Versoek en vermaning vanaf die Moderator

Moderator
Groentjie
Aangesluit: 04/02/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

 Hierdie skrywe word gerig aan al die WegSleep Forum gebruikers:

Hierdie is die gewildste Afrikaanse internet gespreksforum. 

Ons het lesers en deelnemers uit alle ouderdomsgroepe en die Forum word as sulks geadminisreer. Geen aanstootlike of suggestiewe taalgebruik sal geduld word nie. Rassisme, vloek, politiek en Godsdiens is ook taboe. 

Almal het hul eie sienings oor bogenoemde onderwerpe, maar die genoemde onderwerpe moet liefs op ander plekke bespreek word. 

Ek sal geen oortredings duld nie en ook geen gesprekke voer aangaande besluite en aksies wat deur my geneem word nie. 

Hou die Forum asb "skoon" en geniet die saamgesels.

Meld enige kommentaar wat pla gerus aan deur 'n PB (persoonlike boodskap) aan Moderator te stuur.

Baie dankie vir jul samewerking.

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Moderator, baie dankie vir die diens wat jy hier lewer.  Wees verseker dat ons dit waardeer.

Jan en Christa

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Hoor-hoor !  

Voormalig johannvs

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Ek hou hiervan.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

francois nel
Groentjie
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: welkom

ek is nuut maar ondersteun elke woord

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 360
Gebruiker is aanlyn
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Ok......wie het nou weer wat gedoen????
Hehehhe

Ventertjie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 09/05/2010
Inskrywings: 63
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Baie dankie. Kan alle gesprekke hoe wonderlik Oom Angus is ook asb. verwyder word?

Soos in vele koerante en wyd op die internet bespreek is, stem 'n baie groot gedeelte van Suid Afrikaners nie saam met sy "vrou wat onderdanig aan die man is" teorie nie. Dit gee nogal aanstoot vir baie.

Ek gaan nie aangaan oor al die ander aspekte waaroor mense kritiek het oor die Oom nie, want ons wil mos juis nie die tipe besprekings he nie. Slegs dat die

"Geen aanstootlike of suggestiewe taalgebruik sal geduld word nie. Rassisme, vloek, politiek en Godsdiens is ook taboe. "      reels eweredig toegepas word.

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Hallo Ventertjie,

Die forum is welliswaar nie foutloos nie, maar ons probeer om dit so ver as moontlik vir al ons gebruikers aanvaarbaar te maak. Soos die moderator reeds aangedui het, probeer ons egter om sekere onderwerpe te vermy. Ons probeer desnieteenstaande ook om nie oordrewe inmengerig te wees in die gesprekke nie en wil onder geen omstandighede "polisieman" speel nie. Ek vertrou almal wat hier gesels is volwassenes wat kan onderskei tussen dit wat aanvaarbaar is en dit wat eerder nie hier bespreek moet word nie.

Dit gebeur egter van tyd tot tyd dat daar wel mense aansluit met die uitsluitlike doel om 'n bietjie "dwars" te wees en die gereelde gebruikers se bloeddrukvlakke op te jaag. Hoewel ons nie van enigiemand verwag om bloot 'n klakkelose meeprater te wees nie, vra ons tog dat sulke gebruikers die reëls van die forum respekteer. Die forum is 'n baie belangrike element in die WegSleep-gemeenskap en ons sal nie graag wil sien dat dit weens onsinnighede skade lei nie. Die gereelde (en ongereelde) gebruikers is bykans soos familie en dit sal werklik 'n groot jammerte wees as enige van hulle sou besluit om voortaan nie meer deel te neem nie as gevolg van 'n ander persoon se moedswilligheid.

Wat die gesprekke oor Angus Buchan aan betref, reken ek die meerderheid daarvan was binne perke (reisreëlings, kampplek, verblyf ensovoorts.) maar stem saam dat almal beter moet let op die reëls.

Groete

Zigi

Nico Willemse
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1250
Gebruiker van lyn af.
Plek: Potgietersrus

Geniet jul week!

