Opvou draagbare toilette
Nuwe forum onderwerpe
Goeie more,
Weet iemand waar ek dalk die tipe kampeer toilet in die hande kan kry. Ek sien ook daar is "clip-on" toilet sitplekke wat op 'n 20 liter drom kom maar kan nerens van dit kry nie. Ek hou van bostaande toilets omdat dit lekker klein kan opvou. As julle dalk ander idees (behalwe porta potti) het sal dit ook waardeer word.
Outdoor warehouse verkoop die op jou foto met die sakkie. Weet nie wat is prys, maar dit is nie baie duur nie, paar honderd rand.
Ek het op Outdoor Warehouse se website gaan kyk maar ek sien niks nie.
Hoe lank terug het jy gekoop Jacques en wat het jy betaal??
Eerste keer dat ek die ding sien. Wat gebeur met die sak die volgende oggend......mens wag seker nie dat die sak eers vol is nie?!!
Groetnis
Gerrit
Mmmm - so 2 jaar gelede. Dink dit was so R150?
Ek het myne eenkeer gebruik (Van Zyls pas, Marienfluss uitkykpunt, mens vergeet nie die uitsig nie). Onwaarskynlik dat ek hom binnekort weer sal gebruik.
As jy belang stel om my 'n aanbod te maak, is hy joune. 
Groete,
Jacques
Ek stel belang Jacques. Dit sal van baie hulp wees. Ek sal reel dat iemand hom by jou optel. Ek kan net nie waarborg wanneer nie.
Ek sal uitvind wanneer iemand in Rustenburg in daardie rigting gaan.
Jy moet sê wat jy soek vir hom......
Kampeer de Beer. Hulle hou dit definitief aan. Ek het dit laas week by Outdoor Warehouse in Centurion gesien. Weet nie wat is die prys nie, want ek het net die amper deurskynende wit sakkie sien hang en gedink hoe dit moet lyk as daar iets in is, so nie verder gekyk nie.
As jy regtig in so outjie belangstel en nie in die hande kry nie kan jy mos sommer 'n cheap campmaster spider kampstoel vir so R100 koop, sny gaatjie in die middel. Koop plastoek toiletseat vir so R50 en sit dit bo op die gat in die kampstoel. Gebruik dan sommer al daai pick & pay en checkers sakkies wat by die huis rondle.. Ek is seker dit gaan goedkoper wees as om een te koop, en natuurlik gaan jy die gemaklikste k#khuis in kampgeskiedenis he. Ek wou vir die tannie so een ontwerp, maar sy was bang sy vergeet watter stoel is die lavetri en watter een is die een vir voor die vuur.
Julle sien ek kan ook help met kamp wenke. Ek hoop hulle plaas die wenk in wegsleep #25.
Ek wou nog se. Dit gaan jou dan so 23c per... jy weet wat kos. Of die 23c is nou wat die checkers hier op Nigel vra per sakkie. Woolworths sakkies is natuurlik beter. Wie weet dalk kan jy hulle 2 keer gebruik.
Ventertjie, dankie vir jou "wyse" raad. Ek het al so paar "selfmade" opsies oorweeg maar is bang as ek iets bou vou hy inmekaar as ek mamma hom gebruik en dit gaan vir jou 'n affere afgee. Ek moet ook bysê hy gaan net gebruik word vir die vloeibare gevalle, niks solieds nie.....
Reg so - lat ek hom net gaan soek (ek het intussen verhuis) - dink hy is onder die bank van die Swing.
Ek sal jou more 'n private boodskap stuur.
Groete,
Jacques
Maak seker jou sakkies het nie gaatjies in nie-jy wil nie nog plassies ook opdroog nie!
Nee wat...............jy sal my nie op daai ding sien sit nie!! Dit lyk dan soos die goed waarop die skinkborde pas as jy wil eet. Ek het eendag so skinkbord met bord kos en al in sy m@#$r ingeskop toe ding bly inmekaar val as ek wil eet!!
Nodeloos om te sê, wat nog as ek moet platval met my gaai in daai gemors!!!
Wat is die model se naam????? Lyk vir my na een van die antwoorde wat hulle soek vir die blokraaisel - 53 dwars?
Nodeloos om te sê, wat nog as ek moet platval met my gaai in daai gemors!!!
As jy sit, moet jy stil sit Pieter!! 
Groete,
Jacques
Niks fout met die toilet nie, het dit ook by outdoor gesien.
En niemand antwoord my vraag nie?! Sien #4 hierbo.........
Groetnis
Gerrit
Venterjie!, gebruik julle klomp ok so iets? Ek dog Nigel is so ver uit dorp uit, dat hulle heeltemal out of touch is
Nee Dankie.......daai ding sal nie vir my werk nie....... Daai sak is net te deurskynend,,,,,yuck !!!!!
Romeo, ek stem volhartig saam met jou.
Op ons sewe en vyftig jare ouderdom is dit nog goeie oefening om te knyp en toilet toe te stap, al is dit 'n entjie.
Ryno
Nee wat, kyk, op daai ouderdom, dis nog lekker om agter die van te staan tweeuur in die oggend, al is dit middel winter
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Francois Malan
- JC
- Andre Beyleveld
- JM
- Stalkersa
- Hester Kruis
- Len Loader
- Mufasa
- Christie
- Perdeby
- Secundant
- Spiderman
- MarkP
- Benzan
- Hentie7
- WilleWillemien
- Harry Du Randt
- JCKorf
- Berno Punt
- Ski












.jpg)
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Ek het presies die een by Outdoor Warehouse gekoop.
Groete,
Jacques