Effens gemanipuleer - hoe lyk dit ?
Nuwe forum onderwerpe
Goeie idee, Arrie - sal dit doen.
Johann...........pragtige samestellings - ek stem saam met Arrie - dit sal 'n mens 'n goeie idee gee van wat gedoen kan word.
Die kleure is pragtig!!
Ek is nie baie lief vir digitale manipulasie nie ; dit wat ek soms doen is baie minimalisties. So julle opinies word regtig waardeer ; so as julle daarvan hou is ek baie bly.
Johann,
Baie goed gedoen. As ek mag vra, watter program het jy gebruik? Ok, ek verwag nie 'n antwoord nie maar gewonder of jy dalk HP progran gebruik het.
Johann, ek en Ryno het ook gisteraand so gesels oor manipulasie van foto's, ek is nie 'n voorstaander van digitale manupilasie nie - ek verkiess eerder die 'RAW' foto............dit is mos 'n bewys van jou vaardigheid en die bevoegdheid van hoe jy jou kamera kan hanteer en ken, of praat ek nou bollie?
Dit wat jy geneem het - dit is wat jy kry of sien. Jy hou daarvan of jy hou nie daarvan nie en om dit te manipuleer totdat jy daarvan hou doen dit ook nie vir my nie.
Skippie,
Vir ons twee is dit iets anders omrede ons nog nie sover gevorder is nie. Dit is vir Johann-hulle 'n uitdaging om verder te manupileer en te kyk wat hulle daaruit kan put.
Dalk sal ek en jy anders reageer wanneer ons eeendag daar is.
Johann,
Baie goed gedoen. As ek mag vra, watter program het jy gebruik? Ok, ek verwag nie 'n antwoord nie maar gewonder of jy dalk HP progran gebruik het.
Dankie Ryno. Ek gebruik Corel Paint Shop Pro Photo Xi.
Johann, ek en Ryno het ook gisteraand so gesels oor manipulasie van foto's, ek is nie 'n voorstaander van digitale manupilasie nie - ek verkiess eerder die 'RAW' foto............dit is mos 'n bewys van jou vaardigheid en die bevoegdheid van hoe jy jou kamera kan hanteer en ken, of praat ek nou bollie?
Dit wat jy geneem het - dit is wat jy kry of sien. Jy hou daarvan of jy hou nie daarvan nie en om dit te manipuleer totdat jy daarvan hou doen dit ook nie vir my nie.
Julle, hierdie is seker een van die mees kontroversiële onderwerpe in die wêreld van fotografie, en baie is al daaroor gepraat, warm debatte daaroor gevoer, en daar sal nog vele gesprekke wees - en daar sal ALTYD verskillende opinies oor die saak wees.
Mens moet net die verskil verstaan tussen 'ontwikkel' en 'manipulasie'. In die ou dae toe ons nog met film en negatiewe gewerk het, was die skeidslyn baie suiwer en maklik...
.. of eintlik was dit nie. Wanneer jy jou film ingegee het vir ontwikkeling, het die ou wat die ontwikkeling gedoen het, redelik baie mag en vryheid gehad. Hy kon die negatief ligter of donkerder ontwikkel. Hulle het ook tegnieke gehad om die foto te 'verander'. En vele meer... Dit daar gelaat.
In die digitale wêreld geld baie van die 'ou' beginsels ; dis net baie makilker. Wat is manipulasie ? As jy 'n rooi of blou of geel filter voor die lens gebruik, is dit manipulasie ? As jy 'n verstelling aan die kamera doen om 'n digitale filter te gebruik, is dit manipulasie ? As jy 'n CPL filter gebruik om 'n sekere effek te bewerkstellig, is dit manipulasie ? Asjy 'sharpening' toepas deur 'n verstelling op die kamera te doen, is dit manipulasie ?
Daar is sekere dinge wat vir byna elke digitale beeld gedoen moet word, byvoorbeeld 'n mate van 'Sharpening', asook die USM funksie. Dis verseker nie manipulasie nie - dis die 'ontwikkeling' van van die digitale negatief. Tot 'n mindere of meerdere mate doen elke digitale kamera dit self wanneer jy dit 'n JPEG skep van die data wat van die sensor verkry word. Vir 'RAW' beelde is die beheer daarvan in jou eie hande en moet (behoort) dit op die rekenaar met behulp van 'n program gedoen word.
Manipulasie begin wanneer substansieël aan die foto 'verander' word deur iets weg te vat of by te sit. Of wanneer mens die kleure erg verander.
Is dit manipulasie wanneer mens die foto 'crop' ? Is dit manipulasie wanneer mens kolletjies uithaal, byvoorbeeld stofmerkies ?
