Gesels saam op die WegSleep forum.

---

Gesels saam op die WegSleep forum.
---
Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Julle het so baie raad oor kamera's en wat ek wil vra gaan eintlik oor Videokamera's. Julle moet nou nie vir my lag nie maar ek het nog nooit 'n Videokamera in my hande gehad en ook nie geweet waarvoor jy hom kan gebruik soos net vir video's of ook vir gewone foto's afneem nie. Dit is maar so dat my familie nooit sulke items gebruik nie en 'n klein vriendekring ook nie daarmee speel nie.
Ons het met Paasnaweek die buurman en sy vrou gevra of hulle saam met ons wild wil gaan kyk. Dries het sy Videokamera saamgevat en daarmee foto's geneem wat ek gesien het dat hy die wild ook nader bring op sy Videokamera om net foto's af te neem. Indien ek nou nie so intensief foto's gaan neem nie maar soos bv. die wild in die bosse wil nader bring of iets op video wil neem voel ek dat 'n Videokamera dan vir my 'n beter opsie sal wees wat ek vir beide kan gebruik of wat stel julle voor. Indien wel, wat stel julle voor waarna kan ek kyk wat die moeite werd is en ook nie 'n plaas se prys is nie. Die verkooppersoneel gaan sien hier kom 'n leek en dalk gemors ten duurste aan my afsmeer.

Dankie

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Jammer, het net vergeet om 'n onderwerp in te tik.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Hi Willem

Wanner gaan julle Natalia toe? Ons is self ook oppad soontoe vanaf 18 tot 25 April. Dit sal lekker wees as julle dalk oor dieselfde tyd daar is om julle te ontmoet.

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

JLC

Ek kan maar net "ditto" sê op alles wat jy hierbo genoem het.  Ek het simpatie met die ouens wat nie 'n ander opsie het as om tydens piekseisoen te gaan kamp nie.  Ek woon in 'n kusdorp.  Kom kyk na ons woonwaparke buite piekseisoen - bykans nie 'n mens in sig nie.  Dit is dus ongelukkig die enigste tyd wat daar "geskep" kan word vir die res van die jaar se vaste uitgawes.

BUKKES

Lyk vir my hier is n paar ouens wat nie oplet in die klas nie, ek het nie gekla oor die prys nie ( ek het laasjaar R650 per nag betaal by Lake Brenton ) maar oor die feit dat n mens geforseer word om van n sekere tyd tot n sekere tyd by die betrokke oorde te kan kamp, nie almal is pensionarisse wat al vanaf die 1ste Desember kan vakansie vat nie.

Ek besef dit is n besigheid, maar party oorde misbruik die " vraag en aanbod " deel

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Prof Neels,

Hierdie is 'n forum, en die doel van 'n forum is vir mense om hulle sienswyses / opinies met ander te deel. Net soos dit jou reg is om 'n opinie te hê, so ook is dit myne. As ons nou al voorgesê word wat om te doen en te dink en sê....wel dan kan ons die forum net sowel die los. (Of die Mugabe forum noem)

As mense so liggeraak wil wees oor 'n grappie, en ek het gesê dit was een die oomblik toe ek dit "gepost" het, dan is dit hulle saak, ons almal hier het al onder mekaar se kritiek deurgeloop. En u het die reg om te dink net wat u wil. Gun my asseblief dieselfde reg.  Ek het bloot gesê presies wat ek gedink het toe ek dit gelees het.

Ivm die ster gradering. Daaroor het ek ook my eie opinie, maar ek sal dit maar liewers vir myself hou.

Net vir die rekord ek het nooit enige oord afgebreek nie. Lees gerus weer my vorige "posting".

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Willem & Surette

Hi Machiel,

Ons gaan julle net mis want ons gaan in die 26 April en vertrek 2 Mei, dit is jammer.

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3142
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Louis

lek die seiltjie om die pop-up nie dalk nie? Baie keer as dit baie reen en die water staan op die dak, kan dit 'n opening in die seiltjie ontdek en daar inlek

WillemJVR

ilsej
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 887
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville

Quote:
ilsej - 6/4/2008 5:54 PM

Wel ons het toe gaan kyk na die karavaan. Dis 'n 1962 Gypsey. Die foto wat by die advertensie geplaas is, is seker omtrent so 5 jaar oud en die karavaan is glad nie meer in dieselfde toestand nie. Daar is baie waterskade aan die panele en omtrent al die houtwerk binne is vrot. Die eienaares het nie eers geweet waar die karavaan staan nie en ons moes eers soek. Om hom daar uit te kry gaan ook 'n groot werk wees want die plante het hom heeltemal toe gegroei.

Maar, ons sal haar 'n aanbod maak en as sy dit aanvaar het ons baie werk wat voorle. Ons bestaande karavaan se naam is "Dwars-Trekker" so hierdie een sal ons dan"Voor-Trekker" noem.

Sy het toe nie ons aanbod aanvaar nie en laat weet dat sy 'n hoër aanbod gekry het indien ons sou belangstel om dit te "match". Ons het nie belang gestel om meer te betaal nie en toe maar aanvaar dat dit nou van die baan is.

Vanoggend kry Pine toe 'n oproep "Stel julle nog belang in die Gypsey, Hy moet voor einde Junie weg wees". Blyk toe dat sy nooit hom verkoop het nie (miskien het sy ons net probeer druk vir 'n hoër prys).

Nou die dilemma. Moet ons, of moet ons nie?

 

 

&nbs

Wie's aanlyn

Daar is tans 2 gebruikers en 18 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kaas Kop
  • Rocky

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.