Watter soort kampplekke verkies julle deur die jaar.
Nuwe forum onderwerpe
Hallo almal,
Ons gaan eenkeer per jaar see toe vir drie weke by McNicols oor die Desember/Januarie vakansies. Daarby sou ek graag see uitsig wou he, maar die oord het onder my naels ingekruip.
Deur die jaar is 'n lekker naweek in die bosse net die regte ding vir rus. Hier is ek nogal kieskeurig omrede ek naby wild wil wees, maar omrede ek nie 'n boswa het nie sal die oord self reg wees. Al mag mens nie met jou voertuig in die reservaat ry nie, het die wild om my al klaar 'n rustige uitwerking op my. Sondela is natuurlik die oord waar ek altyd Paasnaweke gaan rus het, en het met my voertuig in die reservaat gaan ry. Met die N1 se onbeskofte Taxis en busse gaan ek nou uitwyk na De Voetpadkloof en glo ek sal my daar gaan geniet, al loop ek net in die veld en sien 'n paar bokkies, of hoor die geskree van 'n jakkals in die aand. Ander gewone naweke is ons maar hier in die omgewing naby 'n paar oorde, dit is net om vinnig weg te breek
My plekkie by De Voetpadkloof is volgende jaar se Paasnaweek klaar bespreek.
Skryf gerus hier van julle spesiale rus plekkies of lekker naweek plekke.
Ryno
Ryno
Ons hou daarvan om Desember maande langs die Tuinroete naby die see te kamp vanaf Mosselbaai tot by Stormsriviermond. Ongelukkig is dit baie moeilik om by sekere kampterreine plek te kry soos bv Hartenbos en Mosselbaai self. Gelukkig is daar baie ander plekke om te besoek.
Gedurende die jaar gaan ons na plekke binne 100km vanaf die huis, langnaweke tot 200km vanaf die huis. Ons hou van plekke soos Yzerfontein by die see, Goudini se warmwaterbronne en die wynroete langs die Bree rivier soos Skurwekop, Kam'Bati en vele meer.
So nou en dan gedurende die winter gaan ons Kruger Wildtuin toe (wens ons kan dit meer doen). Soos Hennie ook noem, as ons Wildtuin toe gaan gee ons nie om of ons in 'n chalet bly nie, dis amper meer gerieflik as mens die lang pad in ag neem ens.
Lekker kamp
Aubrey
Ryno,
Soos jy weet probeer ons elke keer op 'n ander plek te kamp, maar volgende jaar sal die 3de keer wees wat ons Hartenbos toe gaan.
Hennie ek sien jou Forum gesiggie was op TV ???

