 begin dit by #31 en gaan (tans) tot by #64. Die #31 moes seker #51 gewees het?
  9. Soms (en ek kan nie vir jou sê wanneer nie!) as jy teks op die forum “copy” dan “paste” dit in Word met ‘n grys agtergrond wat onnodige ink vat as jy dit wil druk.
  10. Die Lewer Kommentaar blok is voor gevra dat dit net na die laaste postering moet verskyn, nie onderaan elke bladsy nie.
  11. Jul het twee plekke waarvandaan mens 'n nuwe gesprek kan begin - die Skep nuwe onderwerp (in die groen balk) werk reg. Die tweede een egter Pos nuwe forum onderwerp (in rooi) se teks bladsy laat jou nie toe om iets (soos foto’s) of “smilies” aan te heg nie.
  12. Daar is nog sommer heelwat onnodige Engelse woorde en sinne in die Jou profiel gedeelte van die forum. (Het tevore vir jul ‘n e-pos hieroor gestuur)

Ek kla nie hoor, ek probeer net help en, moenie "worry" nie - ek sien die veranderinge raak wat gebeur so ek weet die mense is besig hiermee.

Groete - Nico Pietersen

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

13. As ek op 'n multi-bladsy onderwerp se "1 nuut" klik, moet hy op die laaste kommentare oopmaak, nie op die eerste blad nie (Ek kon sweer dit was op 'n tyd reg?)

Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Ek sal graag wil weet hoekom wys dit by my inskrywings GROENTJIE in plaas van SUPER SLEEPER, is dit omdat ek nou minder op die forum is of is dit nog nie reggestel nie

 

Groete

Aubrey

<

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ek wonder of dit reg is ; die 'Wie's Aanlyn' statistieke spring rond soos 'n klimtol-op-steroids...

          "Daar is tans 14 users en 281 guests aanlyn."

Die "guests" se nommer het gedurende my laaste paar 'Enter's" gespring tussen 356 en 263...

Voormalig johannvs

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Zigi - tov Nr 2 op my lysie by kommentaar #4: Ek het vanmore my foto gewysig en vir eers was dit nie gedoen. Ek sien egter nou (ure later) is hy tog gewysig na die een wat ek ingesit het.

Nico Pietersen

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Netnou het ek nog byna 600 inskrywings gehad ; nou sit ek op 'n Nelson (111). Wonder hoekom...

Voormalig johannvs

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Vergeet ek twee ander puntjies ook :

  1. Dit sal gaaf wees om weer die funksionaliteit te kry om die kleur van teks te kan verander, Ten minste, ek het dit nie by my ikone nie.
  2. Ook om weer die fontgrootte van teks te kan beheer (baie klein, klein, medium, groot, ...) Die 'format' opsies dien nie volledig in hierdie behoefte nie.

Voormalig johannvs

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Hi Zigi

My inskrywing is nie reg nie, ek is n groentjie maar op die ou forum was ek verder gewees. Maar dis nie trein "smash" nie. As ek klaar gelees het wat iemand gestorie het en ek wil terug gaan na die onderwerpe toe gooi hy my terug na die opskrifte toe. Doen ek iets verkeerd.

Dankie Beylie

Luister na die natuur, dis God se stem.

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Beylie - Ek dink die "routing" is nog nie lekker verfynd nie. Wat ek maar doen om dit reg te kry wat jy wil he is om die "back arrow" van Explorer te gebruik.

Groete - Nico Pietersen

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ek het vanmiddag twee nuwe inskrywings met fotos ; een met fotoskakels na flickr en een met fotos wat ek op die WegSleep-spasie opgelaai het in die Donkerkamer gemaak, en nou's hulle altwee weg.

Voormalig johannvs

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Hallo Zigi,

As julle die draad oor * Sterkampe volg sal julle sien dat daar van die kommentaar verlore geraak het.
 

'n Ander ding is ek sien dat Jaco vir Willem bedank vir die inligting wat nou blyk deur Besoeker gegee is. Ekself het ook aan die begin gesien dat daardie link deur Willem geplaas is. Die moontlikheid is ook baie sterk dat die link deur Willem geplaas is omdat ek weet wanneer Willem die link gekry het. Het Willem en Besoeker se bydraes deurmekaar geraak? Hoe het dit gebeur dat die bydrae eers onder Willem se naam was en later onder Besoeker se naam?

Wie is Besoeker?  Is dit julle by administrasie?

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Dries: Soos in die *Sterkampe draad genoem sien ek al die kommentare by my?

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

 Zigi en Nico,

Ek weet aan die begin was daar rondom die eerste kommentaar ook ander kommentare waarvan ek die besonderhede nie nou kan onthou nie. Kyk jy na kommentaar 6 en 7 van Tyro dan is dit duidelik dat iets anders by die gesprek betrokke was.

Ek sien ook dat as jy die link na die TGCSA wat ek in my laaste kommentaar (nr. 29) gemeld (herhaal) het, gebruik, dan bring dit jou terug na die forum se webblad en neem dit jou nie na die link se adres toe nie. Ook in my aanvanklike verwysing na die verskillende links in kommentaar nr. 29, het ek baie verseker die regte link na die klagtes adres van die TGCSA gegee - ek het dit destyds getoets soos ek nou ook gemaak het - maar nou het dit vanself daar bo verander na die forum se adres.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

NicoPietersen wrote:

Zigi,

Ek het belowe om ‘n lysie op te stel en dan kan die forumiete maar aanvul of regstellings doen t.o.v. die lys:
 
  1. Die sterretjie op die woonwa op die forum hoofblad is baie handig, maar ek wil ook weet as daar nuwe kommentare op ‘n draad was wat ek reeds gelees het, en dit kan ek slegs sien deur die forum oop te maak – dan sal ek daar die onderwerpe met sterretjies sien. So my versoek is – As daar op enige onderwerp in daardie forum ‘n sterretjie langs ‘n draad is – maak dan die woonwaentjie ook ‘n sterretjie – nie net vir nuwe onderwerpe (drade) wat ek nog nie gelees het nie. Jy sal dus ‘n woonwa met ‘n sterretjie hê waarnaas daar “1 nuut” kan staan en dan vind jy 3 drade met sterretjies - wat reg is, maar jy kan ook kry dat die sterretjie op die woonwa aan is, maar niks word as nuut getoon nie, dan weet ek daar is nuwe kommentare, maar geen nuwe onderwerpe nie. Genade jong – maak dit sin? - Nico, ek is nie seker ek verstaan jou reg nie. Ek dink die maklikste oplossing vir jou probleem is om die opsie te gebruik in jou profielverstellings wat jou verwittig van nuwe boodskappe in drade waarop jy reeds kommentaar gelwer het. Laat weet my weer as ek nie die probleem reg begryp nie.
  2. Ek sukkel steeds om my profielfoto te wysig, al maak die forum asof hy die nuwe foto aanvaar het en sy grootte gewysig het – die oue bly daar. (Voorheen was die een by my kommentare verskillend van die een op die profiel, maar ek sien hul is darem nou dieselfde. - Probleme met foto's en ander grafika wat verkeerd vertoon kan dikwels opgelos word deur  CTRL F5 saam te druk om die rekenaar se geheur te verfris.
  3. Wie’s aanlyn? – Hierdie gegewens sou ek darem graag die woord Users na Gebruikers wou verander en die Guests na Gaste.
  4. Ek merk net 10 name van gebruikers wat aanlyn is word vertoon. Ek vra maar net vir interessantheid – is dit die 10 wat die mees onlangs aktief was, of is die idee dat almal se name daar moet vertoon? - Die gedagte is dat almal se name wys. Ek sal die webbouers vra om hieraan aandag te gee.
  5. Ek het nou nie weer gaan probeer opsoek nie, maar ek neem aan die kwessie van verlore drade, kommentare en foutiewe kommentare op drade is nog uitstaande? - Dis hoog op die prioriteitslys, maar is nogal 'n moeilke een om reg te kry, want die webbouers kon tot dusver nie vasstel waar die fout ingesluip het nie.
  6. As jy ‘n vorige kommentaar van jou redigeer, skuif dit na heel onder by die opmerkings, maar op die forumblad dateer dit nie op dat daar ‘n latere kommentaar was op die draad nie. Of die afskuif moet nie gebeur nie, of die kommentaar moet gemerk word (sê maar in sy hofie naas die tyd (byvoorbeeld) as geredigeerd. Ek sou graag vir die 2de opsie gaan. - Ek het reeds gevra dat die geredigeerde kommentaar nie skuif nie. Die kommentaar word tans georden volgens die tyd en datum waarop dit laas geredigeer is, maar ons sal dit verander sodat dit volgens die datum waarop dit aanvanklik geskep is, georden word.
  7. Ek dink die telling van draad bladsye het ‘n probleem. Kyk na die draad Nuwe Forum en Ek onder kletskamer – daar word getoon dat hy bladsye het 1, 2, 3, maar as jy in die draad ingaan is daar net 2 bladsye.- Ek het dit onder die webbouers se aandag gebring, hulle kyk daarna.
  8. As jy na dieselfde draad in punt 7 genoem gaan kyk, sal jy sien die kommentaarnommers loop van #1 tot #50 en op bladsy 2 begin dit by #31 en gaan (tans) tot by #64. Die #31 moes seker #51 gewees het? - Dankie, ek sal vra dat hulle kyk hierna.
  9. Soms (en ek kan nie vir jou sê wanneer nie!) as jy teks op die forum “copy” dan “paste” dit in Word met ‘n grys agtergrond wat onnodige ink vat as jy dit wil druk.- Dankie, ek sal vra dat hulle kyk hierna.
  10. Die Lewer Kommentaar blok is voor gevra dat dit net na die laaste postering moet verskyn, nie onderaan elke bladsy nie. - Wanneer die navigasieprobleem opgelos is, sodat 'n mens outomaties na die laaste boodskap van 'n draad geneem word, behoort dit nie meer 'n probleem te wees nie. Om die blok nou te verwyder, gaan dalk die ontwerp van die bladsy bebodder.
  11. Jul het twee plekke waarvandaan mens 'n nuwe gesprek kan begin - die Skep nuwe onderwerp (in die groen balk) werk reg. Die tweede een egter Pos nuwe forum onderwerp (in rooi) se teks bladsy laat jou nie toe om iets (soos foto’s) of “smilies” aan te heg nie. - Dankie, ek sal vra dat hulle kyk hierna.
  12. Daar is nog sommer heelwat onnodige Engelse woorde en sinne in die Jou profiel gedeelte van die forum. (Het tevore vir jul ‘n e-pos hieroor gestuur) - Ons is besig met die taalversorging van die webwerf, maar sal beslis aandag gee hieraan.

Ek kla nie hoor, ek probeer net help en, moenie "worry" nie - ek sien die veranderinge raak wat gebeur so ek weet die mense is besig hiermee.

Groete - Nico Pietersen

 

Ek het hierdie draad aan die webbouers gestuur en gevra dat hulle dit dophou om eerstehands julle voorstelle en klagtes te kan kry. Baie dankie vir almal se geduld en moeite en belangstelling tot dusver, ek waardeer dit werklik opreg.

Groete

Zigi

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Zigi, kom ek probeer weer punt 1 hierbo.

Ek wil nie aanmekaar e-posse kry nie en ek wil ook van nuwe kommentaar weet in 'n draad (op 'n forum) waar ek nie self kommentaar op gelewer het nie. So e-pos doen dit nie vir my nie.

Voorbeeld: Piet pos 'n onderwerp My nuwe varkie in die Gesels saam draad. Ek het hom nog nie gelees nie en as ek ingaan op Forum hoofblad dan is daar 'n sterretjie op die woonwa by gesels saam en 1 nuut word aangedui. Ek weet dus ek moet die forum oopmaak. Ek doen so en nou is die sterretjie weg.

Nou pos willem 'n kommentaar op die My nuwe varkie draad en as ek oor 'n uur of wat op die webwerf aankom, is daar vir my geen aanduiding dat daar aktiwiteit in daardie forum was nie. Ek vra dus dan dat die woonwaentjie vir ALLE nuwe aktiwiteite gemerk moet word - volstaan met die Nuut aanduidings net tov nuwe onderwerpe.

Ek wil dus 2 dinge bereik. Ek wil nie e-posse vir alle aktiwiteite kry nie, maar ek wil as ek die forum oopmaak sommer dadelik sien waar daar aktiwiteit was sonder om die forum self oop te maak en te kyk vir sterretjies in die "praat-prentjies"

Verstaan meneer nou? Sou graag wou hoor wat ander gebruikers te sê het hieroor.

Groete en dankie vir jul harde werk - Nico Pietersen

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Ek kan ie op PM boodaskappe reply nie help `n bietjie seblief

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Hoe meen meneer dan nou? Waar lê die probleem?

Groete

Zigi

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Vir die van julle wat gewonder het:

 

"Besoeker" is nie een van ons hier op kantoor of een van die webbouers nie. Dit is iemand wat nie 'n geregistreerde lid van die forum is nie, maar wat wel die webwerf besoek. Wanneer hulle dan oor 'n oord/sleepding of wenk lees op die webwerf lees en op die "gesels saam" skakel kliek, dan skep dit 'n nuwe draad hier op die forum met daardie betrokke onderwerp. Ons werk tans aan 'n manier om terugvoer oor oorde wat op die forum geplaas is, te koppel aan die relevante oorde onder die oord bladsy.

Groete

Zigi

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Zigi waar die kommentaar blokkie moet wees is niks my cursur wil nie flikker in die blokkie nie

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Zigi wrote:

Hoe meen meneer dan nou? Waar lê die probleem?

Groete

Zigi

Zigi, ek neem aan jy praat met my, of is dit Arrie? MY probleem is:

Nou pos willem 'n kommentaar op die My nuwe varkie draad en as ek oor 'n uur of wat op die webwerf aankom, is daar vir my geen aanduiding dat daar aktiwiteit in daardie forum was nie. Ek vra dus dan dat die woonwaentjie vir ALLE nuwe aktiwiteite gemerk moet word - volstaan met die Nuut aanduidings net tov nuwe onderwerpe.

Verstaan meneer NOU?

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Zigi wrote:

Vir die van julle wat gewonder het:

 

"Besoeker" is nie een van ons hier op kantoor of een van die webbouers nie. Dit is iemand wat nie 'n geregistreerde lid van die forum is nie, maar wat wel die webwerf besoek. Wanneer hulle dan oor 'n oord/sleepding of wenk lees op die webwerf lees en op die "gesels saam" skakel kliek, dan skep dit 'n nuwe draad hier op die forum met daardie betrokke onderwerp. Ons werk tans aan 'n manier om terugvoer oor oorde wat op die forum geplaas is, te koppel aan die relevante oorde onder die oord bladsy.

Groete

Zigi

Zigi, ek weet nou nie of ek so mal is oor die Besoeker ding nie. Daardie 3 forums word nou "versmoor" in besoekers posterings en die bydraes wat die forumiete lewer skuif so vinnig af, jy kry amper nie kans om dit te lees nie. Miskien moet jul vir ons die redenasie hier rondom beter verduidelik - tans maak dit nie vir my sin nie.

Groete - Nico Pietersen

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Skuus Nico, ek het eintlik met Arrie gepraat.

 

Om jou vraag te beantwoord: Sover ek die forum verstaan dui die "nuut" langs 'n onderwerp juis daarop dat daar 'n nuwe kommentaar op daardie draad gelewer is sedert jou laaste besoek. Die sterretjie in die "speech bubble" doen dieselfde. Die sterretjies op die karavaantjie op die forums se hoofblad dui op nuwe drade wat jy nog nie gelees het nie.

Ek sal dubbeld seker maak dat ek reg verstaan.

 

Groete

Zigi

DanieG
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stilbaai

Is ek die enigste een wat vandag tot tien minute vat vir 'n blad om oop te maak?

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Danie, ek weet nie wat die probleem is nie. Ek het tot dusver nog net een ander klagte gehad oor die vorum wat so lank neem om te laai. Dit wil voorkom asof die meerderheid mense nie daardie probleem het nie. Is dit moontlik dat die probleem dalk by jou inernetbediener of jou konneksie kan lê?

 

Groete

Zigi

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Zigi wrote:

Skuus Nico, ek het eintlik met Arrie gepraat.

 

Om jou vraag te beantwoord: Sover ek die forum verstaan dui die "nuut" langs 'n onderwerp juis daarop dat daar 'n nuwe kommentaar op daardie draad gelewer is sedert jou laaste besoek. Die sterretjie in die "speech bubble" doen dieselfde. Die sterretjies op die karavaantjie op die forums se hoofblad dui op nuwe drade wat jy nog nie gelees het nie.

Ek sal dubbeld seker maak dat ek reg verstaan.

 

Groete

Zigi

Nee - jy is heeltemal reg, maar dit is juis my probleem! "...dui die "nuut" langs 'n onderwerp juis daarop dat daar 'n nuwe kommentaar op daardie draad gelewer is sedert jou laaste besoek..." Ek wil hê die nuut op 'n draad moet OOK die woonwa se sterretjie aanskakel sodat ek nie 'n forum onnodig oopmaak terwyl daar geen nuwe kommentare is nie! So as daar ENIGE "praat-borrel" in 'n forum 'n sterretjie in het, moet die woonwa se sterretjie ook aan wees.

Dalk is dit omdat ek so baie hier kuier dat dit my pla?

Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Mona
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2419
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ermelo
Ek sleep 'n '94 Sprite Super Sport met 'n 2010 voor die "face lift" Toyota Corolla 1.6

Zigi, ek sou voorstel dat as 'n "besoeker" ietsie wil sê oor die resepte julle hom eers moet laat registreer.  Ek stem saam dat ons besig is om te 'versmoor' veral by die kos afdeling waar die besoekers komentaar lewer.  Dit moet wees soos enige ander plasing van 'n pos, slegs geregistreerde gebruikers moet kan pos.

Ek moet net baie dankie sê dat al die resepte wat voorheen in die WegSleep uitgawes verskyn het nou ook op die webblad beskikbaar is.  Dit het gisteraand baie gehelp toe ek vir Willem (W&S) moes 'n resep gee, daardie lekker sjokoladepoeding resep wat in nommer 14 was.  Ek het dit nog nooit gemaak nie maar Charlotte het dit vir ons by Gariep in Arrie se varkie gemaak. Dis hemels!!!!!!

Dankie

Natasha

Earth laughs in flowers

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Hallo Natasha,

Ons werk aan die "besoeker" kwessie. Dis deels waar die probleem lê - hulle kan nie kommentaar lewer nie. Hulle kliek op die skakel wat sê gesels saam, maar dan vra die stelsel hulle om eers te registreer voor hulle 'n boodskap kan plaas. 99% van die mense doen dit egter nie. Ongelukkig skep dit intussen self daardie aanvanklike skakel wat die "onderwerp" word en dit bly dan agter.

Ek het dit oorweeg om vir die webbouers te vra om dit so te maak dat ongeregistreerde gebruikers nie op die "gesels saam" skakel kan kliek nie, maar dit beteken egter hulle sal ook nie die drade waar daar wel sinvolle kommentaar op gelewer is kon lees nie.

Ons soek nou na 'n opsie wat sal verhoed dat daardie aanvanklike skakel geplaas word alvorens iemand nie kommentaar gelewer het nie.

 

Groete

Zigi

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 47 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Corriev
  • PaulS
  • Benzan
  • deonhitchcock
  • Pieter Schultz
  • Harry Du Randt
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • JC
  • Secundant
  • Francois Malan
  • Mufasa
  • Andries Pretorius
  • Tazz123
  • Frikadel
  • EGO
  • WilleWillemien
  • Andre Beyleveld

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.