Die prys van diesel.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Het jy al opgemerk hoe die prys van diesel van vulstasie tot vulstasie wissel? Die algemene prys vir 500ppm is oor die R8-00/L op die oomblik. Die Shell vulstasie in Melville, hier in Jo'hies, se prys is op die oomblik R7-97, terwyl die Engen by Princess Crossing, aan die Wesrand, se prys op die oomblik R7-80/l is. So as jy Wesrand toe ry en jy gebruik 500ppm, stop gerus by Princess Crossing.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1350
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

WilleWillemien,

Jy's nou daai ou wat geseg het: "As jy in Upington is en jy's lus vir 'n lekker groot, smelt-in-die-mond "steak", perfek gaargemaak volgens jou keuse en met net so klein stukkie vet om die kant ... dan ry jy POLOKWANE toe!!!!

Jy laat my nou dink: Het jy al probeer om eerder 50ppm diesel in te gooi? Weet nie van die nader manne nie maar dit maak nogal 'n verskil aan my verbruik ... bedoel my voertuig se verbruik!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hi Footloose

Ek gebruik net 500ppm.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Wilsur,

Waar is die goedkoop plek waaroor jy so brag, of noem 'n mens nie die naam in 'n beskaafde geselskap nie?

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

WilSur wrote:

  • BMW 320d handrat, 1000,000

 

Liewe genade Willem, op hoeveel enjins/turbos was dit?  

 

Groete,

Jacques

 


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Jacques, ek is net nuuskierig - "stir" of roer  jy nou of krap jy net waar dit nie jeuk nie??

Jy sal mos nou al wat 'n BMW eienaar is op jou nek he?

LOL

Arie

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

He he he Arie - ja nee, seker 'n teer sakie, maar ons almal weet mos daai 320d's het turbos geblaas soos niks anders nie...   

 

Groete,

Jacques

 


 

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1350
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Willie,

Ek gooi nou al seker vir die afgelope 3-4 jaar net 50ppm in (waar dit beskikbaar is). Wanneer ek noodgedwonge 500ppm ingooi vind ek dat ek ongeveer 'n kilometer per liter minder kry as met 50 ppm m.a.w met 50ppm is verbruik omtrent 12.7 km/l en met 500ppm is dit minder as 11.7 km/l.

Ek ry 'n 2009 Fortuner 3.0 D4D 4 x 2.

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Een of ander kenner van die goete het eenkeer vir my gesê ek moet Sasol diesel gebruik. Ek kan nie onthou nie of het nie verstaan hoekom nie. Nou gooi ek maar net Sasol in, en ja, ook 500ppm. My kar is so oud, hy sal nie weet wat om met sulke grênd diesel te doen as ek 50ppm ingooi nie!

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Sasol het altyd diesel met die laer swael-inhoud gehad, voordat die 50ppm verskyn het. Ek het al met verskeie voertuie ondervind dat hulle nie lekker "trek" met die Sasol diesel nie.

Probeer bietjie 'n tenk Engen Adri - hy gaan jou dalk net verras.

 

Groete,

Jacques

 


 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Willie

Die prys van diesel is nie vas soos petrol se prys nie, ek gooi nou al BAIE lank by die selfde plek 500ppm in teen BAIE goedkoper as ander plekke.

Footloose, (Naamloos),

Ek kon nog nooit die verskil agterkom nie, miskien met die nuwe voertuie. 

Ek het nog aldie tyd net 500ppm gebruik op die volgende:

  • Ford 2.5 d/k amper 100,000
  • Surette se Gets so 80,000
  • BMW 320d handrat, 100,000 (herstel)
  • BMW 320d Auto, 100,000
  • Kyron tans op 95,000

Nog nooit enige probleme met diesel gehad nie, soek altyd die goedkoopste plek.

Jaco,

Dit is die plek links voor Daspoort tonnel in 'n Suidelike rigting (sal die prys vanaand plaas)

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Wilsur, as ek reg onthou, is dit 'n Shell-garage. Shell se diesel is oral goedkoper as die ander - weet regtig nie hoekom nie. Verder is landboukoöperasies se diesel ook goedkoper - net jammer hulle is maar skaars en ver van my af in die stad.

Dankie Jacques. Ek sal volgende keer as die Pajero amper leeg is Engen ingooi. Die motorhawe naaste aan my huis is hoeka 'n Engen-garage.

My Pajero het een van die tweedehandse enjins wat van Japan af ingevoer is in. Hy rook swart wanneer ek vet gee hier in die binneland (snaaks nie by die see nie), wat my laat dink dat hy gestel is vir seevlak. Daaraan kan seker nks gedoen word sonder om 'n halwe maand se salaris uit te haal nie?

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello julle.

Ek het ook nog nooit 'n brandstofverbruik vergelykingstoets gedoen nie. Ek gooi so nou en dan 50ppm in as die 500ppm op is by 'n vulstasie, of as ek by die Sasol naby ons huis, wat net 50ppm aanhou, 'n bietjie moet ingooi om by die goedkoper een uit te kom. Ek sal tog op 'n stadium so 'n toetsie doen.