Ons kan ook enige manier kamp of dit nou karavaan of tente is ek het genoeg om beide metodes terdee te geniet. Ons het altyd toe die kinders nog op skool was gedurende April vakansie Balito toe gesleep. Toe het ek na 25jaar diens van werk verander en dit het genoodsaak dat die vakansies skuif na Desember toe.
Ons probeer tenminste eenkeer per maand met die karavaan weg te kom. In die somer tye sleep ek 90% van die kere tandem dam toe en geniet die kamp en boot ry. Gedurende die winter trek ons maar bietjie in 'n noordelike rigting van Bakgatla by die Pilansberge NW tot pleke by warmbad en verder tot by De Voetpadkloof in Mpumalanga.
Laaste drie Desember vakansies het gestrek vanaf Plettenbergbaai tot by Tiettiesbaai aan die weskus.
Ons het tans 'n erenstige drang om Mozambiek toe te gaan maar ek wil nie alleen ry die eerste keer nie. Is maar besig om so uit te vind oor kampplekke en gebruik van die boot daar. Ons was 2jaar terug daar maar net aan die suide kant by Ponta D'Oro en Ponta Malongane.
Kamp is ons lewe. Ewige dankbaarheid aan ons Hemelse Vader om dit nog te kan geniet.
Omdat ons naby aan die Kruger Wildtuin bly kamp ons omtrent eenmaal 'n maand daar. Krokodilbrug, Onder Sabie en Skukuza is lekker naby om net vir die naweek te kamp. Ons het onlangs 'n paar lekker kamp plekke in Swaziland ontdek so die wildtuin sal ons dalk nou elke tweede maand sien.
Elke tweede jaar Desember gaan ons Richardsbaai toe sodat die kinders darem nie moet vergeet hoe lyk die see nie, ek en ma is altwee mal oor die bos. Net soos Hennie kamp ons ewe lekker met die karavaan as met tente hang maar net af van waarheen ons gaan.
Ons voorkeurplek is die Drakensberge, maar maak 'n punt daarvan om elke tweede Desember by die see uit te kom. Vir korter tydperke verkies ons die noorde en ooste. Ons probeer ook om nie elke keer dieselfde plek te besoek nie, hou van verskeidenheid.
Ek het Hennie se kampplekke met aandag bestudeer omrede ons min of meer in dieselfde omgewing woon. Ek stem saam dat in ons omgewing daar werklik baie mooi kampplekke is en wil ek as nuwe sleper nog al daardie plekke besoek. Die naweek van 21/8 is Buffelspoort of Omaramba aan die beurt. Ek het nog nie ver gesleep nie maar beoog om in Oktober na Tsipise te gaan vir so 2 weke. Net een probleem, 2 mense het my nou al afgeraai om na Tsipise te gaan. Hulle is effe vaag oor die rede maar lei ek af dat dit veral oor naweke is dat die dagbesoekers hul daar wangedra. Kan enige ander slepers my help in die verband.
Nico,
Onder "Terugvoer van kampplekke" en onder "Limpopo" is daar by Tsipise gesels oor die oord.
Ryno
Dankie Ryno, ek nog nuut op die forum maar raak al hoe slimmer. Ek kom agter dat alvorens mens 'n vraag vra, gaan soek eers of daar nie reeds oor die onderwerp gesels is nie. Ek het sopas die kommentaar oor Tshipise gelees
Dit is 'n plesier Nico, tot ons ou forumiete maak orals baie foute.
Ryno
Ek woon by die see en gaan dus selde met vakansie na 'n ander see-oord. Desember is geheel en al buite die kwessie om met vakansie te gaan - my werkgewer het die onmenslike tyd van 31 Desember as einde van die finansiele jaar.
Ons spandeer die meeste van ons vakansies in Nasionale Parke - Kruger, Kgalagadi & Karoo. Soms sal ons vir 'n naweek na 'n see-oord soos Onrus of Yzerfontein gaan, maar meerendeels sal dit oorde soos Montagu of die Bontebokpark wees.
Ons beplan om Donderdag 5 Augustus die woonwa te haak en net te ry tot waar dit lekker lyk. Die plan is om teen die kus af te ry en by oorde oor te bly waar ons nog nooit oorgestaan het nie. Dalk Dibiki, of Glentana, of Island Lake, of Buffelsbaai, of Keurbooms Lagoon en dan deur die Klein Karoo terug te kom via Kleinplasie by Oudtshoorn en dalk Warmwaterberg by Barrydale.
Ek geniet die Weskus baie maar gaan nou vir die 1ste keer binneland toe(Kamp Batie) en dan van daaraf Hartenbos toe(26 September - 4 Oktober) kan nie wag nie. Hoop dit gaan lekker wees.
Groete
Nicky(HAAI)
henniev waaneer was jy op tv
Dit was daai "kopbeen" van sy Forum gesiggie wat ek op TV gesien het, kan nie meer onthou op watter program dit was nie.
Dit moes seker op Kyk-Net om-en-by "Dins, 27/07/2010 - 21:27" gewees het want dit is toe ek die posstuk geplaas het.
Ek beny julle daar in die binneland, met al julle parke met die wild, ons sal bitter graag ook so wil kamp, maar hier by ons is daar nie sulke geleenthede nie, die naaste is Omfolosi en daar mag jy nie kamp nie en die is 350 km ver. Nou kamp ons by die see. Ons kampe by die see is almal baie goed, maar as ek al die forum lede se komentare lees, klink julle kampe meer modern. See een naweek per maand maand, kruger in Julie maand.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Francois Malan
- Mufasa
- Benzan
- JC
- WilleWillemien
- EGO
- Andre Beyleveld
- JM
- Stalkersa
- Len Loader
- Christie
- Perdeby
- Secundant
- Spiderman
- MarkP
- Hentie7
- Harry Du Randt



.jpg)






.jpg)








Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td
Ryno,
Smaak my ons deel dieselfde denke.
Hier in en om Rustenburg is soveel plekke om te kies en keur, ek en ma maak so beurte om al die plekke te gaan kamp.
Sy kom van Hoedspruit af, so diere en dieregeluide is sy gewoond, en is nie baie mal om wildtuin toe te gaan nie.
Soos ek al voorheen geskryf het, is ons "multi skilled" (die regte benaming?) en kan enige manier kamp, hetsy tent, chalet, karavaan.
lief vir die buitelug, is enige plek lekker. of langs viswater (Swartruggens dam, Groot Marico, Bloemhofdam, Roodekoppiesdam, Vaalkopdam, Buffelspoortdam)
Of sommer net lekker kuier ( Buffelspoort, Omaramba, Atlantis, KK, Weesgerus)
Of terug in die natuur (Kareekrans, Aasvoelkrans)
Ons is maar net gelukkig dat alles in 'n radius van plus minus 80 km van ons is, en geen plek is vir ons "NO 1" nie.
Ons gaan baie Omaramba toe, dis baie lekker daar oor nie seisoen tye, en is 35km van ons af.
Maar Rustenburgkloof is weer 5 km van ons af.
Enige plek is voldoende ons wil net KAMP !!!!!
Hennie
WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK