Dis Woensdag - Wat braai jy vanaand?

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Woensdag is mos "klein-Saterdag" en daarom braai ek op Woensdae. Is daar ander ouens / vrouens op die forum wat ook op Woensdae braai?

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1607
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Soos wat it tans hier in die baai reen gaan ons swem vannaand, nevr mind braai!

Ofskoon dit nou klein-saterdag is aldan nie, by ons in naweke braai tyd en as die weer op enige ander dag goed lyk, en ons is lus vir braai dan maak ons so. Ons het nie 'n spesifieke dag vir braai nie.

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

AltenWahl
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Panorama - Wes-Kaap

Ek braai vanaand Kerrie hoender sosaties (in Ian se kerrie sous vanaf Saterdag) en wors met baie koljander+peper en min naeltjies.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Abie,
Ja ek braai ook gereeld Woensdae. Ook Donderdae Saterdae, Sondae , Maandae en Dinsdae.
Vanaand 'n lekker ontbeende skaap blad met knoffel en ander "goodies" gestop.
Alten. Het dit ophou met reen of braai jy sommer in die sitkamer?

AltenWahl
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Panorama - Wes-Kaap

Dit reen nie op die oomblik nie, maar ek verskies maar om binne (nie in die sitkamer nie) te braai in die koue.

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Ek braai net op dae wat 'n r in het..... Maandrag, Drinsdag, Wroensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag en Sondrag.

Groete

Hans.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Mooi so Hans.
Ek moet dit vir Marie wys sodat sy kan sien ek is nie die enigste braaimal ou in die land nie.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Nee wat, ek is seker maar 'n suurgat. Ek braai net wanneer daar iets gereel word by die huis, verder net vir ons twee miskien so nou en dan. Verder braai ek wanneer ons gaan kamp.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Jaco Zaayman
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1391
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kraaifontein
Ek sleep 'n '04 Jurgens Palma met 'n '05 Ford Ranger 2.5XLT DC 4x2

Ek braai elke Saterdagaand, en soms een maal in die week, maar ek kan nie 2 aande in 'n ry braai nie, anders is my maag heel omgedinges.....

As ek 'n lekker steak het, gaan hy na die gasbraai toe, niks kan 'n steak doen soos die gasbraai nie...

Die lewe gaan nie net om kamp nie, mens moet soms slaap ook!

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Ja myne, maar het dit op die ander draad gese so rukkie terug al... hehehe

Ek het net die Sateroggend 'n vergadering wat ek moet bybring.

Ek reken Zigi sal seker ook kom kamp terwyl hy op sy laptoppie werk!!!

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Ja so praat die manne wat van n vleisie oor die kole hou. Ek moet maar wag vir n geleendheid en as dit te lank vat skep ek sommer een. Daardie ontbeende blad klink na iets lekker, sal die idee gebruik dankie. My mond water nou so ek dink ek moet n geleendheid gaan skep.

Luister na die natuur, dis God se stem.

Kalaharikind
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 639
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone

Ag nee, dis so winderig hier ek sien nie eens kans vir kook nie.
Ek gaan nou die kaggel aan die brand kry, en hoop vir kosinpirasie.

Wilson Terblanche
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 328
Gebruiker van lyn af.

Ek en ma is nou nie gewoonte drinkers nie maar het tog die gewoontetjie om Woensdae en Vrydae aande of 'n bier of 'n soetetjie, as dit so koud is soos vanaand, of een wyntjie te geniet voor ons aansit vir ete.
Ons verkies om Saterdae en dalk sommer ook Sondae 'n vleisie op te gooi. In Mosselbaai kan 'n man nie sonder 'n binne braai nie (het ook 'n los buite braai). Ek maak pary keer sommer net 'n kuier vuur om die huis warm te kry.
Ek smile vir die binnelanders wat af trek hierna toe en dan ruim huise bou sonder 'n toe (binne) braai. Net na die eerste winter sien jy gou-gou hoe die braai toegebou of verander word.

Wilson& Christina Terblanche

Hartenbos

082 577 0945

X Trail 2.5. / Gypsey Raven

Remember to enjoy the scenery while going on a detour

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Ons is ook baie lief vir braai. Ek braai defnitief elke Woensdag en Saterdag en gewoonlik maak ons Sondae 'n potjie om weer bietjie groente in te kry. Ek moet erken as 'n mens kamp en elke dag braai dan verlang 'n ou nogal na pasta, pizza of iets soos rys, sous en groente

Lekker kamp en braai

Aubrey

<

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Aubrey, vir groente braai ons soms hoender op Sondae..............

Groete

Hans.

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Hans,

Ek braai ook nie sommer vark nie, want my vrou is glad nie lief daarvoor nie, maar 'n varktjoppie met bladjang op smaak vorentoe.

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Ek is weer stomgeslaan, maar die keer vir 'n ander rede.

Een ding is baie duidelik.
"Artificial Intelligence is no match for natural stupidity."

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Chris, wat byt nou weer?

Groete

Hans.

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Hans

Ek hou nogal van daai hoender as groente idee. Dit is amper soos skaapslaai (skaaptjops )

Aubrey

<

Kalaharikind
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 639
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone

My vuur brand, vanaand gooi ek 'n skaaptjoppie op die kole - sal later wonder oor die groente.
Wat braai julle ouens?

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Sopas klaar gebraai, lekker vark nek tjoppies met baie speserye op en 'n klein stukkie steak vir my vrou

Aubrey

<

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1926
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Het gestaand so paar vark tjoppies gebraai.

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Ek is nog besig om die Volstruissteak te verteer.....

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Het lekker Vark Ribs gebraai! Spur kan kom leer! Smile

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Het lekker Vark Ribs gebraai! Spur kan kom leer! Smile

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Gepraat van Ribs - Ek het hier in Pretoria 'n plek ontdek wat aan Dros hulle vleis en souse verskaf. Man, ek braai daai steaks en ribs beter as wat Dros se mense van kan droom.

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

G_kamp
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 49
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harties
Ek sleep 'n 1992 Sprite Super Sport met 'n 2011 Nissan Navara 2.5 d D/C

Abie, nou waar is die adres. Ek het self n swak plekkie vir ribs. Ek het gisteraand n snoek gebraai. Sommer n gevriesde een by Spar gekoop. Was heel lekker.

Graham

Kamp te min maar droom baie.

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Die plek se naam is Helga's en hulle is op die hoek van Axel & Simon Vermootenstraat in Waltloo (Tussen Ford & Wetherley's).
Probeer gerus ook hulle Irish Lamb Pie - Dis die lekkerste Pie wat jy ooit sal eet en dis genoeg vir 'n gesin van 4.

Ek het daar vir my 'n 1 Liter blik-koffiebeker gekoop vir wanneer ek gaan kamp. Smile

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

gaan daai blik koffie beker net aangewend word vir koffie..............?

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Ons sal maar moet sien. Ek dink die coke kan dalk so bietjie flat raak.......

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Andre,

Se my nou of ek verkeerd redeneer : As ons kamp drink ek so 10 glase Red Heart & Coke per aand, waarvan ek weer so 3 uit piepie. My liggaam het dus 7 glase Red Heart & Coke per dag nodig?

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 79 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Tazz123
  • deonhitchcock
  • Christo de Wit
  • Mufasa
  • Frikadel
  • EGO
  • Francois Malan
  • Benzan
  • JC
  • WilleWillemien
  • Andre Beyleveld
  • JM
  • Stalkersa
  • Len Loader
  • Christie
  • Perdeby
  • Secundant

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.