Jaques, 230559km op die klok. Alles is nog oorspronklik. Onthou die 500ppm diesel bevat net meer swael as die 50ppm. Die swael veroorsaak dat jou olie vinniger swarter en dikker word. Hedendaagse olies maak heeltemaal hiervoor voorsiening om te sorg dat die olie nie so gou dik word soos 'n paar jare gelede nie. So dit het met die diensintervalle te doen. Hoe skoner diesel jy gebruik hoe langer kan jy jou diensintervalle rek. Ek ruil in elkgeval elke 8 0000-10 0000km olie en elke 20 000km die filter saam. Ek het die kar gekoop met 165000km op die klok, so twee jaar gelede en die vorige eienaar het hom op plaasdiesel gery, wat 500ppm is, want hy was 'n boer. 'n Turbo se doodsteek is swak smering gepaard met hitte. Om dit beter te hanteer gebruik ek 'n doepatjie saam met die enjinolie asook so nou en dan saam met die diesel. Dit verminder wrywing drasties en hou die hitte laag. 'n Direkte-inspuiting dieselenjin het nie veel nonsies wanneer dit kom by skoner of vuiler diesel nie.

Die Engen garage is by Princess Crossing, aan die Wesrand. As jy verby Westgate inkopiesentrum ry in Krugersdorp se rigting is hy net 'n entjie verder aan op likerhand.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ja nee, dis goeie myle Willie.

My Golf4 TDI wat ek trots splinternuut in 2001 gekoop het, het ek ook pynlik net met Sasol se laer swaelinhoud diesel getap. Op 130000km het sy turbo in elk geval gekalf. Dit was nie lekker nie.

 

Groete,

Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ja, die doepatjie wat ek saam met al my olies en diesel gebruik is Prolong AFMT, vir ingeval iemand wou weet. 500ml saam met elke olieruil(die Pajero se sump vat 8,5l olie) en 500ml in 'n vol dieseltenk so elke sede tenk. Auto ratkasoilie=6% to the volume en diff en transfercase=10% to the volume. Gebruik dit al vanaf 1992 in alles wat beweeg saam met die ghries. 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

WilleWillemien,

Toe ek die Prolong sien dink ek , hiers moeilikhied. N Vreind van my gooi net skoon Prolong engine olie in sy trokke met dienstye en hy het gedurig engine probleme wat oppak ens. Ons praat hier van by die 30 liter op 'n slag.  Maar soos jy dit gebruik is daar sekerlik nie mee fout nie, omrede jy altyd 'n sukses daarvan het. Met die trokke se kragstuurkaste is hulle met die baie werk geneig dat die seeltjies  gaan, en daarvoor is Prolong se engine olie net die maaitjie vir hom. Dit stop die lekplek op die seels en die kragstuur gee glad nie probleme nie. Die lekplek geld veral waar die stuurstang by die kragstuurkas uitkom

Jammer dat ek die draad gekaap het.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello Ryno.

Nie 'n probleem met die kapery nie. Diesel is mos olie. Kom ons gebruik die draad en klets sommer lekker oor diesel en allerhande smeermiddels en hulle voordele en probleme.

Ek is seker jou friend se probleem met sy trokke se enjins word nie deur die Prolong veroorsaak nie, as ek jou nou reg verstaan. Ek ken die produk al vandat dit in die vroege 1990's hier in SA bekand gestel is, was intensief betrokke by die bemarking daarvan en gebruik ook die Prolong 15w40 dieselolie in my kar. Die produk werk goed. Laat alles rustiger stap. Amper soos die renostertjie in my oggend-kampkoffietjie voordat ek 'n Drakensberse staproete aanpak.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

WilleWiilemien,

Ja, dit was maar net die gedagte en seker verkeerd. Die gevoel was net dat die oliekanale verstop word en dan nie genoeg olie deurkry om alles te smeer nie.

Ek aanvaar jou woord.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ryno, is die vriende van jou wat die produk gebruik se van Vorster? Ek sien jy woon in hulle omgewing. Indien wel, hulle koop al die produk by my vanaf+- 2000.

Groete

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

WilleWiilemien,

Heng, jy is wraggies slim. Ja, Braam Vorster en hy bly in Wierda Park, Centurion wat sy plot anderkant Hercules uit is. Maar die wereld is klein. Ek het ook al olie deur hom gekoop vir my trokke so ek gebruik dit nou en dan.   Ek hoop nie jy verstaan my verkeerd oor die olie nie, maar ek net gewonder oor dit omrede hy al probleme opgetel het.

Jy moet my laat weet wanneer jy weer vir hom olie vat, sodat ons mekaar daar by hom kry. Dit help nie ek vra hom nie want hy is altyd besig en vergeet wat nie belangrik is nie.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello Ryno.

Ek versprei nie meer die produk nie, maar koop dit nog steed teen die verspreiders-aankoopprys by een van die ander ouens aan. Ek weet van Braam se probleme, maar dit was 'n hele paar jaar gelede. Van die lee houers was blykbaar met 'n ander vloeistof gevul en toe dit by olieruiltyd kom het hulle met die nuwe oliehouers deurmekaargeraak. Ek weet van sy dieselpompprobleme en het destyds nog analise toetse vir hom laat doen. Sy broer, ek dink sy naam was Andre en een van hul vriende/familie wat noord van Pretoria op 'n plot bly het ook gereeld by my olie gekoop.

