Bikers
Nuwe forum onderwerpe
Ek neem aan as jy in PE bly en 'n GS ry jy al Baviaans agter die blad het?
Ja ons is bevoorreg om so n paradys op ons agterstoep te he. Wat se fiets ry jy?
Niks op die oomblik nie. Laaste was 'n Triumph Sprint ST 1050.
Groot lus vir 'n 800GS, maar eers 'n paar ander dinge om uit te sorteer.
Busa se kind bly 'n lekker fiets. Enige planne om binnekort iets anders aan te skaf?
Ek was al saam met 'n vriend na die Ralley's by Hartebeepoortdam en Graskop en amper Kroonstad s'n. Wou vir my een aanskaf maar vroutjie weier.....ag nou jaaaa.......
Ryno
BMW 1200 & Suzuki GSX 1000
Ek hou van "cruize" .

Waar het jy rond gerits toe die foto geneem is?
Ek en vrou cruise maar met 'n Suzuki Intruder 1500
Dit het ek nou net gedoen en ''sieddaar''knap gedaan
Dankie stompie 
Mens kan aan daai glimlag sien jy en die "steed" het 'n paar stories om te vertel. Klomp avonture saam deurgemaak. 
Jip...Suzuki DL650 V-Strom
Uitstekend. Lyk of jy ook van "adventure" trippies hou?
Hulle se mos net bikers verstaan hoekom honde alewig hulle neuse by die kar se ruit wil uitsteek as hulle in n kar ry.
As daai motorfiets gogga mens eers gebyt het is daar nie salf aan te smeer nie. Vir my is dit soos Prozac op wiele. 
Biking is lekker, ek het 'n XT500 en XT550 gery in die 80's en toe later vir my 'n Honda CB750K aangeskaf. Het die Honda 2 jaar terug verkoop. Na my rug storie mag ek nie meer m/fiets ry nie. Maar ek verlang baie terug, sal seker eendag vir my 'n Harley aanskaf.
Ek hoor hulle is baie ekonomies en kan tot jou gras sny ook 
Droom self van Baviaans. Dalk kan ons eendag vir Jacques van PE ompraat om 'n paar van ons op 'n "begeleide toer" deur Baviaans te vat. 
Moet my nie verniet opgewonde maak nie!!!!!!!!!!!

As jy nog nie een gehad het nie verstaan jy nie wooroor die boehaai gaan nie. Ek het self so paar groottes gery onder andere die GPZ1100 ;Mono shock teardrop shape tank;. Dit is die 600 Ninja se grootter boetie. Wild sê ek dit was hy. Maar ma het van hom ontslae geraak lank al. Dit is mos gevaarlik nou het ek net 'n ou scooterjtie. RS50 Apprillia.
Klink my die ma's op die forum het amper almal plan gemaak met hulle manne se rygoed?
Foto van jou Aprilia?
Jy weet mos ons is baas net wanneer hulle toestemming gee. Pantoffel regering.
Daai delivery man ry seker heeldag met n smile op sy gesig rond 
1) Ons kom nog by die bikes wat woonwaens kan sleep
2) Ek kamp verseker as ek op 'n trippie gaan
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- deonhitchcock
- Tazz123
- Christo de Wit
- Frikadel
- Mufasa
- EGO
- Francois Malan
- Benzan
- JC
- WilleWillemien
- Andre Beyleveld
- JM
- Stalkersa
- Len Loader
- Christie
- Perdeby
- Secundant
- Spiderman
- MarkP







.jpg)








Ek is - 1200GS
2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT