Miscellaneous

Boeretroos met kondensmelk

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff
Intussen stoom die keteltjie al reeds op die vuur en jy’t iets nodig om die ergste soetheid mee af te sluk.

Jy benodig

  • sterk swart koffie
  • 1 blikkie kondensmelk
     
Só maak jy

Hawermoutkoekies

Ingeskryf deur: 
RESEPTE Tiaan Langenegger, FOTO'S Ruvan Boshoff
’n Kindertyd-‘classic’. Ek onthou dié smaak uit my kinderjare. My ma het dit altyd gemaak ’n paar dae voordat ons Bettysbaai toe vertrek vir die wintervakansie en ek het dikwels ’n paar koekies uit die blik gegaps terwyl ons nog op pad was.
Ek onthou dié smaak uit my kinderjare. My ma het dit altyd gemaak ’n paar dae voordat ons Bettysbaai toe vertrek vir die wintervakansie en ek het dikwels ’n paar koekies uit die blik gegaps terwyl ons nog op pad was.

Hawermoutkoekies

’n Kindertyd-‘classic’

Ek onthou dié smaak uit my kinderjare. My ma het dit altyd gemaak ’n paar dae voordat ons Bettysbaai toe vertrek vir die wintervakansie en ek het dikwels ’n paar koekies uit die blik gegaps terwyl ons nog op pad was.

Jy benodig

Tydskrif Uitgawe: 
WegSleep #23 | Junie 2010

Pangebraaide Aartappels

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff
Hierdie gereg is baie eenvoudig, maar daar is één vangplek: Die aartappelkoek moet ’n hele tydjie in die pan bly voordat jy hom die eerste slag probeer draai. As jy ongeduldig is, gaan jy sit met iets tussen kapokaartappels en tjips...

WegSleep #6 | Feb - Apr 2008

Springmieliebolle

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Arina du Plessis FOTO'S: Ruvan Boshoff
Dié resep werk presies soos die Rice Krispies-koekies, maar in plaas van pofrys gebruik jy springmielies.

  • 4 koppies gesnipperde malvalekkers
  • 4 koppies springmielies
  • 15 ml gesmelte margarien

Só maak jy

Kool-en-spekgebak

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Topsi Venter FOTO'S: Ruvan Boshoff
Die kombinasie van bestanddele val dalk vreemd op die oor, maar hierdie is ’n geurige en maklike bykos en dalk die enigste manier om kool in die kleinspan se keelgat af te kry. Die uitdrukking “kool sonder spek” kom van dié gereg.

Die kombinasie van bestanddele val dalk vreemd op die oor, maar hierdie is ’n geurige en maklike bykos en dalk die enigste manier om kool in die kleinspan se keelgat af te kry. Die uitdrukking “kool sonder spek” kom van dié gereg.

Jy benodig

Tydskrif Uitgawe: 
WegSleep #8 | Julie - Augustus 2008

Sangria

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff
Dié rooiwyndrankie is so Spaans soos kastanjette en kitaarmusiek en hy kan skop soos ’n bul in ’n stiergeveg, maar met báie sodawater kan jy heeldag daaraan teug. Onder die talle weergawes tel dié klassieke een met lemoene. Die brandewyn is opsioneel... gebruik jou eie oordeel.

Dié rooiwyndrankie is so Spaans soos kastanjette en kitaarmusiek en hy kan skop soos ’n bul in ’n stiergeveg, maar met báie sodawater kan jy heeldag daaraan teug. Onder die talle weergawes tel dié klassieke een met lemoene. Die brandewyn is opsioneel... gebruik jou eie oordeel.

Jy benodig

Tydskrif Uitgawe: 
WegSleep #6 | Feb - Apr 2008

Sjokolade-en-klapper­happies

Ingeskryf deur: 
RESEPTE Tiaan Langenegger, FOTO'S Ruvan Boshoff
Modderkoekies! My ouma het my altyd met dié lekkerny bederf. Dit hou lank in ’n lugdigte houer in die yskas, mits die kleinspan dit nie ontdek en in een middag verslind nie.
My ouma het my altyd met dié lekkerny bederf. Dit hou lank in ’n lugdigte houer in die yskas, mits die kleinspan dit nie ontdek en in een middag verslind nie.

Tydskrif Uitgawe: 
WegSleep #23 | Junie 2010

Agurkie-Remoulade

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff
Nee, dis nie ’n skaalmodel van jou woonwa wat jy met agurkies bou nie, maar ’n klassieke Franse mayonnaise. En dis ’n smaaklike kamp-konkoksie wat heerlik is saam met groente en op brood. Selfs in die nanag, wanneer die kok ’n sousie vir sy oorskietvleis soek, is dit net die ding.

WegSleep #7 | Apr - Jun 2008

Bierbrood op die kole

Ingeskryf deur: 
RESEPTE: Francette Coetzee FOTO'S: Ruvan Boshoff
Kyk, winkelbrood kan jy miskien klaar gesny koop, maar min dinge hou kers vas by vars tuisgebakte brood. Dié resep is so maklik, selfs die Magtige Olifante se pak voorspelers sal dit kan baasraak.

Jy het nodig

Tydskrif Uitgawe: 
WegSleep #1 | Januarie 2007

Beskuit met sesamsaad en rosyne

Ingeskryf deur: 
RESEPTE Tiaan Langenegger, FOTO'S Ruvan Boshoff
Knars-knars saam met koffie. Dit is ’n basiese beskuitresep wat ek met twee van my gunstelingbestanddele opgedollie het. Die sesamsaad sorg vir ’n neutagtige smaak, terwyl die rosyne se natuurlike soetheid amper ’n toffiesmaak gee.
Dit is ’n basiese beskuitresep wat ek met twee van my gunstelingbestanddele opgedollie het. Die sesamsaad sorg vir ’n neutagtige smaak, terwyl die rosyne se natuurlike soetheid amper ’n toffiesmaak gee.

Beskuit met sesamsaad en rosyne

Knars-knars saam met koffie

Dit is ’n basiese beskuitresep wat ek met twee van my gunstelingbestanddele opgedollie het. Die sesamsaad sorg vir ’n neutagtige smaak, terwyl die rosyne se natuurlike soetheid amper ’n toffiesmaak gee.

Tydskrif Uitgawe: 
WegSleep #23 | Junie 2010
Syndicate content

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.