Lag 'n Slag.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1858
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

      Ek sit laat agtermiddag op die stoep - yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om ʼn rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na ʼn helse slag en gil van agter die waenhuis.
          Die rifrug skrik homself in ʼn ander bloedgroep in, vroulief gee ʼn gil wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des dinges van sy stok en ek mors van die kosbare koudheid.
Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met ʼn stofstreep agter hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: "Pa moet gou kom, hier het ʼn lelike ding gebeur!!"
            Ek storm soos ʼn wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat neer, spring op - so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in ʼn gehoortoestelletjie in - en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand - minus die boud - storm my uit die pad, slaat die hond vir ʼn ses met die pan, gryp my seun by my en hyg: 

          "Is jy oraait? Het jy seergekry?"
           "Nee, Ma!" met so ʼn vriesbrand stemmetjie, "Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop opgeblaas."
            Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons ʼn longdrop gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kaias toe moet loop vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.
           "Is Jakobus oraait? Leef hy?" hyg skreeu vroulief met ʼn aamborstige Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie.
"Ja, Ma, hy't ʼn vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma! Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!"
"Swerwer, gaan kyk of die man nie dood is nie," word ek beveel.
Nou met vroulief praat jy nie teë nie, veral as haar stemmetjie so ʼn oktaaf styg.
               So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe Dominee skielik om die hoek kom. Was so beïndruk met die werkinge van metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.
               "En nou, broer?" wil Dominee met ʼn skok in sy stem weet.
                Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.
                "Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie," hyg ek uitasem.
                 Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.
                 "Te dinges met jou, Dominee," dink ek by myself en trek weer Jakobus se broek af. Met dié draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te sê, maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en gaap-gaap soos ʼn vis op droë grond voor hy homself in sy motor boender en met skreeuende bande wegtrek.
            Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op loop reguit na sy kaia toe. Sy vrou het hom op ʼn afstand sien aankom, vasgesteek, en weer gekyk, ʼn smile op haar gesig gekry en begin om haar bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen daardie tyd al twee weke nie op "speaking terms" gewees nie.)
             Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom ʼn speelse klap op die boud, op die eina. Die man pak ʼn paar Dunlop-briekmerke teen die grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.
              In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is ʼn lekker speletjie en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos ʼn uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig, maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal. Borrels met onaardse geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.
              Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: "Jo-jo, nooit ek hy poep weer!!"
              Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. ʼn Anderse soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die omstandighede en gebeure.
              Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan. Ek dink ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys, en my seun wat van Amerika besoek, sy oë op die Nagmaaltafel gerig, kliphard laat hoor het: "Jis, pa, ek hou van dié kerk, hulle het shooters!"
Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Ou Koos-hulle boer heeltemal uit. Alles verloor. Op die ou einde bly daar net een hoender oor. Reken sy vrou: gaan verkoop liewer die hoender dan kan ons darem meer met die geld koop. Sit ou Koos die stukke in rykmansbuurt toe met die hoender onder die arm. Niemand wil lewendige hoenders in Skuldbult koop en slag nie. Kom hy toe by die laaste huis voordat hy moed opgee. Hy klop aan die deur en dié gaan effens oop - was nie op knip nie. Klop 'n paar maal en stoot toe die deur versigtig oop. Loer in en sien niemand. Roep versigtig: "Iemand tuis?" Geen antwoord. So sluip Koos stadig in die huis en en die gang af. Hy sien die hoofslaapkamer aan die onder-ent van die gang is toe. Hy besluit om daar te klop. Net toe hy klop, word die deur oopgepluk, hy ingepluk en in die hangkas geprop - hoender steeds onder die arm.  Hoor hy 'n vrou sê: "Hallo, Skattie! Jy is vroeg terug, ek het jou môre eers verwag". Met dié raak Koos bewus van nog iemand by hom in die kas. Skielik val die pennie. Stamp ou Koos so liggies aan die ou langs hom en fluister hy: "Wil jy hoender koop?"  Fluister die ander ou: "Sjuut man dêmmit".  Wag Koos so 'n rukkie, stamp weer aan die ou en hierdie keer bietjie harder: "Wil jy hoender koop?" Sis die ander ou: "Hou jou bl$rrie bek!" Nog 'n rukkie later, hierdie keer heel hoorbaar, vra Koos: "Wil jy hoender koop?" Gryp die ander ou die hoender en prop R50 in Koos se hand. Ná 'n rukkie sê Koos eers weer saggies: "Gee terug my hoender". Sê die ander ou: "Bly stil, jy het mos jou geld". Ná nog 'n rukkie, harder dié keer: "Gee terug my hoender!" Reken die ander ou: "Vat jou flippen hoender en as ek hier uitkom gaan jy bars!" Lang storie kort: Uiteindelik word albei ná nog 'n paar "transaksies" vrygelaat en Koos hol daar weg met R250 én die hoender onder die arm! Tuis gekom, vertel hy vir sy vrou van sy groot geluk. Sê tannie Koos: "Ai, ou man, ek dink uit dankbaarheid moet jy die hoender vir ds. gaan gee." Gaat Koos weer dorp toe met die hoender onder die arm. Klop hy aan die pastorie se voordeur. Gaan die deur oop en ds. staan daar. Roep ds. uit: "Ag nee, al weer jy en jou hoender!"

