Beste roete na Swadini?
Nuwe forum onderwerpe
Hallo al julle vriendelike mense.
Ons is bevoorreg om met die begin van die skoolvakansie vir so 'n paar dae Swadini toe te gaan. Vanaf Kempton Park, wat sê julle ervaring, is die beste pad/roete soontoe?
Ek het gedink aan 1 van 2 roetes:
Vanaf Kempton met die N1 tot in Polokwane en van daar na Swadini. Die stok in die speke hier is die R21 op 'n Vrydag nadat die skole gesluit het.
Ander roete is N4 oor Witbank, Belfast, Waterval Boven, Lydenburg tot by Swadini. Omtrent so 442km (Volgens Google Maps.)
Wat sou jule reken is die beste?
Dankie solank.
Deon
Hy kort seker `n paar rand om vir die skikking met Amore nou verkoop hy sy kant van die storie
Mense ons moet nie oordeel nie, ja die man het 'n fout gemaak, so het Koning Dawid van die Bybel ook foute gemaak, maar dan lees ons: "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig"
Dalk is dit wat Joost gedoen het om te herken dat hy fout gemaak het.
As Joost dit weer doen - stenig hom.... het ons nie maar almal geraamtes in die kassies nie?
Ek wou net he ons moet met perspektief na die voorval kyk. Trap op niemand se tone nie!
Groete
deon,
jy wil nie polokwane oor ry nie.......dis baie baie onlekker....mag nie hier se hoekom nie....
lydenburg pad is vol slaggate, maar rybaar, en ek sal eerder daai roete vat met slaggate en all, voordat ek pietersburg oor ry....kom ek stel dit so.......as dit nog pietersburg was,dan is dit ok.....maar vandat dit polokwaan is...huh uh....
Hallo Deon
Ek het twee weke terug oor Middelburg / Steelpoort na Swadini gery. Daar was `n klein deel met slag gate maar nog steeds hanteerbaar. Die res van die pad was mooi.
Die enigste haakplek was in Burgersfort. Hulle is besig met die paaie, en baie taxis wat jou grys hare gee.
Maar die roete of Lydenburg oor is beter en ek go baie korter as oor Pietersburg.
Hi jou roete oor Lydenburg is verseker die een. Die padwerke by die tonnel is afgehandel.
Sien jou daar.
Deon,
Ek weet nie presies watter tyd jy gaan nie maar as jy Polokwane (Pietersburg) oor gaan, onthou net voor die stad is daar 'n afdraai regs dit vat jou aan die buite kant vand die stad verby, want deur die stad kan jy nie.
Deon, ons was die afgelope naweek by Swadini en het die Lydenburg, Origstad pad gery, gelukkig nie gesleep nie. Die padwerke is klaar maar daar is n lang stuk pad wat nog vol lelike gate is. As jy stadig ry is dit seker reg, ek sou nie. 'n Maand terug was ons Orpen toe en het Nelspruit, Witrivier, Bosbokrand omgery, dit is 'n baie mooi pad en ek sal hom aanbeveel. Toe ons terug ry het ons Mika, Gravalotte, Tzaneen, Pietersburg teruggery, geen slaggate nie net 'n bietjie verder.
'n Ander ding, erens op die Origstad pad het ontevrede inwoners die pad met rotse versper, dit was gelukkig verwyder toe ons daar deur is maar al daai klippe lê nog 'gerieflik' langs die pad.
Mooi Bly
Dirk P.
Deon
As jy oor Lydenburg gaan ry, hoef jy nie tot by Waterval Boven (Afdraai is eintlik tussen Machadodorp en Waterval Boven) te gaan nie. Draai vanaf die N4 af na Belfast. Ry deur Belfast tot by Shell garage en draai regs na Dullstroom en Lydenburg.
Die voordeel van die N1 is dat dit 'n lekker
Willem,
jy't my nou aan die raai oor daai pad om Pietersburg. Waar begin en eidig hy en is hy gebruikersvriendelik vir N1 gebruik op pad Louis Trichardt toe en terug?
Dankie Willem,
Jip daai trip deur Pietersburg is 'n nagmerrie. Ek kon nog nooit vertaan waarom die N1 deur die blerrie dorp moet loop daar nie. Die verkeer (dorp s'n en N1 s'n), is net te swaar vir die beskikbare infrastruktuur.
Ek stem saam,dit is 'n vieslike pad.Almal wat in Venda,Gazankulu,en Lebowa bly en in Gauteng werk,ry die pad huistoe,en werk toe.Daar is ook baie(seker die meeste)wat nie geldige rybewyse het nie.Al die verkeer uit Zimbabwe moet ook die pad gebruik.
Dag almal,
Kan iemand asb meer onlangse kommentaar lewer oor die Belfast, Lydenburg, Ohrigstad roete na Swadini?
Dankie,
Jacques
Jacques,
Toe ons by merrry Pebbles was het ons Lydenbyrg toe gery en vandaar in die rigting van Ohrigstad om deur Robberspas na Pelgrimsrus te gaan. Die pad van Lydenburg tot by die afdraai na Robberspas was glad nie sleg nie. Dit is nou nie 'n lekker dubbelpad nie, maar daar was op die stukkie wat ons gery het glad nie potholes gewees nie.
Dit klink gaaf - dankie Jacques!!
Hi Jacques
Swadini was verlede week in die middel van die vloed jy sal moet uitvind van watter kant daar toegang tot die oord is ek weet daar is van die paaie en brue beskadig
Ongelukkig het jy nie veel opsies as dit by beskikbare roetes kom nie.
Hier is swadini se kamp so week terug.jpg)
Dankie Tommie - volgens hulle webwerf is die toegangspaaie OK, hulle sukkel net met kragtoevoer van tyd tot tyd. Ons gaan eers April soontoe, maar sal hulle in elk geval skakel voor ek ry.
Groete,
Jacques
Sjoe Andries, is dit jou eie fotos?
nee was desember daar hiedie is n foto van vriende wat daar was
Dankie Andries - ek hoop maar alles is weer normaal teen April se tyd.
Groete,
Jacques
April is nog ver hoop om ook daar te wees
Groete
Andries
![]()
Jacques, ek wou se die beste roete na Swadini is seker padlangs, maar lyk my ek mag dalk nie meer reg wees nie. Rivierlangs is dalk meer akkuraat.

Net voor mens Pietersburg ingaan is daar 'n pad ek dink R71 wat mens buite om Pietersburg neem verby die nuwe sokker stadium
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Christie
- Len Loader
- Perdeby
- Secundant
- Spiderman
- MarkP
- Benzan
- Hentie7
- Stalkersa
- WilleWillemien
- Harry Du Randt
- JCKorf
- Berno Punt
- Ski
- JM
- Andre Beyleveld
- HennieBo











Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4
Hi Deon
ja dit is lekker om te kan gaan, die roete is `n ander probleem, my skoompa was so Augustus Eiland toe en hy het Lydenburg oor gery, hy se dit was nie een van die lekkerste sleep roetes nie, daar was op daardie stadium pad werke by die tonnel gewees, ek glo hulle is nog steeds besig met daardie pad.
Sterkte
Albert
Groete
Albert van Tonder