Blommetyd

Miss Daisy
Groentjie
Aangesluit: 29/03/2010
Inskrywings: 25
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Goeie more mede kampers,

Ek beplan om volgende jaar bietjie te gaan blomme kyk en sal graag moontlike idees wil hoor oor roete en kampplekke.  Afhangende van tyd sleep ek moontlik karavaan, so nie tent ek as die tyd te min is.  Is vroeg Augustus 'n goeie tyd?

Groete, Petra

It takes a woman to know the far side of everywhere

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Hi, Petra

Jy kan gerus kyk is verlede maand se uitgawe van WegSleep. Ons is tans besig om verlede maand se uitgawe op die web te plaas,  hou die vorige uitgawes (ook op die tuisblad) dop.

Asook op http://www.northerncape.org.za/ en http://www.northerncape-direct.com/activity/dare-to-experience-the-wild-....

Groete,
Nikky

alit
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 583
Gebruiker van lyn af.

Petra,

Hou ook Daisy se blommeverslag dop vir elke dag se nuwe inligting oor war en wanneer blomme verwag kan word. ( www.hondeklip.co.za) Die inligting word berdryf vanaf Hondeklipbaai,

Blomme op die Weskus kom voor oor `n uitgestrekte gebied (Clan William - dit is hoever suid ons was -tot by Richtersveld ) en mens moet maar jou roete beplan volgens jou tyd. Aangesien ons van Gauteng af kom, besoek ons maar alytd die Springbok/ Skilpad omgewing. Einde Augustus/begin Sept het nog altyd vir ons goed gewerk.

Blommesien is nie altyd gewaarborg nie en mens moet maar ook hoop op bietjie geluk.

Volgens verslae was daar min reën die afgelope winter-seisoen en die blommeprag in Namakwaland is hierdie jaar nie so asemrowend soos dit kan wees nie. Hoop dit is `n beter reënjaar vir julle volgende jaar.

Groetnis.
Alit
Wees altyd bedagsaam teenoor ander.

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Ongelukkig is daar hierdie jaar nie blomme in Namakwaland nie. So drie weke terug is ek daar deur en het geen blomme gesien nie. Gister het ek iemand op Malmesburry gekry wat deur Namakwaland gery het en wat rapporteer dat daar nog steeds geen blomme is nie.

Petra, 'n mens kan nie sê of vroeg of laat Augustus die beste is nie. Dis die moeite werd om vir Jopie by Springbok Restaurant te skakel vir inligting. Dit sal ook help om die weer so van Mei maand af dop te hou. Jy soek baie reën (relatief) in Mei en/of Junie en min wind in Julie.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Ek is nou op Springbok en kan omonwonde sê vanjaar is een van die swakste blommejare in 'n baie lang tyd. Hier is gewoon nie blomme nie - dit was/is te droog.

Die goeie nuus is dat dit onwaarskynlik is (hoewel nie onmoontlik nie) om twee swak jare na mekaar te kry.

Ek dink die antwoord is om nie te bespreek as jy met 'n karavaan of tent wil kamp nie, jouself gereed te hou om op die regte tyd te vertrek, en eers te wag vir bevestiging dat daar wel blomme is voordat jy vertrek as dit vir jou net oor die blomme gaan en nie soseer oor die omgewing en die natuur nie.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Wie van julle gaan na die blomme fees toe die naweek op Haenertsburg in Limpopo. Hulle het Maandagaand op die nuus gewys hoe pragtig dit lyk en ek en ma het toe dadelik vir ons 'n plekkie by The PennyFarther bespreek in die dorp.

Vandaar kan ons die plek leker bespied en ek gaan my gate uitgeniet met my kamera en driepoot!!

Net jammer Johannvs en Rynov wil nie ook saam gaan nie - kom manne, kom ons gaan neem die mooiste foto's?

 Goeiewense - Pieter

   

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 68 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Hester Kruis
  • Len Loader
  • Stalkersa
  • JM
  • Mufasa
  • Christie
  • Perdeby
  • Secundant
  • Spiderman
  • MarkP
  • Benzan
  • Hentie7
  • WilleWillemien
  • Harry Du Randt
  • JCKorf
  • Berno Punt
  • Ski
  • Andre Beyleveld

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.