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

Joos Pretorius
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 216
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstpruit
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Ford 2.2

Jaaa.... Swaer?

Joos Pretorius

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Hoe om haai aanvalle te voorkom

Swem saam met vet mense want die kans dat jy vinniger as hulle is en kan weg kom is goed.

Moenie in die see swem nie want 99% van alle aanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as ooseane. Die manier om vas te stel of jy in n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort na sout te proe.

Dokter die ander mense se sonblok met iets wat na gebraaide biefstuk ruik.

Swem met jou mes sodat jy die naaste swemmer aan jou kan steek met die mes sodra jy n haai gewaar en sodoende vir jouself n beter wegkom kans te maak

Haaie het n "theme song" as jy die volgende hoor swem vir jou lewe. da - dam da - dam da - dam. As dit so klink dadam dadam dadam is jy klaar in jou m*#& in.

Moenie paniekerig raak as n haai jou byt nie. Jy is in elkgeval in jou m*#& in en help nie jy probeer oorleef nie. Die mense op die strand sal dit waardeer, want  om iemand soos n mal mens te hoor skreeu en gil is nie lekker nie. (dink aan die kindertjies op die strand)

Luister na die natuur, dis God se stem.

The Accountant
Ou hand
Aangesluit: 16/02/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

Ha,ha,ha!!!! Julle is baie snaaks!! Gooi nog 'n paar dit help om van al die gagga goed te vergeet vir 'n paar minute.

Life was not meant to be easy!

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

OK LIEFIE!!!

ONS IS HIER.......

EK HET MOS GESE EK IS JAMMER!

JY KAN NOU MAAR UITKOM!

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Kan iemand vir my sê waar is die krans?

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Die Pope en Julius Malema is voor dieselfde crowd op ‘n moerabiese stage. Net flippen mense met banners en vlaggies waar jy kyk.

Die Pope leuen oor na Julius en fluister half vir Julius: “Do you know that with one wave of my hand I can make every person in this crowd go wild with joy? This joy will not be a momentary display, like that of your followers, but will go deep into their hearts and they’ll forever speak of this day and rejoice!”

Julius tune die Pope: “You are a silly old crazy man. I seriously doubt that. That cannot be done. With one little wave of your hand? You are talking nonsense you wrinkled old colonialist man. Show me this trick.”

Toe gee die Pope hom een mo#*#se flippen snotklap!