Groete

VIto  Penta kombinasie

"Vakansiehuise is vir die wat dit nie kan bekostig om te kamp nie"

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ek dink veral die godsdiens-onderwerp kan miskien verduidelik word. Uiteraard is dit totaal onaanvaarbaar om hierdie forum te gebruik om een geloofspraktyk teen 'n ander een af te speel, of om 'n geloof te kritiseer, die spot daarmee te dryf, of grappe daaroor te maak. Net so min is dit aanvaarbaar om 'n geloof (godsdiens) te 'bemark'. Maar ek glo dis binne perke om binne die raamwerk van jou geloof met iemand te simpatiseer of geluk te wens. Waar die wesentlike probleme inkom is waar daar vergelykings tussen praktyke - een teen 'n ander af te speel, of kritiek teen, of die spot mee gedryf word. Om sinvol en volwasse - sonder om iemand te na te kom of 'n 'ek is reg en jy is verkeerd' aanslag' - oor persoonlike ervarings, soos byvoorbeeld by die MMC, te gesels of terugvoer te gee - binne die raamwerk van 'redelikheid', glo ek persoonlik regtig nie dat dit enigsins onvanpas is nie. Ons lewe tog binne 'n sekere konteks waar mense oor sekere goed saamstem en oor sekere goed verskil. Dis tog elke persoon se keuse om te lees wat hy / sy wil, en die res te ignoreer. En mens moet altyd die bal speel en nie die persoon nie. Uiteindelik gaan dit oor respek.

Dis my opinie - indien nodig kan hierdie kommentaar verwyder word.

Mens kan 'PC' ook heeltemal buite verband ruk.

(PC - Politically Correct)

Voormalig johannvs

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1858
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Wegsleep forum is wel 'n forum wat handel oor Karavaan, kamp en alles wat daarmee gepaard gaan. Maar op die forum het ons al baie vriende ontmoet en is daar hegte vrienskappe gesmee. So het ons nou 'n vriendekring wat nie net in SA nie maar oor grense strek. Dus sal daar van tyd tot tyd gesprekke wees wat nie oor kamp handel nie. Ons is ten minste almal mense met ons eie lewens, dit is net makliker om raad te vra en gesprekke te voer met mense wat ons weet vir ons omgee. Dus probeer ons almal met die kommentaar wat ons lewer dit binne perke hou.
As nuwelinge Kampkoos/Ventertjie ernstig is oor kamp en die forum moet hulle dalk net eers van die drade gaan lees, hulle sal baie gou agter kom wie en wat Wegsleep forum is.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Dankie, meneer die moderator. Dit is mos meneer?

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Na vele oorwegings het ek besluit om ook hier 'n bydrae te lewer. (Ek dink ek praat te veel)

Ek kom al 'n lang pad met die WegSleep Forum en die kwessie van 'n Moderator op die forum kom al jare aan. Daar was in die verlede verskeie kere waar die riglyne oortree is en die WegSleep bestuur self moes inklim om die vrede te bewaar. Die aanstelling van 'n Moderator het daai funksie uit die bestuur se hande geneem en nou kan hulle hulself toespits op dit wat saakmaak, nl. om maandeliks vir ons 'n puik tydskrif van die drukpers te laat rol. 

Ondersteun dus die forum en gebruikers deur sinvolle kommentaar en vra jouself af of jy dit wat jy skryf aan al  jou gesinslede sal gee om te lees. 

Dankie vir almal se ondersteuning en laat kom daai geselse!

 

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

Dankie Mnr/Me Moddermaker, 

Ons sal luister as jy praat!

Kan julle die boodskap miskien "sticky" maak sodat dit bo-aan die bladsy bly en almal dit kan sien as die eerste skrywe.

Groete

Piet

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

Karoo-Jogi
Ou hand
Aangesluit: 07/12/2009
Inskrywings: 218
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mosselbaai

Die WAGWOORD is Forum dissipline >> dink voor jy praat oor die onderwerp soos gese of geskryf >

as jy voel dit is nie volgens forumreels  ignoreer dit ! CG

 

 

Swartetjies
Super sleper
Aangesluit: 05/02/2010
Inskrywings: 301
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom Suid
Ek sleep 'n CI Carevette4, 83 model met 'n GWM Steed 2.8CD

Ian

Jy mag dalk dink dat jy teveel praat maar ek het al baie in die laaste 5 Maande van kamp en woonwa sleep geleer wat jy en ander Forum manne geseg het so praat broer praat.

Dankie Mnr/me Moderator soms het ons pakslae nodig om ons op die regte pad te hou.

Lekker dag Johan Swart

 

Groete

Johan Swart  (Die Swartetjies)

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Mmmm - lat ek ook maar my 2 sente ingooi.

Forum Moderasie is belangrik. WegSleep Forum is maar lekker deurmekaar en intekenare moet maar gehelp word om onderwerpe onder die regte hofies te plaas. Dankie vir dit wat alreeds gedoen is en ook in die besonder dankie aan Nicky.

Soek tog ook asb met die puik soekenjin vir vorige onderwerpe wat jy wil aanraak en voeg daarby. Ek wonder hoeveel dosyne se "Stabiliseerders" drade daar nou al is?

Ek neem bietjie aanstoot dat die "Angus" drade verwyder moet word. Mis ek iets? Waar het dit buite beheer geraak?

Niemand druk ook jou neus in 'n draad nie. Jy het die voorreg om 'n draad te ignoreer en NIE te lees nie.

Daar is maar een afdeling vir allerande "ander" stories. Die res gaan oor kampsake, kampe, ens.

 

Groete,

Jacques

 


 

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Hi Slepers,

Baie dankie vir jou wyse woorde, Jacques.

Neem seblief kennis dat vanaf Februarie kyk ek na die forum. Indien iets hand uit ruk (bv. rassistiese, onsuiwer of afbrekende woorde of kommentaar) dan tree ek in. Ek het al talle Slepers se kommentaar aangepas binne my diskresie. Ook, omdat 'n persoon sy of haar woorde een keer of wat kere laat vaar, beteken nie noodwendig ek sal optree buiten die aanpas van sy/haar sinne nie. In teendeel, ek verstaan ook dat sekere maniere van praat van grootmaak en sosiale ommekeer af kom. Meeste van die tyd is julle baie soet!

Met verwysing tot Angus, ek het nog nie iets gelees wat vir my aanstoot gegee het om wat gelyk het na Christelike propaganda of slegsêry nie. Dit mag tog wees dat ek dalk een of twee kommentare wat aanstootlik is gemis het in die tyd met al die forum probleme wat in Februarie moes uitsorteer word. Ek vra om verskoning daarvoor.

Weet seblief dat ek hier is om julle te help en om die web 'n "super gewilde en awesome kuierplek" te maak. Almal moet teen die tyd al my epos uit hul koppe uit ken en weet waar om my te vind. nikky.oosthuizen@weg.co.za

Indien julle ENIGE probleme van enige aard het (met verwysing tot die web asseblief, ek is ongelukkig nie Oprah of Dr. Phil nie ), stuur vir my 'n persoonlike boodskap of epos met die klag of die "link" en ek sal so gou moontlik daarna kyk.

Ek het 'n baie sagte plek vir die forum se mense wat daagliks (of weekliks) hier gesels, so ek wil dit graag 'n rustige en vriendelike plek hou.

Groete,
Nikky

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Hallo Nikky, dankie dat jy hier is om na alles om te sien. Elkeen het maar sy manier van skryf, solank dit net gaan oor wat hier behels in 'n goeie gesindheid. Ek glo nie dit is 'n probleem indien jy (veral myne) die skrywe verander nie, want ons weet dit word met goeie bedoelings verander vir elkeen wat dit agterna moet lees. Daarby is 'n klomp van ons dankbaar dat jy hier aangestel is om orde te handhaaf, om Zigi se regterhand te wees agv. sy baie verpligtinge.

Buiten Zigi wat met die ware woorde vorendag gekom het, het Johannvs en Jacques ook hul goeie stellings gemaak wat mens meer as eenkeer kan lees.

Groetnis

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Nikky, jy is 'n ster.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi Piet

Ek sien jy  praat van Moddermaker onthou jy die storie jare terug oor oom Moddermaker. Ja dis n woderlike plek wegsleep se web ek laaik dit. Groete

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Copy en Paste alles wat julle sê...................nou-nou is ek weer inni moielikheid!!

Mooi mense - hou dit skoon!

 Goeiewense - Pieter

   

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Dag se forumiet.

Broers en susters

Ek stem saam met Johan, Jacques en nog meer. Ons is al soos n gesin hier op die forum. Kyk na die draad van "nog n statestiek", waar sal jy so baie mense kry wat sal help al is dit net om vir jou te bid. Ja dit is n KARAVAAN FORUM en ons praat soms nonsens en lag vir mekaar en  ons kamp dat die tente skeur, maar op die eiende van die dag gaan dit oor hoe ons vir mekaar voel . As jy respek het vir ander forumiete sal hulle jou met respek behandel en niks sleg se nie. 

