Badplaas
Nuwe forum onderwerpe
Peet,
Ek deel 100% jou sentiment. ons was daar vir die lang naweek einde September 2010. nadat ek 'n uur , met my wa agteraan, moes rondry deur Blok A en Blok B om staanplek te kry, was ek al goed geirriteerd. al die "beter" staanplekke is toe geketting. nie dat hulle juis wonderlik was nie maar die res is om van naar te word. meeste staanplekke, en dit sluit die een in waarop ek op die ou-end moes staan is heeltemal verspoel, ongelyk en vol takke. Die badkamers is vrek oud. waar het jy gesien daar word 'n 300mm (ja 300mm) lange muurtjie gebou tussen die stortkop (waar hy by die muur uitkom) en die sogenaamde droog area. als was nat toe ek klaar gestort het. niks kan met so vrot ontwerp droog bly nie. Genadiglik het die swemgeriewe opgemaak daarvoor, maar moet liefs nie daar wees op 'n SA openbare vakansiedag nie. dit lyk kompleet soos Durban se hoofstrand op nuwejaarsdag in die swembaddens. Die res van die tyd was heerlik daar. die swemgeriewe is goed en daar is baie vir die kinders om te doen. Dus, bly weg op vakansiedae. en Badplaas bestuur: sorteer julle ongelyk, onafgeronde staanplekke uit en gradeer die ablusieblokke op! Dit was 'n puik oord. dit kan weer een wees.
kamp groete
Julle kommentaar het so pas my wiele afgeblaas. Ons het juis daaraan gedink om April langnaweek die oord te besoek.
Ons kuier al sedert 1981 gereeld by Badplaas en het al die veranderings deur die jare daar gesien en beleef, gaste moet dalk in ag neem dat enige woonwapark soms aandag nodig het en dat jy dalk net op die verkeerde tydstip daar was. Almal wat negatief is oor hierdie oord kan gerus nou gaan kyk hoe lyk dit daar; ons was gedurende Augustus vir 4 dae weer daar en het dit terdee geniet. Daar word algehele opgradering gedoen en dit wat reeds voltooi is voldoen aan die beste standaarde, daar word weg gedoen met die grasdakke en pragtige teeldakke komplimenteer die nuwe binnekant van ablusie geriewe. Kinders sal dit so geniet dat ouers maar net weer daar sal moet gaan kuier. Geniet ook die reservaat in jou eie voertuig vir net R100.00/ voertuig, neem eet en drinkgoedjies saam, ry stadig en geniet die diere. ( ons het ook die renosters gesien )
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Kaas Kop
- Rocky





met 'n Hunday H1 2.4 Petrol
Hi
Het dit ook gesien toe ons laas da was,ma as jy kyk al die avetura oorde se kamp geriewe is in n toestand,. Daar word geld aan hotel en chales bestee maar kamp geriewe is pateties.
Badplaas was paar jaar terug ,een van lekka plekke gewees.
Dis n jammerte
Kamp is koning