Bel gerus vir Derek de Wit op 0834123472. Ek is seker hy sal jou vinnig kan help. Noem ook gerus vir hom dat jy sy nommer by my gekry het. Ek weet hy diens baie van my ou klante.

Groete daar ou maat.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 220
Gebruiker van lyn af.

In my familie kom ons agter dat die 500 ppm diesel heelwat probleme veroorsaak en ons gooi dus net die skoon diesel in ons voertuie.

My Jeep en my dogter se Micra rook sleg as ons die vuil diesel gebruik. My vrou se Mercedes, aan die ander kant, verbrand die ekstra roet wat die vuil diesel in die katalisator laat en dit veroorsaak hoër brandstofverbruik en ook dat die passasierskajuit van die kar baie warm word.

Sodra ons skoon diesel ingooi hou die twee karre op om te rook en die Mercedes se brandtofverbruik daal en sy kajuit bly koel.

Ons weier ook om diesel in te gooi by Sasol want hulle is gewoonlik 30 tot 40 sent per liter duurder met hulle lae swael diesel as wat Shell of BP vra. Engen verkoop natuurlik glad nie skoon diesel nie en die enigste Total garage in ons omgewing is net so duur soos die Sasol motorhawes.

 

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

WilleWillemien,

Ja, jy sien sulke dinge van omruil het ek nie geweet nie. Kyk, hulle is haastige mannetjies en ek kan glo dit sal gebeur hehehe. Maar die skade is nie so lekker nie       Ek ken vir Andre ook baie goed en die familielid is seker Johan Buitendagh wat jy geken het. Ek laat Braam maar vir my die olie bestel wanneer nodig. 

Amper het ons mekaar ontmoet sonder om te gaan kamp.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ja, ou maat. Die wereld is baie klein. Dit is Johan. Hyhet sommer 220l dromme by my aangekoop en 20l griese.

Ek is seker ek het al met sommige van die mense op die forum paaie gekruis so tussen 1998 en 2003.

Veral die van julle wat in Ellisras, Thabazimbi, Rustenburg, Brits, Warmbad, Louis Trichard, Mesina ens woon. Ek het gereeld by Thabazimbi se Wildsfeeste en in Warmbad se Winterfeeste saam met Bosveld Onderdele van Thaba uitgestal en pryse geborg. Ek het nog heelwat fotos van die 4x4 kompetisies wat gedurende die Wildsfeeste by Thaba aangebied is.

Groete almal.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Gister gooi ek weer diesel in by die Shell diensstasie hier in Melville. Net genoeg om my na werk by die Engen aan die Wesrand te kry.

Wees gewaarsku: Dit gebeur so te seg elke keer met my. Stop by die Shell pomp en die joggie vra "unleaded"? Ek seg toe nee boet, jy hoor mos die enjin seg KRRRRRR. Dan gooi jy diesel, 500ppm. Hy gryp toe onmiddellik die 50ppm pomp en ek moes hom attend maak daarop dat ek 500ppm gevra het, waarna ons mekaar toe gevind het oor die sakie.

Maak seker dat die regte produk in jou brandstoftenk beland. Indien mens nie bedag hierop nie, kan jy maklik met 'n tenk unleaded i.p.v. diesel daar wegry met katastrofiese gevolge.

Gevolgtrekking: Die gemiddelde petroljoggie ken nie hul produkte nie en het ook nie genoegsame tegniese kennis/ervaring om te onderskei tussen petrol en dieselenjins nie. En dan luister hulle ook net met een oor.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Sjoe! Ek kan nie vir julle sê hoeveel kere ek al motors sien staan langs pompe met kegels om hulle gepak omrede verkeerde brandstof ingegooi is nie. Veral Total by Canal Walk hier in die Kaap kry dit baie verkeerd. Die geworstel tussen die versekering en die vulstasie vat gewoonlik maande, so dan gaan jy vir lank sonder 'n motor sit.
Ek sien hulle sien nie eens die plakker op die voertuig wat seg "UNLEADED" raak nie. Dis uiters tragies.

PJS Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 147
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

Het al twee keer met my gebeur. Ek gaan kla dan by die bestuurder. Het al ook in die proses 'n hele tenk diesel verniet gekry.

Moet se by Shell doen hulle baie moeite om te verseker dat dit reg gedoen word. Hulle probeer natuurlik altyd 50ppm in gooi.

Ek klim altyd uit om seker te maak die piet gooi die regte produk in en dat hy nie die helfte uitmors nie.

Groete

Peet en Lol

Daar doer in die Bosveld, Daar wil ek bly ...&

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 81 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Mufasa
  • Christo de Wit
  • deonhitchcock
  • Tazz123
  • Frikadel
  • EGO
  • Francois Malan
  • Benzan
  • JC
  • WilleWillemien
  • Andre Beyleveld
  • JM
  • Stalkersa
  • Len Loader
  • Christie
  • Perdeby
  • Secundant
  • Spiderman

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.