Dankie aan die wegsleep tydskrif en forumiete wat dit vir my n plesier maak om hier op die web te kuier. Ja as ons so nou en dan oor die vingers geraps moet word dan vat ons dit om die forum skoon te hou veral as kinders begin inlees.

My opinie is soos my voet nota se.

Kampgroete Beylie 

Luister na die natuur, dis God se stem.

Moderator
Groentjie
Aangesluit: 04/02/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

 Hallo mede WegSleep verslaafdes. Dankie vir almal se insig en ondersteuning. Ek is 'n man van min woorde, maar wees verseker dat ek te alle tye almal se insette ter harte neem. Om daagliks deur al die nuwe boodskappe te lees is nogal tydrowend, want dit is nooit stil hier nie.

Hoe dan anders? Ons gesels mos kwaliteit sake met kwaliteit mense!

Om my taak effe makliker te maak vra ek dat julle asb met die skep van nuwe drade die regte Forum Afdeling kies voordat julle die kommentaar begin tik. 

Gaan doen gerus vooraf navorsing met die Soekfunksie (Regs bo van die Webblad) om te bepaal of daar nie alreeds oor die onderwerp gesels is nie en las dan sommer jou storie daarby of gaan soek jou antwoorde in dit wat reeds gese is. 

Lekker saamgesels

Groete

Moddermaker

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2230
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Ag weet julle wat?

Ek laaik julle almal kwaai !

Hierdie forum is my tydverdryf, en ek gesels land en sand oor alles.

nie net oor kamp nie, soos julle al seker agtergekom het. Ek vewyl my tyd hier so tussen die gaut en eende deur !

Ek is op ander forums ook, maar hierdie een bly die BESTE !!!!

 

CHEERS !!!

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

DerekTess
Nuweling
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging

Hennie miskien weet jy hoekom Aasvoelkrans nie hulle fone antwoord nie, ons wil graag die langnaweek in Aug daar gaan kamp, maar hulle antwoord nie die fone of E-pos wat ek hulle stuur.

Rooibaard
Groentjie
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 49
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bothaville
Ek sleep 'n 1983 Sprite Sport met 'n 1999 Ford Falcon Fairmont

Man, maar dis vir my mooi!  Om soos grootmense te kan gesels en grappe maak sonder om aan te stoot of aanstoot te neem.  Hierdie is 'n lekker plek, ek dink ek gaan hier bly!

Daar's net een vakansie, 'n kampvakansie!

Moderator
Groentjie
Aangesluit: 04/02/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

 Na aanleiding van verskeie gevalle waar onbehoorlike kommentaar gelewer is en uitlokkende gesprekke heeltemal handuit geruk het, beroep ek almal tot kalmte. 

Gaan lees asb weer my eerste plasing op hierdie draad en hou asb daarby. 

Dankie vir jul samewerking en ondersteuning. 

Wynand Weyers
Nuweling
Aangesluit: 14/12/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Weet nie of is ek nou op die regte plek nie, maar kan iemand my dalk help en/of raad gee. Ek het 'n Jugens Penta 2000 model. Probleem is dat die Raly tent water opdam as dit reen. Hoe kan ek die tent weer styf gespan kry, of is daar dalk iets wat mens onder die tent kan sit om te verhoed dat water kan opdam?

Dankie, waardeer enige raad.

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle
Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Hi, julle

Neem asseblief kennis:

"Media24 behou uitdruklik die reg voor volgens sy alleenlike en absolute goeddunke om enige maatstawwe of inligting wat hierdie webtuiste bevat sonder voorafkennisgewing te verander en/of te wysig."

Groete,
Nikky

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 79 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Hester Kruis
  • Mufasa
  • Francois Malan
  • JC
  • Andre Beyleveld
  • JM
  • Stalkersa
  • Len Loader
  • Christie
  • Perdeby
  • Secundant
  • Spiderman
  • MarkP
  • Benzan
  • Hentie7
  • WilleWillemien
  • Harry Du Randt
  • JCKorf
  • Berno Punt
  • Ski

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.