Jag, jou lekker ding!

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek wik en weeg al lank om die onderwerp te begin, en het dit nou wel goed gedink om tog te doen. Ek is n baie aktiewe jagter, wanneer die finansies en tyd toelaat, en sou graag by my mede kampers, mans en beslis vrouens wou hoor waar hulle die jaar beplan om te gaan jag, en dan ook terugvoer te gee oor suksesvolle jag togte.

Kan ek vra dat indien jy een of ander vreeslike ding of wrok ens. teen jag het, dat jy jou eie draad daarvoor skep, en nie die een kaap nie. Baie dankie!

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2230
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Pierre,

Ek is ook aktief in die jagveld, en wag net  vir die regte geleendheid.

Ek sien wild pryse is hierdie jaar ski high, want almal wil mos nou op die gravy trein ry.

Ek en 'n pel van my beplan een of ander tyd in Thaba se wereld, en my broer het vir ons plek in Alldays.

Ek het baie jare in die Natal area gejag, maar die eienaar is oorlede in tussen.

Ek myself het kontak gemaak met 'n boer in Zeerust area , maar hy laat net boogjag toe, en ek is 'n geweer jagter, nie Robin Hood nie.

Jaar voorlaas 'n mooi koedoe en eland gekry, en die vleis is nou klaar ! Die deep freeze skree vir my !

Joey hou nie van jag nie, maar ver vreet haar aan die biltong !

Sal op hoogte hou van jagte en fotos !

Hennie

 

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Agter-os
Ou hand
Aangesluit: 18/12/2009
Inskrywings: 155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

 Ok. Ek sal nie die draad kaap nie alhoewel ek anti jag is maar die idee van Henniev in n paar groen "tights" ala Robin Hood is seriously scary!

 Het 'n gepakte Fleetline en is nie bang om hom te gebruik nie

jhf
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 58
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vredendal

 Goeie môre!

Stem saam, die pryse is nogal wild vanjaar. Ek en my kollega gaan vandag vir so drie dae Pofadder toe vir 'n springbokjag. Intussen wag ek vir 'n nuwe lisensie aansoek om goedgekeur te word. Geduld is seker maar die wagwoord.

Groetnis

Jan Fourie

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

Hi Pierre

Ek gaan weereens die jaar gaan "jag". Ons ry die 2de Junie Rietbron toe om te gaan koedoes jag. Ek het seker te 'n klein hartjie, maar al waarmee ek skiet is 'n kamera. Ek geniet altyd die jag maar het nog nooit 'n skoot afgetrek nie.

Die ander kant van die storie is date jag nie meer 'n bargain is nie. Ons dagfooie die jaar is R300 en koedoes gaan teen R2000 'n bul en R1800 'n koei. Die 3 dae jag met koedoe bul gaan my R3200 kos. Dan moet die vleis nog deur 'n slagter bewerk word wat ook weer 'n hele paar rand gaan kos.

Vir my gaan jag dus maar meer oor die kans om paar dae in die natuur te spandeer, aangesien ek weerens die jaar nie 'n geweer saam vat nie. (As ek wil vleis hê skiet die anders ouens maar vir my)

 

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Ek jag nie meer nie - het my 30-06 vir my seun gegee. Vroeër jare het ek graag gejag, maar dit het gewoon te duur geword. Maar ek vrek steeds oor biltong!!!

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2230
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

  

Agter-os wrote:

 Ok. Ek sal nie die draad kaap nie alhoewel ek anti jag is maar die idee van Henniev in n paar groen "tights" ala Robin Hood is seriously scary!

 

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek sien wat julle manne hierbo van die pryse se, en ek moet saamstem dat dit absoluut belaglik geraak het as mens moet in advertensies soek na jag plek. Ons groep wat Douglas toe gaan is gewoonlik twaalf mans, so ons dagtarriewe word aangepas, en dan laat skiet die eienaar steeds teen twee jaar terug se pryse, wat natuurlik ook baie help.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Dit is vir my sleg dat ek die draad begin het, en kom nou self nie by die komper uit om saam te gesels nie.

Ek is my self n baie aktiewe jagter, en waar dit toelaat gaan jag ek elke jaar vir nagenoeg vyf dae in Douglas (NoordKaap), waar ons natuurlik lekker Gemsbok en Springbok plattrek. Ek skiet feitlik slegs vir die pot, en maak die minmum biltong en droe wors. Ook het ek hier die afgelope twee jaar volstruis geskiet, waarvan die vleis nie vier maande na die jag hou nie.

Dan het ons vier van ons vriende n "palle jagnaweek" alleen in Ellisras, op die oewer van die limpopo, onder die wonderlikste Matoppie bome. Hierdie is natuurlik n lekker bosveld jag, waar daar gewoonlik rooibok, of blouwildebees geskiet word.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Mak Muil
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 60
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ryno T wrote:

........... koedoes gaan teen R2000 'n bul en R1800 'n koei. ........

Ryno, ek dink nie daai is te slegte pryse nie. Baie beter as wat ek sover hier in die Noorde kon kry!

Ek sleep 'n Jurgens Xplorer met 'n Pajero DiD

Rudi en Hendrin...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/01/2010
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Potgietersrus

Ekself begin al erg opgwonde raak oor hierdie jaar se jag. Ons gaan die afgelope 13 jaar op dieselfde plaas jag. Hierdie jaar is dit klein Rudi se beurt om sy eerste bok te skiet, sy sussies het al elkeen 'n beurt gehad. Hy is meer opgewonde as sy pa. Gelukkig is ons pryse nog heel billik. Sal einde Junie laat weet hoe dit afgeloop het.

Lekker jag aan die jagters wat voor my in die bos gaan wees.

Rudi

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 420
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

Ek stem saam met Mak Muil. As ek koedoe in die bosveld kan kry teen daardie prys vat ek twee.


Ek gaan hierdie jaar maar verby en sal volgende jaar inhaal (As die finansies ook beter lyk)

***********************

Groete

Chris Müller

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

En dan gaan jag jy en kom op die af, die ma is sopas doodgeskiet!

AanhegselGrootte
DSCF0006a.JPG 57.87 KB

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

En nou is alles weer deurmekaar!!  Sorry ek hakkel!

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

Nico Willemse
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1250
Gebruiker van lyn af.
Plek: Potgietersrus

Ek en my seun gaan volgende naweek kyk of hy sy eerste koedoe kan kry.Hy is ook so opgewonde dat hy die dae al afmerk.

Groete

VIto  Penta kombinasie

"Vakansiehuise is vir die wat dit nie kan bekostig om te kamp nie"

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

Ek ry vandag 1 uur Rietbron toe vir 4 dae jag trippie. Sal aan julle manne by die werk dink as ek more daar tussen die karoobossies stap.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Wens ek kon saam gaan - het nie geweer nie maar kan skiet!


Eintlik hou ek daarvan om kamp sjef te speel - sal lekker kosises vir julle opdis vir 'n bietjie Springbok biltong!!


  










 Goeiewense - Pieter

   

Ventertjie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 09/05/2010
Inskrywings: 63
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Jag, jou lekke ding!??????


Wat is so lekke daaraan om 'n onskuldige bokkie te skiet terwyl hy loop en wei? Voel jy soos 'n Yster as jy hom geskiet het? Het jy hom iets gegee om homself se verdedig? Wonder of hierdie moordenaars wat so mense vermoor terwyl hulle in hulle huise slaap en hulleself nie kan verdedig ook mag se Jag, jou lekke ding!


As jy vleis soek, gaan koop dit by jou slaghuis. Daar is reels en regulasies wat verseker dat die diere 'n vinnige dood sterf. En dit is uitsluitlik ingestel op voedselproduksie. Nie soos jag wat ingestel is om minderwaardige mannetjies goed oor hulleself te laat voel nie.


En jy kan gaan skyfskiet by die kerk bazaar.

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

Pierre vdM wrote:


Kan ek vra dat indien jy een of ander vreeslike ding of wrok ens. teen jag het, dat jy jou eie draad daarvoor skep, en nie die een kaap nie. Baie dankie!



Ventertjie, dit lyk my jy lees net wat jy wil! Pierre het dan mooi gevra!

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Sê hom Piet.....sê hom!!  










 Goeiewense - Pieter

   

Ventertjie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 09/05/2010
Inskrywings: 63
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Sorry ek het nie gelees nie, net die opskrif gesien. Nie regtig belanggestel in al die jagstories nie.


Vee dan maar uit. Hulle laaik mos anyway om my kommentaar uit te vee. Ten minste gee ek die keer toestemming. Moet net nie my ou hondjie, katjie en voeltjies hier in die tuin kom uitvee met julle jaggewere nie. Oor die tannie kan ons onderhandel.

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

Ek beplan om vannaf 16 tot 20 Junie te gaan jag anderkant Thaba Dwaalboom se kant toe. Die koedoes het lekker sonneblomme gevreet en dis tyd om biltong te maak. Die tyd in die veld maak jou weer mens. Venterjie, duidelik weet jy niks van wildboerdery af nie. Die getalle moet uitgedun word anders kan jou veld nie die getalle hanteer nie. Jy moet water aanlê, soms voer koop. Die aanwas is natuurlik, nie menslik beheer nie. Die uitdunning is menslik beheer. Ek gaan nie uitbrei oor die slaghuise nie, maar daardie wildsvleis se bokke val nie net self om nie - die beeste en skape ook nie!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ventertjie dit is nou mooi van jou gewees hoor!  










 Goeiewense - Pieter

   

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

Daar sê ek dit dubbel!!!

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2230
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Kry vanoggend 'n paar moordenaars langs die pad met hulle croozers en yskas trailers en hulle camo klere, seker oppad noorde toe.....

Hoe kry ek nou so 'n jaloesie ......boek sommer af siek......

  

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Jerina
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 19/04/2010
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek sal bitter graag eendag 'n bokkie wil plat trek. My pa jag maar so aan en af soos hy geleentheid kry.

Intussen reel ons met 'n jagter vir 'n bok of wat en dan werk onsself die vleis.  Het juis gister die hele middag gewerk aan 3 rooibokke.  Ooo biltong, jou lekker ding! Wink

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

EK SIEN IN VANDAG SE BEELD - DIE OUENS KAN MAAR WEER WILDSVLEIS VAN NAMIBA AF AANRY SA TOE.

Nou wag ek vir al daai biltong wat moet kom!!  

 Goeiewense - Pieter

   

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

My jag was toe heerlik. Min geslaap, baie gekuier, 'n boks patrone uitgeskiet en alles gemis. Kon nie vir beter jag vra.

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2230
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Ryno T wrote:

My jag was toe heerlik. Min geslaap, baie gekuier, 'n boks patrone uitgeskiet en alles gemis. Kon nie vir beter jag vra.

Ryno T

Hierdie draad is nutteloos sonder foudies!!!!!!!

waas die foudies???

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Hennie, sou jy nie reeds gaan jag het nie? Indien wel, waar is die fotos?

Ek myself is aan die bewe van die opgewondenheid. Nog net 16dae, dan is dit Douglas toe. Oppad soontoe sal ek maar 'n mossie in Nigel skiet. (LOL)

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 60 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Pieter Schultz
  • Harry Du Randt
  • deonhitchcock
  • Spiderman
  • JC
  • Secundant
  • Corriev
  • Francois Malan
  • Mufasa
  • Andries Pretorius
  • Tazz123
  • Christo de Wit
  • Frikadel
  • EGO
  • Benzan
  • WilleWillemien
  • Andre Beyleveld
  • JM

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.