Hoe gemaak met Vlekkie / Bobby?
Nuwe forum onderwerpe
Vandat my dogtertjie gebore is het ek al 4 honde, 1 kat en 2 goudvissies gekoop. Die eerste was 'n Labrador, daarna was dit 2 Jack Russels gekruis met Maltesers ensovoorts. Vandag het ons niks troeteldiere nie, behalwe 1 skilpad. Toe sy te klein was het die Labrador teen haar opgespring, die Jack Russels het my tuin omgedolwe, die kat het haar gekrap. Die storie het my nogal geld gekos as jy vat die prys van die hond elke keer, hondehok, pille, kos, speelgoed en inspuitings.
Nou is sy 7 en nou wil sy 'n klein hondjie he. Wat maak julle met 'n klein hondjie as julle gaan kamp. Ek weet sommige kampe laat troeteldiere toe, maar dit sal nie vir ons werk nie, ons gaan na te veel verskillende kampe toe. Jy kan ook iemand vra om na die hond te kyk, jy kan hom by vriende gaan aflaai.
Wat maak mens as jy in Desember vir 2 weke weggaan? Ek is baie lief vir diere, maar wil mooi dink voor ek weer 'n besluit neem
Groete
Aubrey
Aubrey,
Dit is net soos Ryno sê. My bure het altyd na my diere gekyk en ons na hulle s'n as ons of hulle met vakansie gaan. Deesdae bly die kinders in my plek as ons gaan vakansie hou. So die diere is altyd versorg en daar is lewe op die erf.
Ek het n "dogfeeder" waar jy een en halwe sak kos kan ingooi, wat die honde voer, en n minniatuur waterkrip wat permanent aan die kraan gekoppel is, en dit self volhou. Ons kamp elke jaar tenminste twee weke oor Desember, en niemand kom kyk na ons huis wanneer ons weg is nie.
Ons was baie gelukkig dat van die kinders se vriende na ons huis gekyk het wanneer ons weg gaan. Daai gelukkigheid is ook nou verby. As ons nou weg gaan moet iemand maar by die huis bly om na Dusty (Ou Worshondjie) te kyk.
Ongelukkig is my bure nie so betroubaar soos Ryno s'n nie. Ek glo daar in dat kinders saam met diere groot word, maar die verantwoordelikheid teenoor die diere, veral as mens gereeld gaan kamp maak dit nie die moeite werd nie. Kry eerder iets wat mens kan saam neem soos 'n papegaai of hamster.
Ons het drie Jack Russells. Hulle leef uit die dog-feeder, 'n 25 lieter water-fountain en die vis dam. Niemand kyk na hulle as ons gaan kamp nie. Terloops, hulle gaan een van die dae van daai snaakse sjineese hoedjies begin dra, net sodra hulle daai gat in die agtrerplaas reg-deur gegrou het.
Ons kry 'n jongman wat teen vergoeding twee maal per week na ons vrieskaste en honde kom kyk. Hy is baie betroubaar en ons kamp sonder sorge.
Ons het al meer as een keer met 'n baba-hondjie gaan kamp - selfs by terreine wat nie troeteldiere toelaat nie. So 'n baba-hondjie hou geen bedreiging (mis wat rondlê, piepie teen tente, geraas, ens.) in vir die ander kampeerders nie. Die oord-bestuurders het gewoonlik begrip vir jou probleem met 'n baba-hondjie. Sodra die outjie drie maande oud is, kan hy tuis gelaat word.
Leer net die hond van die begin af om buite te slaap. Nie net is dit beter vir wanneer jy gaan kamp nie, maar sommer oor die algemeen.
Ek kan weer se ek is gelukkig dat ek u bediende het wat inwoon op die perseel wat omsien na my Jack russel as ek weg gaan. As ek in die bos gaan kamp dan weet hy hy gaan saam as sy kamp kos/water bak vir kamp uit gehaal word.
Eddie
Ons is drie bure wat almal sleutels van mekaar se huise het. Al drie het ook kinders op universiteit. Daar is altyd iemand wat kom of gaan en vakansietye kan ek die bure ten volle vertrou met my diere en eiendom.Die "sisteem" werk al n paar jaar so.
Dankie vir almal se insette. Ek was ongelukkig nou vir 'n paar dae nie op die forum nie. Ek moet erken, sonder 'n troeteldier is mens miskien beter af as mens gereeld kamp en jy nie op jou bure kan vertrou nie. Ons het ongelukkig net 1 kind en ek voel sy moet darem 'n klein hondjie kry. Ek sal maar die probleme oorbrug wanneer ek daar kom
Groete
Aubrey
Aubrey,
Ek voel 'n kind moet 'n hondjie of katjie he' wat hulle ook kan vertroetel en liefde gee. Selfs ek weet nie of ekself sonder 'n hond sal klaarkom nie, want dit is maar 'n lieflike troeteldier wat ook liefde aan jou bewys.
Sterkte met jul besluit maar probeer die beste om jul kind se ontwil.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- sakkie mynhardt
- Eddie Rabie
- Eddie Laing
- Airbus
- BenA
- thysvt
- Corné Wagemaker
- Kobus Snyman
- Roelof Colyn
- Petje
- Wildeboer
- NicoPietersen
- Franss
- Gypsey King
- RSS
- Lord Farquart
- Kobus K












.jpg)
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab
Aubrey,
Ek wil nie vrae vra nie maar in ons geval is ons vir al die jare geholpe. Ons bure oorkant die straat het volle toegang na ons perseel en woning. So, met die naweke wat ons weggaan het hulle permanent sleutels en die alarm se kontrole, sorg vir die honde, sit ligte aan in die vooraand en sit hier by nege-uur die aand weer af. hulle het die sekuriteits wagwoord. Ons vakansietyd is Desembermaande vir drie weke en nog geen bekommernis gehad nie. Ons koop genoeg hondekos vir die drie weke, plaas dit in swartsakke en dan in die swart asblikke met deksels op. Dit is om te keer vir rotte en muise. Ons het drie water emmmers wat altyd vol water is. So geld dit dieselfde wanneer hulle weggaan.
Indien julle op goeie voete is met jul bure en julle kyk na mekaar se persele, maak 'n voorstel daarmee.
Ek hoop julle kom reg met jul probleem.
Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie