Nuwe forum onderwerpe
Ek weet nie waar is dit nie. Vertel meer!
Ek het nou al 'n hele paar keer daar my tent gaan opslaan. Die naaste dorp is Barrydale en vir die wat KKNK toe gaan en van die Kaap af kom ry verby die plek. Die wel bekende Route 62 Loop daar verby. Dit is nou wel op 'n plaas geleë en vir 'n paar van ons is die ablusie geriewe nou nie 5 ster nie maar dis altyd skoon en natuurlik warm water in oorvloed. Hul web site is www.warmwaterberg.co.za. Ek is reeds vir die paasnaweek oppad daarheen. Dit gaan als oor die stilte.
Groete
Was jare terug daar en dit was baie lekker. Sal weer daar gaan inloer volgende week - moet juis Barrydale toe.
Moet net nie in die huisies bly nie. Die mense wat weet se dit spook daar! Dis nou in die huisies.
Hello daar
Ek en vroulief wil van die 23ste Julie tot 10 Augustus Namibie toe gaan. Hier van Centurion deur Botswana tot in Etosha, dan deur Kalkveld, Karibib, Spitzkoppe tot Hentiesbaai. Dan vanaf Walvis deur die woestyn na Solitaire, Sesriem, Aus tot in Luderitz. vandaar terug verby Aia-Ais Karasburg Augrabies en terug tot in Centurion.
Ek was al voorheen deur maar die pad vanaf Walvis deur Sesriem tot in Luderits gaan die eerste keer wees.
Is daar enige Wenke, kommentaar of raad wat gedeel kan word? Enige iemand saamgaan?
Gustav
Gustav,
Jou tydsbereking is vir my effens uit. Ons beplan 'n toer deur Namibie in September maand. Die roete is nog nie gefinaliseer nie.
Groete
Stoffel
Gustav
As jy nie 'n behoorlike GPS het nie, skaf vir jou 'n Garmin-produk aan en kry terselfdertyd die nuutste weergawe van Tracks4Africa (weergawe 10.05) Die programmatuur is puik en maklik om te gebruik en is besonder handig wanneer jy 'n roetebeplanning doen.
Hoop jy kom reg!
As ek dalk van hulp kan wees sal ek graag help. Het n paarkeer al Namibia gaan toer. Nie juis suid van Walvis nie. Het Desember Caprivi Ethosha, Epupa, Van Zyls af, Anna Bome, Rooidrom, Sesfontein Brandberg, Henties en Walvis
Gustav
Het jy kla bespreek in Ethosha?
Ek weet dit was half belglik wat ons in Desember betaal het vir Kamp plek?
Al voordeel geen TV en min selfoon sein. Baie rus vir jou siel.
Klink vir my perfek
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Kaas Kop
- Rocky















Naand aan al die ou hande. Ek wil daar 'n klip indie bos gooi, oor wat dink julle van Warmwaterberg as kamp plek. Ek was al 'n paar keer daar en dit was nog altyd die moeite werd. Al voordeel geen TV en min selfoon sein. Baie rus vir jou siel.