Daar is baie spesifieke riglyne en reëls wat geld wanneer fotos byvoorbeeld ingeskryf word vir kompetisies en evaluering by fotoklubs en professionele instansies.
Ek sal graag ander opinies hieroor wil hoor.
Johann,
Baie dankie vir die verduideliking wat jy vir ons veskaf, so leer mens elke dag iets nuuts.
Ryno
Sommer 'n ou grappie oor 'manipulasie'. Die ou tannie neem eendag 'n negatief van haar ou man wat nou ook al lank oorlede is, en wil 'n foto laat druk. Maar sy vra vir die persoon 'om asseblief die Oom se lelike hoed uit die foto te haal'. Hy vra toe 'Tannie, hoe het die Oom sy hare gekam?'. Sê sy toe vir hom, 'Maar jy sal mos sien as jy die hoed afhaal...'
Hi, seker nie die regte draad nie, maar dit klink of die regte mense hier praat!
Ek kon uiteindelik vir my 'n kamera koop en het besluit op 'n Canon 1000 D.
Ek spaar nou weer vir 'n lens en sal teen Januarie 'n telefotolens kan koop. Ek het
so R 5000.00 vir 'n lens. Wat sou julle aanbeveel vir iemand wat nie professioneel
gaan fotos neem nie, maar tog van tyd tot tyd die wildtuin ding gaan doen?
Enige kommentaar oor die 1000D ?
Groete
Hans.
Goeie more Johan ek is nou rerig 'n appie as dit kom by fotografie en stel ek baie daarin belang ek se egter min en geniet al die fotos wat op gelaai word.Ek het ook nou die verduideliking geniet oor manipilasie aangesien my dogter photoshop gebruik en baie daarmee speel om fotos te verander. Ek en sy wil alby vir ons goeie kameras aan skaf en ek sal voorstelle waardeer ek wil net vir my self fotos neem en my begroting is beperk.Daar is 'n moontlikheid dat my seun vir my een uit Amerika kan bring aan die einde van Oktober.Gaan asb voort met die fotos dit is baie mooi .
Baie geluk Hans, hoop jy geniet jou nuwe speelding. Kom deel jou fotos hier in die Donkerkamer, en leer saam met ons.
Daar is ongelukkig nie een 'regte' lens vir alles nie. Vir wildtuin-fotos gaan 'n 'langer' lens waarskynlik die beste opsie wees ; ten minste 300 of 400 mm. Die nuwe "Canon 70-300 IS" is dalk iets om te oorweeg ; dit kos nuut effens meer as jou beplande begroting. 'n Uitstekende lens is die "70-200 L f/4.0", maar ek dink dit sal 'n bietjie te kort vir jou doeleindes wees. Moet nie huiwer om 2de-hands te oorweeg nie ; ek het die meeste van my lense 2de-hands gekoop. Maar Caveat Emptor - wees versigtig waar jy koop. 'n Baie goeie webwerf is www.outdoorphoto.co.za ; ek het my lense daar gekoop. Ek is egter nie seker waar jy gebaseer is nie. Jy is welkom om my ook te PM vir meer inligting.
Daar is een fout wat baie beginners maak ; ek het self duur skoolgeld betaal. Mens koop 'n 'goedkoper' lens, en sodra jou tegnieke verbeter, frustreer die lens jou baie vinnig, en jy wil beter koop. Doen jou huiswerk goed, en koop die 'beste' lens wat jy kan bekostig - al moet jy bietjie langer spaar. 'n Goeie lens is 'n langtermyn belegging ; die kamera nie. Jy kan altyd die kamera opgradeer, maar as jy die regte lens (e) gekoop het, kan jy hulle 'vir altyd' hou en baie genot daaruit put.
Goeie more Johan ek is nou rerig 'n appie as dit kom by fotografie en stel ek baie daarin belang ek se egter min en geniet al die fotos wat op gelaai word.Ek het ook nou die verduideliking geniet oor manipilasie aangesien my dogter photoshop gebruik en baie daarmee speel om fotos te verander. Ek en sy wil alby vir ons goeie kameras aan skaf en ek sal voorstelle waardeer ek wil net vir my self fotos neem en my begroting is beperk.Daar is 'n moontlikheid dat my seun vir my een uit Amerika kan bring aan die einde van Oktober.Gaan asb voort met die fotos dit is baie mooi .
Jan,
Ek het ook ongelukkig nie 'n een 'regte' antwoord vir jou nie...
; die moontlikhede is legio. Jy sal sekere dinge vir jouself moet uitklaar voordat jy 'n sinvolle besluit kan neem. 'n Paar dinge wat jy in gedagte moet hou :
- Wat is jou belangstelling ? Maw wat wil jy graag afneem - mense, wildslewe, makrofotografie, voëls, landskappe, aksie, sport, ...
- Is jy bereid om (gedurig) lense om te ruil wanneer jy fotos neem ?
- Wil jy in beheer wees van die fotos wat jy neem, of wil jy dat die kamera die meeste besluite neem ? Byvoorbeeld wil jy die sluiterspoed beheer, die beligting, fokus, ens.
- Belangrik, hoeveel geld wil jy spandeer ?
Dan, interessante vraag - wat is 'n goeie kamera ? Mens kry uitstekende mik-en-druk kameras, brug-kameras, en dSLR kameras. Vir elkeen is daar 'n plek en bevredig 'n spesifieke behoefte.
Kom dit by die keuse van byvoorbeeld 'n dSLR kamera, kan mens nie regtig verkeerd gaan met CANON, NIKON, of SONY nie. Vir elkeen is daar ook spesifieke voordele en miskien ook aspekte wat jou nie aanstaan nie. Hoe voel die kamera in jou hand ? Wat is die beskikbaarheid van lense ; ook op die 2de-handse mark ? Naverkope-diens ? En so voorts.
Ek is nou wel nie 'n kundige nie, maar ek het al 'n bietjie ondervinding en self 'n paar lesse geleer. Jy is welkom om my te PM of te bel, dan kan ons oor hierdie passie gesels.
Daar is ook 'n hele paar kundiges betrokke op hierdie forum wat insette kan lewer.
...en ek dink nie ek het jou vraag geantwoord nie... 
(Ek is glad nie betrokke in die fotografie-bedryf nie ; dis my stokperdjie en ek geniet dit om met mense te gesels hieroor...)
Jan,
Nog iets tov jou skrywe... "Daar is 'n moontlikheid dat my seun vir my een uit Amerika kan bring aan die einde van Oktober".
Doen ook jou huiswerk goed voordat jy hierdie opsie uitoefen. Maak seker dat die toerusting verklaar word as nuwe toerusting wanneer jou seun dit die land inbring, en ook dat die nodige aksyns / invoerbelasting betaal word. Anders word dit gesien as 'n 'grys invoer' en die verskaffer sal in alle waarskynlikheid nie die waarborg erken nie, sou iets dalk foutief raak. Die aksynsbelasting dan in ag genome, maak dan seker dat dit regtig 'n winskoop is in vergelyking met plaaslike pryse. Sien jy is in die Kaap-omgewing ; kontak gerus vir ORMS en vergelyk hulle pryse.
baie dankie Johan ek sal jou raad volg en ja ek wil dit grotendeels as 'n stokpertjie gebruik maw ek sal 'n verskeidenheid fotos neem op verskillende plekke. ek het 'n canon mik en druk maar die battery kwessie pla my dit is gewone penlight en die herlaaibares hou nog die langste.dalk jeuk ek ook so 'n bietjie
Die aanhaling hieronder som manipulasie van foto's goed op.
Because of the ease in manipulating digital images with Photoshop, some people are questioning whether images are "real" or "art", and wondering if they can believe anything they see anymore. But people have been faking photos since the invention of photography - this is nothing new.
People have also been making things up since the invention of language. It's called fiction! And lots of people get a lot of enjoyment out of it. As long as the purpose of the "art" is not to intentionally mislead or misrepresent, and the artist is clear about his methods and intentions, no one gets fooled. Of course, there are some art forms, such as magic, where the intention is specifically to deceive, and the viewer willingly goes along with it.
It only becomes a problem, and a question of ethics, when the artist or photographer lies about his motivations, methods, and conclusions, and presents images with the purpose to intentionally deceive.
100% reg. Dankie Hanz !
Die kern van die aanhaling is vir my die volgende : "It only becomes a problem, and a question of ethics, when the artist or photographer lies about his motivations, methods, and conclusions, and presents images with the purpose to intentionally deceive."
Net vir die rekord wil ek ook darem net noem dat ek nerens gesê het, of ge-impliseer het dat 'manipulasie' verkeerd en oneties is nie. Wanneer dit 'n probleem raak is wanneer die fotograaf lieg oor die foto, of 'n foto met sinistere bedoelings verander vir byvoorbeeld finansiële gewin of om bedrog te pleeg.
Of om 'n kompetisie te wen !!!! Soos hierdie een...

Nikky,
Ja ek sien hy lyk soos die een.
Skippie,
Ek verstaan dit darm ook beter as wat ek gedink het, so jy is nie die enigste een wat so voel nie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gypsey King
- Johan Coetsee
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- chris dupreez






.jpg)


.jpg)



Johann dit lyk mooi jy moet die before en after bo en onder mekaar geplaas het dat `nman die verskil kon sien
Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie