Skippie se foto's

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hier is 'n paar foto's wat ek graag met julle wil deel.

 Goeiewense - Pieter

   

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

 Mooi Skippie

 

Groete

Albert van Tonder

Apie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2888
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melmoth

 Baie Mooi

Ek sleep 2001 Sprite Swing met n 2008 Ford 4l S/Cab

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Skippie, baie mooi, jy mag maar hoor!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 En hoekom het die fotograaf nie daai dooie blaar by die rooi en pers blommetjies weggevat nie ???

Van die foto's is effens onder belig.

Die laaste ene is mooi !!

 

 

 


Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 547
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Ai Skippie dit is baie mooi, dit help as jy op die regtetyd op die regte plek is met jou kamera veral die laaste een is baie mooi. doen so voort.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Dankie vir al die terugvoer julle - volgende keer probeer ek nog harder!!

 Goeiewense - Pieter

   

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5675
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Mooi Skippie

Die laaste een van die wolke is vir my ook baie mooi.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Pragtige foto's Skippie, veral die wolke. Hou so aan.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Skippie, net 'n opmerking...

...al jou mooi foto's het die tyd en datum stempel op, ek reken dit doen afbreuk daaraan, onthou net dat elke foto wat jy neem stoor die EXIF inligting ook saam met die foto, dus het jy nie nodig om dit op die foto vas te vang nie.

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek hoor jou Minora, sal werk daaraan en my naam op sit soos JJ en Johann.

Ek soek net die opsie waar om te stel dat dit automaties opgesit word - WIE KAN HELP?

Hier is nog foto's

 Goeiewense - Pieter

   

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Skippie wrote:

Ek soek net die opsie waar om te stel dat dit automaties opgesit word - WIE KAN HELP?

Jy kan dit o.a. met FIV doen (Tools, ...) volgens daardie handleiding wat ek so rukkie gelede hier opgelaai het. Niks gebeur 'outomaties' nie...ongelukkig... Jy kan 'n 'Batch process' skryf om die proses effens makliker te maak en ietwat te outomatiseer.

Voormalig johannvs

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Dankie Johann, gedink ek kan dalk weer 'n kortpad bewerkstellig???

Is maar bietjie 'n langdradige storie, maar dit kan dalk 'n gewoonte word.

My dogter kuier bietjie hier by my, die een wat daar om die hoek van jou bly, sy het die ligamente in haar linker knieg verwoes toe sy aksie Netbal gespeel het - aartjie na vaartjie!!! Sy herstel bietjie hier by Daddy!!

Sy en haar vriend, soos ek ek voorheen genoem het, is duikers en hy het fotografie geswot. Hy leer hulle nou om onderwater foto's te neem en sy het toe maar bietjie hier by my ge-oefen met my ou kameratjie.

Ek het so paar van die foto's vir haar skoongemaak en gemanipuleer - ek plaas dit hier vir julle. Dit was na 'n bui reen.

Ons was vanmiddag by 'n vergadering en die plek waar ons vergader het het hierdie pragtige watervoels in 'n dam aangehou.

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Nog 'n foto of twee - krit asb as julle wil?

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Nog so paar foto's wat ek graag met julle wil deel.

Dit is blomme/lelies in my tuin na 'n reenbui.

 Goeiewense - Pieter

   

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 Dis moeilik om 'n klomp foto's te krit...laai liewer net een op en vra kommentaar vir daai spesifieke een.

 

 


Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Jammer ek maak dit so moeilik, maar ek sal graag terugvoer wil he, asb?

Kom ek probeer weer.

 Goeiewense - Pieter

   

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Skippie,

Ek hou daarvan. Ek sou die komposisie bietjie verander het, en die wit regs bo pla bietjie. 'n Ander moontlike suksesvolle aanslag kon dalk gewees het om net die die druppel en 'n paar blare gefokus het.

Die effek en impak van die druppel gaan verlore in die 'spasie' van jou oorspronklike foto.

Miskien iets soos hier onder...

Voormalig johannvs

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 

Skippie, fotografie is vir mense met 'n kunstige streep...daarom sal elkeen sy eie idee oor 'n foto hê. Maar daar is tog sekere basiese reels wat naastenby deur alle fotograwe gevolg word om die beste resultaat te kry. Die eerste basiese reel is dat die settings op jou kamera reg moet wees vir 'n spesifieke foto. Hierdie foto het jy met verkeerde settings geneem...nl...ISO 800...i.p.v. ISO 100. Die laer ISO sou 'n laer spoed vereis het wat jou lens meer lig sou laat inlaat sodat meer kleur vasgelê kan word. Dis waarom fotograwe 3pote gebruik vir landskap en verskeie ander foto's. Jou Fstop van 6.3 kon jy ook verander het na die laagste beskikbare een om die agtergrond sover moontlik uit fokus te kry.

Die agtergrond van die foto trek mens se aandag van die druppel af...daarom het ek die foto bietjie gesny om dit te verminder. Komposisie wat agtergrond insluit, moet verseker dat daar niks is wat jou aandag aftrek van die fokuspunt nie...in hierdie geval die druppel. Alles is egter 'n bietjie oorweldigend groen...

Andersins is die foto mooi skerp en die druppel 'n goeie fokuspunt met die weerkaatsing daarbinne.

Moet my asb. nie stenig oor die krit nie...maar ek kannie net sê dat dit 'n mooi foto is nie. Ons wil mos nie net nice foto's neem nie maar goeie foto's.

 


Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Fantastiese terugvoer Johann en JJ.............maggies maar julle is kunstig hoor!!

Ek gaan beslis julle raad volg en vir my dogter wys,  sy het die foto geneem toe sy bietjie gespeel het met my kamera.

Nogmaals dankie, ek waardeeer en leeeeeeeeeeer!!!

Hierdie een is vir my ook ietwat besonders met al die druppels - kommentaar asb? Ek dink sy moes hier bietjie aan die DoF gewerk het???

 Goeiewense - Pieter

   

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

Dis 'n mooi blom...maar... dis nie 'n goeie foto nie...die agtergrond is te lewendig en daar is weinig wat mens daaraan kan doen om dit reg te stel.

 


Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

JJ.................ek het so vermoed, dankie vir jou opinie.

Sal ook graag kommentaar oor hierdie een wil he asb?

 Goeiewense - Pieter

   

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Soms is 'minder meer', Pieter. Wat is die 'storie' wat jy wil vertel met die die foto ? Die belangrikste is seker die druppels ? 'n Goeie beginsel met komposisie om in gedagte te hou is dalk 'as dit nie waarde toevoeg nie', haal dit uit die komposisie uit.

Ek het bietjie radikaal gegaan ; kyk gerus.

Daar is ook niks mee verkeerd om die agtergrond te verander om 'n beter foto te maak nie. 'n Wit, swart of ander kleur  niereflekterende materiaal kan baie keer met groot vrug gebruik word.

Voormalig johannvs

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Baie dankie Johann, dit lyk baie beter - ja, ek dink haar idee was mestal om die druppel te 'capture'.

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Gisteraand hierdie een gou afgeneem.

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Nog een van gisteraand.

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek het vanoggend vir Koningrooibek vinkie in my tuin gewaar by die voeltjievoerder.

Hy jaag al wat 'n voeltjie is weg en net sy harem mag van die saad kry - ek raak sommer boos vir die outjie!!

 Goeiewense - Pieter

   

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Skippie, jou fotos is vir my baie mooi.  Wat J.J. en Johann sê maak egter sin. Daar is egter nie 'n kat se kans dat ek sulke fotos kan neem nie. 

Wat ek net graag by J.J., Johann en die ander kenners wil weet is: Sou julle sê dat die kuns om 'n foto agterna reg te maak is minderwaardig teenoor die kuns om dit in die eerste plek reg te neem.  Ek aanvaar as jy te rof is sal jy sekerlik nie agterna kan reg maak nie. By voorbeeld niks kan die dooie blaar uithaal nie ... of is dar 'n program wat dit kan doen?

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Daai kundigheid het ek nog nie tee gekom nie Dries - dalk weet ek nie wat ek nie weet nie?

As jy nou daai mik en druk gaan koop wat jy beplan het, gaan jy jouself verbaas ou maat!! Verbasend hoe vinnig 'n ouleer as jy heeltyd aan die gang bly en jou kamera gereeld gebruik - so leer jy hom ken!

Die potplantjie het ma in haar kantoor gehad en hy was oppad uit om die gess te gee totdat ek hom onder hande geneem het.

Ek het hom oorgeplant en kos gegee en buit onder 'n boom in semi skaduwee gesit - na die eerste reens toe stoot hy blom en kyk hoe pragtig lyk hy nou!!

 Goeiewense - Pieter

   

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Dries,

Dis ALTYD beter om die foto 'reg' te neem, maw deur die lens jou komposisie reg te kry, die beligting reg te kry, reg te fokus, die regte velddiepte, ensovoorts. Daar is wel sagteware waarmee mens ongelooflike dinge kan doen (Adobe Photoshop e.a.), maar as die basis verkeerd is, is dit 'n probleem. Mens kan miskien 'n goeie foto 'beter' maak met sagteware, maar jy kan nie 'n slegte foto 'goed' maak nie (met klein uitsonderings). Byvoorbeeld, daar is geen manier dat die modelle wat mens in die glanstydskrifte lyk soos wat ons hulle daar in druk sien nie...

Maar dit open weer 'n ander groot debat - waar trek jy die streep met manipulasie ? Daar is baie streng reels in verband met manipulasie wanneer mens fotos inskryf vir kompetisies en klub-evaluering.

Hoop dit help ?

Voormalig johannvs

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Dries,

O ja, jy kan die dooie blaar met sagteware uithaal. Kundiges kan met sagteware enigiets uithaal, verander, of bysit...

Smile

Voormalig johannvs

Wie's aanlyn

Daar is tans 16 gebruikers en 58 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Len Loader
  • Spiderman
  • Hentie7
  • Stalkersa
  • WilleWillemien
  • RATEL
  • Harry Du Randt
  • MarkP
  • JCKorf
  • Perdeby
  • Berno Punt
  • Ski
  • JM
  • Andre Beyleveld
  • HennieBo
  • Hennievr

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.