 

Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na 'n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet. Hulle kom toe in die restaurant aan en besluit om die kelnerin te vra: "Ag sal jy asseblief so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?" "Ja seker" is die kelnerin se antwoord, "'n Mens spreek dit so uit: Sspuuurr!"

Blond bel die brandweer en sê haar huis is aan die brand.
Die man vra: Ok hoe kom ons by jou uit?
Sy sê: Hellooo!! Met die flippen groot rooi lorrie!

 

 Goeiewense - Pieter

   

Moderator
Groentjie
Aangesluit: 04/02/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

 Net 'n vriendelike woord van vermaning aan almal. Ons almal hou van grappe, maar hou dit asb skoon. Vra jouself of jy jou en ander se kinders sal toelaat om dit te lees. Hierdie is 'n gesinswerf en of julle dit wil glo of nie, dit word ook deur kinders gelees. 

Indien 'n bydrae aanstoot gee sal dit summier verwyder word en die bydraer persoonlik aangespreek word. 

Dankie vir jul bydraes. Geniet die kuier en saamgesels. 

 

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life


Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

Ek het grap verwyder. Jammer as dit 'n bietjie rof was.

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Man klim langs sy vrou in die bed:

"Vanaand maak ek jou die gelukkigste vrou in die wêreld"

"Jy's nou simpel, sê sy. Wie gaan jou die tyd van die nag help trek?"

Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

hannesvn
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2000 Palma met 'n 1999 Hilux 4x4 enkelkajuit

 1 April gaan voortaan nie meer as "Gekkedag" of "April Fool's day" bekendstaan nie, maar as......

Malema-dag!!

Ek drink gladnie in die week nie. Net naweke....en saans. http://www.freewebs.com/johanneshendrikus/

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Die ds. besoek vir tannie Sannie en sy spog met haar goeie dokter. "Ds. sien, die ander dokters dokter jou vir jou maag en dan gaan jy aan jou hart dood. Maar my dokter is anders. Waarvoor hy jou dokter, daaraan gaan jy dood!"

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Law in South Africa

Two recent court cases, have earned the attention of newspaper readers in South Africa

1. One person was fined R1 000 for not having a TV license.
2. Another was released on bail for R500 after being arrested for murder.

The moral of this South African story: 

If you do not have a TV license and the inspector comes round, kill him. 
You'll save R500.


...It's the Right Thing To Do....

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1858
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

 

New Supermarket In Bradenton

A new hi-tech supermarket just opened in Bradenton, Florida. It has an automatic water mister to keep the produce fresh. Just before it goes on, you hear the sound of distant thunder and the smell of fresh rain.

When you pass the milk cases, you hear cows mooing and you experience the scent of fresh mown hay.

In the meat department there is the aroma of charcoal grilled steaks with onions.

When you approach the egg case, you hear hens cluck and cackle, and the air is filled with the pleasing aroma of bacon and eggs frying.

The bread department features the tantalizing smell of fresh baked bread & cookies.

I don't buy toilet paper there anymore.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Man gaan dokter toe en se dat hy dink sy vrou is besig om doof te word. Wat ken ek doen vra die man. Wel se die dokter jy moet op n afstand staan en haar iets vra teen n sekere stem toon. Jy moet nader en nader beweeg tot jy kan bepaal hoe ver sy jou hoor en daarvolgens sal ek vir jou kan se.

Die man kom by die huis en sit in die TV kamer en vra sy vrou "wat eet ons vanaand" Geen antwoord nie. Hy beweeg na die sit kamer toe en vra weer wat hulle eet. Weer eens geen antwoord. Hy gaan staan in die gang en vra weer wat hulle eet. Geen antwoord nie. Hy gaan staan in die kombuis deur en vra weer wat hulle eet. Geen antwoord nie. HY staan toe opgewonde reg agter sy vrou en vra weer "vrou wat eet ons vanaand?"

Met die draai sy om en se "ek het al vier keer gese rys, vleis en aartapels".

Luister na die natuur, dis God se stem.

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Die twee tannies sit en gesels...

Die een sê:

"My dierbare man is 'n Engel"

Die ander een sê:

"Jy kan bly wees myne leef nog...!"

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1858
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

'n Ou Boesman kry 'n spieël in die veld.
Hy weet nie wat dit is nie.
Skrik toe hy daarin kyk, want die gesig wat hy sien, lyk nes sy oorlede pa.
Elke keer as hy na sy pa verlang, kyk hy in die spieël en huil verdrietig.
Sy vrou wonder wat aangaan en gryp die spieël.
Sy kyk daarin en sien die lelikste vrou wat sy nog ooit gesien het.
Sy skreeu vir haar man: 'Jou gemors, is dit oor hierdie lelike vrou wat jy so tjank?'


Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

My seun gaan more vir n voortrekker kenteken . Die anglo boereoorlog.

Toe sy sussie vra vir watter kenteken werk hulle die keer was sy trotse antwoord.. Die aangename boereoorlog.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

SIPHO............sy baas vra hom hoe hy dit regkry om elke dag soveel K@k aan te jaag waarop hy antwoord: 'EK.....ek staan vroeg op!!'

 Goeiewense - Pieter

   

hannesvn
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2000 Palma met 'n 1999 Hilux 4x4 enkelkajuit

 Ouboet lê langs sy pa in 'n loopgraaf gedurende die anglo-boere oorlog. Die skote klap sporadies. So teen die middel van die dag vra ouboet: "Pa, hoeveel is ons Boere vandag?"

Sy pa antwoord: "Ons is seker so honderd en vyftig man"

So rukkie later vra hy: 'En die Engelse? Hoeveel is hulle vandag?"

Sy Pa antwoord: "Ek skat so tweeduisend, hoekom?"

"Nee, ek vra maar. Lyk my ons maak weer laat klaar vanaand!"

Ek drink gladnie in die week nie. Net naweke....en saans. http://www.freewebs.com/johanneshendrikus/

hannesvn
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2000 Palma met 'n 1999 Hilux 4x4 enkelkajuit

 So met die rugbykoors wat hoog loop, die volgende:

Die Bulle besluit om hulle beeld uit te bou. Hulle is moeg daarvan dat die bul-ondersteuners altyd as dom en oningelig uitgemaak word. Victor reël 'n groot saamtrek op Loftus, nooi die pers en TV, die lot. Die paviljoen sit gepak met al die ondersteuners.

Victor stap op die verhoog, en sê: "Vriende, baie dankie vir julle ondersteuning. Ons gaan vannaand vir die wêreld wys dat ons ondersteuners nié so dom is as wat almal dink nie. Kan ek 'n vrywilliger uit die gehoor kry asseblief?"

Steve spring op en stap vorentoe. "Steve baie dankie, ons voel geëerd om jou hier te hê. Sê vir my, wat is die vierkantswortel van 49?"

Steve lyk bekommerd, en skuifel rond. Na 'n lang ruk sê hy, "Elf?"

Victor se moed sak in sy skoene, die skare raak rusteloos. Die bulle wat voor sit fluister: "Gee hom nog 'n kans man!"

Victor vra vir Steve, "Hoeveel is agt maal agt?"

Nou is Steve uit die veld geslaan, na 'n baie lang tyd stotter hy: "Negentien?"

Victor slaan sy oë op, en Steve begin huil. Die Bulle vra harder: "Gee hom nog 'n kans, gee hom nog 'n kans!" Die skare begin saam dreunsing: "Gee hom nog 'n kans, gee hom nog 'n kans!"

Victor besluit, wel dis nou of nooit. Ons kan nie nou omdraai nie. Hy vra, "Steve, hoeveel is twee plus twee?"

Na nog 'n lang ruk antwoord Steve: "Vier!"

Manne, toe moes julle die skare daar op Loftus hoor soos hulle gil:

 

 

"Gee hom nog 'n kans, gee hom nog 'n kans!!"

 

 

 

Ek drink gladnie in die week nie. Net naweke....en saans. http://www.freewebs.com/johanneshendrikus/

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Telephones  

After digging to a depth of 100m last year, Russian scientists found traces of copper wiring dating back 1000 years, and came to the conclusion that their ancestors already had a telephone network one thousand years ago.   
    
 So as not to be outdone, in the weeks that followed, American scientists dug 200m, and headlines in the US newspapers read: "US scientists have found traces of 2000 year old optical fibres, and have concluded that their ancestors already had advanced high-tech digital telephones 1000 years earlier than the Russians."   
 One week later, the South African press reported the following: "After digging as deep as 500m, S.A. scientists have found absolutely nothing. The government have concluded that 5000 years ago, their ancestors were already using mobile phones due to cable theft problems."   

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 

Edward Longshanks het met 4 000 troepe Suid-Afrika toe gekom om die Boere op te hel... By die slagveld gekom sien hy doer in die verte op 'n koppie staan 'n figuur met blonde hare, kortbroek aan met 'n kam in sy kous.

"Rooinek!" skree die Boer op die koppie. "Kom hier jou Ingelsman I will gives you one helluva gatskop!"

Edward draai om na sy bevelvoerder en sê: "Take 20 men and deal with that Boer upstart!"

Die bevelvoerder stuur 20 man om die Boer te gaan soek. Tien minute later staan die Boer weer op die koppie. "You! English donner! Stuur the rest of your Rooinekke. I will voeter them almal op!"

Edward raak nou ietwat geirriteerd en sê vir die bevelvoerder: "Take 100 men and kill that little guttersnipe!" Die bevelvoerder stuur 100 man oor die koppie.

'n Rukkie later staan die Boer so waar as wragtig weer op die randjie en skree: "Hey, you ... I is just warming up! Come try me !"
Toe verloor Edward kop en stuur 400 troepe om die Boer dood te maak. Tien minute later staan die Boer maar weer daar. Sy klere is geskeur en sy hare staan wild. Dis net snot, bloed en Castle.
Weer skree hy: "Is dat de best ye can do? You bloody vrot pommies! Come on, come and have a go julle souties! Kom klap me stukkend!"

Rooi in die gesig sê Edward vir die bevelvoerder: "Take the rest of the men and don't come back until you have killed him!"
Vyf minute later kom een van die troepe al gillende en vol bloed oor die randjie gestorm: "You majesty!" skree hy, "It's a trap! There's two of them!"

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Boer Piet, was in n motor ongeluk.

In die hof, is die vervoer maatskappy se hot shot prokureur besig om hom te ondervra.

Het jy, op die ongeluks toneel gesê: Eks orraait! vra die prokureur.
Piet: Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei, Bessie, op die sleepwas gelaai en... 
Prokureur val hom in die rede: Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag. Het jy, op die ongeluks toneel gesê: Eks orraait! Ja of nee?

Piet: Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad...

Prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter: Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel, dat hierdie man, by die ongeluks toneel, aan die verkeersman gesê het dat hy oraait is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is bedrieër. Sê asb vir hom hy moet net die vraag beantwoord.

Teen hierdie tyd is die regter al redelik geintresseerd in Piet se storie oor Bessie, en sê vir die prokureur: Ek wil graag sy storie oor die koei hoor.

Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. Wel, soos ek gesê het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik n helse trok van die kant af kom, n stop straat skip en my bakkie en sleepwa binne in hulle m%#r in ry. Ek is eenkant toe gegooi in n sloot en Bessie anderkant toe in n ander sloot. Ek was seer, nogals erg seer en wou nie beweeg nie.
In elk geval, ek het toe vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te luister na haar kreune. Nou, net na die ongeluk, kom daar n spietkop op die toneel aan en hy het ook Bessie se gekerm gehoor, so hy het toe nader aan haar gegaan. Nadat hy na haar gekyk het en die toestand gesien het waarin sy was, het hy sy pistool uitgetrek en haar tussen die oë geskiet.

Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nog steeds in sy hand, en hy vra: Hoe voel jy?
Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de HEL sou JY vir hom gesê het?

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Ah! Briljant! Hier is een vir die mans en die dames, wat seker nie te happy gaan wees oor die stukkie nie:

'n Vrou loop eendag oor 'n gholfbaan na die water toe waarin sy haar gholfbal geslaan het. By die dam sien sy 'n padda wat verstrengel is in 'n hopie alge. Die padda roep vir die vrou "Help! Help, asseblief!"

Die vrou loop na die padda toe en maak hom los. Die padda sê, "Omdat jy my bevry het mag jy drie wense kry." Nou, omdat die padda kan praat twyfel die vrou nie in die padda se bevoegtigheid om wense waar te laat raak nie.

"Okei, ek wil die mooiste vrou in die wêreld wees," sê die vrou.
"Dis reg so," sê die padda, "maar net een ding - alles wat jy kry, kry jou man tienvoudig."
"Nee, nee! Dis reg so! Laat ek mooi word!" sê die vrou.
"Maar onthou jou man gaan tien keer mooier as jy wees! Al die vrouens gaan verlief wees op hom."
"Ja, maar ek gaan die mooiste vrou wees, so hy sal net oë vir my hê."
"Right." 
En die vrou word toe die mooiste vrou.

'n Paar dae later gaan soek die vrou die padda vir haar tweede wens.

"Padda, dis nou goed en wel dat ek die mooiste vrou is en my man die mooiste man, maar ek wil die rykste persoon in die wêreld wees!"
"Okei, maar onthou, jy sal eintlik die tweede rykste persoon wees, omdat jou man tien keer ryker as jy gaan wees," antwoord die padda.
"Nee! Nee! Dis reg so! Laat dit waar word!"
"Is jy seker jy verstaan die implikasies van jou besluit? Onthou jou man..."
"Hou op! Ek verstaan! Gee my my geld!" gil die vrou.
En die vrou word toe die tweede rykste persoon in die wêreld, en haar man die rykste.

Na 'n paar weke is die vrou ongelukkig want haar man wil haar los en al haar goed vat. Sy het immers vergeet hulle is binne gemeenskap van goedere getroud.

"Padda! Gee my my laaste wens! Ek wil 'n ligte hartaanval hê! Een wat ek sal oorleef. My man wil al my geld vat en my met niks los!"
Moeg van met die vrou stry, laat die padda haar 'n ligte hartaanval kry. Wat sy oorleef.

Maar

Haar man se hartaanval is tien keer LIGTER en hy oorleef. Dagvaar haar. Vat al haar besittings.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ou 'Van" en sy vriend speel 'n rondte golf. na die derdegat vang hulle op met twee dames wat bietjie stadig speel.

Van maak die voorstel dat sy vriend hulle gou gaan vra of hulle kan verbyspeel. Vriend het net so halfpad geloop en vinnig weer omgedraai en terug gekom.

Van vra toe wat is fout waarop vriend antwoord dat dit sy vrou en sy skelmpie is wat daar speel!! 

Van stap toe maar self om hulle te gaan vra en draai toe ook vinnig in sy spore om!! Vriend vra toe wat nou aangaan waarop Van antwoord....'Dit is maar 'n ou klein wêreldtjie die!"

 Goeiewense - Pieter

   

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2230
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

 

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 48 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • PaulS
  • deonhitchcock
  • Pieter Schultz
  • Harry Du Randt
  • Christo de Wit
  • Spiderman
  • JC
  • Secundant
  • Corriev
  • Francois Malan
  • Mufasa
  • Andries Pretorius
  • Tazz123
  • Frikadel
  • EGO
  • Benzan
  • WilleWillemien
  • Andre Beyleveld

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.