Binne of buite

Gesels saam op die WegSleep forum.
stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 500
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Die nuwe karavane het meestal die kombuis eenheid wat mens na buite uitskuif en baie mense geniet dit maar ek sou graag wou hoor of daar gereelde karavaners is wat van hul stoof in die karavaan hou. 

Wie sou eerder een van daai oondjies met die twee plate in die karavaan wou he as net die twee plate.  Wat verkies julle, gas of elektriese stofies.....

As ons toer gebruik ek alles binne my karavaan en ek wonder hoeveel mense wat toer dit ook doen.

Kamp bly maar lekker!

Groetnis

Stompie

Skippie
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1640
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n ISUZU 300KB D-Tech D/K Auto

Goeie more Stompie,

Ons keuse is om buite kos te maak, in die tent of ope lug as die weer dit toelaat!

Ons hou nie van die kos reuke in die wa nie - die wa word uitsonderlik gebruik vir  slaap en kuier as dit onplesierig is buite.

Daarom verkies ons 'n wa met gerieflike spasie in die slaap area en 'n sitkamer. daar moet ook baie pak plek en 'n groot yskas wees - Mikrogolf kan binne wees maar ons gebruik glad nie nou een nie. Toilet en badkamer is ook nie vir ons 'n pluspunt nie.

Buite kuier en kos maak is die lekkerste ding op aarde!!!  

 

 Goeiewense - Pieter

'n Bosveld vuur, nag geluide, goeie geselskap en samesyn - dis hy daai.

RynoV
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3979
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford 3.0 TDCi XLE D/C

Stompie,

Omrede ons nie toer nie, kan ek nie veel antwoord nie. Ons het 'n Fleetline wat die tweeplaat gasstofie nog binne in het, maar ons gebruik dit glad nie. Met jou vraag van 'n stofie in die woonwa wat gas of elektries moet wees, sal ek voorstel van 'n gasstofie indien julle dalk in die wildtuin kamp waar nie elektrisiteit soos by sekere kampplekke is nie. Ek sien nou agterna van jou vraag van 'n oondjie of net die twee plate. Dit hang van persoon na persoon af maar ek voel dat 'n oondjie van jou pakplek vir kombuis gereedskap gaan inneem. By gese soos julle wat rondtoer kom julle vanaand by 'n kamppeerplek en vertrek weer moreoggend. So wil mens iets vinnig maak sonder om nog te braai en om elke dag te braai vir 'n lang tydperk kan dit mens redelik baie kos en ook moegraak vir net braaivleis.

In ons geval leef ons net buite wat die wasbakkies in woonwa nie eers gebruik word nie.

 

Ryno

 Ryno S Verster

Almal maak foute, vergewe en vergeet aan die wat jou tenagekom het  

stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 500
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie julle......ek gebruik weer alles in ons karavaan want as ons toer slaan ons nie tent op nie en is meestal die hele dag aant ry om die wereld te bekyk en hop net saans in so ek dink dit is dalk hoekom ons meestal binne kos maak......

Nou wonder ek maar net of karavane later net met die buite kombuis ontwerp sal uitkom.....

Ja die yskaste is gewoonlik te klein....lol....

Groetnis

Stompie

JanChrista
Ou hand
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 187
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Fleetline L met 'n Mazda 2.5 Drifter

Stompie, ons hou ook glad nie van kos maak binne die wa nie, slegs koffie word binne die wa gemaak, vir die res probeer ons maar buite.

Ons het een van die stofies met 2 plate en 'n oondjie gekoop en ek moet se, ek geniet hom verskriklik!    Heerlik om muffins of 'n broodjie vir ete te bak of selfs 'n aartappelgereg.  Ongelukkig vind ek die oondjie vat verskriklik lank om sy temperatuur te bereik, maar daarvoor sien ek kans.

Ek dink in julle geval met die toer, sal jy die kombuis binne verkies, maar ons het nog nooit getoer nie, dus kan ek nie uit ervaring kommentaar lewer nie.

En regtig, ek dink 'n groter yskas (tweedeur?) kan maar standaard wees in karavane!

Groete

Christa

 

Skippie
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1640
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n ISUZU 300KB D-Tech D/K Auto

JA so het elkeen maar sy behoeftes en voorkeure Stompie.

Ons toer bv glad nie en verkies kragpunte en water by die kampe waar ons afsaal - dit is hoekom ons ons plekkie inni bos gaan geniet.

Lekker toer julle!  

 

 Goeiewense - Pieter

'n Bosveld vuur, nag geluide, goeie geselskap en samesyn - dis hy daai.

RynoV
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3979
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford 3.0 TDCi XLE D/C

Stompie,

Alhoewel ek 'n Jurgens "fan" is, is die ander woonwaens ook pragtig. Die kombuis wat buite sit soos die Sptite Swing ens. is vir my vroutjie te hoog, want sy is maar 1,5M hoog. Sy sal maar sukkel om alles by te kom. Al is daar 'n trappie of boksie om op te klim kan daar een of ander tyd 'n probleem ontstaan om met 'n pan warm sous of iets af te klim, of dalk 'n voet wat swik met afklim.

Ryno

 Ryno S Verster

Almal maak foute, vergewe en vergeet aan die wat jou tenagekom het  

johannvs
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1239
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Garsfontein)
Ek sleep 'n stokou Jurgens Eksklusief met 'n baie ouer Jeep Grand Cherokee 4.0

Ek het juis nou ons mikrogolf-oond uit die karavaan gehaal en met die laaste kamp het ons dit buite gebruik. Dit maak baie meer sin - en die feit dat Annatjie te kort is om dit binne-in die karavaan waar dit ge-installeer was, het die uithaal genoodsaak. Ek het nou 'n mini-radio/cd speler in die plek van die mikrogolf-oond geinstalleer.

Ons het ook so 'n elektriese tweeplaat stofie-oondjie wat permanent in die karavaan is, en het al met vrug daarvan gebruik gemaak wanneer ons kamp. Ons verkies ook om nie binne in die karavaan kos te maak nie - die gasstoof in die karavaan is nog nooit eers aangesteek nie ; dis nog blinknuut soos wat dit byna tien jaar gelede van die fabriek af gekom het...

Boats
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 587
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n Penta 2008 met 'n Toyota Fortuner 3D4D 2010

Ek persoonlik dink dat CI die gasstoof binne die Penta maar kon gelos het. gebruik 'n mobiele tweeplaat stoof wat dit meer prakties maak om 'n sousie en 'n papie te maak. Ek hou nie van die stoom binne die karavaan nie. Ek gebruik net die mikrogolf en hy het ventilasie gate na buite.

Niks so lekker soos 'n braai waar almal kan sit en kuier. As dit reen is die Weber die sukses verhaal.

PS: Moet net nie die Weber onder jou rally of tent "operate" nie. My vriend het dit eenmaal gedoen en as jy die tent opslaan ruik dit soos "Smokie Roberson"

Stompie, ek dink jou geval is iets anders en ek respekteer jou insit en denkwyse.

Skippie
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1640
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n ISUZU 300KB D-Tech D/K Auto

Boats.......ja, daai een ken ek ook, braai onder jou tent is 'n 'NO-NO'!!

Ek braai onder die gezebo as dit reen - baie ventelasie en solank jy nie 3meter  vlamme het nie!!

  

 

 Goeiewense - Pieter

'n Bosveld vuur, nag geluide, goeie geselskap en samesyn - dis hy daai.

Garth
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n '97 Sprite Select Dirt Roader met 'n Kia Sportage 2.0L

Ons toer ok redelik baie en ok ver. Ek het die gas stoof uit die karavaan gehaal, maar het 'n 2 plaat 220 v 2 plaat stoof aangeskaf wat binne en buite gebruik word, afhangend van die weers omstandihede. Daar is ok 'n een plaat gas stoofie as daar nie 220v beskikbaar is.

Ek het 'n Leisure Awning aangebring op die karavaan wat dit lekker maklik maak as ons vir die aand stilhou. Dit is baie maklik en vinnig opterig vir daai ekstra koelte.

Op 'n lang toer trek ons die karavaan vir a maksimum van 4-5 uur en dan soek ons staanplek. Daar is altyd tyd om verder in die omgewing rond te ry om die besienswaardighede inteneem.

John Cooper
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 142
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Nissan Navara 2.5 DCi

Hallo Stompie,

Ek en jy, of liewer Antoinette en jy gaan lekker saampraat. Sy het al verskeie geregte in die oondjie van ons Gypsey 4 gemaak - tot ek in my stupidgeid die oonddeur gebreek het. Iemand op die forum het my na Glassfit verwys wat weer 'n oonddeur met vuurvaste glas sal maak, maar ek het eers onlangs my woonwa weer van die plaas af terug gebring. Ek wou die woonwa op die plaas laat aftree, maar na ek na woonwapryse gekyk het, het ek besluit dat die Gypsey nog klopdisselboom is.

Ek sal nou die oonddeur weer herstel en gaan nog vele geregte daarin maak

John

Adri van Staden
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 479
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Pajero 2.8 turbodiesel

Ons standaard-stofie is ook uitgehaal. Ons het een van daai oondjies met twee plate. Verder gebruik ons glad nie 'n mikrogolf-oond nie - nie eens tuis nie. Het eenkeer 'n artikel oor die gevolge van die bestraling van kos gelees en besluit hy is uit. Word nou net gebruik om miskien die honde se kos te ontdooi.

Die bereiding van kos buite is 'n wesenseienskap van kamp. Sover moontlik word alles op die vuur gekook/bak/braai. Sal miskien vir noodgevalle of wanneer ons baie geregte maak (soos kookkos) die stofie se plate gebruik. Die oondjie is vir bak en gister se oorskiet warm maak en as ons dalk vergeet het om die vleis betyds uit die vrieskas te haal, dit te ontdooi. Wanneer ons met vakansie gaan, neem ons die "waaieroondjie" (daai ronde turbulensie-oond) ook saam omdat hy vinniger is as die stofie se oond.

AI, nou begin ek agterkom dat ons 'n bietjie lanklaas daai wa gehaak het!

Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon ... Daar sal jy gered word - Miga 4:10.

Nico Oberholzer
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline 6 1983 model met 'n BMW X3 2.5i

Ek oorweeg nou al vir geruime tyd of ek die oondjie met die 2 plate moet aankoop of nie. Adri, jou waaieroondjie trek egter my aandag as ek lees dat die gewone oontjies baie lank om warm te word. Ek sal hier in my dorpie rondvra oor so iets en as ek nie regkom nie, sal ek jou nader vir meer inligting.

Ek wil gaan kamp die naweek maar vroulief hondsiek!!!! Ek persoonlik dink sy het varkgriep want sy maak vreeslike snaakse geluide as sy daar van die slaapkamer af, opdragte skrou

Tobie d w
Groentjie
Aangesluit: 26/06/2010
Inskrywings: 46
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda

Ons gebruik slegs 'n twee plaatstofie buite. Dis genoeg vir groente. Braai elke aand.

As dit reen sal ons maar 'n broodjie eet, maar die volgende dag sal ons beslis weer braai.

Gebruik die mikrogolfoond net om iets warm te maak.

Ons hou van gerieflik kamp. Kies oorde waar daar gerief is.

Slaap net in die Penta.

WilleWillemien
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 618
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n '98 Jurgens CI Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-ID. Automaties. Halfloaf.

Hello Stompie

Ja, ons kamp ook maar vir langerige tydperke op een plek en kook en braai ook hoofsaaklik op die Weber. Ons het 'n tweeplaat gasstofie wat gewoonlik buite staangemaak word, naby aan die buite-kook/braai-aktiwiteite, afhangende van hoe die wind waai. Ons beplan om een of ander tyd Namibie/Botswana te toer met die woonwa. Ek sal die gasstofie dan in die rakkie onder die wasbak pak sodat hy maklik bereikbaar is; die gasbottel op sy gewone plek in die neuskas. Ons het ook 'n  baie klein Webertjie wat omtrent so 400mm in deursnit is wat ons gebruik wanneer ons drie alleen gaan kamp. Ek gaan 'n groterige yskas aankoop wat ek buite sal staanmaak wanneer ons vir meer as vier dae op 'n plek staan. Die mikrogolfoond doen ook buite diens, maar dis te verstane dat dit geriefliker is binne, wanneer mens toer.

Ons verkies om op gas te kook, maak by die huis ook so. Gas is vinniger en dis asof die kos 'n beter smaak het.

Geniet die kamplewe.

stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 500
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek is self baie kort (149cm) ou dae vier voet 10 duim so daai buite kombuise sal ook nie vir my werk nie.  Ek hou nie daarvan as ons toer om ons goed buite te los nie en daarom gebruik ek die gasstoof binne.  Ry so lig as moontlik en gebruik weer die mikrogolf baie. 

Ek het ook n konveksie oondjie (draai oondjie) maar omdat dit van glas is is ek altyd bang die ding breek asook een van die twee plaat stofies met oondjie en dis fantasties.....het beskuit gebak en uitgedroog.....lol....

Ek is bly daar is nog vrouens wat hul goed in die karavaan soek.....gedog ek is al een....

Ek dink hulle moet die stofie en mikrogolf wel in die karavaan sit maar so dat mens dit kan uitplug en buite in die tent kan gaan sit.....dan kan mens dit gebruik soos jy wil maar nou moet mens ekstra stofies koop terwyl jy reeds een in die karavaan het.....

Ons braai ook maar hou nie daarvan om laat saans buite te sit nie....lol....seker die ouderdom....en natuurlik miskiete.....so ons is reeds klaar met kosmaak so teen 4 uur...

In ons tent staan die mikro en oondjie tydens die lang Rocky vakansie van 4-5 maande (en die wasmasjien) en ek geniet dit baie....nes n kombuis.....

Groetnis

Stompie

JanChrista
Ou hand
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 187
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Fleetline L met 'n Mazda 2.5 Drifter

Stompie, ek sien jy noem 'n wasmasjien.  Is dit die een wat jy by Campworld kan koop?  Ek het al baie oor daardie een gewonder, wil bietjie beter gaan kyk as ons weer in 'n dorp kom wat wel 'n Campworld het.  Kan die ding spin, of net was?  Ek haat dit om wasgoed met die hand te was en op lang vakansies is dit maar nodig om 'n paar goedjies elke nou en dan uit te spoel.

Christa

stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 500
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Chrina ek het n dubbelbalie wasmasjien gaan koop....dit is bietjie groot maar ek het toe nie geweet mens kan wel n kleiner een koop nie.....beste is maar om te gaan kyk.....

Ek het nie kans gesien vir die wasserye in die dorp nie so toe koop ons maar een....

Groetnis

Stompie

 

Perdeby
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 362
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ons hou ook van die toer ding.Geen onnodige goet word saamgery nie.

My vrou maak n verskeidenhied gevriesde lekkernye wat ons net saans in die mikrogolf warm maak bv bobotie en malvapoeding. Vleis word saans buite gebraai en n bietjie ekstra vir die volgende middagete op die pad.

Pap of sous word in die karavaan op sy stofie gaargemaak. Die kos wat op die stofie gaargemaak word ,word in foelie bakkies gaargemaak sodat die bakkie na ete in die asblik gegooi kan word en siedaar geen potte of panne.

Ons gebruik net gas in die karavaan met natuurlik die mikrogolf wat nog nie in gas uigekom het nie.

Ek het by n vriend een van die tweeplaat elektriese stofie met n oondjie gekry maar het hom nog nooit gebruik nie.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Skippie
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1640
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n ISUZU 300KB D-Tech D/K Auto

Stompie, as jy nou die wasmasjien gebruik - hoe en waar doen julle dit? Ek verwys nou na die water toevoer en dreinering?  

 

 Goeiewense - Pieter

'n Bosveld vuur, nag geluide, goeie geselskap en samesyn - dis hy daai.

stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 500
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Skippie ons sit n watersplitter aan die kraan sodat twee mense van die selfde kraan kan kry.  Ons tuinslag is permanent gekoppel en dit beinvloed niemand nie......dus kan ons gereeld water kry.

Die dubbelbalie word volgetap en ons het twee baba badjies wat ons skoon water intap om die klere uit te spoel.  Die klere word dan onder ons gasebo gehang.  Dit word so goed droog gespin dat dit sommer gou droog is.  Ons opset is van so aard dat dit nie maklik deur die res van die kampers gesien kan word nie.

Omdat ons staanplek homself daaraan verleen kan ons gemaklik water laat uittap wat in n slootjie loop tot tussen die piesangbosse.  Van die ander mense wat wasmasjiene saambring laat die water met n verlening in die dreineringstelsels inloop.

Dit sal n aardige bedrag uitwerk as ons weekliks twee stelle wasgoed moet was en laat droog by die wassery.....vandaar die rede vir die wasmasjien....

Perdeby ons gebruik ook ons stofie soos ek reeds gese het en ek ondervind nie dat die karavaan n kosreuk of klamigeid het nie....ons maak ook vooraf goedjies wat ons net kan ontvries veral as ons die dag ver gery het en laat by die karavaan aankom.....

Groetnis

Stompie

 

 

<none>

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 43 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.